Indiese Nasionale Krieketspan

Die Indiese nasionale krieketspan (Engels: India national cricket team; Hindi: भारतीय क्रिकेट टीम), met die byname Men in Blue en Team India, is die nasionale krieketspan wat Indië in toets- en kitskrieket verteenwoordig.

Dit word beheer en geadministreer deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI, van Engels: Board of Control for Cricket in India) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Indië is tans (November 2023) eerste op die IKR-toetsranglys, eerste op die eendagranglys en eerste op die Twintig20-wêreldranglys.

Indië
Indiese Nasionale Krieketspan
Kenteken van die Indiese nasionale krieketspan
BynaamMen in Blue, Team India
KonferensieRaad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI)
Personeel
ToetskapteinRohit Sharma
EDI-kapteinRohit Sharma
T20I-kapteinRuturaj Gaikwad
AfrigterVlag van Indië Rahul Dravid
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1932
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVolle lid (1926)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
Toetsrang1ste1ste (1 April 1973)
EDI2de1ste (1 Desember 1994)
T20I1ste1ste (28 Maart 2014)
Toetse
Eerste toetst Vlag van Engeland Engeland op Lord’s, Londen, 25–28 Junie 1932
Laaste toetst Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Queen’s Park-ovaal, Port of Spain; 20–24 Julie 2023
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel572173/176 (30,24%)
(1 gelykop, 222 onbeslis)
Vanjaar73/2
(0 gelykop, 2 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
2/2 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslagNaaswenner (in 2019–2021 en 2021–2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Headingley, Leeds; 13 Julie 1974
Laaste EDIt Vlag van Australië Australië op Narendra Modi-stadion, Ahmedabad; 19 November 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel1052557/442 (52,94%)
(9 gelykop, 44 onbeslis)
Vanjaar3225/6
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 1983 en 2011)
Kampioenetrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2002 en 2013)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika op Wanderersstadion, Johannesburg; 1 Desember 2006
Laaste T20It Vlag van Afghanistan Afghanistan op Zhejiang Universiteit van Tegnologie-krieketveld, Hangzhou; 7 Oktober 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel209133/66 (63,63%)
(4 gelykop, 6 onbeslis)
Vanjaar1610/5
(0 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings8/8 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2007)
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Toetsklere
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
EDI-klere
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
Indiese Nasionale Krieketspan
T20I-klere

Hoewel krieket reeds in die 18de eeu deur Europese handelsmatrose na Brits-Indië gebring en die eerste krieketklub in Indië al in 1792 in Kolkata gestig is, het Indië se nasionale krieketspan eers hul eerste toets op 25 Junie 1932 op Lord’s in Engeland gespeel. Hulle word die sesde span om toetskrieketstatus te ontvang. In sy eerste vyftig jaar van internasionale krieket was Indië een van die swakste spanne in internasionale krieket, hulle het slegs 35 van die 196 toetse wat hulle gedurende dié tydperk gespeel het gewen. Indië moes vanaf 1932 tot 1952, 20 jaar, vir sy eerste toetsoorwinning wag. Die span het in die 1970’s sterker geword, met opkomende spelers soos die kolwers Sunil Gavaskar en Gundappa Viswanath, die veelsydige Kapil Dev en die Indiese “draaikwartet” Erapalli Prasanna, Srinivas Venkataraghavan, Bhagwat Chandrasekhar en Bishen Singh Bedi.

Indië is tradisioneel tuis baie sterker as oorsee, maar sedert die begin van die 21ste eeu kon die span sy oorsese prestasies verbeter, veral in die korter vorme van krieket; hulle het al toetse in Australië, Engeland en Suid-Afrika gewen. Indië het die krieketwêreldbekertoernooi tot dusver twee keer gewen – in 1983 onder kaptein Kapil Dev in Engeland en in 2011 onder kaptein MS Dhoni tuis. Nadat hulle die 2011-toernooi gewen het, was Indië slegs die derde span, ná Wes-Indië en Australië, wat dié trofee twee keer ingepalm het, en die eerste span wat dit tuis kon vermag. Hulle het ook die T20I-wêreldbekertoernooi (in 2007) en die Kampioenetrofee (in 2013) onder kapteinskap van MS Dhoni ingepalm. Daarbenewens het hulle die Kampioenetrofee 2002 met Sri Lanka gedeel.

Onder die leierskap van Dhoni het die Indiese span as een van die gedugste spanne in internasionale krieket na vore getree. Die Indiese krieketspan ding in kragmetings mee teen ander toetsspelende lande, veral met Pakistan, die politieke aartsvyand van Indië. Die afgelope tyd het tweestryde met lande soos Australië, Engeland en Suid-Afrika ook bekendheid verwerf. Agt voormalige Indiese spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Beheerliggaam

Indiese Nasionale Krieketspan 
Ondersteuners van die Indiese krieketspan met die Indiese vlag tydens ’n wedstryd teen Australië op die Melbourne-krieketveld

Die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) is in 1928 gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in Indië. Sedert 31 Mei 1926 is Indië ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en mag dus toetskrieket speel. Daarbenewens was die Indiese beheerliggaam in 1983 ’n stigtingslid van die Asiatiese Krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad).

Die BCCI is een van die rykste sportbeheerliggame wêreldwyd. Sy mediaregte-inkomste vir die Indiese toernooie vir die periode 2006–2010 het $ 612 000 000 beloop. Met sy sterk finansiële bande in die krieketwêreld het die BCCI al herhaaldelik weerstand ontbied teen die IKR se toerskedule, en op meer toetsreekse teen Australië en Engeland aangedring, aangesien hulle hiermee meer inkomste verdien as met ’n toetsreeks teen Bangladesj of Zimbabwe. In die verlede het die BCCI met die IKR ook oor borgskappe en die Kampioenetrofee se bestaansrede verskil.

Die Raad vir Beheer van Krieket in Indië bestuur al die Indië-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die BCCI verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Indiese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Nes ander krieketlande beskik Indië oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem. Indië A is die tweede nasionale span van Indië en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Geskiedenis

Inheemse voorlopers

Daar word al oor eeue heen sport in Indië beoefen waar deelnemers ’n bal met ’n stok slaan. Veral Gilli Danda, ’n antieke sport, waarby ’n speler ’n gegooide bal met ’n stok slaan, word as ’n inheemse voorloper van krieket beskou. Dié sport word dalk sedert sowat 2500 jaar gelede in Indië beoefen. Gilli Danda word gereeld met krieket vergelyk en die sportsoorte toon vele ooreenkomste.

Vroeë geskiedenis

Indiese Nasionale Krieketspan 
Kumar Shri Ranjitsinhji Jadeja was ’n Indiër wat vir Engeland gespeel het

Soos in ander dele van die wêreld het Britse kolonisasie die spel krieket na Indië gebring, waar dit vinnig gewildheid verwerf het. Die eerste bekende krieketwedstryd in Indië is in 1721 deur seemanne van die Britse Oos-Indiese Kompanjie gespeel. Die eerste bekende krieketklub is die Kolkata Krieketklub wat sedert minstens 1792 bestaan. In 1848 het die Parsi-gemeenskap in Bombaai die Oosterse Krieketklub gestig, die eerste krieketklub wat deur Indiërs gestig is. Ná ’n stadige begin het die Europeërs in 1877 die Parsi’s genooi om ’n krieketwedstryd te speel. Die eerste toer van ’n Indiese span na Europa is in 1886 gereël, twee jaar later het die eerste Engelse span Indië besoek. Teen 1912 het die Parsi’s, Sikhs, Hindoes en Moslems van Bombaai teen die Europeërs in ’n jaarlikse vierhoekige toernooi met vier spanne gespeel. In die vroeë 1900’s het van die Indiërs vir Engeland begin speel. Sommige van hierdie spelers, soos Ranjitsinhji en KS Duleepsinhji, is deur die Britte opreg waardeer en hul name is met onderskeidelik die Ranji-trofee en die Duleep-trofee vereer – twee vername eersterangse toernooie in Indië. In 1911 het ’n Indiese span vir hul eerste amptelike toer na die Britse Eilande vertrek, maar slegs teen Engelse countyspanne, en nie die Engelse nasionale span gespeel nie.

Op pad na toetskrieketstatus

Indiese Nasionale Krieketspan 
Die Indiese krieketspan word deur wyle Koningin Elizabeth II in 1952 op Lord’s verwelkom

Die Marylebone-krieketklub (MKK) was gretig om krieket in die hele Britse Ryk te bevorder en op 31 Mei 1926 het die Indiese beheerliggaam saam met sy Nieu-Seelandse en Wes-Indiese eweknieë volle lede geword van die Imperiale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) wat voorheen slegs uit die MKK en verteenwoordigers uit Australië en Suid-Afrika bestaan het. Ná sy toetrede tot die IKK kon Indië nou amptelike toetswedstryde speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys. Twee jaar later is die BCCI amptelik gestig. Indië het sy debuut as ’n toetslande in 1932 op Lord’s in Londen gemaak, aangevoer deur CK Nayudu, wat destyds as die beste Indiese bouler beskou is; hulle het egter nie oor ’n sterk kolfspan beskik nie en is in dié wedstryd met 158 lopies verslaan. In 1933/34 het die Engelse teenbesoek gevolg, wat gelyktydig Indië se eerste tuisreeks in toetskrieket was. Hulle het twee toetse in Bombaai (nou Mumbai) en Kalkutta (nou Kolkata) gespeel. Die besoekers het dié reeks met 2-0 gewen.

