Robbeneiland: Eiland in Tafelbaai, 12 kilometer vanaf die kus van Kaapstad, Suid-Afrika

Robbeneiland, voorheen Eyland Cornelia, is 'n eiland in Tafelbaai, 12 kilometer vanaf die kus van Kaapstad, Suid-Afrika.

Die eiland het 'n tipiese Karooklimaat ten spyte daarvan dat dit so naby aan Kaapstad, wat 'n Mediterreense klimaat het, geleë is. Die koue Benguelastroom is daarvoor verantwoordelik.

Robbeneiland
Dorpie op Robbeneiland
Dorpie op Robbeneiland
Robbeneiland is in Wes-Kaap
Robbeneiland
Robbeneiland
Robbeneiland: Kulturele Erfenis, Sien ook, Verwysings Robbeneiland se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°48′24″S 18°21′58″O / 33.80667°S 18.36611°O / -33.80667; 18.36611 18°21′58″O / 33.80667°S 18.36611°O / -33.80667; 18.36611
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
Oppervlak
 • Totaal5,18 km2 (2,00 vk. myl)
Hoogte
30 m (100 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal116
 • Digtheid22/km2 (60/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense13,8%
 • Bruin mense23,3%
 • Swart mense60,3%
 • Ander2,6%
Taal (2011)
 • Xhosa 37,9%
 • Afrikaans 35,3%
 • Zoeloe 15,5%
 • Engels 7,8%
 • Ander 3,4%
Poskode (strate)
7400
Robbeneiland: Kulturele Erfenis, Sien ook, Verwysings
Robbeneiland soos vanaf die Tafelberg gesien.
Robbeneiland: Kulturele Erfenis, Sien ook, Verwysings
Robbeneiland se gevangenisgeboue, met Tafelberg in die agtergrond.
Robbeneiland: Kulturele Erfenis, Sien ook, Verwysings
Kaart van Robbeneiland.

Dit is duisende jare gelede die eerste keer bewoon toe die waterkanaal wat dit tans van die land skei, bo seevlak was. Van die einde van die 17de eeu af is Robbeneiland gebruik om sekere individue af te sonder, grootliks as 'n tronk, en onder sy eerste permanente inwoners was politieke leiers van verskeie Nederlandse kolonies, nie net van Suid-Afrika nie, maar ook uit Indonesië. Van 1836 tot 1931 is dit as 'n melaatsekolonie gebruik en in die 20ste eeu het dit bekend geword as 'n tronk vir politieke gevangenes, onder wie die bekendste Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Robert Sobukwe, Kgalema Motlanthe en Jacob Zuma was.

Die hele eiland word deur die staat besit, met die uitsondering van die kerk.

Vandag is die eiland 'n gewilde toeristebestemming en is in 1999 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar. Dit kan per veerboot van die Victoria & Alfred Waterfront af bereik word, en is die hele jaar lank oop, afhangende van die weer.

Kulturele Erfenis

Robbeneiland is in 1997 deur die Minister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie verklaar as 'n nasionale monument en word vandag beskerm as 'n nasionale erfenisterrein in gevolge van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).

Robbeneiland: Kulturele Erfenis, Sien ook, Verwysings 
Robbeneiland, soos oor die rug van Seinheuwel in Kaapstad gesien.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

  • Green, Lawrence G.: A decent fellow doesn't work. Kaapstad: Howard Timmins, 1982. ISBN 0-86978-241-X

Tags:

Robbeneiland Kulturele ErfenisRobbeneiland Sien ookRobbeneiland VerwysingsRobbeneiland Eksterne skakelsRobbeneilandBenguelastroomEilandKaapstadKilometerSuid-AfrikaTafelbaai

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RinkhalsVulvaAtleetvoetLys van woestyneDiskriminasieNatuurlike hulpbronKolonoskopieBipolêre gemoedsteuringOrale seksBorsMaanfaseBobbejaanGesagKrieketLien se lankstaanskoeneSuid-Afrikaanse randVrouWynand du ToitLipstiek DipstiekMenstruasieSkynprivaatnetwerkNasionale lied van Suid-AfrikaGrondsoorteSuid-AfrikaGlobaliseringLewerPatricia de LilleAlkoholismeBloedvergiftigingKwikstertjieDuitslandKontinentKokerboomKlavierSpysverteringstelselHoërskool WaterkloofNantesNarsistiese persoonlikheidsteuringLugbesoedelingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeGewone wildevyPofadder (slang)Lys van politieke partye in Suid-AfrikaOlifantTimboektoeSwamSaint PaulHeupvervangingTropiese huisgeitjieOnderwysPiet ByleveldAgtervoegselVerkleurmannetjieRooms-Katolieke KerkDiarreeBeroerteLongJuanita du PlessisLys van landeGewone tarentaalMenslike seksuele gedragLettergreepApostoliese GeloofsbelydenisLeeuWerkwoordGeskiedenis van die BoererepubliekeMielieAardeIndiëSkilpadProteïenReier🡆 More