Priemgetal

Priemgetal: ’n getal groter as 1 waarvan die enigste positiewe delers 1 asook die getal self is

In wiskunde is 'n priemgetal 'n natuurlike getal groter as 1 waarvan die enigste positiewe delers 1 asook die getal self is. Alternatiewelik is 'n priemgetal 'n natuurlike getal met presies net twee natuurlike delers.

'n Natuurlike getal wat nie 'n priemgetal is nie, word 'n saamgestelde getal genoem.

Die getalle nul en een is uitsonderings op die bogenoemde reëls en is nie priemgetalle nie en ook nie saamgestelde getalle nie.

Die reeks van priemgetalle begin sò:-

2, 3, 5, 7, 11, 13, 17, 19, 23, 29, 31, 37, 41, 43, 47, 53, 59, 61, 67, 71, 73, 79, 83, 89, 97, 101, 103, 107, 109, 113, 127, 131, 137, 139...

Die getal twee is die enigste ewe getal wat ook 'n priemgetal is. Priemgetalle groter as 5 kan net op 'n 1,3,7 of 9 eindig.

Eksterne skakels


This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Priemgetal, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.

/** SHOW / HIDE SECTION**/function mfTempOpenSection(getID) {var x = document.getElementById("mf-section-"+getID); if (x.style.display === "none") { x.style.display = ""; } else { x.style.display = "none"; }}