Die Indiese span het regdeur die 1930’s en 1940’s verder ontwikkel, maar hulle het nie ’n internasionale oorwinning in dié tydperk aangeteken nie. In die vroeë 1940’s het Indië weens die Tweede Wêreldoorlog nie toetskrieket gespeel nie en tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Indië in sewe wedstryde teen Engeland geen oorwinning en slegs twee onbeslisuitslae aangeteken. Ná die onafhanklikheid en Verdeling van Indië is ook wedstryde teen die ander toetslande, waaronder Australië en Wes-Indië, gespeel. Die span se eerste wegreeks as ’n onafhanklike land was in laat 1947 teen Donald Bradman se Invincibles (soos die Australiese span destyds genoem is). Dit was ook die eerste toetsreeks wat Indië nie teen Engeland gespeel het nie. Australië het die vyf-toetsreeks met 4–0 gewen, nadat Bradman die Indiese boulwerk in sy laaste Australiese somer gekwel het. Ná onafhanklikheid het Indië sy eerste toetsreeks tuis in 1948 teen Wes-Indië gespeel. Die besoekers het dié vyf-toetsreeks met 1–0 gewen, nadat vier wedstryde onbeslis geëindig het.

Indië het sy eerste toetsoorwinning, in hul 24ste probeerslag, teen Engeland in Madras in 1952 aangeteken. Later dieselfde jaar het hulle hul eerste toetsreeks, teen Pakistan, gewen; Pakistan het tydens dié toetsreeks sy eerste toetswedstryd ooit gespeel. Indië het sy vordering in die vroeë 1950’s met ’n reeksoorwinning teen Nieu-Seeland in 1956 voortgesit. Hulle het egter tot die einde van dié dekade geen verdere oorwinning aangeteken nie en swak teen sterk Australiese en Engelse spanne verloor. Op 24 Augustus 1959 het Indië met ’n beurt in die toets teen Engeland verloor, wat tot die enigste platloop deur Engeland met 5–0 gelei het. In die volgende dekade het Indië in ’n sterk span met ’n tuisrekord ontwikkel. Hulle het hul eerste tuisreeks teen Engeland in 1961/62, maar ook ’n tuisreeks teen Nieu-Seeland, gewen. Eweneens het Indië daarin geslaag om gelykop in tuisreekse teen Pakistan en teen Australië, asook in ’n verdere tuisreeks teen Engeland te speel. Gedurende dieselfde tydperk het Indië ook sy eerste reeksoorwinning buite die subkontinent aangeteken, toe hulle in 1967/68 in Nieu-Seeland geseëvier het.

Die kern van die Indiese boulwerk in die 1970’s was hul draaikwartet – Bishen Bedi, E.A.S. Prasanna, B.S. Chandrasekhar en Srinivas Venkataraghavan. Dié dekade het ook die opkoms van twee van Indië se beste kolwers nog, Sunil Gavaskar en Gundappa Viswanath, beleef. Indiese kolfblaaie het die neiging gehad om draai te ondersteun en die draaikwartet het die feit uitgebuit om die opponente se kolfspanne te laat ineenstort. Hierdie spelers, onder kaptein Ajit Wadekar, het Indië na twee opeenvolgende reeksoorwinnings in 1971 in Wes-Indië en in Engeland geneem. Gavaskar het 774 lopies tydens die Wes-Indiese toetsreeks aangeteken, terwyl Dilip Sardesai se 112 belangrik was in een van hul toetsoorwinnings.

EDI-krieket en krieketwêreldbekersuksesse

Indiese Nasionale Krieketspan 
’n Grafiek van Indië se toetswedstryde teen al die ander toetslande tussen 1932 en September 2006
Indiese Nasionale Krieketspan 
Toetswedstryd tussen Indië en Nieu-Seeland op Basin Reserve in Wellington, 1981

Die koms van EDI-krieket in 1971 het ’n nuwe aspek tot die krieketwêreld gevoeg. Indië is destyds egter nie as ’n sterk EDI-span beskou nie en kolwers soos die kaptein Gavaskar was bekend vir hul verdedigende benadering tot kolfwerk. Indië het as ’n swak span in EDIs begin en tydens die eerste twee krieketwêreldbekertoernooie nie tot die tweede rondte gevorder nie. Gavaskar het op ’n berugte manier sy weg blokkeer en 36 lopies nie uit nie in 174 aflewerings in die eerste Krieketwêreldbeker 1975 teen die gasheer Engeland aangeteken; Indië het slegs 132 lopies vir die verlies van drie paaltjies behaal en met 202 lopies verloor. Tydens die Krieketwêreldbeker 1979 in Engeland het Indië nie een van sy wedstryde in die groepfase gewen nie en is agtereenvolgens deur Wes-Indië, Nieu-Seeland en Sri Lanka geklop, waarvolgens hulle in die laaste plek van hul groep geëindig het.

In teenstelling daarmee het Indië in toetswedstryde ’n sterk span op die veld gesit en veral tuis ’n goeie rekord gehad, waar hul kombinasie van uitmuntende kolwers en uitstekende draaiers op die hoogtepunt was. Indië het in 1976 ’n destydse toetsrekord in die derde toets teen Wes-Indië in Port-of-Spain opgestel, toe hulle 403 lopies gejaag het om te wen, danksy 112 lopies deur Viswanath. Hierdie oorwinning teen Wes-Indië is as ’n keerpunt in hul krieketgeskiedenis beskou omdat dit kaptein Clive Lloyd die draai laat opgee en die vertroue nou heeltemal na die vier-man snelaanval verskuif het. In November 1976 het die span ’n ander rekord opgestel, toe hulle 524 lopies vir die verlies van nege paaltjies teen Nieu-Seeland in Kanpur aangeteken sonder dat ’n kolwer ’n honderdtal gemoker het. Daar was ses vyftigtalle, en die hoogste telling was Mohinder Amarnath se 70 lopies. Hierdie beurt was slegs die agtste geval in toetskrieket waar al elf kolwers dubbelsyfers behaal het.

Gedurende die 1980’s het Indië ’n meer aanvallende kolfspan ontwikkel met lopiemakers soos die gewrigboulers Mohammed Azharuddin en Dilip Vengsarkar, asook die veelsydige Kapil Dev en Ravi Shastri. Die destydse buiteperd Indië het die Krieketwêreldbeker in 1983 in Engeland gewen, nadat hulle die gunstelinge en tweemalige verdedigende wêreldkampioen Wes-Indië in die eindstryd op Lord’s met ’n sterk boulwerkprestasie verslaan het. Ten spyte hiervan het die span swak in toetskrieket vertoon, insluitende 28 agtereenvolgende toetswedstryde sonder ’n oorwinning. In 1984 het Indië die Asiatiese Beker in die Verenigde Arabiese Emirate en in 1985 die Krieketwêreldkampioenskap in Australië gewen. Nogtans het Indië ’n minder mededingende spann buite die Indiese subkontinent gebly. Indië se toetsreeksoorwinning in 1986 teen Engeland sou die laaste toetsoorwinning vir Indië buite die Indiese subkontinent vir die volgende 19 jaar wees. Tydens die Krieketwêreldbeker 1987, wat in beide Pakistan en Indië aangebied is, het Indië die halfeindstryd gehaal, maar hulle is deur die latere naaswenner Engeland uitgeskakel. ’n Jaar later het hulle tydens die Asiatiese Beker 1988 in Bangladesj hul tweede titel gewen. Gedurende die 1980’s was beide Gavaskar en Kapil Dev (Indië se beste veelsydiges destyds) op die hoogtepunt van hul loopbane. Gavaskar het ’n toetsrekord van 34 honderdtalle opgestel en hy het die eerste speler geword wat die mylpaal van 10 000 lopies bereik het. Kapil Dev het later die hoogste paaltjie-nemer in toetskrieket geword en altesaam 434 paaltjies geneem. Dié tydperk is ook deur ’n onstuimige leierskap gekenmerk, omdat Gavaskar en Kapil Dev die kapteinskap herhaaldelik uitgeruil het.

Laat 20ste eeu

Indiese Nasionale Krieketspan 
Met 619 paaltjies is Anil Kumble die wêreld se derde beste paaltjienemer in toetse en Indië se beste toets- en EDI-paaltjienemer

Die aansluiting van beide Sachin Tendulkar en Anil Kumble by die nasionale span in onderskeidelik 1989 en 1990 het die span verder laat ontwikkel. Die volgende jaar het Javagal Srinath, Indië se snelste kolwer sedert Amar Singh, sy debuut gemaak. Indië kon nogtans gedurende die 1990’s nie een van sy 33 toetswedstryde buite die Indiese subkontinent wen nie, terwyl hulle 17 van hul 30 toetse tuis gewen het. Net só het hulle die Asiatiese Beker 1990 op eie bodem gewen. Tydens die Krieketwêreldbeker 1992, wat in beide Australië en Nieu-Seeland aangebied is, is al die nege deelnemende spanne in een groep geplaas; Indië het slegs oorwinnings teen die aartsvyand en latere wêreldkampioen Pakistan, en Zimbabwe, aangeteken en is vervolgens uit die toernooi geskakel. Tydens die Asiatiese Beker 1995 het die span sy vierde titel ingepalm. Indië is tydens die Krieketwêreldbeker in 1996 deur die buurland Sri Lanka tuis in die halfeindstryd uitgeskakel, nadat ná onluste in die gehoor as gevolg van Indië se swak prestasie die wedstryd op Eden Gardens in Kolkata afgelas en aan Sri Lanka toegeken is. Aansluitend het die span ’n jaar van verandering ondergaan nadat beide Sourav Ganguly en Rahul Dravid, wat later albei kapteins van die span sou word, hul debuut tydens dieselfde toets op Lord’s gemaak het. Tendulkar het Azharuddin as kaptein in laat 1996 vervang, maar ná ’n persoonlike en spanvorm insinking, het Tendulkar as kaptein afgetree en Azharuddin het vroeg in 1998 weer as kaptein oorgeneem. Nadat hy van kapteinskap bevry is, het Tendulkar die wêreld se leidende lopiemaker in beide toetse en EDIs geword, en Indië het in 1997/98 ’n toetsoorwinning tuis teen Australië, die destyds beste geplaaste span in die wêreld, behaal. Tydens die nuwe Kampioenetrofee 1998 is Indië in die halfeindstryd deur Wes-Indië uitgeskakel.

