Olimpiese Winterspele 2018

Die Olimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 올림픽; hanja: 平昌 冬季 올림픽; Jeisipsamhoe Donggye Ollimpik), amptelik bekend as die XXIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 9 en 25 Februarie 2018 in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.

XXIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2018

Gehou in Pyeongchang, Suid-Korea
Deelnemende lande 92 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 952
Items 102 in 7 sporte
Openingseremonie 9 Februarie 2018
Sluitingseremonie 25 Februarie 2018
Amptelik geopen deur President Moon Jae-in
Atlete-eed Mo Tae-bum
Beampte-eed Kim Woo-Sik
Olimpiese vlam Yuna Kim
Vorige Spele 2014: Sotsji (Rusland)
Volgende Spele 2022: Beijing (China)

Die spanne van Ecuador, Eritrea, Kosovo, Maleisië, Nigerië en Singapoer het vir die eerste keer aan Olimpiese Winterspele deelgeneem. Die Russiese span is weens grootskaalse, van die regering ondersteunde, doping van die Olimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete wat nie aan die staatsondersteunde doping deelgeneem het nie, onder neutrale vlag deelgeneem het.

Olimpiese Winterspele 2018
Dragon Valley Ski Resort

Dit is ná die Olimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Olimpiese Spele wat in Suid-Korea aangebied is. Verder is Pyeongchang ná Sapporo (1972) en Nagano (1998) die derde Asiatiese stad, waar Olimpiese Winterspele gehou is. Daarbenewens is die volgende twee Olimpiese Spele ook in Oos-Asiatiese stede gehou: Die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio en die Olimpiese Winterspele 2022 in Beijing.

Tydens die Spele is daar in 102 items oor 7 Olimpiese sportsoorte in 15 dissiplines meegeding. Dit het van die Spele die grootstes in die geskiedenis gemaak. Suid-Afrika het met een atleet aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem, Connor Wilson het dus ook die Suid-Afrikaanse vlag tydens die opening- en sluitingseremonies in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang ingedra.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Suid-Korea die laaste. Ná voorafgaande onderhandelings tussen Noord- en Suid-Korea het beide Koreaanse lande tydens die seremonies gemeenskaplik die stadion binnegestap.

Die Paralimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang gehou.

Toewysing

Olimpiese Winterspele 2018 
Kaart van die sportplekke
Olimpiese Winterspele 2018 
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2018

Pyeongchang is op 6 Julie 2011 in Durban deur die Internasionale Olimpiese Komitee as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2018 aangewys. Ander kandidate was: München en Annecy.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2018
Stad Land Rondte 1
Pyeongchang Olimpiese Winterspele 2018  Suid-Korea 63
München Olimpiese Winterspele 2018  Duitsland 25
Annecy Olimpiese Winterspele 2018  Frankryk 7

Sporte

7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  UG  Uitstallingsgala  SS  Sluitingseremonie
Februarie 8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
Wedstryde
Olimpiese Winterspele 2018  Seremonies OS SS
Olimpiese Winterspele 2018  Alpeski 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 11
Olimpiese Winterspele 2018  Bobslee 1 1 1 3
Olimpiese Winterspele 2018  Heg-en-steg-ski 1 1 2 1 1 1 1 2 1 1 12
Olimpiese Winterspele 2018  Kortbaanskaats 1 1 2 1 3 8
Olimpiese Winterspele 2018  Kunsskaats 1 1 1 1 1 UG 5
Olimpiese Winterspele 2018  Langbaanskaats 1 1 1 1 1 1 1 1 1 2 1 2 14
Olimpiese Winterspele 2018  Noorse kombinasie 1 1 1 3
Olimpiese Winterspele 2018  Rodel 1 1 1 1 4
Olimpiese Winterspele 2018  Skansspring 1 1 1 1 4
Olimpiese Winterspele 2018  Skeleton 1 1 2
Olimpiese Winterspele 2018  Sneeuplankry 1 1 1 1 1 1 1 3 10
Olimpiese Winterspele 2018  Tweekamp 1 1 2 1 1 1 1 1 1 1 11
Olimpiese Winterspele 2018  Vryski 1 1 1 1 2 1 1 1 1 10
Olimpiese Winterspele 2018  Ysbal 1 1 1 3
Olimpiese Winterspele 2018  Yshokkie 1 1 2
Totaal 5 7 8 8 6 7 5 9 6 3 5 7 8 6 8 4 102
Kumulatief 5 12 20 28 34 41 46 55 61 64 69 76 84 90 98 102
Februarie 8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
Wedstryde

