Olimpiese Somerspele 1920

Die Olimpiese Somerspele 1920 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1920), amptelik bekend as die Spele van die VIIde Olimpiade, is tussen 20 April en 12 September 1920 in Antwerpen, België, aangebied.

Spele van die VIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1920

Gehou in Antwerpen, België
Deelnemende lande 29 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 626 (2 561 mans, 65 vroue)
Items 156 in 22 sporte
Openingseremonie 20 April 1920
Sluitingseremonie 12 September 1920
Amptelik geopen deur Koning Albert I
Atlete-eed Victor Boin (skermsport)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1916: Berlyn (Duitsland)
Volgende Spele 1924: Parys (Frankryk)

Die Spele word aan België toegeken vanweë die lyding wat die Belgiese volk tydens die Eerste Wêreldoorlog verduur het. Atlanta, Amsterdam, Boedapest, Cleveland, Havana, Lyon en Philadelphia het ook aansoek gedoen om die Spele aan te bied. Lyon trek egter hulle nominasie terug voor die stemming plaasvind. Atlete vanuit 29 lande het aan die Spele deelgeneem. Duitsland, Oostenryk, Hongarye, Bulgarye en Turkye is nie uitgenooi nie. Rusland bly weg omdat dit deur 'n burgeroorlog verskeur is.

Olimpiese Somerspele 1920
Die Olimpiese Stadion in Antwerpen tydens die Olimpiese Somerspele 1920

Die Spele was nie 'n reuse sukses nie. Die hoë toegangsgelde het die publiek afgeskrik. Een toegangskaartjie kos byvoorbeeld 3 frank, 'n baie hoë prys vir die tyd. Dit was nie net die hoë pryse nie, maar slegte weer hou ook die volk weg. Die organisasiekomitee aanvaar skuld hiervoor, maar weier elke ekstra uitgawe, selfs die publikasie van 'n gedenkboek.

Sporte

22 Olimpiese sportsoorte in 156 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 156 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in een demonstrasiesport beslis.

  • Olimpiese Somerspele 1920  Korfbal is as demonstrasiesport aangebied.

Stadions

Olimpiese Somerspele 1920 
Lugbeeld van die Olimpiese Stadion in Antwerpen tydens die Olimpiese Somerspele 1920
Olimpiese Somerspele 1920 
Die Palais de Glace d'Anvers is vir kunsskaats en yshokkie opgerig

17 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1920 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
Antwerpen Fietsry (pad) Nie gelys nie
Antwerpen-dieretuin Boks, Stoei Nie gelys nie
Beerschot Tennis Club Tennis Nie gelys nie
Kamp van Beverlo Skyfskiet (pistool/geweer) Nie gelys nie
Meerkanaal Brussel–Schelde Roei Nie gelys nie
Buiten Y (Amsterdam) Seilvaart (12 voet sloep) Nie gelys nie
Tuine van die Egmontpaleis (Brussel) Skermsport Nie gelys nie
Hoogboom Militêre Kamp Skietsport (lokvalskiet, hardloopteiken) Nie gelys nie
Jules Ottenstadion (Gent) Sokker (ItaliëEgipte-wedstryd) Nie gelys nie
Nachtegalenpark Boogskiet Nie gelys nie
Olimpiese Stadion Antwerpen Atletiek, Ruitersport, Veldhokkie, Sokker (eindstryd), Gimnastiek, Moderne vyfkamp, Rugby, Toutrek, Stoei 30 000
Oostende Polo, Seilvaart Nie gelys nie
Palais de Glace d'Anvers Kunsskaats, Yshokkie Nie gelys nie
Joseph Marienstadion (Brussel) Sokker Nie gelys nie
Seevaartstadion Antwerpen Sierduik, Swem, Waterpolo Nie gelys nie
Broodstraat-stadion Sokker Nie gelys nie
Vélodrome d'Anvers Zuremborg Fietsry (baan) Nie gelys nie

Deelnemende nasies

Olimpiese Somerspele 1920 
Kaart van deelnemende nasies in 1920:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Antwerpen

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

  • Olimpiese Somerspele 1920  Newfoundland het een atleet, Eric Robertson, gestuur, maar omdat die dominium geen amptelike Olimpiese komitee gehad het nie, kon sy nasionaliteit nie bevestig word nie en hy moes die Verenigde Koninkryk verteenwoordig.

