Moderne Vyfkamp

Die moderne vyfkamp is 'n sportwedstryd wat vyf items insluit naamlik pistoolskiet, skermdegen, 200 m vryslag swem, perdespring (toonspring) en 'n 3 km veldloop.

Die sport word gereguleer deur die Union Internationale de Pentathlon Moderne (UIPM), die Internasionale Moderne Vyfkamp Unie.

Moderne Vyfkamp
Piktogram wat Moderne vyfkamp aandui
Moderne Vyfkamp
Duitse posseël wat die items van die moderne vyfkamp uitbeeld
Moderne Vyfkamp
Moderne vyfkampers op die Spele van 2004, besig met die laaste item

Geskiedenis

Die moderne vyfkamp is uitgedink deur die baron Pierre de Coubertin, die stigter van die moderne Olimpiese Spele. Die naam kom van die Grieks penta- "vyf" en -athlon "wedstryd". Die toevoeging van moderne tot die naam het dit onderskei van die oorspronklike vyfkamp van die antieke Olimpiese Spele, wat bestaan het uit 'n stadion wedloop, stoei, verspring, spiesgooi en skyfwerp. Namate die oorspronklike vyfkamp rondom die vaardighede van die perfekte soldaat van daardie tyd ontstaan het, het Coubertin die wedstryd geskep om die ervarings van 'n 19de eeuse berede soldaat aan die vyandige kant te simuleer: hy moet op 'n onbekende perd ry, met 'n pistool en swaard veg, swem en hardloop.

Die moderne vyfkamp is die eerste keer tydens die 1912 Olimpiese Spele gehou en is deur die Sweedse atleet, Gösta Lilliehöök gewen. Die moderne vyfkamp is sedert 1912 by elke Olimpiese Spele aangebied. 'n Afdeling vir spanne is by die 1952 Olimpiese Spele aanvaar, maar is laat vaar by die 1992 Olimpiese Spele. 'n Afdeling vir vroue is by die 2000 Olimpiese Spele aanvaar. In nie-Olimpiese jare word jaarliks, sedert 1949, 'n Wêreldkampioenskap-byeenkoms gehou.

Die kompetisie het oorspronklik oor vier tot vyf dae gestrek maar met die 1996 Olimpiese Spele is 'n een-dag formaat aanvaar in 'n poging om die sport meer toeganklik vir gehore te maak. Ten spyte van die wedstryd se sterk verbintenis met die moderne Olimpiese Spele (die feit dat dit die enigste sportsoort is wat uitsluitlik vir die Olimpiese Spele ontwikkel is), het die gebrek aan belangstelling buite Oos-Europa gelei tot vrae oor die voortbestaan van die sportsoort by die Olimpiese Spele. Die IOK het egter op 8 Julie 2005 gestem om die sportsoort in die Olimpiese program te hou tot ten minste die 2012 Olimpiese Spele.

Formaat

Buiten die skermkompetisie neem atlete nie direk teenoor mekaar deel in een van die vier ander items nie. 'n Beter algehele vertoning gee uiteindelik 'n hoër puntetelling; punte vir elke item word saamgevoeg om die totale punte te bereken. Dit is soortgelyk aan die prosedure vir die berekening van punte vir die tienkamp in atletiek. 'n Nuwe element is egter bekend gestel om die eindstryd meer opwindend te maak. Die laaste item is die veldloop. Deelnemers word ingedeel volgens die telling van die vorige vier items en kry verskillende wegspringtye, met die voorloper (volgens die punte) wat eerste wegspring en die ander wat verspreid volgens hulle puntestand wegspring. Die gevolg is dat die eerste persoon oor die wenstreep ook die algehele wenner van die vyfkamp is.

In November 2008 het die UIPM gestem dat die formaat aan die begin van 2009 verander gaan word. Die hardloop en skiet-items word in tandem (m.a.w. opeenvolgend) beslis. Atlete sal drie skietbeurte hê na vyf teikens, gevolg deur 'n 1000 m wedren. Dit is soortgelyk aan die tweekamp by die Olimpiese Winterspele wat 'n heg-en-steg-ski-wedloop met pistoolskiet kombineer. Die verskil is egter dat die skiërs hulle gewere saamdra maar die vyfkampatlete nie. Hierdie verandering het kritiek ontlok van persone wat meen dat die verandering die nodige vaardighede vir die sport radikaal verander. Die New York Times het selfs voorgestel dat dit verander moet word na "vierkamp" omdat twee van die vyf items in 'n enkele item saamgevat is.

