Statebondspele

Die Statebondspele of Gemenebesspele (Engels: Commonwealth Games) is 'n sporttoernooi wat al om die vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele, vir lidlande van die Britse Statebond aangebied word.

Ongeveer 4 500 tot 5 000 atlete neem hieraan deel, wat dit na die Olimpiese Somerspele die grootste sportbyeenkoms ter wêreld maak.

Statebondspele
Kenteken van die Statebondspelevereniging, organiseerder van die Statebondspele
Statebondspele
Posseël ter herdenking van die Statebondspele van 1958

Alhoewel die Britse Statebond 56 lidlande het, is daar 74 deelnemende spanne by die Statebondspele, omdat 'n aantal Britse oorsese gebiede onder hul eie vlae meeding. Die vier lande van die Verenigde KoninkrykEngeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland – stuur ook aparte spanne.

Net ses lande het aan elke Statebondspele deelgeneem: Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Suid-Afrika neem tans, na hulle hertoetrede in 1994, aan hierdie Statebondspele deel. Die volgende Statebondspele sal in 2026 in die Australiese deelstaat Victoria aangebied word.

Geskiedenis

Statebondspele 
Kaart van die boikot tydens die Statebondspele 1986

Die idee vir 'n kompetisie tussen die lande van die Britse Ryk is vir die eerste keer in 1891 deur ds. Astley Cooper voorgestel. Die eerste Britse Rykspele is daarna is 1930 aangebied. Die geleentheid se naam in 1954 na die Britse Ryk en Statebondspele verander. Daarna verander die naam na die Britse Statebondspele in 1970 en na die huidige naam van Statebondspele in 1978.

Nege nasies het die Statebondspele tot dusver aangebied. 19 stede in sewe lande het die geleentheid aangebied. Australië het vyf Statebondspele (1938, 1962, 1982, 2006 en 2018) aangebied. Kanada het vier Statebondspele (1930, 1954, 1978 en 1994) aangebied. Twee stede het die Statebondspele meer as een keer aangebied: Auckland (1950, 1990) en Edinburg (1970, 1986).

Die Statebondspele is twee keer aan Suid-Afrikaanse stede toegeken (1934 aan Johannesburg en 2022 aan Durban), maar albei geleenthede is gekanselleer, in 1934 weens die diskriminasie teen Swart en Asiatiese Atlete deur die Suid-Afrikaanse regering en in 2022 weens die gebreek aan finansiële middels deur die gasheer. Hierdie Statebondspele is aan Londen (1934) en Birmingham (2022) toegewys.

Twee uitgawes van die Statebondspele is deur verskeie lande geboikot. Nigerië het die Statebondspele van 1978 in Edmonton in protes teen Nieu-Seeland se sportkontakte met apartheid-Suid-Afrika geboikot. Uganda het ook nie aan hierdie spele deelgeneem nie in protes teen beweerde Kanadese vyandigheid teen die regering onder Idi Amin. In 1986 het 32 van die 50 kwalifiserende lande die Statebondspele in Edinburg geboikot in protes teen die sportkontakte van die Verenigde Koninkryk onder Margaret Thatcher met apartheid-Suid-Afrika.