Nadat Indië ná ’n goeie prestasie tydens die groepfase in die Super Ses ná slegs een oorwinning teen die aartsvyand Pakistan versuim het om tot die halfeindstryd van die Krieketwêreldbeker 1999 in Engeland te vorder, is Tendulkar weer as kaptein benoem, en hy het opnuut ’n swak prestasie gelewer, nadat hulle met 0–3 in Australië en daarna met 2–0 tuis deur Suid-Afrika verslaan is. Tendulkar het as kaptein afgetree en belowe, om die span nooit weer te lei nie. Ganguly is as die nuwe kaptein aangestel en die span het in 2000 verdere skade ondergaan, nadat beide die voormalige kaptein Azharuddin en die kolwer Ajay Jadeja in ’n wedstrydknoeieryskandaal betrokke was en onderskeidelik lewenslank en vir vyf jaar opgeskort is. Hierdie tydperk is deur die BBC as the Indian cricket's worst hour (“Indiese krieket se ergste uur”) beskryf. Die nuwe kernspan – Tendulkar, Dravid, Kumble en Ganguly – het egter belowe dat só iets nooit meer sal gebeur nie, en die Indiese krieket uit die donker tydperk gelei. Die drie eersgenoemdes het persoonlike ambisies opsy gesit om Ganguly hulle tot ’n nuwe era te laat lei.

In die nuwe millennium

Indiese Nasionale Krieketspan 
Die Indiese krieketspan in aksie teen Engeland tydens hul toetswedstryd op Wankhedestadion, Mumbai, in 2006

Sedert 2000 het die Indiese span groot verbeteringe onder kaptein Sourav Ganguly en afrigter John Wright, die eerste buitelander in dié pos, ondergaan. Indië het sy onoorwonne tuisrekord teen Australië in toetsreekse uitgebrei, nadat hulle die besoekende span in 2001 verslaan het. Dié reeks word onthou vir die toetswedstryd in Kolkata, waartydens Indië die derde span in die geskiedenis van toetskrieket geword het om ’n wedstryd te wen nadat hulle tweede begin het. Ná die eerste beurt was Indië met 278 lopies agter, maar hulle het die wedstryd met ’n voorsprong van 171 lopies beklink. Die Australiese kaptein Steve Waugh het na Indië as die Final Frontier (“laaste struikelblok”) verwys, aangesien sy span nie in staat was om ’n toetsreeks in Indië te wen nie. Hul 2001-oorwinning teen Australië het vir Indië ’n droomloop onder hul kaptein Ganguly ingelui, en hulle het toetswedstryde in Zimbabwe, Sri Lanka, Wes-Indië en Engeland gewen. Die Engelse reeks word ook onthou vir Indië se hoogste EDI-lopiejaag van 325 lopies op Lord’s tydens die Natwest se EDI-reekseindstryd teen Engeland. In dieselfde jaar het Indië die Kampioenetrofee met Sri Lanka gedeel, nadat die eindstryd twee keer uitgereën is. Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika het Indië die eindstryd gehaal, maar hulle is deur die oorheersende Australiërs verslaan. Tydens die 2003/04-seisoen het Indië ’n toetsreeks in Australië gespeel, waar hulle 1–1 gelykop teen die destydse wêreldkampioen gespeel het, en daarna het hulle ’n toets- en EDI-reeks in Pakistan gewen.

Aan die einde van die 2004-seisoen het Indië onder die gebrek aan vorm en fiksheid van sy ouer spelers gely. ’n Nederlaag in ’n toetsreeks tuis teen Australië is opgevolg deur ’n EDI-reeksnederlaag en ’n toetsreeksgelykop tuis teen Pakistan. Greg Chappell het by John Wright as die afrigter van die Indiese span ná die reeks oorgeneem, en sy metodes was aan die begin van sy ampstermyn omstrede. Die spanning het tot ’n onderonsie tussen Chappell en Ganguly gelei, waarvolgens Rahul Dravid as kaptein aangewys is. Dit het ’n herlewing in die span se lotgevalle veroorsaak, ná die opkoms van spelers soos MS Dhoni en Suresh Raina, asook die mondigwording van spelers soos Irfan Pathan en Yuvraj Singh. ’n Uitstekende tuisreeksoorwinning teen Sri Lanka in 2005 en ’n EDI-reeksgelykop teen Suid-Afrika het Indië na die tweede plek op die IKR se EDI-ranglys geneem. Dravid, Tendulkar en Virender Sehwag is vir die IKR se Wêreldspan tydens die 2005 “Supertoets” teen Australië benoem. ’n Suksesvolle EDI-reeks in Pakistan in vroeg 2006, gevolg deur ’n nederlaag in die toetsreeks, het aan Indië die wêreldrekord van 17 agtereenvolgende EDI-oorwinnings, nadat hulle tweede begin kolf het, besorg. Teen die middel van 2006 het ’n reeksnederlaag met 4–1 in Wes-Indië tot ’n insinking van Indië se EDI-vorm gelei, terwyl hulle ’n 1–0-oorwinning in die volgende toetsreeks aangeteken het, hul eerste toetsoorwinning in die Karibiese gebied sedert 1971. Indië se EDI-vorm het met ’n teleurstellende prestasie tydens die Kampioenetrofee 2006 en ’n afranseling tydens die EDI-reeks in Suid-Afrika verder agteruit gegaan. Dit is weer opgevolg deur ’n aanvanklike goeie vertoning in toetskrieket, nadat Indië sy eerste toetsoorwinning in Suid-Afrika behaal het, alhoewel hulle die toetsreeks met 1–2 sou verloor. Die toetsreeks is deur Ganguly se terugkoms in die Indiese span gekenmerk.

In Desember 2006 het Indië sy eerste internasionale T20I-wedstryd in Suid-Afrika gespeel en gewen, waardeur hulle die laaste destydse toetsland geword het om ’n T20I-wedstryd te speel (later het ook Afghanistan en Ierland, wat toe reeds T20I-wedstryde gespeel het, toetslande geword). Aan die begin van 2007 het Indië aan sy EDI-prestasies – net voor die Krieketwêreldbeker 2007 – verbeter. Reeksoorwinnings teen beide Wes-Indië en Sri Lanka, saam met die terugkoms van Ganguly, die sterk prestasie van Tendulkar, en die opkoms van jong spelers soos Robin Uthappa het volgens sommige kenners aan Indië die status as ’n gunsteling tydens die Krieketwêreldbeker 2007 in Wes-Indië besorg. Indië het ná nederlae teen Bangladesj en Sri Lanka egter nie tot die tweede rondte gevorder nie.

Sukses onder Dhoni

Indiese Nasionale Krieketspan 
Sachin Tendulkar vier sy 38ste toetshonderdtal tydens ’n wedstryd teen Australië in 2008. Tendulkar hou verskeie wêreldrekords, insluitende die wêreld se voorste draaibouler en meeste honderdtalle in beide toetse en EDIs
Indiese Nasionale Krieketspan 
Indiese ondersteuners vier nadat hul span die Krieketwêreldbeker 2011 tuis gewen het

Nadat Indië die toetsreeks in Engeland in Augustus 2007 gewen het, het Dravid as spankaptein bedank, en Dhoni is as T20I- en EDI-kaptein benoem. In September 2007 het Indië die eerste T20I-wêreldbeker in Suid-Afrika gewen, nadat hulle Pakistan met vyf lopies in die eindstryd verslaan het. In 2007/08 het hulle na Australië getoer en dié hoogsomstrede toetsreeks met 1–2 verloor, maar hulle het daarin geslaag om die CB-reeks die volgende maand met ’n platloop-eindstryd teen Australië te wen.

In April 2009 het Indië sy eerste toetsreeks in Nieu-Seeland in 41 jaar beklink. Nadat hulle Sri Lanka in Desember 2009 tuis met 2–0 verslaan het, was Indië die eerste gekeurde toetsland in die wêreld. Hulle het die plek na gelykopreekse teen Suid-Afrika en in Sri Lanka verdedig. In dieselfde jaar het hulle die Asiatiese Beker beklink. In Oktober 2010 het Indië Australië met 2–0 in die toetsreeks tuis platgeloop, waarvolgens hulle opeenvolgend kon seëvier. Later die jaar het Indië daarin geslaag om in die toetsreeks in Suid-Afrika met 1–1 gelykop te speel.

Op 2 April 2011 het Indië die Krieketwêreldbeker 2011 gewen, nadat hulle die medegasheer Sri Lanka in die eindstryd kon klop, en sodoende die derde span na Wes-Indië en Australië geword het om die Krieketwêreldbekertoernooi twee keer te wen, hul vorige oorwinning was in 1983. Gautam Gambhir en die kaptein Dhoni het in die eindstryd onderskeidelik 97 en 91* lopies aangeteken. Indië het sodoende die eerste gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het.

