Homoniem
Homonieme is woorde wat dieselfde spelling het en ook dieselfde klink, maar waarvan die betekenisse verskil. Die verskil in betekenis kan net afgelei word as daar na die konteks waarin dit gebruik word, gekyk word.
Voorbeelde
Woord | Eerste betekenis | Ander betekenis |
---|---|---|
as | dit wat oorbly as iets verbrand het | as van ’n motor |
bitter | bitter smaak | baie (bv. bitter koud) |
brak | hond | souterig |
by | insek wat heuning maak | in die nabyheid |
eg | nie vals nie | plaaswerktuig |
geld | betaalmiddel | van toepassing wees op, bv. “dit geld nie vir jou nie” |
graaf | waarmee ’n mens spit | edelman |
kan | in staat wees | waarin die koffie is |
kant | uiterste rand | fyn weefsel |
kap | wat jy met hout kan doen | deksel oor die masjien van ’n motor |
ken | ’n deel van die gesig | weet van |
kies | opening tussen tandvleis en wang | ’n keuse doen |
kom | skottel | iets of iemand nader |
leer | toestel waarteen jy kan opklim | gelooide of gebreide vel van diere |
lewer | orgaan in die liggaam | verskaf |
maat | afmeting | kameraad |
meer | in groter hoeveelheid | groot binnelandse watermassa |
noot | musiekgeluid | papiergeld |
roer | beweeg | ou woord vir ’n geweer |
rys | graansoort | uitstyg |
staaf | blok van metaal | bevestig |
steel | handvatsel van bv. ’n besem of hamer | diefstal pleeg |
tog | ’n reis | soos in “kom tog nou” |
vas | nie los nie | sonder kos bly |
vertrek | kamer | weggaan |
voor | waarin die water loop | nie agter nie |
Sien ook
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir homoniem.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladCarles PuigdemontMenseregteHồ Chí MinhGeweldSpesiaal:Onlangse wysigingsAntoniemStarlinkApartheidSuid-AfrikaErfenisErfenisdag (Suid-Afrika)Wiki:GebruikersportaalNazi-DuitslandNelson MandelaLeeuKategorie:Skending van menseregteHolocaustWiki:Gebruikersportaal/Beleid en stylriglyneHartaanvalArmoedeSelfstandige naamwoordTrappe van vergelykingMonopolieByvoeglike naamwoordVuurtoringWaterbesoedelingWaarheid-en-versoeningskommissieVersamelnaamSkoenlapperDiego MaradonaAustraliëGenderPoissyWerkloosheidSoweto-opstandAfrikaansIntensiewe vormAdolf HitlerRobbeneilandKorrupsieWiki:Welkom nuwelingeWiki:OmtrentKoue OorlogCleopatra VIIPlastiekRussiese inval in Oekraïne, 2022EugenetikaMetaalWiki:Wat Wikipedia nie is nieArmoedeverligtingMaatskaplike verantwoordelikheidVleilandByGoudViëtnamoorlogRugbySwangerskapEkonomie van Suid-AfrikaKindermishandelingWiskundige terminologieSeksAfrikaanse taalleerGemeenskapsorganisasieSinoniemCarel van der MerweVoornaamwoordBesoedelingAkroniemMiddelmisbruikNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaTweede WêreldoorlogHomofoonWiki:Algemene spelfouteKinderregteTegnologieMicrosoft OfficeGetal