Olimpiese Winterspele 1940

Die Olimpiese Winterspele 1940 (Japannees: 第五回オリンピック冬季競技大会 Dai Go-kai Orinpikku Tōkikyōgi Taikai), amptelik bekend as die Vde Olimpiese Winterspele, sou in 1940 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas.

Ve Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1940

Gehou in Sapporo, Japan
St. Moritz, Switserland
Garmisch-Partenkirchen, Duitsland
Deelnemende lande 0
Deelnemende atlete 0
Items 0
Openingseremonie Nie gehou nie
Sluitingseremonie Nie gehou nie
Amptelik geopen deur N.v.t.
Atlete-eed N.v.t.
Beampte-eed N.v.t.
Olimpiese vlam N.v.t.
Vorige Spele 1936: Garmisch-Partenkirchen (Duitsland)
Volgende Spele 1944: Cortina d'Ampezzo (Italië)

Die Spele is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) tydens die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn aan Sapporo, Japan, toegewys. Maar Japan moes afsien van die plan na die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 en het die Spele op 16 Julie 1938 van die hand gewys. Die Spele is op 3 September 1938 aan St. Moritz, Switserland, toegewys, maar weens geskille tussen die Switserse reëlingskomitee en die IOK is die Spele op 9 Junie 1939 deur die IOK teruggetrek. Aansluitend is die Spele aan Garmisch-Partenkirchen, Duitsland, soos vier jaar vantevore toegewys, maar met die Duitse Inval van Pole op 1 September 1939 is dit heeltemal afgelas.

Omdat die Tweede Wêreldoorlog tot 1945 gewoed het, is die in Cortina d'Ampezzo, Italië, beplande Olimpiese Winterspele 1944 ook afgelas. Die Switserse stad St. Moritz het die eerste Olimpiese Winterspele na die Tweede Wêreldoorlog aangebied. Cortina d'Ampezzo het die Olimpiese Winterspele van 1956 aangebied en Sapporo die Olimpiese Winterspele van 1972. Duitsland het tot vandag geen Olimpiese Winterspele meer aangebied nie.

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) George M. Constable (1996). The XI, XII & XIII Olympiads. Berlin 1936, St. Moritz 1948. Los Angeles: World Sport Research & Publications. ISBN 1-888383-11-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (de) Harald Oelrich (2003). Sportgeltung, Weltgeltung: Sport im Spannungsfeld der Deutsch-italienischen Außenpolitik von 1918 bis 1945. Berlin/Hamburg/Münster: LIT Verlag. ISBN 3-8258-5609-7.


Olimpiese Spele Olimpiese Winterspele 1940 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

BerlynDuitslandGarmisch-PartenkirchenInternasionale Olimpiese KomiteeInval van PoleJapanJapanneesOlimpiese Somerspele 1936Olimpiese Winterspele 1936SapporoSt. MoritzSwitserlandTweede Chinees-Japannese OorlogTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Simon PetrusOraniaBlack SashAnale kankerBelastingAnale seksSkaapOlimpiese Somerspele 2024Heidelberg, GautengVormByPapierWerkwoordKasterolieTropiese sikloonSuid-AfrikaKoppeltekenKonjunktivitisLys van Kaapstad se voorstedeSwangerskapSpreeuDiskriminasieKoerantDuitsBynierSendelingposisieSimboolYslandKunselementeXenofobieLys van Suid-Afrikaanse digtersLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKrugerwildtuinEufemismeBestaansboerderyKoorsblaarBorskankerVoegwoordHemelBesemJohannes MeintjesHartKrieketHernubare energieMandalaKasteel die Goeie HoopEngelsLys van Afrikaanse televisiereekseInligtingOnderwerp (taalkunde)AkroniemLys van Griekse mitologiese figureKolonisasieMolekuulVliegtuigLys van landePinksterVergelykings (taalkunde)HoofkarakterVigsKindermishandelingPornografiese akteurRooibokMikro-ekonomieNoordwesHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVierkantswortelKweekhuiseffekVerkragtingNic de JagerMosesNeerslagSonkragJaco JacobsVennootskapLiesbreukGeslagLys van Nederlandse skildersSpinnekopIslamitiese Staat🡆 More