Olimpiese Somerspele 1916

Die Olimpiese Somerspele 1916 (Duits: Olympische Sommerspiele 1916), amptelik bekend as die Spele van die VIde Olimpiade, sou in 1916 in Berlyn, Duitsland, gehou word.

Spele van die VIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1916

Gehou in Berlyn, Duitsland
Deelnemende lande 0
Deelnemende atlete 0
Items 0
Openingseremonie Nie gehou nie
Sluitingseremonie Nie gehou nie
Amptelik geopen deur N.v.t.
Atlete-eed N.v.t.
Beampte-eed N.v.t.
Olimpiese vlam N.v.t.
Vorige Spele 1912: Stockholm (Swede)
Volgende Spele 1920: Antwerpen (België)

Na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 gaan die voorbereidings normaal voort, aangesien hulle nie verwag het dat die oorlog so lank sou duur nie. Uiteindelik word die Spele tog afgelas. Berlyn het 20 jaar later die Olimpiese Somerspele 1936 aangebied, die laaste spele voor uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.

Olimpiese Somerspele 1916
Atleteoptog tydens die opening van die Duitse Stadion op 8 Junie 1913

Berlyn is op 4 Julie 1912 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Stockholm as gashouer benoem. Ander kandidaatstede was Alexandrië, Amsterdam, Boedapest, Brussel en Cleveland.

Vir die Olimpiese Spele is die Duitse Stadion in Grunewald, destyds in die selfstandige stad Charlottenburg, opgerig. Die bouwerk het op 10 Augustus 1912 begin en op 8 Junie 1913 is die stadion ingewy. Dit is in 1934 afgebreek en deur die Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 1936 vervang.

Daar was ook planne vir 'n wintersportweek in Februarie met sportsoorte soos ski, sierskaats en yshokkie in die Swartwoud. Dit sou die voorloper van die Olimpiese Winterspele gewees het, wat vir die eerste keer in 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, Frankryk, aangebied is.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
  • (de) Karl Lennartz (1978). Die VI. Olympischen Spiele Berlin 1916, Dokumente. Carl Diem Institut. ISBN 3-88338-001-6.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1916 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1916 Sien ookOlimpiese Somerspele 1916 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1916 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1916 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1916BerlynDuitsDuitslandEerste WêreldoorlogOlimpiese Somerspele 1936Tweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wayde van NiekerkByGeografie van Suid-AfrikaGeslagVoëlSywurmVigsEkonomiese sektorMaatskaplike verantwoordelikheidEreksieVingerseksEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaGoogle TranslateHeelgetalNic de JagerDigtheidMobutu Sese SekoWetenskaplike klassifikasieJakobBipolêre gemoedsteuringGraatjiemeerkatJana CilliersVoornaamwoordGrondsoorteArmoedeverligtingLys van slangeVrouEmosieHomofoonRuan PienaarKoue OorlogBruin menseGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSokkerHidroëlektrisiteitLieweheersbesieMeningsverskil oor aardverwarmingWaterkringloopSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994EugenetikaHamburgerReddingskakeWielewaalWaterbesparing in Suid-AfrikaFranklin D. RooseveltEpilepsieBywoordBreinvliesontstekingKongo-krisisVerenigde State van AmerikaGqeberhaPomeloJo BlackEl (lengtemaat)BloedvergiftigingPriemgetalTranspirasieLys van medisinale kruieSekondêre sektor van die ekonomieLeierPornhubSportTafelbergSeksFranse RewolusieLandbouOu Apostoliese KerkDemi Lee MooreJohannesburgMis (weerkunde)AardverwarmingPapierFluoorAkkedis🡆 More