Olimpiese Somerspele 1964

Die Olimpiese Somerspele 1964 (Japannees: 第十八回オリンピック競技大会, Dai Jūhachi-kai Orinpikku Kyōgi Taikai), amptelik bekend as die Spele van die XVIIIde Olimpiade, is tussen 10 en 24 Oktober 1964 in Tokio, Japan, aangebied.

Spele van die XVIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1964

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande 93 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 5 151 (4 473 mans, 678 vroue)
Items 163 in 19 sporte
Openingseremonie 10 Oktober 1964
Sluitingseremonie 24 Oktober 1964
Amptelik geopen deur Keiser Hirohito
Atlete-eed Takashi Ono (gimnastiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Yoshinori Sakaï (atletiek)
Vorige Spele 1960: Rome (Italië)
Volgende Spele 1968: Meksikostad (Meksiko)

Naas Tokio het Detroit, Wene en Brussel aansoek gedoen om die spele te kon aanbied. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat in Asië aangebied is.

Olimpiese Somerspele 1964
Die Olimpiese Stadion in Tokio

Tokio was vroeër (in 1940) al gekies om die Spele te organiseer, maar die spele is later aan Helsinki, Finland, toegewys vanweë Japan se inval in China en die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog. Uiteindelik is die Olimpiese Somerspele van 1940 as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog se uitbreek gekanselleer.

Die organisasie van die 1968-Spele was, danksy 'n begroting van ses-en-twintig miljoen dollar, onberispelik. Die sportakkomodasie was nagenoeg perfek, met 'n indrukwekkende stadion en 'n reusagtige Olimpiese swembad. Ondanks hierdie skitterende infrastruktuur ontbreek die Spele skynbaar tog aan geesdrif en warmte.

Noord-Korea het sy atlete van die Olimpiese Somerspele 1964 onttrek weens geskille met die IOK oor die deelname van atlete by die GANEFO (Spele van die Nuwe Opkomende Magte) in Djakarta, Indonesië. Noord-Korea se boikot is ondersteun deur Indonesië en die Volksrepubliek China.

Die Olimpiese Winterspele 1964 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1964 is tussen 3 en 12 November in Tokio gehou.

Toewysing

Olimpiese Somerspele 1964 
Die Olimpiese ketel van 1964

Tokio is op 26 Mei 1959 in München deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1964. Ander kandidate was: Detroit, Wene en Brussel.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1964
Stad Land Rondte 1
Tokio Olimpiese Somerspele 1964  Japan 34
Detroit Olimpiese Somerspele 1964  Verenigde State 10
Wene Olimpiese Somerspele 1964  Oostenryk 9
Brussel Olimpiese Somerspele 1964  België 5

Sporte

19 Olimpiese sportsoorte in 163 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 163 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Olimpiese Somerspele 1964  Bofbal en Olimpiese Somerspele 1964  Budō is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions

Olimpiese Somerspele 1964 
Die Gemeenskaplike Duitse span tydens die openingseremonie in Tokio
Olimpiese Somerspele 1964 
Yoshinori Sakai hardloop tydens die openingseremonie na die Olimpiese ketel
Olimpiese Somerspele 1964 
Yoyogi Nasionale Gimnasium, ontwerp deur Kenzo Tange
Olimpiese Somerspele 1964 
Nippon Budokan

33 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1964 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit Opgerig
Asaka Nezu Park Moderne vyfkamp (perdry) 1 300 Tydelik
Asaka Skietbaan Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool/geweer) 1 200 Nuut
Chofu Stad Atletiek (maratoon, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik
Enoshima Seilvaart Nie gelys nie Nuut
Fuchu Stad Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik
Hachioji Stad Fietsry (pad) 3 000 Tydelik
Hachioji Velodrome Fietsry (baan) 4 122 Tydelik
Karasuyama-machi Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik
Karuizawa Ruitersport 1 524 Tydelik
Kemigawa Moderne vyfkamp 1 504 Tydelik
Komazawa Gimnasium Stoei 3 875 Nuut
Komazawa Hokkieveld Veldhokkie 2 056 (1ste veld)
3 432 (2de veld)
2 343 (3de veld)
Nuut
Komazawa-stadion Sokker (groepuitdunne) 20 784 Nuut
Komazawa Vlugbalbane Vlugbal (groepuitdunne) 3 908 Nuut
Korakuen Yspaleis Boks 4 464 Opgeknap
Sagamimeer Kanovaart 1 500 Nuut
Mitsuzawa Sokkerveld (Yokohama) Sokker (groepuitdunne) 10 102 Nuut
Nagai-stadion (Osaka) Sokker (groepuitdunne) 20 000 Nuut
Nasionale Gimnasium Basketbal, Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem 3 929 (basketbal)
11 112 (sierduik, swem)
Nuut
Nasionale Stadion Atletiek, Ruitersport (spanspring), Sokker (eindstryd) 71 556 Uitgebrei
Nippon Budokan Hall Judo 15 176 Nuut
Nishikyogoku Atletiekstadion (Kioto) Sokker (groepuitdunne) 10 000 Bestaande
Ōmiya Sokkerveld (Saitama) Sokker (groepuitdunne) 14 392 Nuut
Chichibunomiya Rugbystadion Sokker (groepuitdunne) 17 569 Herbou
Sasazuka-machi Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik
Shibuya openbare saal Gewigoptel 2 222 Nuut
Shinjuku Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik
Toda Roeikursus Roei 8 262 Herbou
Tokorozawa Skietbaan Skietsport (lokval) 1 284 Nuut
Tokio Metropolitaanse Gimnasium Gimnastiek 6 474 Herbou
Tokio Metropolitaanse Binnenshuise swembad Waterpolo 3 014 Herbou
Waseda Gedenksaal Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 2 194 Opgeknap
Jokohama Kulturele Gimnasium Vlugbal 3 784 Opgeknap