Indië is in ’n toetsreeks in Engeland met 4–0 in Augustus 2011 oorrompel, waarvolgens Engeland Indië as die nommer een span op die ranglys vervang het. Dié reeks is deur ’n verdere platloop met 4–0 in Januarie 2012 in Australië opgevolg. Ná die twee teleurstellende platlope het beide Dravid en VVS Laxman in 2012 uit toetskrieket bedank. Tendulkar het in November 2013 ná sy 200ste toetswedstryd afgetree. Ná Ganguly se uittrede in 2008 het hierdie uittredes die einde van die fabelagtige middelorde-kolfspan waaroor Indië die afgelope dekade beskik het, gekenmerk. 2012 het ’n rowwe tydperk vir Indiese krieket ingelui, nadat hulle tuis met 2–1 deur Engeland in die toetsreeks verslaan is. Dit was die eerste keer in 28 jaar wat Indië tuis deur Engeland geklop is. Dit is opgevolg deur ’n 1–2-nederlaag in die EDI-reeks teen die aartsvyand Pakistan tuis. Indië is toe in die tweede rondte van die T20I-wêreldbeker 2012 in Sri Lanka weens ’n swakker netto-lopietempo teenoor Australië en Pakistan uitgeskakel. Eweneens het Indië versuim om vir die eindstryd van die Asiatiese Beker 2012 te kwalifiseer, wat vir Indië ’n teleurstellende 2012 afgesluit het.

Sukses in korter formate

Indiese Nasionale Krieketspan 
Indiese ondersteuners tydens die Krieketwêreldbeker 2015 op Melbourne-krieketveld

Vroeg in 2013 het Indië teen Australië wraak geneem en hulle met 4–0 tuis in ’n toetsreeks platgeloop. Indië het in 2013/14 Australië met 3–2 in die EDI-reeks van sewe wedstryde verslaan en die eenmalige T20I-wedstryd gewen. Indië moes egter swak nederlae in Suid-Afrika en in Nieu-Seeland verduur, wat tot hewige kritiek aan Indiese krieketspelers gelei het omdat hulle nie in die buiteland kon presteer nie. Indië het Engeland tydens die Kampioenetrofee se eindstryd verslaan en MS Dhoni het die eerste kaptein geword wat al drie IKR-trofeë ingepalm het: Krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker en Kampioenetrofee. Dit is opgevolg deur ’n oorwinning tydens die Wes-Indiese driehoekige reeks 2013, waaraan Indië, Wes-Indië en Sri Lanka deelgeneem het. In 2014 het die Indiese span na beide Bangladesj en Engeland getoer. Hoewel hulle eersgenoemde met 2–0 in drie EDIs verslaan het, is die Indiese span met 3–1 in vyf toetse deur Engeland geklop. Dié reeks word onthou vir die Indiese oorwinning tydens die eerste toets op Lord’s. Die toetsreeks is opgevolg deur ’n 3–1-oorwinning vir Indië in die EDI-reeks van vyf wedstryde en ’n T20I-nederlaag, albei in Engeland.

In 2014 het Indië weer versuim om die eindstryd van die Asiatiese Beker te haal. Tydens die T20I-wêreldbeker in Bangladesj is Indië naelskraap in die eindstryd deur Sri Lanka verslaan en het sodoende ’n verdere IKR-trofee net-net misgeloop. Tydens dié toernooi het Virat Kohli as een van die beste kolwers in die korter formate van krieket ontpop en hy is as speler van die reeks aangewys. Indië het toe beide Wes-Indië en Sri Lanka in EDI-reekse verslaan en sodoende hul eerste plek op die EDI-ranglys verdedig. Indië het aan die einde van 2014 vir ’n vier-toetsreeks na Australië getoer; dié toer word onthou vir MS Dhoni se skielike aftrede uit toetskrieket ná die tweede toets. Virat Kohli is as die nuwe Indiese kaptein in toetskrieket aangewys, maar hy was nie in staat om die reeks om te keer nie en Indië is met 2–0 verslaan. Kohli se eerste reeksoorwinning as kaptein was tydens die drie-toetsreeks tuis teen Sri Lanka, wat die begin van ’n onoorwonne reeksloop vir Indië ingelui het.

Tuisoorheersing

Indiese Nasionale Krieketspan 
Derde toets tussen Australië en Indië op Melbourne-krieketveld, 26 Desember 2018
Indiese Nasionale Krieketspan 
Dag een van Indië se eerste dag/aandtoetswedstryd op Eden Garden in 2019
Indiese Nasionale Krieketspan 
Indië teen Afghanistan tydens die Krieketwêreldbeker 2023

In 2015 het Indië onder sy nuwe kaptein Virat Kohli sy oorheersing in toetswedstryde tuis begin, nadat hulle Suid-Afrika oortuigend verslaan het. Dié toetsreeks het ’n onoorwonne reeks van 19 agtereenvolgende toetswedstryde vir Indië ingelui, wat eers vroeg in 2017 deur Australië beëindig is. Die reeks het ook die opkoms van beide Ravichandran Ashwin en Ravindra Jadeja as twee van die beste draaiers en veelsydiges gesien. Hulle draai webbe rondom toerende kolwers, baie soos die draaikwartet van die 1970’s. Die suksesvolle reeks is opgevolg deur oorsese oorwinnings in die korter formate in Sri Lanka en in Australië, waarvolgens Indië die eerste plek op die EDI-ranglys behaal het. Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 in Australië en Nieu-Seeland het Indië onoorwonne die halfeindstryd gehaal, maar hulle is deur die latere wêreldkampioen Australië oortuigend met 95 lopies uitgeskakel. Indië het 2016 met die oorwinning van die Asiatiese Beker begin, nadat hulle gedurende die hele toernooi onoorwonne was, en Pakistan langs die pad geklop het. Indië was die gunsteling tydens die T20I-wêreldbeker 2016 tuis, maar hulle is in die halfeindstryd deur die uiteindelike wêreldkampioen Wes-Indië uitgeskakel. Virat Kohli is weer as die speler van die toernooi aangewys.

In 2016 het “die groot tuisseisoen” vir Indië begin, insluitende reeksoorwinnings teen Nieu-Seeland, Engeland, Bangladesj en Australië. Indië het Nieu-Seeland verslaan om die eerste plek op die toetsranglys ná meer as tien jaar te herwin. Voor die reeks teen Engeland in November 2016 het MS Dhoni as Indiese kaptein in die korter formate afgetree, en dié pos in al die formate aan Virat Kohli oorhandig. Indië het Engeland in al drie formate verslaan, met ’n noemenswaardige 4–0-oorwinning in die toetsreeks. Dit is opgevolg deur toetsreeksoorwinnings teen beide Bangladesj en Australië, waarmee Indië die Border Gavaskar-trofee herwin het. Ravichandran Ashwin het die vinnigste krieketspeler geword om 250 paaltjies te neem; hy en Ravindra Jadeja het destyds die beste twee plekke in beide die IKR-boulers en veelsydige ranglyste beklee. In die proses het Indië die derde span (na Suid-Afrika en Australië) geword om hul mees onlangse toetsreeks teen al die ander toetsspelende lande te wen. Teen 6 Desember 2017 was Indië in nege opeenvolgende toetsreekse onoorwonne.

Indië het Pakistan in hul eerste wedstryd tydens die Kampioenetrofee 2017 met 124 lopies geklop, maar hulle het hul tweede wedstryd tydens die groepfase teen Sri Lanka met sewe paaltjies ten spyte van ’n aangetekende 321 lopies verloor. In hul laaste groepwedstryd teen Suid-Afrika, ’n moet-wen-ontmoeting, het Indië maklik gewen en sy plek in die halfeindstryd bespreek, teen Bangladesj. Indië het die wedstryd gemaklik met nege paaltjies gewen, en hul aartsvyand Pakistan in die eindstryd ontmoet, die eerste keer wat hulle in ’n eindstryd sedert 2007 ontmoet het. In ’n teleurstellende wedstryd, aangesien Indië die gunsteling was, het Pakistan Indië maklik met 180 lopies verslaan, en hulle in al drie aspekte van die spel (kolfwerk, boulwerk, veldwerk) deklasseer.

In Julie 2017 het Indië Wes-Indië met 3–1 in ’n reeks van vyf EDI-wedstryde in die Karibiese eilande verslaan, maar die eenmalige T20I-wedstryd verloor. Indië het toe na Sri Lanka getoer, en hulle maklik met 3-0 in ’n drie-toetsreeks verslaan, die eerste keer wat Indië ’n opponent oorsee in minstens drie wedstryde geklop het.

Die volgende jaar het gemengde resultate van die Indiese span gesien: hulle het oorsese toetsreekse in beide Suid-Afrika en in Engeland verloor, maar hulle het hul toetsreeks in Australië gewen, die eerste keer wat hulle ’n toetsreeks daar gewen het. In toetswedstryde tuis het hulle Wes-Indië verslaan. Indië het die EDI-been van die Suid-Afrikaanse toer gewen, gevolg deur die driehoekige toernooi met Sri Lanka en Bangladesj. Daarna het hulle die Asiatiese Beker 2018 in die Verenigde Arabiese Emirate gewen. Hulle het met 1–2 in die EDI-reeks in Engeland verloor, gevolg deur ’n oorwinning tuis teen Wes-Indië en oorsee teen beide Australië en Nieu-Seeland. Aan die begin van 2019 het Australië die T20I-reeks met 2–0 gewen, Virat Kohli se eerste tuisnederlaag in ’n T20I-reeks. Tydens die Krieketwêreldbeker 2019 in Engeland het Indië die groepfase in die eerste plek afgesluit en tot die halfeindstryd gevorder, maar hulle is deur Nieu-Seeland uitgeskakel. Ná die Krieketwêreldbeker het Suid-Afrika vir ’n drie-toetsreeks na Indië getoer en die gasheer het skoonskip met die Proteas afgereken en met 3–0 gewen, waarvan die laaste twee toetse elk met ’n beurt en meer as 100 lopies. Dit was Indië se eerste skoonskiptoetsreeks ooit teen die Proteas.

