Olimpiese Somerspele 1932

Die Olimpiese Somerspele 1932 (Engels: 1932 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die Xde Olimpiade, is tussen 30 Julie en 14 Augustus 1932 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied.

Spele van die Xe Olimpiade
Olimpiesespele van 1932

Gehou in Los Angeles, Verenigde State
Deelnemende lande 37 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 1 332 (1 206 mans, 126 vroue)
Items 117 in 14 sporte
Openingseremonie 30 Julie 1932
Sluitingseremonie 14 Augustus 1932
Amptelik geopen deur Adjunkpresident Charles Curtis
Atlete-eed George Calnan (skermer)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1928: Amsterdam (Nederland)
Volgende Spele 1936: Berlyn (Duitsland)

Daar was geen andere stede wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Aangesien die Spele van 1932 plaasvind tydens 'n groot ekonomiese krisis, die Groot Depressie, was daar heelwat minder deelnemers as op die vorige spele in Amsterdam. Die lang reis wat die atlete moes meemaak om tot in Los Angeles te kom het ook 'n rol in die lae deelnemerstal gespeel. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Winterspele aangebied, in Lake Placid in die Adirondack-gebergte.

Sporte

14 Olimpiese sportsoorte in 117 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 116 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

Olimpiese Somerspele 1932 
Die Rose Bowl het die spoedfietsgebeurtenisse tydens die Olimpiese Somerspele 1932 gehuisves
Olimpiese Somerspele 1932 
Die Australiese span in die Olimpiese stadion van Los Angeles

15 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1932 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
160th Regiment State Armory Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 1 800
Los Angeles Harbor Seilvaart Nie gelys nie
Los Angeles Police Pistol Range Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet Nie gelys nie
Long Beach Marine Stadium Roei 17 000
Los Angeles Avenue Fietsry (pad) Nie gelys nie
Olympic Auditorium Boks, Gewigoptel, Stoei 10 000
Los Angeles Memorial Coliseum Atletiek, Ruitersport (dressuur, spring), Veldhokkie, Gimnastiek 105 000
Pacific Coast Highway Fietsry (pad) Nie gelys nie
Riverside Drive at Griffith Park Atletiek (50 km-loop) Nie gelys nie
Riviera Country Club Ruitersport (dressuur, driefasekompetisie), Moderne vyfkamp (perdry) 9 500
Rose Bowl in Pasadena Fietsry (baan) 85 000
Sunset Fields Golf Club Moderne vyfkamp (hardloop) Nie gelys nie
Swemstadion Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 10 000
Vineyard Avenue Fietsry (pad) Nie gelys nie
Westchester Ruitersport (dressuur) Nie gelys nie
Olimpiese Somerspele 1932 
Die Olimpiese Stadion (Los Angeles Memorial Coliseum) in Los Angeles tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1932

Deelnemende nasies

Olimpiese Somerspele 1932 
Kaart van deelnemende nasies in 1932:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Los Angeles

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Olimpiese Somerspele 1932 
Suid-Afrika se Marjorie Clark wen brons in die 80 m hekkies wedloop

Lawrence Stevens (liggewig) en David Carstens (Ligswaargewig) wen goue medaljes en Ernest Peirce (Middelgewig) wen die bronsmedalje in boks.

Jenny Maakal wen brons in die 400 m vryslag en Marjorie Clark wen die bronsmedalje in die 80 m hekkies wedloop.

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1932 
Die Japannese Takeichi Nishi met sy Olimpiese perd Uranus tydens die Olimpiese Somerspele 1932

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1932  Goud Olimpiese Somerspele 1932  Silwer Olimpiese Somerspele 1932  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1932  Verenigde State (USA) 474 41 32 30 103
2 Olimpiese Somerspele 1932  Italië (ITA) 112 12 12 12 36
3 Olimpiese Somerspele 1932  Frankryk (FRA) 103 10 5 4 19
4 Olimpiese Somerspele 1932  Swede (SWE) 81 9 5 9 23
5 Olimpiese Somerspele 1932  Japan (JPN) 157 7 7 4 18
6 Olimpiese Somerspele 1932  Hongarye (HUN) 58 6 4 5 15
7 Olimpiese Somerspele 1932  Finland (FIN) 40 5 8 12 25
8 Olimpiese Somerspele 1932  Verenigde Koninkryk (GBR) 108 4 7 5 16
9 Olimpiese Somerspele 1932  Duitsland (GER) 134 3 12 5 20
10 Olimpiese Somerspele 1932  Australië (AUS) 12 3 1 1 5
15 Olimpiese Somerspele 1932  Suid-Afrika (RSA) 12 2 0 3 5

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (de) Karl Lennartz/Wolf Reinhardt/Ralph Schlüter (2015). Die Spiele der X. Olympiade 1932 in Lake Placid und Los Angeles. Agon. ISBN 978-3-89784-406-3.
  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1932 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese Komitee – Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1932 SporteOlimpiese Somerspele 1932 StadionsOlimpiese Somerspele 1932 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1932 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1932 Sien ookOlimpiese Somerspele 1932 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1932 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1932 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1932Adirondack-gebergteAmsterdamEngelsGroot DepressieLake PlacidLos AngelesOlimpiese Somerspele 1928Olimpiese Winterspele 1932Verenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Christiaan BarnardTydDemi Lee MooreViëtnamoorlogBorskankerWinterHeupKameelIndonesiëDesmond TutuSonnestelselKongo-krisisLuiperdLys van veltoestandeSteenkool in Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieKonsentrasiekampBaardskeerder-spinnekopNatriumWikimedia-stigtingKoerantToerismeLiesbreukKonjunktivitisTrappe van vergelykingWes-IndiëNasionale PartyVergelykings (taalkunde)VisKoolstofBuck AngelLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOnderwysDroogteIronieReënspinnekopSamestellende afleidingVerstedelikingSuider-AfrikaWeer (meteorologie)Spelerposisies in rugbyWoordsoortHipertensieAfkappingstekenChris HaniWerkersdagTsoenamiKunsmatige algemene intelligensieLionel PetersonToekoms van die AardeKoue OorlogOrganiese landbouFaktuurLeeudoringstadKunsOopbroninhoudTobie CronjéMidde-OosteGemeenskapMohammedMaagsweerLeeuBraaiSkilpadAdolessensieRob HersovPlastiekWet op NaturellengrondStaalSwart menseBoomVerenigde State van AmerikaGoogleBloemfonteinSwangerskap🡆 More