Olimpiese Eed

Die Olimpiese eed is die teks wat tydens die openingseremonie van elke Olimpiese Spele uitgespreek word deur 'n atleet en 'n amptenaar.

Deur die uitspreek van die eed belowe die atlete en amptenare dat hulle tydens die spele by die reël en regulasies sal hou.

Olimpiese Eed
Vlag van die Olimpiese Spele

Hoofstuk 5 van die Olimpiese grondwet beskryf hoe die eed afgelê moet word. Hier word voorgeskryf dat 'n atleet van die organiserende land die eed uitspreek namens al die atlete. Die eed word in Engels uitgespreek en lui as volg:

    In the name of all the competitors I promise that we shall take part in these Olympic Games, respecting and abiding by the rules which govern them, committing ourselves to a sport without doping and without drugs, in the true spirit of sportsmanship, for the glory of sport and the honour of our teams.

Terwyl die atleet die eed aflê moet hy die Olimpiese vlag in sy linkerhand vashou en sy regterhand opgesteek hou. Die vlagdraers van al die deelnemende lande vorm 'n halwe sirkel voor die podium waar die atleet wat die eed aflê op staan.

Daarna lê een van die amptenare van die organiserende land die eed af namens al die amptenare. Dit gebeur op dieselfde wyse as by atlete. Die teks hiervoor is:

    In the name of all the judges and officials, I promise that we shall officiate in these Olympic Games with complete impartiality, respecting and abiding by the rules which govern them, in the true spirit of sportsmanship.

Die Olimpiese Spele van 1920 in Antwerpen was die eerste waar die Olimpiese eed vir atlete afgelê was. Die Olimpiese eed vir amptenare word ingevoer op die Olimpiese Spele van München in 1972.