Die skiet-item behels die gebruik van 'n 4,5 mm luggeweer (windbuks) in 'n staande posisie op 'n afstand van 10 m na 'n stilstaande teiken. Tot en met die reëlverandering in 2008 was dit in die formaat van 'n 10 m luggeweer-kompetisie: elke deelnemer het 20 skote gehad waarvoor 40 sekondes per skoot toegelaat is. In die nuwe formaat moet, in elke drie skietrondes, elke deelnemer na vyf teikens skiet en die geweer na elke skoot herlaai; daarna mag hulle verder hardloop. 'n Skoot wat die teiken mis word nie gepenaliseer nie, maar indien die totale tyd (70 sekondes) oorskry word, kan 'n penalisasie volg.

Die skerm-item maak gebruik van die skermdegen. Die kompetisie is 'n rondomtalie-toernooi, wat beteken dat elke deelnemer teen elk van die ander deelnemers te staan kom. Elke wedstryd duur een minuut; die eerste skermer om 'n "raak" aan te teken, wen outomaties. Indien geen speler binne die toegelate minuut die ander "raak" nie, verloor beide die wedstryd.

Die swem-item is 'n 200 m vryslag swem wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 300 m. Deelnemers word d.m.v. uitdunne gekeur na aanleiding van hul vinnigste tye oor die afstand.

Die perdry-item behels 'n vertoonspring (show jump) item oor 'n 350–450 m baan met 12 tot 15 versperrings. Deelnemers se perde word in 'n trekking 20 minute voor die begin van die item aan hulle toegewys.

Die hardloop-item behels 'n 3 km landloop wedren. Tot die 2000 Olimpiese Spele was die afstand 4 km. Die onderbreking van die pistoolskiet het wel die formaat van die wedren verander, maar nie die beginsel dat die algehele wenner die eerste is om oor die wenstreep te trap nie.

Wêreldkampioene

Mans

Jaar Atleet Nasionaliteit
2008 Ilia Frolov Moderne Vyfkamp  Rusland
2007 Viktor Horvath Moderne Vyfkamp  Hongarye
2006 Edvinas Krungolcas Moderne Vyfkamp  Litaue
2004 Andrejus Zadneprovskis Moderne Vyfkamp  Litaue
2003 Eric Walther Moderne Vyfkamp  Duitsland
2002 Michal Sedlecký Moderne Vyfkamp  Tsjeggiese Republiek
2001 Gábor Balogh Moderne Vyfkamp  Hongarye
2000 Andrejus Zadneprovskis Moderne Vyfkamp  Litaue
1999 Gábor Balogh Moderne Vyfkamp  Hongarye
1998 Sebastien Deleigne Moderne Vyfkamp  Frankryk
1997 Sebastien Deleigne Moderne Vyfkamp  Frankryk
1995 Dmitri Svatkovski Moderne Vyfkamp  Rusland
1994 Dmitri Svatkovski Moderne Vyfkamp  Rusland
1993 Richard Phelps Moderne Vyfkamp  Verenigde Koninkryk
1991 Arkadiusz Skrzypaszek Moderne Vyfkamp  Pole
1990 Gianluca Tiberti Moderne Vyfkamp  Italië
1989 László Fabian Moderne Vyfkamp  Hongarye
1987 Joël Bouzou Moderne Vyfkamp  Frankryk
1986 Carlo Massullo Moderne Vyfkamp  Italië
1985 Attila Mizser Moderne Vyfkamp  Hongarye
1983 Anatoli Starostin Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1982 Daniele Masala Moderne Vyfkamp  Italië
1981 Janusz Pyciak-Peciak Moderne Vyfkamp  Pole
1979 Robert Nieman Moderne Vyfkamp  VSA
1978 Pavel Lednev Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1977 Janusz Pyciak-Peciak Moderne Vyfkamp  Pole
1975 Pavel Lednev Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1974 Pavel Lednev Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1973 Pavel Lednev Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1971 Boris Onishchenko Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1970 Péter Kelemen Moderne Vyfkamp  Hongarye
1969 András Balczo Moderne Vyfkamp  Hongarye
1967 András Balczo Moderne Vyfkamp  Hongarye
1966 András Balczo Moderne Vyfkamp  Hongarye
1965 András Balczo Moderne Vyfkamp  Hongarye
1963 András Balczo Moderne Vyfkamp  Hongarye
1962 Eduard Sdobnikov Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1961 Igor Novikov Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1959 Igor Novikov Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1958 Igor Novikov Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1957 Igor Novikov Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1955 Konstantion Salnikov Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1954 Björn Thofelt Moderne Vyfkamp  Swede
1953 Gábor Benedek Moderne Vyfkamp  Hongarye
1951 Lars Hall Moderne Vyfkamp  Swede
1950 Lars Hall Moderne Vyfkamp  Swede
1949 Tage Bjurefelt Moderne Vyfkamp  Swede