Uitslae

Uitslae volgens jare

Uitgawe Jaar Gasheer Geopen deur Begin Einde Sporte Gebeure Nasies Deelnemers Beste nasie
Inter-Ryk Kampioenskappe
1911 Statebondspele  Londen, Engeland George V 12 Mei 1 Junie 4 9 4 Onbekend Statebondspele  Kanada
Britse Rykspele
I 1930 Statebondspele  Hamilton, Kanada Lord Willingdon 16 Augustus 23 Augustus 6 59 11 400 Statebondspele  Engeland
II 1934 Statebondspele  Londen, Engeland 4 Augustus 11 Augustus 6 68 16 500 Statebondspele  Engeland
III 1938 Statebondspele  Sydney, Australië Lord Wakehurst 5 Februarie 12 Februarie 7 71 15 464 Statebondspele  Australië
1942 Statebondspele  Montreal, Kanada Gekanselleer as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog
1946 Statebondspele  Cardiff, Wallis
IV 1950 Statebondspele  Auckland, Nieu-Seeland Bernard Freyberg 4 Februarie 11 Februarie 9 88 12 590 Statebondspele  Australië
Britse Ryk en Statebondspele
V 1954 Statebondspele  Vancouver, Kanada Harold Alexander 30 Julie 7 Augustus 9 91 24 662 Statebondspele  Engeland
VI 1958 Statebondspele  Cardiff, Wallis Philip, Hertog van Edinburg 18 Julie 26 Julie 9 94 36 1122 Statebondspele  Engeland
VII 1962 Statebondspele  Perth, Australië 22 November 1 Desember 9 104 35 863 Statebondspele  Australië
VIII 1966 Statebondspele  Kingston, Jamaika 4 Augustus 13 Augustus 9 110 34 1050 Statebondspele  Engeland
Britse Statebondspele
IX 1970 Statebondspele  Edinburg, Skotland Philip, Hertog van Edinburg 16 Julie 25 Julie 9 121 42 1383 Statebondspele  Australië
X 1974 Statebondspele  Christchurch, Nieu-Seeland 24 Januarie 2 Februarie 9 121 38 1276 Statebondspele  Australië
Statebondspele
XI 1978 Statebondspele  Edmonton, Kanada Elizabeth II 3 Augustus 12 Augustus 10 128 46 1474 Statebondspele  Kanada
XII 1982 Statebondspele  Brisbane, Australië Philip, Hertog van Edinburg 30 September 9 Oktober 10 142 46 1583 Statebondspele  Australië
XIII 1986 Statebondspele  Edinburg, Skotland Elizabeth II 24 Julie 2 Augustus 10 163 26 1662 Statebondspele  Engeland
XIV 1990 Statebondspele  Auckland, Nieu-Seeland Edward, Graaf van Wessex 24 Januarie 3 Februarie 10 204 55 2073 Statebondspele  Australië
XV 1994 Statebondspele  Victoria, Kanada Elizabeth II 18 Augustus 28 Augustus 10 217 63 2557 Statebondspele  Australië
XVI 1998 Statebondspele  Kuala Lumpur, Maleisië Mahathir Mohamad 11 September 21 September 15 213 70 3633 Statebondspele  Australië
XVII 2002 Statebondspele  Manchester, Engeland Elizabeth II 25 Julie 4 Augustus 17 281 72 3679 Statebondspele  Australië
XVIII 2006 Statebondspele  Melbourne, Australië 15 Maart 26 Maart 16 245 71 4049 Statebondspele  Australië
XIX 2010 Statebondspele  Delhi, Indië Pratibha Patil 3 Oktober 14 Oktober 17 272 71 6081 Statebondspele  Australië
XX 2014 Statebondspele  Glasgow, Skotland Elizabeth II 23 Julie 3 Augustus 17 261 71 4947 Statebondspele  Engeland
XXI 2018 Statebondspele  Goudkus, Australië Charles, Prins van Wallis 4 April 15 April 19 275 71 4426 Statebondspele  Australië
XXII 2022 Statebondspele  Birmingham, Engeland 28 Julie 8 Augustus 20 280 72 5054 Statebondspele  Australië
XXIII 2026 Statebondspele  Victoria 17 Maart 29 Maart 16 75

Nota: Die Inter-Ryk Kampioenskappe van 1911 in Londen word as 'n voorloper vir die moderne Statebondspele beskou, maar word gewoonlik nie as 'n amptelike uitgawe van die Spele self beskou nie.

Statebondspele volgens gashere

Statebondspele 
Ligging van die spele en die deelnemende lande:

   Gasheerlande of beplande gasheerlande

   Ander lande, wat by die spele aangesluit het

   Lande, wat by die spele aangesluit en dit weer verlaat het

00 Gasheerstede met jaar van die spele
No. Land Vasteland Getal Jaar(e) aangebied
1 Statebondspele  Australië Oseanië 6 1938, 1962, 1982, 2006, 2018, 2026
2 Statebondspele  Kanada Amerikas 4 1930, 1954, 1978, 1994
3 Statebondspele  Engeland Europa 4 (1911), 1934, 2002, 2022
4 Statebondspele  Nieu-Seeland Oseanië 3 1950, 1974, 1990
Statebondspele  Skotland Europa 3 1970, 1986, 2014
6 Statebondspele  Indië Asië 1 2010
Statebondspele  Maleisië Asië 1 1998
Statebondspele  Jamaika Amerikas 1 1966
Statebondspele  Wallis Europa 1 1958

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Statebondspele GeskiedenisStatebondspele UitslaeStatebondspele VerwysingsStatebondspele Eksterne skakelsStatebondspeleBritse StatebondEngelsOlimpiese SomerspeleSport

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kaapse florarykAarde se atmosfeerFinale OplossingDirekte en Indirekte redeGautengSpierLatynRumatiekLenteKommunismeStikstofSuiwelprodukOmtrek, oppervlakte en volumeMiddelmisbruikKlavierMuskietLeeudoringstadRob HersovKoringReënvalbepalingSikloonGrondwet van Suid-AfrikaVaginale kankerKoerantSeekoeiOrganiese landbouWet op Bantoe-onderwysReënspinnekopNatuurbewaringVerdampingSoogdierPornografieWet op NaturellengrondDiepaartromboseHemelvaartAnglisismeDubbelpuntNazi-DuitslandChristendomAarverkalkingAfkortingWikimedia-stigtingPizzaEienaamToestand van materieVerantwoordelikheidMosesPlae van EgipteSeisoenNagmaalTafelsoutKlein-KarooBurgerregteToekoms van die AardeMynbouWoestynSendelingposisieNiersteenEuropaParysHulpwerkwoordBlaarSharpeville-slagtingTelevisieAppelMenseregteEreksieMetafoorPinksterHolocaustNicole StraussVrouSuid-Afrikaanse randInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandHomoniemBy🡆 More