Indië het sy eerste T20I-reeks van drie wedstryde in 2020 in Sri Lanka met 2–0 gewen. Daarna het Indië sy EDI-reeks van drie wedstryde teen Australië met 2–1 gewen.

In Junie 2021 het Indië in die eindstryd van die eerste Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021 teen Nieu-Seeland te staan gekom, maar hulle is met agt paaltjies verslaan. Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 se Super 12 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate is Indië in sy openingswedstryd vir die eerste keer ooit deur die aartsvyand Pakistan in ’n krieketwêreldbekerwedstryd verslaan. Aansluitend is die Indiërs deur Nieu-Seeland geklop, waarvolgens hulle oorwinnings teen Afghanistan, Skotland en Namibië nie meer gehelp het om hulle vir die halfeindrondte te laat kwalifiseer nie. Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 se Super 12 in Australië het Indië Pakistan, Nederland, Bangladesj en Zimbabwe verslaan, terwyl hulle teen Suid-Afrika verloor het. Daarmee het die Indiërs hul groep in die eerste plek afgesluit en die halfeindrondte gehaal, maar hulle is deur die latere wêreldkampioen Engeland met tien paaltjies verslaan. In Junie 2023 het Indië in die eindstryd van die tweede Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 Australië ontmoet, maar hulle het met 209 lopies verloor. In dieselfde jaar het die span die Asiatiese Beker in Pakistan en Sri Lanka beklink. Indië was gasheer van die Krieketwêreldbeker 2023 en het onoorwonne die eindstryd gehaal, nadat hulle vir die eerste keer tien agtereenvolgende EDI-wedstryde kon wen. In dié proses het Virat Kohli Sachin Tendulkar se rekord van 49 EDI-honderdtalle verbygesteek en sy 50ste EDI-honderdtal gemoker, asook ’n nuwe rekord opgestel met die meeste lopies tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi nog (765). In die eindstryd is die gasheer egter deur Australië op 240 lopies uitgeboul, waarna hulle met ses paaltjies verloor het.

Kleure

Eersterangse krieket

Borge tydens IKR-toernooie
Toernooi Truiverskaffer Borg op die mou
Krieketwêreldbeker 1975
Krieketwêreldbeker 1979
Krieketwêreldbeker 1983
Krieketwêreldbeker 1987
Krieketwêreldbeker 1992 ISC
Krieketwêreldbeker 1996 Wills
Kampioenetrofee 1998
Krieketwêreldbeker 1999 Asics
Kampioenetrofee 2000
Kampioenetrofee 2002 Omtex
Krieketwêreldbeker 2003 Aamby Valley
Kampioenetrofee 2004 Sahara
Kampioenetrofee 2006 Nike
Krieketwêreldbeker 2007
T20I-wêreldbeker 2007
T20I-wêreldbeker 2009
Kampioenetrofee 2009
T20I-wêreldbeker 2010
Krieketwêreldbeker 2011
T20I-wêreldbeker 2012
Kampioenetrofee 2013
T20I-wêreldbeker 2014 Star India
Krieketwêreldbeker 2015
T20I-wêreldbeker 2016
Kampioenetrofee 2017 Oppo
Krieketwêreldbeker 2019
T20I-wêreldbeker 2021 MPL Sports BYJU’S
Wêreldtoetskampioenskap 2021
T20I-wêreldbeker 2022
Wêreldtoetskampioenskap 2023 Adidas
Krieketwêreldbeker 2023 Dream11
Truiborg
Tydperk Truiverskaffer Truiborg
1993–1996 Wills
1999–2001
2001–2002 ITC Hotels
2002–2003 Sahara
2003–2005
2005–2013 Nike
2014–2017 Star India
2017–2019 Oppo
2019–2020 BYJU’S
2020–2023 MPL Sports
2023 Killer
2023–2028 Adidas Dream11
Indiese Nasionale Krieketspan 
Die Indiese toetsspan in 1932

Wit krieketklere word tradisioneel deur die Indiese krieketspan gedra wanneer hulle eersterangse krieket speel. Saam met hul wit klere dra Indiese veldwerkers ’n donkerblou pet of ’n wit breedgerande sonhoed met die BCCI se kenteken in die middel. Helms is ook donkerblou. Van die spelers toon die Indiese vlag op hul helms.

Die wit krieketklere toon min handelsmerke; die BCCI se kenteken word op die linkerbors vertoon, terwyl die borg se kenteken (tans Dream11) op die regterbors vertoon word. Die uitruster se kenteken is op die mou van die speler se voorarm.

Korter formate

Indiese Nasionale Krieketspan 
Die Indiese EDI-span in 2010

Sedert kleure in internasionale krieket gebruik word, het die Indiese span blou as sy hoofkleur gekies. Die blou kleur van hul trui het aan die span die bynaam Men in Blue besorg. Die tweede kleur het oor die jare heen gewissel, met geel en oranje as die mees gebruikte tweede kleur. Met die invoering van die Wêreldkrieketreeks in 1979 moes elke span ’n hoofkleur en ’n tweede kleur kies en die Indiese span het ligblou as hul hoofkleur en geel as hul tweede kleur gekies. Sedertdien het die span verskeie skakerings van blou gebruik. Vir die Krieketwêreldbeker 1992 is die spankleure deur die hoofuitruster ISC van dié toernooi na donkerblou verander. Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 is ’n ligte skakering van blou met geel as tweede kleur en ’n streep met tien verskillende kleure (wat verskillende lande verteenwoordig het) gebruik, terwyl tydens die Krieketwêreldbeker 1999 ’n nog ligter skakering van blou en ’n dominante geel deur die algemene uitruster van dié toernooi, ASICS, gebruik is. Die IKR benoem nie meer ’n algemene uitruster vir sy toernooie nie.

Verskeie truiontwerpe is oor die jare heen gebruik en die mees oorheersende was dié met India in geel oor ’n diagonale spatsel van die driekleur. Nike is in 2005 as vervaardiger van die trui benoem en het vir die Krieketwêreldbeker 2007 nuwe truie ontwerp met die ligste skakering van blou wat deur die span nog gebruik is en goudgeel as die tweede kleur. ’n Nuwe driekleurige aksent is op die regterkant van die trui gebruik. Die kleur is in 2009 na ’n donker feroza-blou verander en oranje het by geel as tweede kleur oorgeneem.

Nike het ’n nuwe trui bekend gestel met ’n sterker ultramarynblou-skakering en in 2010 is ’n nuwe driekleurige aksent op albei kante van die trui gebruik. ’n Rooierige skakering van oranje is as ’n tweede kleur op dié trui gebruik. In 2014 is ’n nuwe trui onthul met ’n effens donker skakering van blou en ’n minimale aksentontwerp oor die skouers. Nike het vir die Krieketwêreldbeker 2015 weer ’n nuwe trui met ’n soortgelyke skakering van blou en sonder aksente voorgelê; dié trui is van herwinde plastiekbottels vervaardig. Vir die Krieketwêreldbeker 2019 het Nike ’n nuwe trui met twee skakerings van blou ontwerp. Die voorkant van dié trui gebruik ’n soortgelyke skakering van blou soos die vorige truie, terwyl die sye, arms en rug in ’n ligter blou gekleur is. ’n Minimale skakering van oranje is ook op die sye gebruik. Vir die wedstryd teen Engeland tydens die Krieketwêreldbeker 2019 is, volgens die IKR se reëls, ’n alternatiewe trui met oranje op die rug en skouers en donkerblou op die voorkant gebruik. Dit was die eerste keer wat ’n ander kleur as die hoofkleur van die Indiese trui gebruik is. Dié wedstryd teen Engeland was ook ’n besondere wedstryd, #OneDay4Children genoem, wat deur die IKR tussen die twee beste spanne op die EDI-ranglys in 2019 gereël is. Dit was ook die enigste keer tot dusver wat Indië in die alternatiewe trui gespeel het.

Aangesien internasionale spanne begin het om verskillende truie vir T20I- en EDI-wedstryde te gebruik, het Nike in 2016 die eerste T20I-trui met ’n soortgelyke skakering en ’n kontemporêre ontwerp vir die Indiese span onthul. Afwisselende dun strepe van oranje en groen is onderskeidelik op die boonste regterkant en onderste linkerkant van die trui gebruik. In 2017 is ’n nuwe EDI-trui met ’n soortgelyke skakering van blou vir die liggaam en ’n donker skakering van blou vir die moue deur Nike bekend gemaak. Die driekleurige aksent het op die trui as ’n enkele dun strook aan weerskante van die bors teruggekeer. Soos die blou truie gebruik die pette ’n soortgelyke ontwerp as die truie. Die breërandsonhoede is gewoonlik wit terwyl die helms donkerblou is.

Soos by die eersterangse trui is die BCCI se kenteken op die linkerbors terwyl die embleem van die verskaffer (Adidas) op die regterbors is. Die amptelike borg se kenteken (tans Dream11) is op die sentrale gedeelte van die trui, gewoonlik bo die opskrif INDIA, en ook op die mou van die speler se voorarm. Op die T20I-truie is die borg se kenteken, bykomend tot bogenoemde, ook op die rug, bo die speler se nommer. Tydens IKR-toernooie is die toernooi se kenteken op die regterbors en die borg se kenteken word net op die mou van die speler se voorarm toegelaat. Die kenteken van die truivervaardiger word in hierdie geval op die mou van die speler se ander arm getoon. Die speler se naam en nommer is op die rug gedruk.

