Jakaranda

Die Jakaranda (Jacaranda mimosifolia) is 'n sierboom wat uit die Andes van suidelike Bolivië en aanliggende Argentinië na verskillende wêreldstreke uitgevoer en dan genaturaliseer geraak het.

Buite hul bakermat is hulle nou wydverspreid in oostelike Australië, Oos- en suidelike Afrika, Hawaii en die suidoostelike VSA. Die boom word aangeplant as skaduboom en ook vir die laventelpers blomme wat dit in die lente dra wanneer die boom nog sonder blare is. In Suid-Afrika en Queensland, Australië, is dit amptelik as 'n indringerplant verklaar.

Jakaranda
Jakaranda
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Bignoniaceae
Genus: Jacaranda
Spesie:
J. mimosifolia
Binomiale naam
Jacaranda mimosifolia
D.Don

Die bome word oor die algemeen tussen vyf en vyftien meter hoog. Die blare is dubbelveervormig en saamgesteld. Naas sierboom, het die boom ook medisinale waarde, wat onder andere teen Bacillus, Staphylococcus en Escherichia coli help.

Die Jakarandastad

Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika, staan algemeen as die Jakarandastad bekend. 'n Groot aantal jakarandas is in die stad aangeplant. Dié bome kleur die stad se strate pers as dit in Oktober begin blom.

Die eerste twee jakarandabome in Pretoria is in die 1880's uit Brasilië ingevoer en by 'n skool in Arcadia geplant. 'n Ruk daarna het die destydse staatskweker, James Clarke, opdrag gekry om bome in die Staatskwekery in Groenkloof te kweek. Hy het 'n besending saad van Australië bestel, waarby 'n pakkie jakarandasaad per abuis ingesluit is. Teen die jaar 2000 was daar ongeveer 70 000 jakarandabome in Pretoria.

Skoliere en studente aan die Universiteit van Pretoria glo dat jy goed in die eksamen sal vaar as 'n jakaranda-bloeisel op jou kop val. Verskeie Afrikaanse gedigte en liedjies verwys ook na die Jakarandastad, onder andere Valiant Swart se Jakarandastrate, Heinz Winckler se Jakarandakoningin, Anneli van Rooyen se Jakaranda jy en Laurika Rauch se liedjie, Jakarandas Bloei.

Fotogalery

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Jakaranda Die stadJakaranda FotogaleryJakaranda Sien ookJakaranda BronJakaranda VerwysingsJakaranda Eksterne skakelsJakaranda

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Racheltjie de BeerKitaarSlawernyHector PietersonGoogle TranslateMandalaKoolhidraatWaterkringloopLeierHidroulikaSweedsDistrik SesSinoniemSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994RymDurbanNagmaalNarsistiese persoonlikheidsteuringOu Apostoliese KerkLiewe HeksieNatriumtiosulfaatHolocaustArabiesGrondsoorteGrondLyfstraf in skoleRenosterDeelwoordNasionaal-SosialismeBruin menseVerantwoordelikheidMonopolieTegnologieJudaïsmeSelfvertroueGeestesteuringCorioliskragProteaIsraelSonPampoentjiesWaterbesoedelingNelson MandelaAnilingusDrinkwatervoorsieningSimboolWeer (meteorologie)Lys van bekende Suid-AfrikanersBloemfonteinKlereBoelieryAkroniemHibernasieSeisoenStaalNasiebouFranse RewolusieMateriaalLeestekenSkildklierNederlandGedigLys van Suider-Afrikaanse soogdiereRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Verlede tydVoortrekkermonumentEkonomie van Suid-AfrikaMarie AntoinetteLimfvatstelselAkkedisSosiale mediaSuid-EuropaRina HugoMagneet🡆 More