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het aan hierdie Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie. Die Johannesburger Connor Wilson het vir sy land in die alpeski-sportsoort meegeding.

Getal medaljes

Olimpiese Winterspele 2018 
Kaart van deelnemende nasies in 2018:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

Olimpiese Winterspele 2018 
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Blou vertoon die Olimpiese atlete van Rusland.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 2018 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Winterspele 2018  Goud Olimpiese Winterspele 2018  Silwer Olimpiese Winterspele 2018  Brons Totaal
1 Olimpiese Winterspele 2018  Noorweë (NOR) 109 14 14 11 39
2 Olimpiese Winterspele 2018  Duitsland (GER) 156 14 10 7 31
3 Olimpiese Winterspele 2018  Kanada (CAN) 226 11 8 10 29
4 Olimpiese Winterspele 2018  Verenigde State (USA) 242 9 8 6 23
5 Olimpiese Winterspele 2018  Nederland (NED) 33 8 6 6 20
6 Olimpiese Winterspele 2018  Swede (SWE) 116 7 6 1 14
7 Olimpiese Winterspele 2018  Suid-Korea (KOR) 122 5 8 4 17
8 Olimpiese Winterspele 2018  Switserland (SUI) 169 5 6 4 15
9 Olimpiese Winterspele 2018  Frankryk (FRA) 107 5 4 6 15
10 Olimpiese Winterspele 2018  Oostenryk (AUT) 105 5 3 6 14

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Winterspele 2018 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Winterspele 2018 ToewysingOlimpiese Winterspele 2018 SporteOlimpiese Winterspele 2018 KalenderOlimpiese Winterspele 2018 Deelnemende nasiesOlimpiese Winterspele 2018 Getal medaljesOlimpiese Winterspele 2018 Sien ookOlimpiese Winterspele 2018 VerwysingsOlimpiese Winterspele 2018 Eksterne skakelsOlimpiese Winterspele 2018EcuadorEritreaKoreaansKosovoMaleisiëNigeriëOlimpiese WinterspelePyeongchangSingapoerSuid-Korea

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Parasitiese siektesNaaldekokerTuisbladJagluiperdNamakwalandSlawernySwartkwasmuishondSpeelkaartBreinvliesontstekingIngenieursweseGawes van die Heilige GeesBosvarkByDermpoliepSoweto-opstandTrekarbeidRudi ClaaseWorcesterRegeringDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Jacques LootsLys van myne in Suid-AfrikaKatOopbroninhoudOnse VaderWêreldwye webNeurenberg-verhoreLys van nedersettings in Suid-AfrikaPoesItaliëDigvormGenitale vratRekeningkundeVingerseksLieweheersbesieBoelieryHeupvervangingSendelingposisieMensNoag se arkKunsMartin Luther King jr.AardeLionel PetersonJo BlackPampoentjiesSlag van BloedrivierWerkwoordHolocaustOnderwerp (taalkunde)Langste woordLys van Afrikaanse rolprenteSpringbokkeSeevlakstygingYstertydperkKaliumJan van RiebeeckSwartHoofstadAardverwarmingSeksAkademiaEmfiseemVryheidsmanifesSuid-Afrikaanse randErosiePad na jou hartHipoteseRumatiekJan van TonderMynbouWes-KaapMediese diagnoseKultuurSuid-Afrika-WetOligopolie🡆 More