Paralimpiese Winterspele 2022

Die Paralimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 2022年冬季残疾人奥林匹克运动会; pinyin: 2022 Nián Dōngjì Cánjí Rén Àolínpǐkè Yùndònghuì) is tussen 4 en 13 Maart 2022 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied.

XIIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2022

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 46 Nasionale Paralimpiese Komitees
Deelnemende atlete 564
Items 78 in 6 sporte
Openingseremonie 4 Maart 2022
Sluitingseremonie 13 Maart 2022
Amptelik geopen deur President Xi Jinping
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam Li Duan
Vorige Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)
Volgende Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)

Dit was die 13de Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 2008 die tweede Paralimpiese Spele in die Chinese hoofstad Beijing.

Paralimpiese Winterspele 2022
Die Nasionale Stadion van Beijing

Beijing het daarmee die eerste stad geword wat beide die Paralimpiese Somerspele en Winterspele gehou het. Verder was dit ná Pyeongchang (2018) en Tokio (2020) die derde agtereenvolgende Paralimpiese Spele in 'n Asiatiese stad. Daarbenewens het Beijing ná Nagano (1998) en Pyeongchang (2018) die derde Asiatiese stad geword waar Paralimpiese Winterspele gehou is.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Beijing Nasionale Stadion, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer die Volksrepubliek China laaste, maar aangesien die plaaslike taal Mandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Nes die Olimpiese Somerspele 2020 ses maande voorheen, wat weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vir een jaar uitgestel is, het dit sonder enige toeskouers plaasgevind. Die spanne van Azerbeidjan, Israel en Puerto Rico het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem. Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Beide Russiese en Belarussiese atlete is weens die Russiese inval in Oekraïne een dag voor die openingseremonie van die Paralimpiese Winterspele 2022 uitgesluit.

Die Olimpiese Winterspele 2022 is tussen 4 en 20 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in Beijing gehou.

Toewysing

Paralimpiese Winterspele 2022 
Setel van die Chinese reëlingskomitee in Beijing
Paralimpiese Winterspele 2022 
Bing Dwen Dwen en Shuey Rhon Rhon, die gelukbringers van die Paralimpiese Winterspele 2022

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2022 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2022. Beijing is op 31 Julie 2015 in Kuala Lumpur deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2022. Die enigste ander kandidaat was Almati.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2022
Stad Land Rondte 1
Beijing Paralimpiese Winterspele 2022  Volksrepubliek China 44
Almati Paralimpiese Winterspele 2022  Kasakstan 40

Sportplekke

Beijing

Paralimpiese Winterspele 2022 
Kaart van die sportplekke
Paralimpiese Winterspele 2022 
Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond
Paralimpiese Winterspele 2022 
Die Beijing Nasionale Binnestadion
    Olimpiese groenplekke
  • Beijing Nasionale watersportsentrum – rolstoelysbal / 4 000 klaar/opgeknap
  • Beijing Nasionale Binnestadion – sleehokkie / 18 000 klaar
  • Beijing Nasionale Stadion – opening- en sluitingseremonies / 80 000 klaar
  • Beijing Paralimpiese Winterdorp – nuut
  • Chinese Nasionale Vergaderingsentrum – Internasionale Uitsaaisentrum / klaar

Yanqing-gebied

  • Xiaohaituo Alpeskiveld – alpeski / 15 000
  • Yanqing MMC: Internasionale Uitsaaisentrum
  • Yanqing Paralimpiese dorp en medaljeplein / nuut

Zhangjiakou-gebied

  • Kuyangshu Tweekampveld – Heg-en-steg-ski / 15 000
  • Hualindong Ski Resort – paratweekamp / 15 000
  • Genting Hotel – Internasionale Uitsaaisentrum
  • Taiwu Ski Resort – sneeuplankry (kruispad), vryski / 10 000
  • Zhangjiakou Paralimpiese dorp en medaljeplein

Sporte

6 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 78 medaljes oorhandig.

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Maart 2022  4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 Goue
medaljes
Seremonies OS SS
Paralimpiese Winterspele 2022  Alpeski 6 6 6 3 3 3 3 30
Paralimpiese Winterspele 2022  Heg-en-steg-ski 2 4 6 6 2 20
Paralimpiese Winterspele 2022  Paratweekamp 6 6 6 18
Paralimpiese Winterspele 2022  Rolstoelysbal 1 1
Paralimpiese Winterspele 2022  Sleehokkie 1 1
Paralimpiese Winterspele 2022  Sneeuplankry 4 4 8
Totaal 0 12 8 14 6 6 3 13 10 6 78
Kumulatief 0 12 20 34 40 46 49 62 72 78
Maart 2022  4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 Goue
medaljes

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Diplomatieke boikot

Paralimpiese Winterspele 2022 
Lande wat 'n diplomatieke boikot van die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig het

Die volgende lande het weens verskeie menseregteskendings in Hongkong, Tibet en Xinjiang 'n diplomatieke boikot van beide die Olimpiese en Paralimpiese Winterspele 2022 aangekondig en dat hulle diplomate nie aan seremonies tydens die spele sal deelneem nie. Dit sal egter nie dié lande se atlete se deelname aan dié spele raak nie.

