Lettergreep
'n Lettergreep is 'n eenheid van organisasie van spraakklanke. Dit bestaan gewoonlik uit 'n lettergreepkern (gewoonlik 'n vokaal) met opsionele aanvangs- en eindklanke (gewoonlik konsonante). Lettergrepe word gewoonlik gesien as die fonologiese boublokke van woorde.
Daar word onderskei tussen oop en geslote of toe lettergrepe. 'n Oop lettergreep eindig op 'n vokaal en 'n toe lettergreep eindig op 'n konsonant.
'n Algemene reël vir Afrikaans is dat as daar meer as een vokaalklank in 'n woord is, die woord in soveel letter- of klankgrepe verdeel kan word as wat daar vokaalklanke is.
Voorbeelde
klipperig
- "Klipperig" bestaan uit: klip - pe - rig
- Ons kry twee lettergrepe as ons die twee p-konsonante van mekaar skei, nl: "klip" en "pe."
- Ons kry nog 'n lettergreep as ons die e-vokaal van "pe" en die r-konsonant van "rig" skei.
glashelder
- Ons eerste lettergreep: glas- (geslote lettergreep)
- Ons tweede lettergreep:-hel-(geslote lettergreep)
- Ons derde lettergreep:-der (geslote lettergreep)
verwoestende
- Eerste lettergreep skei by "r" en "w":ver-(geslote lettergreep)
- Tweede lettergreep skei by "s" en "t":-woes-(geslote lettergreep)
- Derde lettergreep skei by "n" en "d": -ten-(geslote lettergreep)
- Vierde lettergreep wat oorbly: -de(oop lettergreep)
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir lettergreep.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekCarles PuigdemontTuisbladMenseregteSpesiaal:Onlangse wysigingsGeweldApartheidKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersErfenisAntoniemSuid-AfrikaDavid LouwStarlinkNazi-DuitslandErfenisdag (Suid-Afrika)Koue OorlogNelson MandelaEugenetikaKategorie:Skending van menseregteHolocaustKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersTrappe van vergelykingKategorie:Artikels met BIBSYS-identifiseerdersVersamelnaamWaterbesoedelingSkoenlapperAustraliëByvoeglike naamwoordIntensiewe vormKorrupsieSelfstandige naamwoordCecil John Rhodes-standbeeldeFinlandKinderregteArmoedeWeliki OestjoegWikimedia-stigtingPhnom Kulen351 v.C.Adolf HitlerWerkloosheidHartaanvalFranse RewolusieInsekKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersMonopolieWaarheid-en-versoeningskommissieSan FranciscoWiki:OmtrentAfrikaansTweede WêreldoorlogEkonomie van Suid-AfrikaKategorie:Artikels met BNF-identifiseerdersGemeenskapsorganisasieVoornaamwoordVulkaanOrganisasie sonder winsoogmerkEnsiklopedieRamsar-vleilande in Suid-AfrikaGordelroosRussiese inval in Oekraïne, 2022Soweto-opstandMierSpelerposisies in rugbyKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersFrankrykKindermishandelingSteve BikoWiki:GeselshoekiePlastiekMaatskaplike verantwoordelikheidDuitslandLeeuSinoniemBesoedelingCleopatra VIILugbesoedelingIrakVarkgriep