Britse Ryk

Die Britse Ryk (Engels: British Empire) was 'n groep lande wat voorheen deur Groot-Brittanje beheer is.

Dit was die mees uitgestrekte koloniale ryk in die geskiedenis met 'n groot aantal kroonkolonies, kolonies, dominiums en protektorate op elke vasteland. Aan die begin van die 20ste eeu het Groot-Brittanje meer as twee vyfdes van die wêreld se landoppervlakte oorheers, waaronder die twee destydse kolonies en twee Boererepublieke van Suid-Afrika, met 'n bevolking van sowat 458 miljoen of 'n kwart van die destydse wêreldbevolking. Die feit dat Engels nog steeds die belangrikste internasionale verkeerstaal is, het onder meer te make met die groot rol wat Brittanje in die moderne geskiedenis gespeel het.

British Empire
Britse Ryk
1497-1949
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Dieu et mon droit
(Frans vir: "God en my reg")
Volkslied: God Save the Queen
Ligging of Britse Ryk
Ligging of Britse Ryk
Gebiede van die wêreld wat op een keer deel van die Britse Ryk was. Huidige Britse oorsese gebiede is onderstreep in rooi.
Hoofstad Londen
51°30′N 0°7′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117 0°7′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117
Taal/Tale Engels
Godsdiens Anglikaanse Kerk
Regering Monargie
Monarg
 - 1707–1714 Anna van Groot-Brittanje
 - 1714–1727 George I van Groot-Brittanje
 - 1727–1760 George II van Groot-Brittanje
 - 1760–1820 George III van die Verenigde Koninkryk
 - 1820–1830 George IV van die Verenigde Koninkryk
 - 1830–1837 William IV van die Verenigde Koninkryk
 - 1837–1901 Victoria van die Verenigde Koninkryk
 - 1901-1910 Edward VII van die Verenigde Koninkryk
 - 1910–1936 George V van die Verenigde Koninkryk
 - 1936-1952 George V van die Verenigde Koninkryk
Eerste Minister
 - 1908-1916 Herbert Henry Asquith
 - 1924, 1929–1935 Ramsay MacDonald
 - 1937-1940 Neville Chamberlain
 - 1940-1945 Winston Churchill
 - 1945-1951 Clement Attlee
Wetgewer Britse Parlement
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Honderdjarige Oorlog 13371453
 - John Cabot bereik die oostelike kus van Kanada 1497
 - Koningin Elizabeth I stig die Britse Oos-Indiese Kompanjie 31 Desember 1600
 - Stigting van Jamestown, die eerste Engelse kolonie in Noord-Amerika 14 Mei 1607
 - Stigting van die Koninkryk van Groot-Brittanje met die Acts of Union 1707 1 Mei 1707
 - James Cook bereik die kus van Australië 1770
 - Onafhanklikheid van Ierland 1949
 - Hongkong teruggegee aan die Volksrepubliek China 1 Julie 1997
Oppervlakte
 - 1939 450 000 000 km2
173 745 971 sq mi
Bevolking
 - 1939 skatting 33 000 000 
     Digtheid 0,1 /km² 
0,2 /sq mi
Geldeenheid Pond
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Britse Ryk Britse Oos-Indiese Kompanjie
Britse Ryk Engeland
Britse Ryk Ierland
Britse Ryk Skotland
Britse Ryk Wallis
Britse Statebond Britse Ryk
Britse oorsese gebiede Britse Ryk
Republiek van Ierland Britse Ryk
Verenigde Koninkryk Britse Ryk
Verenigde State Britse Ryk

Die term British Empire is deur John Dee (1527–1608 of 1609) ingevoer, die astroloog, alchemis en wiskundige van koningin Elisabeth I.

Kenmerke

Britse Ryk 
'n Kaart van 1886 toon die omvang van destydse Britse besittings, onder die leuse van "vryheid, broderlikheid en federasie"
Britse Ryk 
Die Britse Ryk in 1921

Ondanks sy groot oppervlakte en bevolking het die Britse Ryk met Groot-Brittanje as sy moederland net oor 'n relatief klein geografiese en bevolkingsbasis beskik wat ver van sy oorsese besittings geleë was. Nogtans het hierdie klein eilandnasie in die weste van Europa in die laat 18de eeu tot die wêreld se leidende handels- en nywerheidsland asook die grootste seemoondheid ontwikkel.

Die Britse heerskappy het, net soos in die geval van ander koloniale moondhede, op militêre onderwerping en onderdrukking asook samewerking met plaaslike heersers gebaseer, maar was in vergelyking met ander Europese bewindhebbers in 'n mate liberaal. Die Britte het hulle tot die beginsels van vryheid en demokrasie verbind, iets wat hul onderdane in die tweede helfte van die 20ste eeu dan ook opgeëis het.

Die Britse geskiedkundige John Darwin, een van die voorste deskundiges op die gebied van historiese navorsing oor Britse koloniale geskiedenis, verwys in sy baanbrekende werk Unfinished Empire: The Global Expansion of Britain (2012) na die Britse Ryk se onvoltooide en provisoriese karakter.

Ten eerste het die Britse Ryksgedagte nie op 'n enkele visie berus nie. 'n Verskeidenheid belangegroepe in die Britse Moederland het uiteenlopende - en dikwels nie versoenbare - konsepte oor die ryk se karakter en uitbreiding ontwikkel, soos kolonisasie deur Britse en ander Europese setlaars; die vestiging van administratiewe strukture volgens die Europese model (deur middel van koloniale Britse amptenare); bekering (deur Christelike sendelinge); en aanknoping van handelsbetrekkinge (by voorkeur sonder setlaars, amptenare en sendelinge).