Buitendien het die volgende lande bevestig dat hulle nie amptelike verteenwoordigers na die openingseremonie sal stuur nie, maar nie as deel van die diplomatieke boikotveldtog nie:

Chinese leiers en media het op die diplomatieke boikot gereageer deur dit as 'n "politisering" van die gebeure te veroordeel.

Aantal medaljes

Paralimpiese Winterspele 2022 
Kaart van deelnemende nasies in 2022:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Geskorste lande

     Gasheerstad Beijing

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Paralimpiese Winterspele 2022  Goud Paralimpiese Winterspele 2022  Silwer Paralimpiese Winterspele 2022  Brons Totaal
1 Paralimpiese Winterspele 2022  Volksrepubliek China (CHN) 96 18 20 23 61
2 Paralimpiese Winterspele 2022  Oekraïne (UKR) 20 11 10 8 29
3 Paralimpiese Winterspele 2022  Kanada (CAN) 45 8 6 11 25
4 Paralimpiese Winterspele 2022  Frankryk (FRA) 15 7 3 2 12
5 Paralimpiese Winterspele 2022  Verenigde State (USA) 65 6 11 3 20
6 Paralimpiese Winterspele 2022  Oostenryk (AUT) 16 5 5 3 13
7 Paralimpiese Winterspele 2022  Duitsland (GER) 18 4 8 7 19
8 Paralimpiese Winterspele 2022  Noorweë (NOR) 13 4 2 1 7
9 Paralimpiese Winterspele 2022  Japan (JPN) 29 4 1 2 7
10 Paralimpiese Winterspele 2022  Slowakye (SVK) 28 3 0 3 6
Totaal (19 NPKs) 564 78 78 78 234

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele Paralimpiese Winterspele 2022 

Somerspele: Rome 1960 • Tokio 1964 • Tel Aviv 1968 • Heidelberg 1972 • Toronto 1976 • Arnhem 1980 • New York & Stoke Mandeville 1984 • Seoel 1988 • Barcelona 1992 • Atlanta 1996 • Sydney 2000 • Athene 2004 • Beijing 2008 • Londen 2012 • Rio de Janeiro 2016 • Tokio 2020 • Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976 • Geilo 1980 • Innsbruck 1984 • Innsbruck 1988 • Tignes-Albertville 1992 • Lillehammer 1994 • Nagano 1998 • Salt Lake City 2002 • Turyn 2006 • Vancouver 2010 • Sotsji 2014 • Pyeongchang 2018 • Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese Komitee – Nasionale Paralimpiese Komitee

Tags:

Paralimpiese Winterspele 2022 ToewysingParalimpiese Winterspele 2022 SportplekkeParalimpiese Winterspele 2022 SporteParalimpiese Winterspele 2022 KalenderParalimpiese Winterspele 2022 Deelnemende nasiesParalimpiese Winterspele 2022 Aantal medaljesParalimpiese Winterspele 2022 Sien ookParalimpiese Winterspele 2022 VerwysingsParalimpiese Winterspele 2022 Eksterne skakelsParalimpiese Winterspele 2022BeijingChineesParalimpiese Somerspele 2008Paralimpiese SpelePinyinVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Google MapsSwart menseDonderstormBosluisKoringMasturbasieKoorsblaarBoomJaco JacobsKappie (skryfteken)Buck AngelGolf (fisika)Lionel PetersonLys van Afrikaanse skrywersReënvalbepalingHoërskool Sentraal, BloemfonteinOmgewingskwessies in Suider-AfrikaNieu-SeelandChristiaan BarnardSpierDwelmmiddelLys van kinderspeletjiesWaterpokkiesVoorsetselKalsiumErfenisSonenergieMeningsverskil oor aardverwarmingVaginale kankerKarakteriseringNedersettingGewone breukeHoofkarakterVersoeningsdagChristendomEufemismeHeelgetalLuiperdLys van kleureGroot vyfKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSeksismeRookgewoonteOu Apostoliese KerkFamilie (verwantskap)E-posOogproblemeWitrenosterDwelmonttrekkingHomofoonHibernasieNeerslagSilwerMobutu Sese SekoGroepsgebiedewetKoekie (rekenaarwetenskap)EngelandInternetKorrupsieWet op Bantoe-onderwysAfleiding (taalkunde)Erns GrundlingAalwynDaggaSeisoenPaddaLys van argaïsmesMadison IvyEllipstekenSkaakSelfoonDier16 AprilLidwoordBestuiwingSlawernyStaal🡆 More