Tuisstadions

Indiese Nasionale Krieketspan 
Indiese Nasionale Krieketspan 
Wankhede
Indiese Nasionale Krieketspan 
Brabourne/Gymkhana
Indiese Nasionale Krieketspan 
Kotla
Indiese Nasionale Krieketspan 
Green
Indiese Nasionale Krieketspan 
Rajiv
Indiese Nasionale Krieketspan 
Chinnaswamy
Indiese Nasionale Krieketspan 
MAC
Indiese Nasionale Krieketspan 
Mohali
Indiese Nasionale Krieketspan 
Motera
Indiese Nasionale Krieketspan 
Jaipur
Indiese Nasionale Krieketspan 
Vidarbha
Indiese Nasionale Krieketspan 
Nehru (Chennai)
Indiese Nasionale Krieketspan 
LBS
Indiese Nasionale Krieketspan 
Barabati
Indiese Nasionale Krieketspan 
Universiteit
Indiese Nasionale Krieketspan 
Jalandhar
Indiese Nasionale Krieketspan 
Chandigarh
Indiese Nasionale Krieketspan 
Singh Babu
Indiese Nasionale Krieketspan 
Holkar
Indiese Nasionale Krieketspan 
Saurashtra
Indiese Nasionale Krieketspan 
ACA-VDCA
Indiese Nasionale Krieketspan 
Maharashtra
Indiese Nasionale Krieketspan 
JSCA
Indiese Nasionale Krieketspan 
Himachal Pradesh
Indiese krieketstadions wat reeds toetswedstryde gehuisves het

Net soos ander vername krieketlande soos Australië, Bangladesj, Engeland, Ierland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe beskik Indië oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Indiese nasionale krieketspan gebruik eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Indië vir hul krieketwedstryde.

Daar is talle wêreldbekende krieketstadions in Indië. Die meeste velde val onder die bestuur van verskillende deelstate se krieketrade, en is nie onder die beheer van die BCCI nie. Bombay Gymkhana was die eerste krieketveld in Indië wat ’n volskaalse krieketwedstryd van ’n Indiese span aangebied het. Dié wedstryd was in 1877 tussen die Parsi’s en die Europeërs. In 1933 het dieselfde stadion die eerste toetwedstryd in Indië aangebied, die enigste toets wat dié stadion aangebied het. Die tweede en derde toets tydens die 1933-reeks is op Eden Gardens en Chepauk aangebied. Die Feroz Shah Kotla-veld in Delhi het die eerste stadion geword wat ’n toetswedstryd ná Indië se onafhanklikwording aangebied het, ’n onbeslisuitslag teen Wes-Indië in 1948, die eerste van ’n vyf-toetsreeks. 21 stadions in Indië het ten minste een amptelike toetswedstryd aangebied. In onlangse jare het die aantal van wêreldklaskrieketstadions in Indië toegeneem, met veelvuldige toetsstadions in Ahmedabad, Chandigarh, Chennai, Dharamshala, Hyderabad, Indore, Mohali, Mumbai, Nagpur, Pune, Rajkot en Ranchi.

Sedert 2020 beskik Indië oor die grootste krieketstadion volgens kapasiteit, nadat die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad ingewy is en meer as 132 000 toeskouers kan huisves. Eden Gardens in Kolkata het die meeste toetse aangebied, en beskik ook oor die derde grootste kapasiteit van enige krieketstadion ter wêreld, aangesien dié stadion sitplek vir ’n skare van meer as 80 000 bied. Dit is in 1864 gebou en is een van die mees geskiedkundige stadions in Indië, en het al baie geskiedkundige en omstrede wedstryde gehuisves. Ander vername stadions in Indië sluit in die Feroz Shah Kotla Ground, wat in 1883 gebou is en noemenswaardige wedstryde soos Anil Kumble se oes van tien paaltjies in ’n beurt teen Pakistan gesien het. Gedurende die onlangse jare het die stadion ’n opknapping ondergaan.

Die Wankhedestadion, wat in 1974 opgerig is, beskik oor ’n kapasiteit van 33 000 en is tans die gewildste stadion in Mumbai. Dit het al 24 toetswedstryde aangebied. Dit is die nieamptelike opvolger van die Brabourne-stadion, wat ook in Mumbai geleë is. Mumbai word weens sy ondersteuners en talente dikwels as Indië se kriekethoofstad beskou, en derhalwe huisves die stadion gereeld belangrike toetswedstryde. Die M.A. Chidambaram-stadion in Chepauk word ook as ’n belangrike geskiedkundige Indiese krieketstadion beskou; dit is in die vroeë 1900’s opgerig en het Indië se eerste toetsoorwinning gesien.

Die Indiese nasionale krieketspan het tot dusver 27 tuisstadions tydens toetswedstryde gebruik:

No. Stadion Plek Eerste toets
1 Bombay Gymkhana (Gymkhana Ground) Mumbai 15 Desember 1933
2 Eden Gardens (Ranji-stadion) Kolkata 5 Januarie 1934
3 M. A. Chidambaram-stadion (Chepauk) Chennai 10 Februarie 1934
4 Feroz Shah Kotla Delhi 10 November 1948
5 Brabournestadion Mumbai 9 Desember 1948
6 Green Park-stadion Kanpur 12 Januarie 1952
7 Universiteitsveld Lucknow 23 Oktober 1952
8 Lal Bahadur Shastri-stadion (Fateh Maidan) Hyderabad 19 November 1955
9 Jawaharlal Nehru-stadion Chennai 6 Januarie 1956
10 Vidarbha-krieketverenigingveld (VCA Ground) Nagpur 3 Oktober 1969
11 M. Chinnaswamy-stadion (Chinnaswamy-stadion) Bangalore 22 November 1974
12 Wankhedestadion Mumbai 23 Januarie 1975
13 Gandhistadion Jalandhar 24 September 1983
14 Narendra Modi-stadion (Motera) Ahmedabad 12 November 1983
15 Barabatistadion Cuttack 4 Januarie 1987
16 Sawai Mansingh-stadion Jaipur 21 Februarie 1987
17 Sector 16-stadion Chandigarh 23 November 1990
18 K. D. Singh Babu-stadion Lucknow 18 Januarie 1994
19 Punjab-krieketverenigingstadion Mohali 10 Desember 1994
20 Vidarbha-krieketverenigingstadion Nagpur 6 November 2008
21 Rajiv Gandhi Internasionale Krieketstadion Hyderabad 12 November 2010
22 Holkarstadion Indore 8 Oktober 2016
23 Saurashtra-krieketverenigingstadion Rajkot 9 November 2016
24 ACA-VDCA-krieketstadion Visakhapatnam 17 November 2016
25 Maharashtra-krieketverenigingstadion Pune 23 Februarie 2017
26 JSCA Internasionale Stadionkompleks Ranchi 16 Maart 2017
27 Himachal Pradesh-krieketverenigingstadion Dharamsala 25 Maart 2017

Daarbenewens het Afghanistan van sy tuistoetswedstryde in Indië gespeel:

No. Stadion Plek Eerste toets
1 Rajiv Gandhi Internasionale Krieketstadion Dehradun 15 Maart 2019
2 Bharat Ratna Shri Atal Bihari Vajpayee Ekana Krieketstadion Lucknow 27. November 2019

Krieketwêreldbekerstadions

Indiese Nasionale Krieketspan 
Die Wankhedestadion in Mumbai tydens die eindstryd van die Krieketwêreldbeker 2011 tussen Indië en Sri Lanka; die gasheer wen met ses paaltjies

Indië het in 1987 saam met Pakistan die eerste krieketwêreldbekertoernooi buite Engeland aangebied. Indië het 17 wedstryde op 14 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan tien wedstryde op sewe plekke aangebied het. Albei gashere het hul wedstryde tydens dié toernooi tuis gespeel. Eden Gardens in Kolkata het na Lord’s in Londen die tweede krieketstadion geword om ’n eindstryd aan te bied; dié stadion het met sowat 70 000 ondersteuners ook ’n nuwe rekordskare gelok.

Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur Indië, Pakistan en Sri Lanka saam aangebied. Indië het 17 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan 16 wedstryde op ses plekke en Sri Lanka vier wedstryde op drie plekke aangebied het. Al drie gashere het hul wedstryde tydens die groepfase tuis gespeel (behalwe vir die ontmoeting tussen Indië en Sri Lanka wat in Indië aangebied is). Die eindstryd is in Lahore se Gaddafistadion aangebied.

Die Krieketwêreldbeker 2011 is deur Indië, Sri Lanka en Bangladesj saam aangebied. Oorspronklik is ook wedstryde in Pakistan beplan, maar dié land is ná die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan van sy gasheerregte ontneem. Indië het 29 wedstryde op ag verskeie plekke gehuisves, terwyl Sri Lanka twaalf wedstryde op drie plekke en Bangladesj ag wedstryde op twee plekke aangebied het. Die meeste van die drie gashere se wedstryde is tuis gespeel. Die Wankhedestadion in Mumbai het die tweede Indiese stadion geword om ’n eindstryd aan te bied en Indië het die eerste gasheer geword om ’n krieketwêreldbekertoernooi tuis te wen, nadat hulle Sri Lanka met ses paaltjies verslaan het.

Daarbenewens het Indië al vername internasionale kriekettoernooie soos die Kampioenetrofee 2006 en die T20I-wêreldbeker 2016 aangebied.

Die Krieketwêreldbeker 2023 was die vierde krieketwêreldbekertoernooi wat in Indië aangebied is, maar dié keer het Indië alleen as gasheer opgetree. Indië is ook as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2026 (saam met Sri Lanka), Kampioenetrofee 2029 (alleenlik) en Krieketwêreldbeker 2031 (saam met Bangladesj) aangewys.

