Olimpiese Winterspele 2022

Die Olimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 2022年冬季奥林匹克运动会; pinyin: Èr Líng Èr'èr Nián Dōngjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as die XXIVste Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 20 Februarie 2022 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied.

XXIVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2022

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 91
Deelnemende atlete 2 871
Items 109 in 7 sporte (15 dissipline)
Openingseremonie 4 Februarie 2022
Sluitingseremonie 20 Februarie 2022
Amptelik geopen deur President Xi Jinping
Atlete-eed Liu Jiayu
Wang Qiang
Beampte-eed Yongchun Tao
Olimpiese vlam Dinigeer Yilamujiang
Zhao Jiawen
Vorige Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)
Volgende Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)

Tydens die geleentheid het 2 871 atlete uit 91 nasies aan 109 items in sewe verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit het van dié Winterspele die grootstes in die geskiedenis gemaak.

Olimpiese Winterspele 2022
Die Nasionale Stadion van Beijing

Beijing het daarmee die eerste stad geword wat beide die Olimpiese Somerspele en Winterspele aangebied het ná hulle eerste Olimpiese Somerspele 2008. Verder was dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Olimpiese Spele in 'n Asiatiese stad. Daarbenewens het Beijing ná Sapporo (1972), Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die vierde Asiatiese stad geword waar Olimpiese Winterspele gehou is.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Beijing Nasionale Stadion, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer die Volksrepubliek China laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Nes die Olimpiese Somerspele 2020 ses maande voorheen, wat weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vir een jaar uitgestel is, het dit sonder enige toeskouers plaasgevind. Die spanne van Haïti en Saoedi-Arabië het vir die eerste keer aan Olimpiese Winterspele deelgeneem. Suid-Afrika het nie aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem nie.

Die Paralimpiese Winterspele 2022 is tussen 4 en 13 Maart in Beijing gehou.

Toewysing

Olimpiese Winterspele 2022 
Setel van die Chinese reëlingskomitee in Beijing
Olimpiese Winterspele 2022 
Bing Dwen Dwen en Shuey Rhon Rhon, die gelukbringers van die Olimpiese Winterspele 2022

Beijing is op 31 Julie 2015 in Kuala Lumpur deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2022. Die enigste ander kandidaat was Almati.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2022
Stad Land Rondte 1
Beijing Olimpiese Winterspele 2022  Volksrepubliek China 44
Almati Olimpiese Winterspele 2022  Kasakstan 40

Sportplekke

Beijing

Olimpiese Winterspele 2022 
Kaart van die sportplekke
Olimpiese Winterspele 2022 
Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond
Olimpiese Winterspele 2022 
Die Beijing Nasionale Binnestadion
    Olimpiese groenplekke
  • Beijing Nasionale Stadion – opening- en sluitingseremonies / 80 000 klaar
  • Beijing Nasionale watersportsentrum – ysbal / 3 795 klaar/opgeknap
  • Beijing Nasionale Binnestadion – yshokkie / 19 418 klaar
  • Nasionale langbaanskaatsovaal – langbaanskaats / 11 950 nuut
  • Hoofstedelike Binnestadion – kunsskaats, kortbaanskaats / 13 289 klaar
  • Wukesong-sportsentrum – yshokkie / 15 384 klaar
  • Big Air Shougang – sneeuplankry (Big Air), vryski (Big Air) – 4 912 nuut
  • Beijing Olimpiese Winterdorp – nuut

Yanqing-gebied

  • Nasionale alpeskisentrum – alpeski 4 800 nuut
  • Nasionale sleesentrum – bobslee, rodel, skeleton / 7 400 nuut
  • Yanqing Olimpiese dorp / nuut

Zhangjiakou-gebied

  • Sneeu-Ruyi – skansspring, Noorse kombinasie (skansspring) 6 000
  • Nasionale tweekampsentrum – tweekamp 6 024
  • Genting Sneeupark
    • Park A – ski en kruissneeuplankry 1 774
    • Park B – halfbaan en hellingstyl (vryski en sneeuplankry) 2 550
    • Park C – Gebiede en mogole 1 597
  • Nasionale Heg-en-steg-ski-sentrum – Heg-en-steg-ski, Noorse kombinasie (Heg-en-steg-ski) 6 023
  • Zhangjiakou Olimpiese dorp
  • Zhangjiakou Medaljeplein

Sporte

Sewe Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 109 medaljes oorhandig.

