Spanjaarde

Die Spanjaarde (Spaans: españoles, ) is die staatsvolk van Spanje, bestaande uit verskillende etniese groepe.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Spaans.

Naas die Spaanse vastelandse gedeelte van die Iberiese Skiereiland bewoon hulle omliggende eilande soos die Baleariese en die Kanariese Eilande. Hulle deel 'n gemeenskaplike kultuur, afkoms en praat Spaans of 'n ander Romaanse taal of Baskies as moedertaal. Spanjaarde vorm die titulêre nasie van Spanje, waar hulle 88% van die bevolking uitmaak, terwyl volgens die wetlike sin die hele bevolking van Spanje Spanjaarde is, alhoewel Baske en Katalane hul eie nasionale identiteit as etniese en taalgroepe handhaaf.

Spanjaarde
Spanjaarde
Totale bevolking: ca. 50 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Spanje Spanje 41,5 miljoen

Vlag van Argentinië Argentinië 500 000
Vlag van Frankryk Frankryk 340 000
Vlag van Venezuela Venezuela 245 000
Vlag van Duitsland Duitsland 210 000
Vlag van Brasilië Brasilië 150 000
Vlag van Switserland Switserland 150 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 150 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 136 000
Vlag van Meksiko Meksiko 125 000
Vlag van Kuba Kuba 110 000
Vlag van België België 80 000
Vlag van Uruguay Uruguay 75 000
Vlag van Chili Chili 65 000
Vlag van Andorra Andorra 42 000
Vlag van Nederland Nederland 34 000
Vlag van Colombia Colombia 32 000
Vlag van Italië Italië 32 000
Vlag van Australië Australië 29 000 Vlag van Peru Peru 25 000
Vlag van Dominikaanse Republiek Dominikaanse Republiek 21 000

Taal: Spaans en ander tale (BaskiesGaliciesKatalaans)
Geloofsoortuiging: Christendom (Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk 73,4%) • Ateïsme 24% • ander godsdienste 2,1% insluitende Judaïsme, Islam, Boeddhisme, Hindoeïsme
Verwante etniese groepe: Ander Romaanse volke soos Franse, Italianers, Katalane, Portugese en Roemene

Wêreldwyd leef byna 50 miljoen Spanjaarde, waarvan omtrent 41 miljoen in Spanje en meer as 2 miljoen in die Spaanse diaspora, veral in die Amerikas en lande van Wes-Europa. Na die Spaanse verowering van beide die Asteekse en die Inka-ryk in die 16de eeu het tientalle Spanjaarde in die Vise-Koninkryke van Nieu-Spanje en Peru gevestig. In die tydperk vanaf 1850 tot 1950 het 3,5 miljoen Spanjaarde ná Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Argentinië, Uruguay, Meksiko, Brasilië, Chili, Venezuela en Kuba migreer. Nadat Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef het, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", is Spanjaarde saam met Italianers en ander nasies van die Middellandse See genooi om in dié land te gaan werk en woon. Spanjaarde het 'n groot invloed en bydrae tot wetenskap, kuns, tegnologie, kookkuns, sport, regsgeleerdheid en bankwese, beide in die buiteland en wêreldwyd. Spanjaarde is algemeen bekend vir hul lokalisme, sowel regionaliste en munisipaliste asook hul aandag aan klere en respek vir gesinswaardes.

Volgens etniese herkoms leef wêreldwyd sowat 500 miljoen mense met 'n Spaanse herkoms, veral in lande van Latyns-Amerika. In Meksiko is sowat 94 miljoen mense van ten minste gedeeltelike Spaanse afkoms, gevolg deur die Verenigde State met sowat 50 miljoen. Die verspreiding van Spanjaarde het veral met die uitbreiding van die Spaanse Ryk tussen die 15de en die 17de eeu gepaard gegaan, waarvan naas die Amerikas ook die Filippyne en kleiner gebiede langs die kus van Afrika betrokke was.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Baleariese EilandeBaskeBaskiesEtniese groepIberiese SkiereilandKanariese EilandeKatalaneKultuurMoedertaalRomaanse taleSpaansSpanje

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MassaPerdSinoniemSelLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsYstertydperkWoudVierkantswortelEkologieMensAbsolute monargieLandbouPoesKleurPeach van PletzenSoweto-opstandAarde se atmosfeerLuiperdGroot vyfKongo-krisisMigrasie van voëlsWaterbesoedelingPersoonlike voornaamwoordDemografie van Suid-AfrikaSonnestelselDistrik SesKindermishandelingMaagBosvarkDrakensbergeSomerPussy RiotGewone breukeKapitalismeVerstedelikingByvoeglike naamwoordVerlede tydAsiëBreinUKhahlamba-DrakensbergparkVerenigde State van AmerikaAtletiekPriemfaktorHeupvervangingMetaalMondGezina, PretoriaBreinvliesontstekingBernice WestLimfvatstelselNasionalismeSneeuRenaissanceWaterRekenaarSublimasieKoppeltekenJagluiperdSportReënResensieSatellietfotoSleutel (musiek)Stokely CarmichaelMonumentSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Nasionale PartyWikiquoteLeah van NiekerkPampoentjiesSelfmoordRina HugoSwaweldioksied🡆 More