Atlete wat die Olimpiese eed afgelê het

Olimpiese eed
Olimpiade Atleet Beampte Afrigter Taal
Olimpiese Somerspele 1920 Victor Boin Nederlands/Frans
Olimpiese Winterspele 1924 Camille Mandrillon Frans
Olimpiese Somerspele 1924 Géo André Frans
Olimpiese Winterspele 1928 Hans Eidenbenz Duits
Olimpiese Somerspele 1928 Harry Dénis Nederlands
Olimpiese Winterspele 1932 Jack Shea Engels
Olimpiese Somerspele 1932 George Calnan Engels
Olimpiese Winterspele 1936 Willy Bogner, Sr. Duits
Olimpiese Somerspele 1936 Rudolf Ismayr Duits
Olimpiese Winterspele 1948 Bibi Torriani Italiaans
Olimpiese Somerspele 1948 Donald Finlay Engels
Olimpiese Winterspele 1952 Torbjørn Falkanger Noors
Olimpiese Somerspele 1952 Heikki Savolainen Fins
Olimpiese Winterspele 1956 Giuliana Minuzzo Italiaans
Olimpiese Somerspele 1956 John Landy (Melbourne)
Henri Saint Cyr (Stockholm)
Engels
Sweeds
Olimpiese Winterspele 1960 Carol Heiss Engels
Olimpiese Somerspele 1960 Adolfo Consolini Italiaans
Olimpiese Winterspele 1964 Paul Aste Duits
Olimpiese Somerspele 1964 Takashi Ono Japannees
Olimpiese Winterspele 1968 Léo Lacroix Frans
Olimpiese Somerspele 1968 Pablo Garrido Spaans
Olimpiese Winterspele 1972 Keiichi Suzuki Fumio Asaki Japannees
Olimpiese Somerspele 1972 Heidi Schüller Heinz Pollay Duits
Olimpiese Winterspele 1976 Werner Delle Karth Willy Köstinger Duits
Olimpiese Somerspele 1976 Pierre St.-Jean Maurice Fauget Kanadese Frans (St.-Jean), Kanadese Engels (Fauget)
Olimpiese Winterspele 1980 Eric Heiden Terry McDermott Engels
Olimpiese Somerspele 1980 Nikolai Andrianof Alexander Medwed Russies
Olimpiese Winterspele 1984 Bojan Križaj Dragan Perović Sloweens (Križaj), Serwo-Kroaties (Perović)
Olimpiese Somerspele 1984 Edwin Moses Sharon Weber Engels
Olimpiese Winterspele 1988 Pierre Harvey Suzanna Morrow-Francis Kanadese Engels
Olimpiese Somerspele 1988 Hur Jae en Shon Mi-Na Lee Hak-Rae Koreaans
Olimpiese Winterspele 1992 Surya Bonaly Pierre Bornat Frans
Olimpiese Somerspele 1992 Luis Doreste Blanco Eugeni Asensio Spaans (Doreste), Katalaans (Asensio)
Olimpiese Winterspele 1994 Vegard Ulvang Kari Kåring Engels
Olimpiese Somerspele 1996 Teresa Edwards Hobie Billingsley Engels
Olimpiese Winterspele 1998 Kenji Ogiwara Junko Hiramatsu Japannees
Olimpiese Somerspele 2000 Rechelle Hawkes Peter Kerr Engels
Olimpiese Winterspele 2002 Jimmy Shea Allen Church Engels
Olimpiese Somerspele 2004 Zoi Dimoschaki Lazaros Voreadis Grieks
Olimpiese Winterspele 2006 Giorgio Rocca Fabio Bianchetti Italiaans
Olimpiese Somerspele 2008 Zhang Yining Huang Liping Chinees
Olimpiese Winterspele 2010 Hayley Wickenheiser Michel Verrault Kanadese Engels/Kanadese Frans
Olimpiese Somerspele 2012 Sarah Stevenson Mik Basi Eric Farrell Engels
Olimpiese Winterspele 2014 Ruslan Zakharof Wyacheslaf Wedenin Anastasia Popowa Russies
Olimpiese Somerspele 2016 Robert Scheidt Martinho Nobre Adriana Santos Portugees
Olimpiese Winterspele 2018 Mo Tae-bum Kim Woo-sik Park Ki-ho Koreaans
Olimpiese Somerspele 2020 Ryota Yamagata
Kasumi Ishikawa
Masato Kato
Asumi Tsuzaki
Kosei Inoue
Reika Utsugi
Japannees
Olimpiese Winterspele 2022 Liu Jiayu
Wang Qiang
Yongchun Tao Ji Xiaoou Chinees
Olimpiese Somerspele 2024 Frans
Olimpiese Winterspele 2026 Italiaans
Olimpiese Somerspele 2028 Engels
Olimpiese Winterspele 2030 nog nie bekend nie
Olimpiese Somerspele 2032 Engels

(In 1984 vergeet Edwin Moses die teks van die eed tydens die openingseremonie).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EedOlimpiese Spele

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoggelmanderLily CarterAppelblaarTandbederfKinderregteAleksei NawalniVier temperamenteFritz HaberAppel (sanger)YstervarkSkrikkeljaarVergelykings (taalkunde)Klem-in-die-kaakKlimaatWortelISBN (identifier)VarkMorfologie (taalkunde)WiskundeSenuweestelselAkkedisKrieketNagmaalIngrid JonkerDemensieInsekSteenkoolGrasAntjie KrogEkonomieGeorgiëAsiëAardeA.J. ApplegateVerkoueJoodse kalenderJohan StemmetGeorgiese nasionale rugbyspanCecil John RhodesPuberteitKanadese nasionale krieketspanOrgaanSonPlantKoppeltekenLuiperdNieuwoudtvilleBybelSleurkragBloedvergiftigingSelfstandige naamwoordPtolemeusDie BylAardverwarmingMusieksimboleKoekie (rekenaarwetenskap)SterAfrikaanse taalleerDinosourusSerafín DengraHoofstadUniversiteit StellenboschGrasfamilieMosambiekProvinsies van Suid-AfrikaChristo Wiese🡆 More