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  UG  Uitstallingsgala  SS  Sluitingseremonie
Februarie 2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
So
7
Mo
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Mo
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
Wedstryde
Olimpiese Winterspele 2022  Seremonies OS SS
Olimpiese Winterspele 2022  Alpeski 2 1 1 1 1 1 1 1 1 1 11
Olimpiese Winterspele 2022  Bobslee 1 1 1 1 4
Olimpiese Winterspele 2022  Heg-en-steg-ski 1 1 2 1 1 1 1 2 1 1 12
Olimpiese Winterspele 2022  Kortbaanskaats 1 2 1 1 2 2 9
Olimpiese Winterspele 2022  Kunsskaats 1 1 1 1 1 EG 5
Olimpiese Winterspele 2022  Langbaanskaats 1 1 1 1 1 1 1 1 2 1 1 2 14
Olimpiese Winterspele 2022  Noorse kombinasie 1 1 1 3
Olimpiese Winterspele 2022  Rodel 1 1 1 1 4
Olimpiese Winterspele 2022  Skansspring 1 1 1 1 1 5
Olimpiese Winterspele 2022  Skeleton 1 1 2
Olimpiese Winterspele 2022  Sneeuplankry 1 1 2 1 2 1 1 2 11
Olimpiese Winterspele 2022  Tweekamp 1 1 1 1 1 2 1 1 2 11
Olimpiese Winterspele 2022  Vryski 1 1 1 1 1 1 1 2 1 2 1 13
Olimpiese Winterspele 2022  Ysbal 1 1 1 3
Olimpiese Winterspele 2022  Yshokkie 1 1 2
Totaal 0 0 0 6 6 9 10 6 8 7 6 7 4 9 8 6 5 7 5 109
Kumulatief 0 0 0 6 12 21 31 37 45 52 58 65 69 78 86 92 97 104 109
Februarie 2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
So
7
Mo
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Mo
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
Wedstryde

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Diplomatieke boikot

Olimpiese Winterspele 2022 
Lande wat 'n diplomatieke boikot van die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig het

Die volgende lande het weens verskeie menseregteskendings in Hongkong, Tibet en Xinjiang 'n diplomatieke boikot van beide die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig en dat hulle diplomate nie aan seremonies tydens die spele sal deelneem nie. Dit het egter nie dié lande se atlete se deelname aan dié spele geraak nie.

Buitendien het die volgende lande bevestig dat hulle nie amptelike verteenwoordigers na die openingseremonie sal stuur nie, maar nie as deel van die diplomatieke boikotveldtog nie:

Chinese leiers en media het op die diplomatieke boikot gereageer deur dit as 'n "politisering" van die gebeure te veroordeel.

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het nie aan hierdie Winterspele deelgeneem nie.

Aantal medaljes

Olimpiese Winterspele 2022 
Kaart van deelnemende nasies in 2022:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Beijing

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Winterspele 2022  Goud Olimpiese Winterspele 2022  Silwer Olimpiese Winterspele 2022  Brons Totaal
1 Olimpiese Winterspele 2022  Noorweë (NOR) 84 16 8 13 37
2 Olimpiese Winterspele 2022  Duitsland (GER) 149 12 10 5 27
3 Olimpiese Winterspele 2022  Volksrepubliek China (CHN) 182 9 4 2 15
4 Olimpiese Winterspele 2022  Verenigde State (USA) 224 8 10 7 25
5 Olimpiese Winterspele 2022  Swede (SWE) 116 8 5 5 18
6 Olimpiese Winterspele 2022  Nederland (NED) 41 8 5 4 17
7 Olimpiese Winterspele 2022  Oostenryk (AUT) 106 7 7 4 18
8 Olimpiese Winterspele 2022  Switserland (SUI) 167 7 2 5 14
9 Olimpiese Winterspele 2022  Olimpiese atlete van Rusland (ROC) 212 6 12 14 32
10 Olimpiese Winterspele 2022  Frankryk (FRA) 86 5 7 2 14

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Winterspele 2022 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Winterspele 2022 ToewysingOlimpiese Winterspele 2022 SportplekkeOlimpiese Winterspele 2022 SporteOlimpiese Winterspele 2022 KalenderOlimpiese Winterspele 2022 Deelnemende nasiesOlimpiese Winterspele 2022 Aantal medaljesOlimpiese Winterspele 2022 Sien ookOlimpiese Winterspele 2022 VerwysingsOlimpiese Winterspele 2022 Eksterne skakelsOlimpiese Winterspele 2022BeijingChineesPinyinVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ProstaatkankerSterHorlosieVleilandWiskundige terminologieKolonisasieNeurenberg-verhoreLaeveldSinsbouGrootste rampe in Suid-AfrikaSharpeville-slagtingStereotipeByung-Chul HanTsongaMagnetismeSpreeuMoskouDieregeluideAartappelVolhoubaarheidShanzhaiEierstokHondLionel MessiHannes van WykGrondbesoedelingDroogteLiefdeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVigsKlavierHeidelberg, GautengCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaCheslin KolbeInligtingFinale OplossingSeksSelfbeeldWaterkringloopAfrikaanse TaalmonumentKorrupsieSeptimius AwardsEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBeaufortskaalNG gemeente TheunissenStedelike hitte-eilandWitbloedselSoweto-opstandKweekhuisgasAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeJazzVaste stofMasturbasieEiffeltoringNG gemeente MurraysburgHartSokkerGroepsdrukOranjerivierPenisAfrikaanse WikipediaJavaScriptAngina pectorisDepressie (gemoedstoestand)BateMiddeloorontstekingKaapse VlakteJohn Brown (aktivis)SweedsGesondheidJohann de LangeGeografie van Suid-AfrikaNarsismeElandréSeekoeiDiepaartromboseEuropaTegnologie🡆 More