Olimpiese Somerspele 1896

Die Olimpiese Somerspele 1896 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1896, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1896), amptelik bekend as die Spele van die Iste Olimpiade, was die eerste moderne Olimpiese Spele.

Spele van die Ie Olimpiade
Olimpiesespele van 1896

Gehou in Athene, Griekeland
Deelnemende lande 14 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 241 (241 mans, 0 vroue)
Items 43 in 9 sporte
Openingseremonie 6 April 1896
Sluitingseremonie 15 April 1896
Amptelik geopen deur Koning George I
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele :
Volgende Spele 1900: Parys (Frankryk)

Die Spele is op inisiatief van Baron Pierre de Coubertin gehou en het vanaf 6 tot en met 15 April 1896 in Athene, Griekeland, plaasgevind. Athene is ter herdenking van die antieke Olimpiese Spele gekies.

Olimpiese Somerspele 1896
Die openingseremonie in die Atheense Panathinaiko-stadion

Die Spele is aan Athene toegewys op 'n kongres wat deur De Coubertin in 1894 georganiseer is. Die Internasionale Olimpiese Komitee is ook tydens hierdie kongres gestig.

Die Spele was die eerste sedert die Romeinse keiser Theodosius I die antieke Spele in 393 verbied het, vanweë die heidense oorsprong daarvan.

Daar het 'n totaal van 241 mansatlete uit 14 lande aan hierdie eerste moderne Olimpiese Spele deelgeneem. Deelname was nog nie vir vroue oop nie, maar in teenstelling met die antieke Olimpiese Spele is hulle as toeskouers toegelaat.

Sporte

9 Olimpiese sportsoorte in 43 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig.

Stadions

Olimpiese Somerspele 1896 
Demetrius Vikelas, die Internasionale Olimpiese Komitee se eerste voorsitter

Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1896 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
Panathinaiko-stadion Atletiek, Gewigoptel, Gimnastiek en Stoei 80 000
Baai van Zea Swem Nie gelys nie
Athens Lawn Tennis Club Tennis Nie gelys nie
Kallithea Skyfskiet Nie gelys nie
Maraton Atletiek, Maraton, Fietsry Nie gelys nie
Neo Phaliron Velodrome Fietsry Nie gelys nie
Zappeion Skermsport Nie gelys nie

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

   ●    Openingseremonie    ●    Wedstryde    ●    Wedstryde met medaljes    ●    Sluitingseremonie
April 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15
Seremonies
Olimpiese Somerspele 1896  Atletiek ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ●
Olimpiese Somerspele 1896  Fietsry ● ● ●
Olimpiese Somerspele 1896  Gewigoptel ● ●
Olimpiese Somerspele 1896  Gimnastiek ● ● ● ● ● ● ● ●
Olimpiese Somerspele 1896  Skermsport ● ●
Olimpiese Somerspele 1896  Skyfskiet ● ● ●
Olimpiese Somerspele 1896  Stoei
Olimpiese Somerspele 1896  Swem ● ● ● ●
Olimpiese Somerspele 1896  Tennis ● ●
April 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Deelnemende nasies

Olimpiese Somerspele 1896 
Kaart van deelnemende nasies in 1896:

   Neem vir die eerste keer deel

     Gasheerstad Athene

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1896 
'n Silwermedalje is aan die wenner van elke wedstryd toegeken

Hier is die top elf lande wat medaljes tydens die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1896  Goud Olimpiese Somerspele 1896  Silwer Olimpiese Somerspele 1896  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1896  Verenigde State (USA) 14 11 7 2 20
2 Olimpiese Somerspele 1896  Griekeland (GRE) 169 10 17 19 46
3 Olimpiese Somerspele 1896  Duitse Keiserryk (GER) 19 6 5 2 13
4 Olimpiese Somerspele 1896  Frankryk (FRA) 13 5 4 2 11
5 Olimpiese Somerspele 1896  Verenigde Koninkryk (GBR) 11 2 3 2 7
6 Olimpiese Somerspele 1896  Hongarye (HUN) 7 2 1 3 6
7 Olimpiese Somerspele 1896  Oostenryk (AUT) 3 2 1 2 5
8 Olimpiese Somerspele 1896  Australië (AUS) 1 2 0 0 2
9 Olimpiese Somerspele 1896  Denemarke (DEN) 3 1 2 3 6
10 Olimpiese Somerspele 1896  Switserland (SUI) 3 1 2 0 3
11 Olimpiese Somerspele 1896  Gemengde span (ZZX) 8 1 1 1 3
Totaal (11 NOKs) 241 43 43 36 122

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Randall, David (2011). 1896: The First Modern Olympics (e-boek). London: Blacktoad Publishing. ISBN 978-0-9570591-0-8. Besoek op 2 Maart 2018.
  • (en) Smith, Michael Llewellyn (2004). Olympics in Athens 1896. The Invention of the Modern Olympic Games. London: Profile Books. ISBN 1-86197-342-X. OCLC 186174794.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Mallon, Bill; Widlund, Ture (1998). The 1896 Olympic Games. Results for All Competitors in All Events, with Commentary (PDF). Jefferson: McFarland. ISBN 0-7864-0379-9. OCLC 37213664. Besoek op 2 Maart 2018.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
  • (de) Lennartz, Karl (ed.) (1996). Die olympischen Spiele 1896 in Athen: Erläuterungen zum Neudruck des Offiziellen Berichtes. Kassel: Agon.
  • (en) MacAloon, John J (1982). This Great Symbol: Pierre de Coubertin and the Origins of the Modern Olympic Games. Chicago: The University of Chicago Press.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1896 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1896 SporteOlimpiese Somerspele 1896 StadionsOlimpiese Somerspele 1896 KalenderOlimpiese Somerspele 1896 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1896 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1896 Sien ookOlimpiese Somerspele 1896 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1896 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1896 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1896AtheneGriekelandGrieksOlimpiese SpelePierre de Coubertin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BybelGrondMarsPuberteitJan van TonderKolitisSkisofrenieLugbesoedelingSnaarinstrumentNarsistiese persoonlikheidsteuringJagluiperdEnkelvoudige sinFilistynePad na jou hartEkonomieDonkieMusieksimboleBevolkingLodewyk XVI van FrankrykHondKaapstadUnie van Suid-AfrikaBaälVierkantswortelGroot TrekFinansiële staatGeloftedagJeanette FerreiraTelwoordHolocaustHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalBank (finansiële instelling)KindermishandelingBorskankerKaaps-Hollandse stylImmunologieLys van visseDemokrasieLettergreepNasionale PartyVolhoubare ontwikkelingDikdermVoëlFilosofieSoortnaamNederlandsAbstraksie (rekenaarwetenskap)Nelson MandelaSwartbewussynsbewegingSwartkwasmuishondDermpoliepVlekvrye staalBernice WestVergelykings (taalkunde)MassaMona LisaSoutsuurOligopolieFiela se kind (rolprent)Pubiese hareAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidLeestekenGeskiedenis van AfrikaansKoolstofdioksiedWoestynLys van bekende Suid-AfrikanersGroot vyfEkonomiese sektorLys van Griekse mitologiese figureGeweldWapen van Suid-AfrikaMuskeljaatkatBruin menseHokkieSteenkoolMaatskaplike verantwoordelikheidSwart nasionalismeSeevlakstyging🡆 More