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Datum Oktober
10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
Olimpiese Somerspele 1964  Atletiek 3 4 5 6 5 4 3 6
Olimpiese Somerspele 1964  Basketbal 1
Olimpiese Somerspele 1964  Boks 10
Olimpiese Somerspele 1964  Fietsry 1 1 1 1 2 1
Olimpiese Somerspele 1964  Gewigoptel 1 1 1 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1964  Gimnastiek 2 2 5 5
Olimpiese Somerspele 1964  Judo 4
Olimpiese Somerspele 1964  Kanovaart 7
Olimpiese Somerspele 1964  Moderne vyfkamp 2
Olimpiese Somerspele 1964  Roei 7
Olimpiese Somerspele 1964  Ruitersport 2 2 2
Olimpiese Somerspele 1964  Seilvaart 5
Olimpiese Somerspele 1964  Sierduik 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1964  Skermsport 1 1 1 1 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1964  Skyfskiet 1 1 1 1 1 1
Olimpiese Somerspele 1964  Sokker 1
Olimpiese Somerspele 1964  Stoei 8 8
Olimpiese Somerspele 1964  Swem 2 2 3 3 2 2 4
Olimpiese Somerspele 1964  Veldhokkie 1
Olimpiese Somerspele 1964  Vlugbal 2
Olimpiese Somerspele 1964  Waterpolo 1
Totaal 0 1 4 3 17 19 12 12 13 17 9 14 13 27 2
Seremonies OS SS
Datum 10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
Oktober

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika kon nie aan die Spele deelneem nie omdat hulle weens die apartheidstelsel geskors is. Hulle kon eers 28 jaar later aan die Olimpiese Somerspele van 1992 deelneem.

Getal medaljes

Olimpiese Somerspele 1964 
Kaart van deelnemende nasies in 1964:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Tokio
Olimpiese Somerspele 1964 
Kaart van die Olimpiese boikot van 1964

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Olimpiese Somerspele 1964  Goud Olimpiese Somerspele 1964  Silwer Olimpiese Somerspele 1964  Brons Totaal
1 Olimpiese Somerspele 1964  Verenigde State (USA) 346 36 26 28 90
2 Olimpiese Somerspele 1964  Sowjetunie (URS) 317 30 31 35 96
3 Olimpiese Somerspele 1964  Japan (JPN) 328 16 5 8 29
4 Olimpiese Somerspele 1964  Duitsland (GER) 337 10 22 18 50
5 Olimpiese Somerspele 1964  Italië (ITA) 168 10 10 7 27
6 Olimpiese Somerspele 1964  Hongarye (HUN) 182 10 7 5 22
7 Olimpiese Somerspele 1964  Pole (POL) 140 7 6 10 23
8 Olimpiese Somerspele 1964  Australië (AUS) 243 6 2 10 18
9 Olimpiese Somerspele 1964  Tsjeggo-Slowakye (TCH) 104 5 6 3 14
10 Olimpiese Somerspele 1964  Verenigde Koninkryk (GBR) 204 4 12 2 18

Sien ook

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele Olimpiese Somerspele 1964 

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Tags:

Olimpiese Somerspele 1964 ToewysingOlimpiese Somerspele 1964 SporteOlimpiese Somerspele 1964 StadionsOlimpiese Somerspele 1964 KalenderOlimpiese Somerspele 1964 Deelnemende nasiesOlimpiese Somerspele 1964 Getal medaljesOlimpiese Somerspele 1964 Sien ookOlimpiese Somerspele 1964 VerwysingsOlimpiese Somerspele 1964 BronneOlimpiese Somerspele 1964 Verdere leesstofOlimpiese Somerspele 1964 Eksterne skakelsOlimpiese Somerspele 1964AsiëBrusselDetroitJapanJapanneesTokioWene

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaVryheid van spraakMynbouGrondbewerkingRieldansTandbederfVulkaanSuid-Afrikaanse randMadison IvyGroot GatKondensasieBiologieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyBrasiliëPubliekOogproblemeWortelLemoenSelfoonSonkragNG gemeente JansenvilleMaatskappyAppel (sanger)Nederduitsch Hervormde KerkDiarreeVoortrekkermonumentThys die BosveldklongWaterstofTafelbergWoordeboek van die Afrikaanse TaalPornhubJan van RiebeeckAkroniemKultuurAgtergrond (narratief)SpysverteringstelselPoësieE-posStadWaterkringloopGemeenskapsorganisasieChemiese reaksieKankerAsiëGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaVaste stofKonflik (proses)LenteBysteekGregoriaanse kalenderAardverwarmingItaliëKoppeltekenErfenisdag (Suid-Afrika)VarkgriepWaterToutrekPaddaDonderstormMiltSuiwelprodukCalviniaChristendomTolla van der MerweDiatomiese molekuulHondPerdKwame NkrumahGoogleLongBlack SashHolocaustLeesEkostelselKrokodilHokkie🡆 More