Aanhangerskultuur

Oor die jare heen is ’n aantal amptelike aanhangersgroepe gestig, waaronder die Swami Army of Bharat Army, die Indiese eweknie tot die Engelse Barmy Army, wat tydens die Indiese 2003/04-toer na Australië baie aktief was. Hulle is bekend vir ’n aantal gewilde liedjies wat aan die nasionale span gewy is.

Wedywering met Pakistan

Indiese Nasionale Krieketspan 
Die eerste minister van Indië, Manmohan Singh, en Pakistan, Yousaf Raza Gilani, verwelkom die nasionale spanne van Indië en Pakistan voor die halfeindstryd van die Krieketwêreldbeker 2011 in Mohali, Indië

Veral ontmoetings met Pakistan geniet as gevolg van die Verdeling van Indië en die daaropvolgende Indies-Pakistanse oorloë ’n groot aandag onder die aanhangers van albei nasionale spanne. Afhangende van die situasie van diplomatieke betrekkinge tussen albei lande is die krieketwedstryde tussen albei nasionale spanne gereeld emosioneel gelaai. Van dié wedstryde sorg dikwels vir ’n bogemiddelde gehoorbelangstelling onder die aanhangers van albei kante en ook onder neutrale waarnemers. Dit geld veral vir die EDI-wedstryde tydens krieketwêreldbekertoernooie wat vir volgepakte stadions en hoogs gelaaide atmosfere sorg, onafhanklik van die wedstryd se plek. Televisie-uitsendings van die ontmoetings tussen albei spanne tydens krieketwêreldbekertoernooie lok sowat ’n miljard mense en is van die mees gesiene televisiegeleenhede wêreldwyd. Tydens hierdie internasionale wedstryde vergader dikwels die presidente en eerste ministers van albei lande, wat teen die agtergrond van die gemeensame belangstelling in die sport poog om albei lande nader aan mekaar te bring, waarvoor die term „krieketdiplomatie“ gevestig het. ’n Bekende voorbeeld is die vergadering van die twee eerste ministers Yousaf Raza Gilani (Pakistan) en Manmohan Singh (Indië) tydens die Krieketwêreldbeker 2011 se halfeindstryd in Mohali, Indië. Ná dié wedstryd het die twee regeringshoofde verskeie omstrede punte bespreek, insluitend die gesamentlike ondersoek van die 2008-aanvalle in Mumbai.

Internasionale toere

Soos gebruiklik sedert die begin van internasionale krieket, onderneem die Indiese nasionale krieketspan deels maandelange oorsese toere, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaasliksaamgestelde spanne en klubspanne speel. Eweneens huisves hulle ander nasionale spanne wat na Indië toer. Gedurende die plaaslike somer tree hulle as gasheer op of onderneem op hul beurt toere deur die ander krieketlande van die Noordelike Halfrond en gedurende die plaaslike winter onderneem hulle toere deur krieketlande van die Suidelike Halfrond. As deel hiervan ding Indië mee in toetskrieket sedert 1951/52 teen Engeland in Indië om die Anthony de Mello-trofee, sedert 1996/96 teen Australië om die Border-Gavaskar-trofee, sedert 2007 teen Engeland in Engeland om die Pataudi-trofee, sedert 2015/16 teen Suid-Afrika om die Freedom-trofee en sedert 2017 teen Bangladesj om die Ganguly-Durjoy-trofee.

Spelers

Bekende spelers

Indiese Nasionale Krieketspan 
Anil Kumble (2006)
Indiese Nasionale Krieketspan 
Rahul Dravid (2012)
Indiese Nasionale Krieketspan 
Sunil Gavaskar (2012)
Indiese Nasionale Krieketspan 
Sachin Tendulkar (2015)
Indiese Nasionale Krieketspan 
Kapil Dev

Agt voormalige Indiese spelers is vir hul uitstekende prestasies in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:

Speler Posisie Inskrywing
Bishan Singh Bedi Bouler 2009
Kapil Dev Veelsydig 2009
Rahul Dravid Kolwer 2018
Sunil Gavaskar Aanvangskolwer 2009
Anil Kumble Bouler 2015
Vinoo Mankad Veelsydig 2021
Virender Sehwag Kolwer 2023
Sachin Tendulkar Kolwer 2019

Spelerstatistieke

Altesaam het vir Indië 308 spelers toets-, 252 spelers EDI- en 110 spelers T20I-wedstryde gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Indiese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Sachin Tendulkar 1989–2013 200 15 921 Sachin Tendulkar 1989–2012 463 18 426 Virat Kohli 2010–2022 115 4 008
Rahul Dravid 1996–2012 163 13 265 Virat Kohli 2008–hede 292 13 848 Rohit Sharma 2007–2022 148 3 853
Sunil Gavaskar 1971–1987 125 10 122 Sourav Ganguly 1992–2007 308 11 221 KL Rahul 2016–2022 072 2 265
VVS Laxman 1996–2012 134 08 781 Rahul Dravid 1996–2011 340 10 768 Suryakumar Yadav 2021–hede 053 1 841
Virat Kohli 2011–hede 111 08 676 Rohit Sharma 2007–hede 262 10 709 Shikhar Dhawan 2011–2021 068 1 759
Korrek teen: 20 November 2023 Korrek teen: 20 November 2023 Korrek teen: 20 November 2023

Paaltjies

Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Anil Kumble 1990–2008 132 619 Anil Kumble 1990–2007 269 334 Yuzvendra Chahal 2016–hede 80 96
Ravichandran Ashwin 2011–hede 094 489 Javagal Srinath 1991–2003 229 315 Bhuvneshwar Kumar 2012–2022 87 90
Kapil Dev 1978–1994 131 434 Ajit Agarkar 1998–2007 191 288 Jasprit Bumrah 2016–hede 62 74
Harbhajan Singh 1998–2015 103 417 Zaheer Khan 2000–2012 194 269 Hardik Pandya 2016–hede 92 73
Ishant Sharma 2007–2021 105 311 Harbhajan Singh 1998–2015 234 265 Ravichandran Ashwin 2010–2022 65 72
Korrek teen: 20 November 2023 Korrek teen: 20 November 2023 Korrek teen: 20 November 2023

Spankapteins

Tot op hede was 36 spelers reeds die kaptein vir Indië tydens ’n toetswedstryd, 27 tydens ’n EDI en twaalf tydens ’n T20I.

Toets EDI T20I
No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk
1 CK Nayudu 1932–1934 Ajit Wadekar 1974 Virender Sehwag 2006
2 Vijayananda Gajapathi Raju 1936 Srinivasaraghavan Venkataraghavan 1975–1979 Mahendra Singh Dhoni 2007–2016
3 Iftikhar Ali Khan Pataudi 1946 Bishen Singh Bedi 1976–1978 Suresh Raina 2010–2011
4 Lala Amarnath 1947–1952 Sunil Gavaskar 1980–1985 Ajinkya Rahane 2015
5 Vijay Hazare 1951–1953 Gundappa Viswanath 1981 Virat Kohli 2017–2021
6 Vinoo Mankad 1955–1959 Kapil Dev 1982–1987 Rohit Sharma 2017–2022
7 Ghulam Ahmed 1955–1959 Syed Kirmani 1983 Shikhar Dhawan 2021
8 Polly Umrigar 1955–1958 Mohinder Amarnath 1984 Rishabh Pant 2022
9 Hemu Adhikari 1959 Ravi Shastri 1987–1991 Hardik Pandya 2022–2023
10 Datta Gaekwad 1959 Dilip Vengsarkar 1987–1989 KL Rahul 2022
11 Pankaj Roy 1959 Krishnamachari Srikkanth 1989 Jasprit Bumrah 2023
12 Gulabrai Ramchand 1959–1960 Mohammad Azharuddin 1990–1999 Ruturaj Gaikwad 2023–hede
13 Nari Contractor 1960–1962 Sachin Tendulkar 1996–2000
14 Mansur Ali Khan Pataudi 1962–1975 Ajay Jadeja 1998–1999
15 Chandu Borde 1967 Sourav Ganguly 1999–2005
16 Ajit Wadekar 1971–1974 Rahul Dravid 2000–2007
17 Srinivas Venkataraghavan 1974–1979 Anil Kumble 2002
18 Sunil Gavaskar 1976–1985 Virender Sehwag 2003–2012
19 Bishan Singh Bedi 1976–1978 Mahendra Singh Dhoni 2007–2018
20 Gundappa Viswanath 1980 Suresh Raina 2010–2014
21 Kapil Dev 1983–1987 Gautam Gambhir 2010–2011
22 Dilip Vengsarkar 1987–1989 Virat Kohli 2013–2021
23 Ravi Shastri 1988 Ajinkya Rahane 2015
24 Krishnamachari Srikkanth 1989 Rohit Sharma 2017–hede
25 Mohammad Azharuddin 1990–1999 Shikhar Dhawan 2021–2022
26 Sachin Tendulkar 1996–2000 KL Rahul 2022
27 Sourav Ganguly 2000–2005 Hardik Pandya 2023
28 Rahul Dravid 2003–2007
29 Virender Sehwag 2005–2012
30 Anil Kumble 2007–2008
31 Mahendra Singh Dhoni 2008–2014
32 Virat Kohli 2014–2022
33 Ajinkya Rahane 2017–2021
34 KL Rahul 2022
35 Rohit Sharma 2022–hede
36 Jasprit Bumrah 2022

Rekords

Toetsrekord teen ander lande

Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
Indiese Nasionale Krieketspan  Afghanistan 1 1 0 0 0 100,00 14 Junie 2018
Indiese Nasionale Krieketspan  Australië 107 32 45 1 29 29,90 19 Desember 1959
Indiese Nasionale Krieketspan  Bangladesj 13 11 0 0 2 84,61 10 November 2000
Indiese Nasionale Krieketspan  Engeland 131 31 50 0 50 23,66 6 Februarie 1952
Indiese Nasionale Krieketspan  Nieu-Seeland 62 22 13 0 27 35,48 2 Desember 1955
Indiese Nasionale Krieketspan  Pakistan 59 9 12 0 38 15,25 16 Oktober 1952
Indiese Nasionale Krieketspan  Sri Lanka 46 22 7 0 17 47,82 27 Desember 1986
Indiese Nasionale Krieketspan  Suid-Afrika 42 15 17 0 10 35,71 20 November 1996
Indiese Nasionale Krieketspan  Wes-Indië 100 23 30 0 47 23,00 6 Maart 1971
Indiese Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 11 7 2 0 2 63,63 13 Maart 1993
Algeheel 572 173 176 1 222 30,24 6 Februarie 1952
Rekords volledig tot en met toets #2515 op 27–31 Julie 2023. Laaste keer hersien op 20 November 2023.

