Anale Kanker

Anale kanker is ’n kanker (kwaadaardige gewas) wat in die menslike anus, die distale opening van die spysverteringskanaal, voorkom.

Dit is ’n ander soort siekte as die meer algemene kolonkanker.

Anale kanker
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 C21
DiseasesDB 31467
MeSH D001005
Anale Kanker Mediese waarskuwing

Anale kanker is gewoonlik ’n plaveiselselkarsinoom wat dikwels met infeksie deur die menslike papilloomvirus (MPV) verbind word.

Tekens en simptome

Simptome van anale kanker kan insluit pyn of druk die anus of rektum, ’n verandering in opelyfgewoontes, ’n knop naby die anus, rektale bloeding, ’n gejeuk of afskeiding. Bloeding kan erg wees.

Risikofaktore

  • Menslike papilloomvirus: Ondersoeke het getoon ’n groot aantal pasiënte met anale kanker toets positief vir soorte MPV wat ook met servikale kanker verbind word. Na aanleiding van studies in Denemarke en Swede word geraam 90 persent van gevalle van anale kanker word aan MPV toegeskryf.
  • Seksbedrywighede: Kontak met verskeie seksmaats verhoog die risiko om aan MPV blootgestel te word. Die ontvanger van anale seks, mans en vroue, het ’n sewe keer groter kans op MPV-infeksie as ander mense. Mense wat met verskeie mense anale seks het, het ’n 17 keer groter kans.
  • Rook: Mense wat op ’n gegewe tydstip rook, se kans om anale kanker te kry, is verskeie kere groter as nierokers s’n.
  • ’n Verswakte immuunstelsel: Dit word gewoonlik met MIV-infeksie verbind.
  • Goedaardige anale letsels.
  • ’n Geskiedenis van servikale, vaginale of vulva-kanker.

Die stadiums van anale kanker is:

Behandeling

Anale kanker is voorheen met chirurgie behandel. Die probleem daarmee was dat die interne en eksterne anale sluitspier verwyder moes word en pasiënte daarna inkontinent was. Baie moes ná hul operasies permanente kolostomieë dra.

Tans word chemoterapie en bestraling dikwels gebruik om die noodsaaklikheid van chirurgie uit te skakel. Die sluitspier kan dan ongeskonde bly en die pasiënt se lewe is ná behandeling van ’n hoër gehalte as vroeër. Die kans op heling en oorlewing is uitstekend en baie pasiënte se sluitspier is daarna nog in ’n werkende toestand. Sommige pasiënte kan egter ná ’n kombinasie van chemoterapie en bestraling inkontinent wees.

Metastatiese of terugkerende siektes

Sowat 10 tot 20 persent van pasiënte wat vir anale kanker behandel is, sal daarna ’n metastatiese siekte ontwikkel (waar die siekte na ’n ander deel van die liggaam verplaas word). Metastatiese of terugkerende anale kanker is moeilik om te behandel en vereis gewoonlik chemoterapie. Bestraling kan ook gebruik word vir spesifieke dele van die liggaam wat probleme ondervind.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Anale Kanker Tekens en simptomeAnale Kanker RisikofaktoreAnale Kanker BehandelingAnale Kanker VerwysingsAnale Kanker Eksterne skakelsAnale KankerAnusKankerKolonkankerSpysverteringskanaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BrugSlawernyRepubliek van Zoid AfrikaHennie MaasNamibiëIgtiologieReddingskakeVermontNasionale PartyFosforVerenigde State van AmerikaGemeenskapsorganisasieKliniese depressieLettergreepKomplementêre kleureRamsar-vleilande in Suid-AfrikaKommunikasieElzette MaarschalkAppendiksAfrikaanse woordelys en spelreëlsHoofkarakterFisioterapieLyfstraf in skoleGrootste rampe in Suid-AfrikaPornografieNatuurrampOrkney Snork NieAarde se atmosfeerAborsie in Suid-AfrikaHeuningbyRooms-Katolieke KerkBreinvliesontstekingSteenkool in Suid-AfrikaSpysverteringstelselStres in hoërskoolPols-oksimeterMalariaVerkleinwoordCarles PuigdemontTennisHomoniemEkonomiese sektorAppel (sanger)Chemiese verbindingLuiperdMieliestronkBeesvleisKonjunktivitisVolstruisNemunasSelfstandige naamwoordKobus LombardSprokieJaarSosiale mediaCarike KeuzenkampVlekvrye staalWerkloosheidDramaMierleeuAustraliëSuikersiekteNylrivierKunsmatige algemene intelligensieKaliforniese KanaaleilandeJan de WetTsoenamiSuid-Afrikaanse RugbyunieBeroerteHoutWayback MachineEvangelies Gereformeerde KerkVreesCovid-19-pandemieIronieTafeltennisLys van medisinale kruiePersoonlikheid🡆 More