Rugby-Uitdaagreeks

Die Rugby-uitdaagreeks – om borgskapredes bekend as die SuperSport Rugby-uitdaagreeks – is ’n plaaslike rugbykompetisie in Suid-Afrika.

Die kompetisie word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie georganiseer en al veertien Suid-Afrikaanse streek-/provinsiale spanne, asook die Welwitschias van Namibië en 'n Zimbabwiese Akademiespan neem deel. Die aanvangseisoen van die kompetisie was in 2017 en dit dien as plaasvervanger vir die Vodacombeker wat in 2015 ten einde geloop het.

Rugby-uitdaagreeks
2019 Rugby-uitdaagreeks
Sportsoort Rugby
Gestig 2017
Eienaar Suid-Afrikaanse Rugbyunie
Inwydingseisoen 2017
Deelnemende lande Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Aantal spanne 16
Mees onlangse kampioen Griekwas (2019)
Verwante kompetisies Curriebeker
Borg(e) SuperSport

Die kompetisie word gelyklopend met die Superrugbyseisoen gespeel. Dit dien as ’n belangrike ontwikkelingskompetisie vir Suid-Afrikaanse rugbyspelers.

Formaat

Die 16 spanne is geografies in twee afdelings – Noord en Suid – ingedeel. Elke span sal deur die loop van die seisoen een keer teen die ander spanne in dieselfde afdeling speel – óf ’n tuis- óf ’n wegwedstryd. Die wenner en tweede plek van elke afdeling sal dan in die halfeindronde speel. Sommige wedstryde word na 'n neutrale plek as deel van 'n 'SuperStack'-inisiatief verskuif, waartydens drie wedstryde – waaronder ’n plaaslike amateurklubwedstryd – op een terrein gespeel word, met gratistoegang tot hierdie wedstryde om rugby onder alle sosiale groepe te bevorder.

Spanne

Die spanne wat in 2019 in die Rugby-uitdaagreeks meeding is:

Noordelike Afdeling
Span Geborgde naam
Blou Bulle Vodacom Blou Bulle
Griekwas Tafel Lager Griekwas
Griffons Down Touch Griffons
Goue Leeus Xerox Goue Leeus XV
Luiperds Luiperds
Pumas Steval Pumas
Valke Hino Valke
Welwitschias Windhoek Draught Welwitschias
Suidelike Afdeling
Span Geborgde naam
Boland Kavaliers Boland Kavaliers
Grens Bulldogs Grens Bulldogs
Natalse Haaie Cell C Haaie XV
Oostelike Provinsie Oostelike Provinsie Kings
SWD Arende SWD Arende
Vrystaat Cheetahs Toyota Vrystaat XV
Westelike Provinsie DHL Westelike Provinsie
Zimbabwiese Akademiespan Zimbabwiese Akademiespan

Uitslae

Die uitslae van die Rugby-uitdaagreeks se eindstryde is soos volg:

Rugby-uitdaagreeks-eindstryde
Seisoen Wenner Telling Naaswenner
2017 Westelike Provinsie 28–19 Griekwas
2018 Pumas 32–30 Griekwas
2019 Griekwas 28–13 Pumas

Sien ook

Verwysings

Tags:

Rugby-Uitdaagreeks FormaatRugby-Uitdaagreeks SpanneRugby-Uitdaagreeks Sien ookRugby-Uitdaagreeks VerwysingsRugby-UitdaagreeksNamibiese nasionale rugbyspanNamibiëRugbySuid-Afrikaanse RugbyunieVodacombekerZimbabwiese nasionale rugbyspan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AlliterasieLettergreepMaselsNarsismeHelga UysSelfieBynierTranspirasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAarde se atmosfeerBesoedelingJagluiperdProvinsies van Suid-AfrikaLys van lande volgens bevolkingWinterHoenderReddingskakeJeugdagSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KlimaatveranderingAfrikaansRenosterKaliumNasionale VrouemonumentHamerkopErosietipesMateriaalPsigopatieChristendomAnale kankerProsaKindermishandelingTweede WêreldoorlogJaarStereotipeWerkwoordWayde van NiekerkRieldansSeksueel oordraagbare infeksieSywurmGordelroosBreingewasWilna SnymanBrugPikkewynAngina pectorisKongo-krisisLianie MayWiskundeIdioomManie JacksonToekoms van die AardeVerkragtingMenseregteDoelwitAlice MunroTsoenamiByvoeglike naamwoordHannes van WykVaginaHenry MurrayNicola HanekomPesachWayback MachineSpelerposisies in rugbyNeurenberg-verhoreLys van nedersettings in Suid-AfrikaNag van die lang messeWet op Bantoe-onderwysMuskietKlem-in-die-kaak🡆 More