Jamaika

Jamaika (Engels: Jamaica, , luister (hulp·inligting)) is 'n eilandstaat van die Groot-Antille met 234 kilometer in lengte en 80 kilometer in breedte.

Jamaika is in die noorde van die Karibiese See geleë en is naas Kuba, die Dominikaanse Republiek, Haïti en die Bahamas die vyfde grootste eilandstaat van die streek. Jamaika beslaan 'n oppervlakte van 10 991 km² en het 'n bevolking van 2 726 667 in 2018 gehad. Jamaika is in die suide van Kuba, in die weste van Hispaniola en in die suidooste van die Kaaimanseilande geleë. Die hoofstad en grootste stad is Kingston. Ander bekende nedersettings sluit in May Pen, Montego Bay en Spanish Town.

Jamaika
Jamaica (Engels)
Vlag van Jamaika Wapen van Jamaika
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Out of Many, One People
(Engels vir: "Vanuit baie, een nasie")
Volkslied: Jamaica, Land We Love
(Engels vir: "Jamaika, Land waarvoor ons lief is")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Jamaika
Hoofstad Kingston

17°59′N 76°48′W / 17.983°N 76.800°W / 17.983; -76.800

Grootste stad Kingston
Amptelike tale EngelsJamaikaanse Patois (de facto)
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Patrick Allen
Andrew Holness
Onafhanklikheid
• Toegestaan
van die Verenigde Koninkryk
6 Augustus 1962
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
10 991 km2  (160ste)
4 244 myl2
1,5
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
2 726 667 (141ste)
2 697 983
266 / km2 (49ste)
688,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$32,378 miljard (134ste)
$11 802 (109de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$15,721 miljard (119de)
$5 730 (95ste)

MOI (2021) Jamaika 0,709 (110de)  –  hoog
Gini (2004) 45,5(84ste) –  medium
Geldeenheid Dollar (JMD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-5)
nie toegepas nie (UTC-5)
Internet-TLD .jm
Skakelkode +1-876
+1-658 (oortrek van 876; aktief sedert November 2018)
Jamaika
Nasa-Satellietbeeld van Jamaika
Jamaika
Kaart van Jamaika
Jamaika
'n Plantasie word tydens die Baptiste-oorlog van 1831–32 aan die brand gesteek
Jamaika
Harbour Street, Kingston, ca. 1820

Die inheemse bevolking, die Taíno, het die eiland in Arawak Xaymaca genoem, wat "land van woud en water" of "land van fonteine" beteken. Jamaika is in 1494 deur Christophorus Columbus vir Europa ontdek en Santiago genoem. Dit het in 1509 'n Spaanse kolonie geword en is by Nieu-Spanje ingelyf. Die meeste lede van die inheemse Arawak- en Taíno-volke het aan siektes beswyk en die Spanjaarde het slawe uit Wes-Afrika ná die eiland gebring. In 1655 is die eiland deur Engeland verower en na Jamaica hernoem. Jamaika het 'n basis vir kapers geword wat Spaanse skepe op pad na Europa geplunder het. In 1833 is slawerny in die Britse Ryk verbied. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 6 Augustus 1962 het Jamaika van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Jamaika is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Bekende Jamaikane sluit in die sanger Bob Marley (1945–1981) en die naelloper Usain Bolt (* 1986). Die Jamaikaanse kultuur is vir sy Reggae-musiek en Rastafarianisme bekend. Die eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op buitelandse bankdienste, toerisme en mynbou gebaseer.

Etimologie

Die inheemse bevolking, die Yamaye (ook bekend as Taíno), het die eiland in Arawakan Xaymaca [ʃa͡iˈmaka] genoem, wat "land van woud en water" of "land van fonteine" beteken. Volgens Christophorus Columbus se optekeninge is Yamaye as 'n vroeë Taíno-naam vir die eiland voorgestel.

Jamaikaners verwys na hul tuiseiland as die "Rots". Byname soos "Jamrock", "Jamdown" ("Jamdung" in Jamaikaanse Patois), of kort "Ja", is daarvan afgelei.

Sport

Krieket is die nasionale sportsoort van Jamaika en ook die eiland se gewildste sportsoort. Jamaika is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop. Saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Guyana, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het Jamaika die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur die verdedigende kampioen Australië gewen is.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Jamaika EtimologieJamaika SportJamaika VerwysingsJamaika BronnelysJamaika Eksterne skakelsJamaikaBahamasDominikaanse RepubliekEilandstaatEn-us-Jamaica.oggEngelsGroot-AntilleHaïtiHispaniolaHoofstadKaaimanseilandeKaribiese SeeKilometerKingston, JamaikaKubaLêer:En-us-Jamaica.oggMay PenMontego BaySpanish TownWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Curly HowardConsolidated B-24 LiberatorIronieKlem-in-die-kaakJohan VorsterPornografiese akteurSoweto-opstandPlae van EgipteAntieke EgipteBoelieryMensDermpoliepCarles PuigdemontLyfstraf in skoleKatAarverkalkingOlimpiese Somerspele 2024Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024EnsiklopedieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKameelperdLetterlike en figuurlike taalgebruikGemeenskapsorganisasieSuider-AfrikaCarike KeuzenkampTrappe van vergelykingDinosourusBipolêre gemoedsteuringThomas EdisonPersoonlike voornaamwoordElektroniese of digitale mediaSteve BikoOntwikkelende landNieuwoudtvilleBernice WestWetenskapMagnetismeBotswanaKappie (skryfteken)KlimaatLimpopo (rivier)HoofkarakterNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaOsoonlaagBestaansboerderyTropiese sikloonNederlandWhatsAppInternetEjakulasieSmaakNic de JagerKommunismeDramaJan van TonderTaalMigrasie van diereLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)OligopolieLeestekenAntjie SomersPad na jou hartAluminiumKitaarKasteel die Goeie HoopTafelbergAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLys van veltoestandeStedelike gebiedGriekwa-AfrikaansKalsiumBysteekFrankrykKaapse VlakteJan-Willem BreureBloeddrukEskom🡆 More