Grenada

Grenada (Engels: , luister (hulp·inligting)) is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 348,5 km² en 'n bevolking van 124 610 in 2021.

Dit bestaan uit die hoofeiland Grenada en die suidelike eilande van die Grenadines soos Carriacou; almal behoort aan die Klein-Antille.

Grenada
Vlag van Grenada Wapen van Grenada
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Ever Conscious of God We Aspire, Build and Advance as One People
(Engels vir: "Ewig bewus aan God streef ons daarna om as een volk te bou en vooruit te kom")
Volkslied: Hail Grenada
(Engels vir: "Wees gegroet, Grenada")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Grenada
Hoofstad St. George’s

12°3′N 61°45′W / 12.050°N 61.750°W / 12.050; -61.750

Grootste stad St. George’s
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Parlementêre demokrasie
en grondwetlike monargie
Charles III
Dame Cécile La Grenade
Dickon Mitchell
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk
• Grenada-rewolusie
• Grondwet herstel

3 Maart 1967
7 Februarie 1974
13 Maart 1979
4 Desember 1984
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
348,5 km2  (185ste)
134,6 myl2
1,6
Bevolking
 - 2021-skatting
 - Digtheid
 
124 610 (179ste)
318,58 / km2 (45ste)
825,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$2,081 miljard
$18 293

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1,192 miljard
$10 472

MOI (2021) Grenada 0,795 (68ste)  –  hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .gd
Skakelkode +1-473
Grenada
Nasa-Satellietbeeld van Grenada
Grenada
Kaart van Grenada

Grenada is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die noordweste van Trinidad en Tobago, in die noordooste van Venezuela en in die suidweste van St. Vincent en die Grenadine geleë. Die hoofstad en grootste stad is St. George’s, wat op die hoofeiland Grenada geleë is.

Grenada is in 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en La Concepción genoem, ná Maria se onbevlekte ontvangenis van Jesus van Nasaret. Dié eiland is later deur Spaanse matrose herdoop na die Spaanse stad Granada. Hoewel dit as deel van die Spaanse Ryk beskou is, is dié eiland nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. In 1650 het egter Frankryk met die kolonisasie van Grenada begin en Franse burgers het hulle op dié eiland kom vestig. Op 10 Februarie 1763 is Grenada volgens die Verdrag van Parys in 1763 aan Groot-Brittanje afgestaan en by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 3 Maart 1976 het Grenada volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 7 Februarie 1974 het Grenada van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Tydens die Grenada-rewolusie is die regering op 13 Maart 1979 met Kubaanse ondersteuning omvergewerp en die grondwet ontbind. Ná 'n intervensie deur die Verenigde State is die grondwet op 4 Desember 1984 herstel en die regering weer ingesit. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Die eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.

Sport

Krieket is Grenada se gewildste sportsoort en word as nasionale sportsoort beskou. Grenada is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop. Saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het dié eilandstaat die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Grenada SportGrenada VerwysingsGrenada BronnelysGrenada Eksterne skakelsGrenadaEilandstaatEn-us-Grenada.oggEngelsKlein-AntilleLêer:En-us-Grenada.oggNoord-AmerikaWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MoskouVarkgriepSowjetunieBeroertePussy RiotAkroniemVersamelnaamEnsiklopedie24 AprilBesnydenisDroomE-posPubliekPirow BekkerHoofpynKarooRenosterBerilliumGroepsdrukSoogdierBeurtkragSlimfoonThys die BosveldklongWet op NaturellengrondAgtervoegselElektroniese of digitale mediaThomas EdisonHoenderIsraelVoegwoordSkarlakenkoorsResensieLiewe HeksieEnkelvoudige sinAfleiding (taalkunde)MisdaadMangelontstekingFotosinteseNatriumtiosulfaatMandalaGoogle MapsAkkedisIndustriële RevolusieFluoorAfvalbestuurSuid-AfrikaKokerboomSuid-Afrikaanse InkomstediensKindersiektesEendbekdierSteenkoolKongo-krisisEiffeltoringAsiëLidwoordBruin huisslangAnale kankerOorkruipersImpakte van toerismeHemelvaartsdagWalvisKasteel die Goeie HoopKommunismePriemgetalKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKatoenAluminiumSwitserlandDoziCremonaDie GelofteWerkersdagMondMarie AntoinetteBateElon Musk🡆 More