St. Vincent En Die Grenadine

St.

Vincent en die Grenadine (Engels: Saint Vincent and the Grenadines, ), soms kort Vincent genoem, is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 389 km² en 'n bevolking van 104 332 in 2021. Dit bestaan uit die hoofeiland St. Vincent en die noordelike eilande van die Grenadines; almal behoort aan die Klein-Antille.

St. Vincent en die Grenadine
Saint Vincent and the Grenadines (Engels)
Vlag van St. Vincent en die Grenadine Wapen van St. Vincent en die Grenadine
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Pax et Justitia
(Latyn vir: "Vrede en Geregtigheid")
Volkslied: Saint Vincent, Land So beautiful
(Engels vir: "St. Vincent, land so mooi")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van St. Vincent en die Grenadine
Hoofstad Kingstown

13°10′N 61°14′W / 13.167°N 61.233°W / 13.167; -61.233

Grootste stad Kingstown
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Susan Dougan
Ralph Gonsalves
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk

27 Oktober 1967
27 Oktober 1979
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
389 km2  (184ste)
150 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
104 332 (179ste)
100 455
307 / km2 (39ste)
795,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1,720 miljard
$15 505

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$953 miljoen
$8 595

MOI (2021) St. Vincent En Die Grenadine 0,751 (89ste)  –  hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .vc
Skakelkode +1-784
St. Vincent En Die Grenadine
Nasa-Satellietbeeld van St. Vincent en die Grenadine
St. Vincent En Die Grenadine
Kaart van St. Vincent en die Grenadine

St. Vincent en die Grenadine is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die suide van St. Lucia, in die weste van Barbados, in die noorde van Grenada en in die noordweste van Trinidad en Tobago geleë. Die hoofstad en grootste stad is Kingstown, wat op die hoofeiland St. Vincent geleë is.

St. Vincent en die Grenadine is op 22 Januarie 1498 deur Christophorus Columbus tydens sy derde reis vir Europa ontdek en ná die heilige Vincentius van Zaragoza genoem. Die eerste Europeërs wat dié eilande gekoloniseer het, was Franse. In 1627 het Engeland St. Vincent en die Grenadine opgeëis en Frankryk het sy fokus na Martinique verskuif. Tydens die Sewejarige Oorlog het die Britte dié eilande verower en volgens die Verdrag van Parys in 1763 het Frankryk dit aan Groot-Brittanje afgestaan. In 1779 het St. Vincent en die Grenadine weer onder Franse beheer gekom, maar volgens die Vrede van Parys van 1783 is dit by die Britse Ryk ingelyf. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 27 Oktober 1969 het St. Vincent en die Grenadine volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 27 Oktober 1979 het St. Vincent en die Grenadine van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. St. Vincent en die Grenadine is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Die eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op landbou, toerisme, konstruksie-aktiwiteite en buitelandse bankdienste gebaseer. Daar is 'n klein hawestad met die naam Port Elizabeth op die Grenadine-eiland Bequia.

Sport

Krieket is St. Vincent en die Grenadine se gewildste sportsoort. St. Vincent en die Grenadine is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

St. Vincent En Die Grenadine SportSt. Vincent En Die Grenadine VerwysingsSt. Vincent En Die Grenadine BronnelysSt. Vincent En Die Grenadine Eksterne skakelsSt. Vincent En Die GrenadineEilandstaatEn-us-Saint Vincent and the Grenadines.oggEngelsKlein-AntilleLêer:En-us-Saint Vincent and the Grenadines.oggNoord-AmerikaWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KompasNoordwesRegardt van den BerghVryheidsdagPeriodieke tabelRivierVaginaKorrupsieSprokieEnkelvoudige sinKasteel die Goeie HoopGoudGeldGoogleDiarreeKaliforniese KanaaleilandeOmtrek, oppervlakte en volumeSelfoonKrokodilSpringbokkeApostelLys van bekende Suid-AfrikanersTwaalf Stamme van IsraelXenofobieAuschwitz-konsentrasiekampJan van RiebeeckWebblaaierBurgerregteJames AlexanderJagluiperdKatoenSlawernyMieliestronkPornografiese subgenresMangelontstekingOntbossingWaterbesparing in Suid-AfrikaAfrikaanse taalleerSinoniemPapierHoofpynKunsmatige algemene intelligensiePaddaHannes van WykLeeuNatuurrampWetenskaplike klassifikasieJoseph LynchApartheidAnale seksAarde se atmosfeerPlastiekHeelgetalJesus van NasaretChristendomDaggaRassismeBosvarkSeksismeKoggelmanderBonné de BodLys van konings van IsraelSeksueel oordraagbare infeksieLys van musiekinstrumenteSaldanhabaaiKoos BekkerReddingskake2024 Chinese Grand PrixLys van Afrikaanse skrywersRenaissanceStikstofInflasieVersamelnaam🡆 More