Harare Sportklub

Harare Sportklub (Engels: Harare Sports Club) is 'n sportklub en die Harare Sportklubveld (Harare Sports Club Ground) is 'n krieketstadion in Harare, Zimbabwe.

Dit is in 1900 gestig en was bekend as Salisbury Sportklub tot 1982. Dit word meestal vir krieketwedstryde gebruik, en het sedert sy stigting as die primêre krieketveld in Rhodesië en Zimbabwe gedien. Ander sportsoorte wat by die klub beoefen word, is rugby, tennis, gholf en muurbal.

Harare Sportklub
Harare Sportklub
Volle naam Veld van die Harare Sportklub
Ligging Harare, Zimbabwe
Koördinate 17°48′50.67″S 31°3′2.08″O / 17.8140750°S 31.0505778°O / -17.8140750; 31.0505778 31°3′2.08″O / 17.8140750°S 31.0505778°O / -17.8140750; 31.0505778
Eienaar Zimbabwe Krieket
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 1900
Huurders
Zimbabwiese nasionale krieketspan
Rhodesië(1910–1979)
Masjonaland (1923–2008)
Masjonaland Eagles (sedert 2009)

Geskiedenis

In Julie 1992 het Zimbabwe 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en sodoende toetsstatus verkry. Drie maande later het Harare Sportklub die land se eerste toetswedstryd teen Indië aangebied. Kort daarna het die stadion gasheer gespeel vir Zimbabwe se eerste Internasionale eendagwedstryd, ook teen Indië. In Februarie 1995 was HSC die plek van Zimbabwe se eerste toetsoorwinning ooit, teen Pakistan.

Die plek

Die veld word omring deur Jakarandabome en met 'n pragtige gewelpaviljoen is Harare Sportklub in die hartjie van die stad. Dit word begrens deur die swaar bewaakte presidensiële paleis aan die een kant en die gesogte Royal Harare Gholfklub aan die ander kant.

Die plek het Zimbabwe se eerste toets in Oktober 1992 aangebied en is sedertdien die land se belangrikste toets- en eendagplek. Hoewel die klub self nie enige van die groot pawiljoene het wat met groot sportgronde geassosieer word nie, kan die kapasiteit van ongeveer 10 000 verhoog word deur die gebruik van tydelike sitplekke, soos toe 'n rekordskare van 26 000 gewys het toe Rhodesië in 1956 teen die Marylebone-krieketklub gespeel het.

Die veld is die tuiste van die plaaslike span Masjonaland Eagles. Harare Sportklub is ook die tuiste van Zimbabwe Krieket, die land se nasionale krieketraad. Harare Sportklub is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir drie wedstryde gebruik.

Wedstryde

Krieketwêreldbeker 2003

10 Februarie 2003

Telkaart
Harare Sportklub  Zimbabwe
340/2 (50 boulbeurte)
t
Harare Sportklub  Namibië
104/5 (25.1 boulbeurte)
Craig Wishart 172* (151)
Lennie Louw 1/60 (10 boulbeurte)
Danie Keulder 27 (46)
Guy Whittall 2/20 (5 boulbeurte)
Zimbabwe wen met 86 lopies (D/L-metode)
Harare Sportklub, Harare, Zimbabwe
Skeidsregters: Dave Orchard (RSA) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Craig Wishart (Zim)
  • Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Wedstryd verkort weens reën; Duckworth-Lewis-metode hersien die teiken om te wen: 191 lopies in 25.1 boulbeurte vir Namibië.
13 Februarie 2003

Telkaart
t
Zimbabwe wen die wedstryd sonder ’n teenstander (sonder dat ’n bal geboul is)
Harare Sportklub, Harare, Zimbabwe
Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Orchard (Aus)
Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
  • geen loot nie
  • Engeland verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies.
19 Februarie 2003

Telkaart
Harare Sportklub  Indië
255/7 (50 boulbeurte)
t
Harare Sportklub  Zimbabwe
172 (44.4 boulbeurte)
Sachin Tendulkar 81 (91)
Grant Flower 2/14 (6 boulbeurte)
Guy Whittall 28 (26)
Sourav Ganguly 3/22 (5 boulbeurte)
Indië wen met 83 lopies
Harare Sportklub, Harare, Zimbabwe
Skeidsregters: Rudi Koertzen (RSA) en Asoka de Silva (SL)
Speler van die wedstryd: Sachin Tendulkar (Ind)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Harare Sportklub GeskiedenisHarare Sportklub Die plekHarare Sportklub WedstrydeHarare Sportklub VerwysingsHarare Sportklub Eksterne skakelsHarare SportklubEngelsGholfHarareKrieketMuurbalRhodesiëRugbySportTennisZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EjakulasieJeff DouglasNierversakingYstervarkPerineumKatastrofiese bewegingUilBrongitisHartversakingTrigeminale neuralgieSwartkwasmuishondRobbeneilandLys van bekende Suid-AfrikanersNierBuffelLettergreepSoweto-opstandRoemeniëWolfToutologie (stylfiguur)Geskiedenis van erotiese afbeeldingsAnargismeBorsteSGeorge BallotNaaktheidPinksterAlkoholTuberkuloseDawidWVulkaanKlankEreksieSlangBAnglisismeGeelsugChlorofilVisBeeldhoukunsDroomMieliestronkNew YorkEstlandFormule EenAnna Bell PeaksVaginale kankerDoopHomoniemOutismeMetaalPostmasburgKwaggaPornografieSuid-Afrikaanse randSowjetunieNadia HilkerButch en femmeKindermishandelingCatherine DeneuveKolorektale kankerKlinkerToerisme606SuidwesdoringNuwe TestamentMaagIndiëAngkor WatBesproeiingWhat is A Dscr Loan?Niles WelchKwitansieAfrikaanse taalleerTweede WêreldoorlogRWebkruiper🡆 More