Wêreldtoetskampioenskaprekord

Jaar Uitslag
2019–2021 Naaswenner
2021–2023 Naaswenner
2023–2025 gekwalifiseer

EDI-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Indiese Nasionale Krieketspan  Afghanistan 4 3 0 1 0 75,00 5 Maart 2014
Indiese Nasionale Krieketspan  Australië 151 57 84 0 10 37,74 6 Desember 1980
Indiese Nasionale Krieketspan  Bangladesj 41 32 8 0 1 78,04 27 Oktober 1988
Indiese Nasionale Krieketspan  Engeland 107 58 44 2 3 54,20 20 Desember 1981
Indiese Nasionale Krieketspan  Ierland 3 3 0 0 0 100,00 23 Junie 2007
Indiese Nasionale Krieketspan  Nieu-Seeland 118 60 50 1 7 50,84 9 Desember 1980
Indiese Nasionale Krieketspan  Pakistan 135 57 73 0 5 42,22 1 Oktober 1978
Indiese Nasionale Krieketspan  Sri Lanka 168 99 57 1 11 58,92 12 September 1982
Indiese Nasionale Krieketspan  Suid-Afrika 91 38 50 0 3 41,75 10 November 1991
Indiese Nasionale Krieketspan  Wes-Indië 142 72 64 2 4 50,70 29 Maart 1983
Indiese Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 66 54 10 2 0 81,81 11 Junie 1983
t. Assosiaatlede
Indiese Nasionale Krieketspan  Bermuda 1 1 0 0 0 100,00 19 Maart 2007
Indiese Nasionale Krieketspan  Hongkong 2 2 0 0 0 100,00 25 Junie 2008
Indiese Nasionale Krieketspan  Kenia 13 11 2 0 0 84,61 18 Februarie 1996
Indiese Nasionale Krieketspan  Namibië 1 1 0 0 0 100,00 23 Februarie 2003
Indiese Nasionale Krieketspan  Nederland 3 3 0 0 0 100,00 12 Februarie 2003
Indiese Nasionale Krieketspan  Nepal 1 1 0 0 0 100,00 4 September 2023
Indiese Nasionale Krieketspan  Oos-Afrika 1 1 0 0 0 100,00 11 Junie 1975
Indiese Nasionale Krieketspan  Skotland 1 1 0 0 0 100,00 16 Augustus 2007
Indiese Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 3 3 0 0 0 100,00 13 April 1994
Algeheel 1052 557 442 9 44 52,94 11 Junie 1975
Rekords volledig tot en met EDI #4705 op 19 November 2023. Laaste keer hersien op 19 September 2023. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Krieketwêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Groepfase
1979 Groepfase
1983 Kampioen
1987 Halfeindrondte
1992 Groepfase
1996 Halfeindrondte
1999 Super 6
2003 Naaswenner
2007 Groepfase
2011 Kampioen
2015 Halfeindrondte
2019 Halfeindrondte
2023 Naaswenner
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Kampioenetrofeerekord

Jaar Uitslag
1998 Halfeindrondte
2000 Naaswenner
2002 Gedeel met Sri Lanka
2004 Groepfase
2006 Groepfase
2009 Groepfase
2013 Kampioen
2017 Naaswenner
2025 gekwalifiseer
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetslande
Indiese Nasionale Krieketspan  Afghanistan 5 4 0 0 1 80,00 1 Mei 2010
Indiese Nasionale Krieketspan  Australië 26 15 10 0 1 57,69 22 September 2007
Indiese Nasionale Krieketspan  Bangladesj 13 12 1 0 0 92,30 6 Junie 2009
Indiese Nasionale Krieketspan  Engeland 23 12 11 0 0 52,17 19 September 2007
Indiese Nasionale Krieketspan  Ierland 7 7 0 0 0 100,00 10 Junie 2009
Indiese Nasionale Krieketspan  Nieu-Seeland 25 12 10 3 0 48,00 1 November 2017
Indiese Nasionale Krieketspan  Pakistan 12 8 3 1 0 66,67 24 September 2007
Indiese Nasionale Krieketspan  Sri Lanka 29 19 9 0 1 65,51 10 Februarie 2009
Indiese Nasionale Krieketspan  Suid-Afrika 24 13 10 0 1 54,16 1 Desember 2006
Indiese Nasionale Krieketspan  Wes-Indië 30 19 10 0 1 63,33 4 Junie 2011
Indiese Nasionale Krieketspan  Zimbabwe 8 6 2 0 0 75,00 12 Junie 2010
t. Assosiaatlede
Indiese Nasionale Krieketspan  Hongkong 1 1 0 0 0 100,00 31 Augustus 2022
Indiese Nasionale Krieketspan  Namibië 1 1 0 0 0 100,00 8 November 2021
Indiese Nasionale Krieketspan  Nederland 1 1 0 0 0 100,00 27 Oktober 2022
Indiese Nasionale Krieketspan  Skotland 2 1 0 0 1 50,00 5 November 2021
Indiese Nasionale Krieketspan  Verenigde Arabiese Emirate 1 1 0 0 0 100,00 3 Maart 2016
Algeheel 209 133 66 4 6 63,63 1 Desember 2006
Rekords volledig tot en met T20I #2350 op 20 November 2023. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
2007 Kampioen
2009 Super 8
2010 Super 8
2012 Super 8
2014 Naaswenner
2016 Halfeindrondte
2021 Super 12
2022 Halfeindrondte
2024 gekwalifiseer
2026 N.v.t.
2028 N.v.t.
2030 N.v.t.

Asiatiese Bekerrekord

Jaar Uitslag
1984 Kampioen
1986 nie deelgeneem nie
1988 Kampioen
1990 Kampioen
1993 Toernooi afgelas
1995 Kampioen
1997 nie deelgeneem nie
2000 Derde plek
2004 Naaswenner
2008 Naaswenner
2010 Kampioen
2012 Derde plek
2014 Derde plek
2016 Kampioen
2018 Kampioen
2022 Derde plek
2023 Kampioen

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Boria Majumdar (2018). Eleven Gods and a Billion Indians: The On and Off the Field Story of Cricket in India and Beyond. Noida: Simon & Schuster India. ISBN 9789386797186.
  • (en) Boria Majumdar (2008). Cricket in Colonial India 1780–1947. Taylor & Francis Ltd. p. 54. ISBN 978-0-415-40014-5.
  • (en) Mihir Bose (2002). A History of Indian Cricket. Welbeck Publishing Group. pp. 21, 216. ISBN 978-0-233-05040-9.

Eksterne skakels

Tags:

Indiese Nasionale Krieketspan BeheerliggaamIndiese Nasionale Krieketspan GeskiedenisIndiese Nasionale Krieketspan KleureIndiese Nasionale Krieketspan TuisstadionsIndiese Nasionale Krieketspan AanhangerskultuurIndiese Nasionale Krieketspan Wedywering met PakistanIndiese Nasionale Krieketspan Internasionale toereIndiese Nasionale Krieketspan SpelersIndiese Nasionale Krieketspan RekordsIndiese Nasionale Krieketspan Sien ookIndiese Nasionale Krieketspan VerwysingsIndiese Nasionale Krieketspan Verdere leesstofIndiese Nasionale Krieketspan Eksterne skakelsIndiese Nasionale KrieketspanEngelsHindiIndiëInternasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKrieketRaad vir Beheer van Krieket in IndiëToetskrieketTwintig20

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gawes van die Heilige GeesSlawernySkaapVerlede tydMangelontstekingDolfynOnderwerp (taalkunde)KorrupsieDialoog in fiksieKunsHoopNatuurrampJode in Suid-AfrikaMaagsweerElon MuskHartversakingSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieDeelwoordKalsiumKatoenAlkoholismeMuishondVigsEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaArabies-Israeliese konflikPerdVoedselkettingKonsentrasiekampVincent van GoghOudtshoornSelfoonEnsiklopedieDonderstormMagneetAfkortingSiekteAfleiding (taalkunde)Migrasie van voëlsVierde Industriële RevolusieRivierMenslike skeletSirkusKaapstadTafelbergHector PietersonIndustriële RevolusieVerstedelikingGoogleAtriale fibrillasieVaalrivierOntwerpUitwerking van klimaatsveranderingOu Apostoliese KerkHartseerMonopolyVraag en aanbodMeervoudEthiopiëKlopjagEienaamTransatlantiese slawehandelAkademiaNedersettingKappie (skryfteken)DikdermLionel PetersonGroepsdrukBedryfstelsel (inligtingstegnologie)BosbokBelastingGoeie VrydagFinansiële staatAfrikaanse woordelys en spelreëlsFibonacci-reeksMidde-OosteIngrid JonkerBrongitisOlifant🡆 More