Suid-Afrikaanse deelname

Olimpiese Somerspele 1920 
Die Suid-Afrikaner Bevil Rudd tydens die Olimpiese Somerspele 1920

Clarence Walker wen die goudmedalje in boks in die kapokgewig-afdeling. Henry Kaltenbrunn wen silwer in die fietsry pad tydtoets terwyl Suid-Afrika silwer in die Tandem-2000 m wen en brons in die 4000 m span kompetisie.

Suid-Afrika wen ook silwer in die 600 m skietkompetisie terwyl Louis Raymond en Charles Winslow goud en brons onderskeidelik in die tennisenkelspel wen.

Bevil Rudd wen goud en brons in die 400 m en 800 m en Suid-Afrika wen silwer in die 400 m mans aflos.

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1920 
Een van die 154 (identiese) goue medaljes wat by die Spele van die VII Olimpiade toegeken is

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1920  Goud Olimpiese Somerspele 1920  Silwer Olimpiese Somerspele 1920  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1920  Verenigde State (USA) 288 41 27 27 95
2 Olimpiese Somerspele 1920  Swede (SWE) 260 19 20 25 64
3 Olimpiese Somerspele 1920  Verenigde Koninkryk (GBR) 235 15 15 13 43
4 Olimpiese Somerspele 1920  Finland (FIN) 63 15 10 9 34
5 Olimpiese Somerspele 1920  België (BEL) 336 14 11 11 36
6 Olimpiese Somerspele 1920  Noorweë (NOR) 194 13 9 9 31
7 Olimpiese Somerspele 1920  Italië (ITA) 174 13 5 5 23
8 Olimpiese Somerspele 1920  Frankryk (FRA) 304 9 19 13 41
9 Olimpiese Somerspele 1920  Nederland (NED) 113 4 2 5 11
10 Olimpiese Somerspele 1920  Denemarke (DEN) 154 3 9 1 13
11 Olimpiese Somerspele 1920  Suid-Afrika (RSA) 39 3 4 3 10

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
  • (en) Roland Renson (1996). The Games Reborn. The VIIth Olympiad Antwerp 1920. Antwerpen: Pandora. ISBN 9789053250518.

Eksterne skakels

Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1920 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1920 SporteOlimpiese Somerspele 1920 StadionsOlimpiese Somerspele 1920 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1920 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1920 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1920 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1920 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1920AmsterdamAntwerpenAtlantaBelgiëBoedapestBulgaryeCleveland, OhioDuitslandEerste WêreldoorlogFransHavanaHongaryeLyonOostenrykPhiladelphiaRuslandTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Depressie (gemoedstoestand)WaverAustraliëMorfologie (taalkunde)Martin BesterEmily HobhouseISBNSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Hottentot (vis)OssewaWitbloedselBernice WestGriekelandPapegaaiePaulus van TarsusRegardt van den BerghGetalBybelvertalingSusan CoetzerLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKwaZulu-NatalKameelperdNAVOBrongitisBloedvergiftigingVolhoubaarheidPalmsondagTongaanse nasionale rugbyspanTropiese sikloonOrganometaalchemieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaWiki CommonsKarpaletonnelsindroomTropiese huisgeitjieBoet TroskieSpelerposisies in rugbyMarkus JoosteKoos BekkerNiersteenAngkor WatBaltimoreNamakwalandPoleHannes van WykLimfvatstelselKonjunktivitisMoslemAfghanistanHartversakingEoraptorGewone tarentaalNederlandsGodGrasfamilieGriepSolidariteitPesachSlaapapneeAfrikanersStaat PalestinaAkuutLys van Afrikaanse rolprenteTierboskatGalblaasDinosourusAlvin BruindersDeon MeyerSteenkoolLys van ingelyfde NG gemeentesGoudKarakterisering🡆 More