Olimpiese Somerspele 1912

Die Olimpiese Somerspele 1912 (Sweeds: Olympiska sommarspelen 1912), amptelik bekend as die Spele van die Vde Olimpiade, is tussen 5 Mei en 27 Julie 1908 in Stockholm, Swede, aangebied.

Spele van die Ve Olimpiade
Olimpiesespele van 1912

Gehou in Stockholm, Swede
Deelnemende lande 28 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 407 (2 359 mans, 48 vroue)
Items 102 in 14 sporte
Openingseremonie 5 Mei 1912
Sluitingseremonie 27 Julie 1912
Amptelik geopen deur koning Gustaf V
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1908: Londen (VK)
Volgende Spele 1916: Berlyn (Duitsland)

Stockholm was die enigste kandidaatstad en is in 1909 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) as gashouer benoem.

Olimpiese Somerspele 1912
Die Olimpiese Stadion in Stockholm, wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele 1912 opgerig is

Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen-stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkommodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die stadsentrum van Stockholm plaas. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog twee jaar later.

Sporte

14 Olimpiese sportsoorte in 102 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 103 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Olimpiese Somerspele 1912  Bofbal en glima is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions

Olimpiese Somerspele 1912 
Openingseremonie van die 1912 Stockholm-Spele
Olimpiese Somerspele 1912 
Die Sweedse span tydens die openingsplegtigheid

Twaalf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1912 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
Barkarby Moderne vyfkamp (perdry) Nie gelys nie
Djurgårdsbrunnsviken Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Roei, Swem, Waterpolo Nie gelys nie
Fältrittklubben Ruitersport (uithouvermoë) Nie gelys nie
Kaknäs Moderne vyfkamp (skiet) Nie gelys nie
Liljeholmen Fietsry, Ruitersport Nie gelys nie
Lindarängen Ruitersport (Veelsydigheidshindernisloop) Nie gelys nie
Mälaren Fietsry Nie gelys nie
Nynäshamn Seilvaart Nie gelys nie
Östermalm Atletiekgrond Ruitersport, Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport), Tennis Nie gelys nie
Råsunda-stadion Sokker, Skyfskiet Nie gelys nie
Olimpiese Stadion Stockholm Atletiek, Ruitersport, Sokker, Gimnastiek, Moderne vyfkamp (hardloop), Toutrek, Stoei 33 000
Tranebergs Idrottsplats Sokker Nie gelys nie

Deelnemende nasies

Olimpiese Somerspele 1912 
Kaart van deelnemende nasies in 1912:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Stockholm

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Olimpiese Somerspele 1912 
Suid-Afrika se Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912

Suid-Afrika neem aan hierdie Spele deel en behaal 'n algehele sewende plek met vier goue en twee silwermedaljes. Rudolph Lewis wen onder andere 'n gouemedalje in fietsry en word so die eerste Suid-Afrikaner om 'n gouemedalje in die sport te wen. Kenneth McArthur wen die gouemedalje in maraton en sy landgenoot Christopher Gitsham wen die silwermedalje.

Suid-Afrika wen die gouemedalje in tennisdubbelspel en Charles Lyndhurst Winslow wen goud in die enkelspel terwyl Harry Austin Kitson 'n silwermedalje losslaan.

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1912 
Fanny Durack en Mina Wylie, die goue en silwermedaljes in die eerste vroue se individuele swem-geleentheid

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1912  Goud Olimpiese Somerspele 1912  Silwer Olimpiese Somerspele 1912  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1912  Verenigde State (USA) 174 25 19 19 63
2 Olimpiese Somerspele 1912  Swede (SWE) 444 24 24 17 65
3 Olimpiese Somerspele 1912  Verenigde Koninkryk (GBR) 279 10 15 16 41
4 Olimpiese Somerspele 1912  Finland (FIN) 164 9 8 9 26
5 Olimpiese Somerspele 1912  Frankryk (FRA) 112 7 4 3 14
6 Olimpiese Somerspele 1912  Duitse Keiserryk (GER) 187 5 13 7 25
7 Olimpiese Somerspele 1912  Suid-Afrika (RSA) 21 4 2 0 6
8 Olimpiese Somerspele 1912  Noorweë (NOR) 191 4 1 4 9
9 Olimpiese Somerspele 1912  Kanada (CAN) 36 3 2 3 8
Olimpiese Somerspele 1912  Hongarye (HUN) 119 3 2 3 8

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1912 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1912 SporteOlimpiese Somerspele 1912 StadionsOlimpiese Somerspele 1912 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1912 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1912 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1912 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1912 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1912Internasionale Olimpiese KomiteeStockholmSwedeSweeds

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlawernyMangelontstekingSuikersiekteVulkaanFamilie (verwantskap)EkotoerismeFiela se kindAfrikaanse woordelys en spelreëlsMagneetOnderwysBeesvleisVerkleurmannetjieAsemhalingKwame NkrumahDriedimensioneelDoopDepressie (gemoedstoestand)BloemfonteinJeugdagUnited Democratic FrontGriekwa-AfrikaansGroepsdrukRacheltjie de BeerRivierTweede WêreldoorlogSamespanningWoestynTienerPapegaaieAntisemitismeGesonde dieetLetterkundeAnneli van RooyenNelson MandelaWetenskapWieg van die MensdomHelpmekaar-kollegeSkildklierPerdKoppeltekenHaelMeningsverskil oor aardverwarmingElon MuskWikimedia-stigtingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAkroniemHeks van HexrivierBruto binnelandse produkThabo MbekiOlifantVoornaamwoordSeksueel oordraagbare infeksieTweede Nuwe JaarOu Apostoliese KerkWayde van NiekerkLarry PageMuskietWetenskaplike klassifikasieBlourokkeWaarheid-en-versoeningskommissieRonelda KamferInternetLeierGeslagsgelykheidConsolidated B-24 LiberatorLyfstraf in skoleAfrikaansMielieSwawelRussiese inval in Oekraïne sedert 2022DataverwerkingNagmaalKoolhidraatHulpwerkwoordErfenisdag (Suid-Afrika)Rekenaar🡆 More