Ten tweede was die bestuur van só 'n wêreldryk 'n onoorkombare uitdaging. Daar kon nie sprake wees van 'n beplande en goed georganiseerde administrasiestelsel nie. In die praktyk was die koloniale bestuur, wat vanuit die Colonial Office in Whitehall, Londen georganiseer is, dikwels chaoties van aard, maar in elk geval aangewese op die steun en samewerking van inheemse elites, lojale setlaars en plaaslike Britse amptenare met die koloniale owerheid in die Britse hoofstad.

Ten derde kon die Britse Ryk nooit in 'n sfeer van sy eie bestaan nie, maar moes daar rekening gehou word met 'n groot verskeidenheid eksterne invloede waaraan onderdane blootgestel was - op politieke, ideologiese, kulturele, ekonomiese en godsdienstige gebied. Bowendien was daar in 'n onstabiele wêreld altyd nuwe geostrategiese veranderinge, uitdagings en gevare wat 'n konstante hersiening van die algemene Britse koloniale beleid en sy hoofdoelwitte vereis het.

In die tydperk tussen die twee wêreldoorloë het die Britse Ryk sy grootste omvang bereik met die insluiting van die Duitse en Ottomaanse Ryk se koloniale besittings. Nogtans was dit in dié periode nog net 'n skadu van sy vorige glorie nadat die Verenigde Koninkryk deur sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog naby die punt van ekonomiese uitputting gekom het en sy ekonomiese omstandighede in vergelyking met die vorige eeu merkbaar versleg het. Die agteruitgang en verval van die ryk was, ongeag sy omvang, net 'n kwessie van tyd was. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Groot-Brittanje nie meer oor die finansiële middele en die wil beskik om 'n wêreldryk te regeer nie sodat die meeste oorsese besittings hul onafhanklikheid in 'n min of meer vreedsame proses verwerf het.

Ondergang van die ryk

In die Tweede Wêreldoorlog het Brittanje die laaste keer die rol van Westerse leier gespeel. Die nuwe leier en supermoondheid, Amerika, het geen erg aan die Britse Ryk gehad nie. Die Britse Arbeidersregering het ook nie belang gestel in 'n voortsetting van die ou koloniale ryk nie. In 1947 het Indië onafhanklikheid verkry, maar lid van die Gemenebes gebly. Die Moslem-gedeelte van Indië is tot 'n aparte staat, naamlik Pakistan, omskep. In 1956 het Pakistan ook onafhanklik geword, gevolg deur Birma en Ceylon (Sri Lanka). Die onafhanklikwording van Nigerië in 1957 het die dekolonisasieproses in Afrika aan die gang gesit. Sommige van die nuwe onafhanklike state het lede van die Gemenebes gebly, maar ander, soos Suid-Afrika, Suid-Rhodesië, Indië en Pakistan, het om verskeie redes uitgetree.

In 1961 het ook Suid-Afrika 'n onafhanklike republiek geword, gevolg deur Rhodesië (Zimbabwe) wat hom in 1965 eensydig onafhanklik verklaar het. Vandag het die Britse Gemenebes feitlik geen invloed meer nie - die eens magtige Britse ryk het geruisloos ondergegaan.

Verwysings

Bronne


Koloniale ryke

Britse Ryk  Amerikaans  • Britse Ryk  Australies  • Britse Ryk  Belgies  • Britse Ryk  Brits  • Britse Ryk  Deens  • Britse Ryk  Duits  • Britse Ryk  Engels  • Britse Ryk  Frans  • Britse Ryk  Habsburgs  • Britse Ryk  Italiaans  • Britse Ryk  Japannees  • Britse Ryk  Koers  • Britse Ryk  Nederlands  • Britse Ryk  Nieu-Seelands  • Britse Ryk  Noors  • Britse Ryk  Ottomaans  • Britse Ryk  Portugees  • Britse Ryk  Russies  • Britse Ryk  Spaans  • Britse Ryk  Suid-Afrikaans  • Britse Ryk  Sweeds

Tags:

Britse Ryk KenmerkeBritse Ryk Ondergang van die rykBritse Ryk VerwysingsBritse Ryk BronneBritse Ryk20ste eeuBoererepubliekEngelsGroot-BrittanjeSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ingrid JonkerLeierAardbewingSan Andreas-breukWaterbesparing in Suid-AfrikaDie Laaste Avondmaal (Leonardo)NedersettingMenseregteKappie (skryfteken)ProteaNazi-DuitslandTienie HollowayGianna MichaelsBlomWynand du ToitGroot vyfStudievaardighedeDemografie van Suid-AfrikaKoorsblaarMaroela MediaGeslagKinderregteBateWet op NaturellengrondSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Gewone breukeAbsolute monargieTransatlantiese slawehandelHannes van WykLenteMuishondHamburgerGesonde dieetSokkerYsterKaliumMobutu Sese SekoHernubare energieLongontstekingIndustriële RevolusieKarooGipsMona LisaAustraliëWerkersdagMetafoorSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Labia (geslagsdele)TierBosluisbytkoorsSosiale mediaApostoliese GeloofsbelydenisDrakensbergeVersamelnaamEnkelvoudige sinSonkragHidroëlektrisiteitLewerPrimêre sektor van die ekonomieEerste WêreldoorlogSteenkoolToringSoweto-opstandKlinkerAnrich HerbstPoesFamilie (verwantskap)VryheidsmanifesSirkelWoordeskatKorrupsieStokely CarmichaelBloeddrukHeks van HexrivierNetbalWet op Bantoe-onderwysWaterLiefde🡆 More