Wiki Afrikaans 2023: Tuisblad
AFWiki Tiếng ViệtWiki English
XIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1972

Gehou inSapporo, Japan
Deelnemende lande35
Deelnemende atlete1 006 (801 mans, 205 vroue)[1]
Items35 in 6 sporte
Openingseremonie3 Februarie 1972
Sluitingseremonie13 Februarie 1972
Amptelik geopen deurKeiser Hirohito
Atlete-eedKeiichi Suzuki (langbaanskaats)
Beampte-eedFumio Asaki (skansspring)
Olimpiese vlamHideki Takada
Vorige Spele1968: Grenoble (Frankryk)
Volgende Spele1976: Innsbruck (Oostenryk)

Die Olimpiese Winterspele 1972 (Japannees: 第十一回オリンピック冬季競技大会, Dai Jūichi-kai Orinpikku Tōkikyōgi Taikai), amptelik bekend as die XIde Olimpiese Winterspele, is tussen 3 en 13 Februarie 1972 in Sapporo, Japan, aangebied. Die ander kandidaatstede was Banff (Kanada), Lahti (Finland) en Salt Lake City (Verenigde State). Dit is die eerste keer dat die Olimpiese Winterspele nie in Europa of die Verenigde State gehou is nie. Die Olimpiese Somerspele 1972 is in München, Wes-Duitsland, aangebied.

Toewysing

 
Die Makomanai Ysarena in Sapporo is vir die Olimpiese Winterspele 1972 opgerig

Sapporo is op 25 April 1966 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1972. Ander kandidate was: Banff, Lahti en Salt Lake City.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1972[2]
StadLandRondte 1
Sapporo  Japan32
Banff  Kanada16
Lahti  Finland7
Salt Lake City  Verenigde State7

Sporte

6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

 
Kaart van deelnemende nasies in 1972:

   1–9 atlete

   10–49 atlete

   50–99 atlete

   meer as 100 atlete

 
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Groen vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1972 deelgeneem het nie.
'n geel kring vertoon die gasheerstad (Sapporo).
Rooi diamante vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Winterspele gewen het.

Hier is die top 17 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers  Goud  Silwer  BronsTotaal
1  Sowjetunie (URS)7885316
2  Oos-Duitsland (GDR)4243714
3  Switserland (SUI)5243310
4  Nederland (NED)114329
5  Verenigde State (USA)1033238
6  Wes-Duitsland (FRG)783115
7  Noorweë (NOR)6725512
8  Italië (ITA)442215
9  Oostenryk (AUT)401225
10  Swede (SWE)581124
11  Japan (JPN)851113
12  Tsjeggo-Slowakye (TCH)411023
13  Pole (POL)471001
  Spanje (ESP)31001
15  Finland (FIN)20415
16  Frankryk (FRA)400123
17  Kanada (CAN)470101
Totaal (17 NOKs)838363435105

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. Winter Games – Warm Traditions. Oslo: Norsk Idrettshistorisk Vörening.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (Study in China) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.
This article uses material from the Wikipedia article Olimpiese Winterspele 1972, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.