Vroue

Jaar Atleet Nasionaliteit
2008 Amélie Cazé Moderne Vyfkamp  Frankryk
2007 Amélie Cazé Moderne Vyfkamp  Frankryk
2006 Marta Dziadura Moderne Vyfkamp  Pole
2005 Claudia Corsini Moderne Vyfkamp  Italië
2004 Zsuzsanna Vörös Moderne Vyfkamp  Hongarye
2003 Zsuzsanna Vörös Moderne Vyfkamp  Hongarye
2002 Bea Simoka Moderne Vyfkamp  Hongarye
2001 Stephanie Cook Moderne Vyfkamp  Verenigde Koninkryk
2000 Pernille Svarre Moderne Vyfkamp  Denemarke
1999 Zsuzsanna Vörös Moderne Vyfkamp  Hongarye
1998 Anna Sulima Moderne Vyfkamp  Pole
1997 Jelisaweta Suworowa Moderne Vyfkamp  Rusland
1996 Janna Dolgaschewa-Schubenok Moderne Vyfkamp  Belo-Rusland
1995 Kerstin Danielsson Moderne Vyfkamp  Swede
1994 Eva Fjellerup Moderne Vyfkamp  Denemarke
1993 Eva Fjellerup Moderne Vyfkamp  Denemarke
1992 Iwona Kowalewska Moderne Vyfkamp  Pole
1991 Eva Fjellerup Moderne Vyfkamp  Denemarke
1990 Eva Fjellerup Moderne Vyfkamp  Denemarke
1989 Lori Norwood Moderne Vyfkamp  VSA
1988 Dorota Idzi Moderne Vyfkamp  Pole
1987 Irina Kisselyeva Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1986 Irina Kisselyeva Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1985 Barbara Kotowska Moderne Vyfkamp  Pole
1984 Svetlana Jakovleva Moderne Vyfkamp  Sowjetunie
1983 Lynn Chernobrywy Moderne Vyfkamp  Kanada
1982 Wendy Norman Moderne Vyfkamp  Verenigde Koninkryk
1981 Ann Ahlgren Moderne Vyfkamp  Swede

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Moderne Vyfkamp GeskiedenisModerne Vyfkamp FormaatModerne Vyfkamp WêreldkampioeneModerne Vyfkamp VerwysingsModerne Vyfkamp Eksterne skakelsModerne VyfkampSkermSkyfskietSwem

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DieremishandelingConsolidated B-24 LiberatorInligtingGeprosesseerde kosAardeTuberkuloseHeuningByHorlosieGalblaasCristiano RonaldoDirekte en Indirekte redeDieregeluideSkuinsstreepXenofobie in Suid-AfrikaMetaalToestand van materieMynbedryf van Suid-AfrikaSeksposisieLongontstekingHondShakaRassismeBreinkaartLetterlike en figuurlike taalgebruikOlifantKlem-in-die-kaakDierIntensiewe vormGoudkus (streek)InternetHoofpynFaf de KlerkSoweto-opstandMonopolyMusieksimboleOlimpiese SomerspeleVerkoueTienerVingerseksSonnestelselGroot TrekEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaNic de JagerNetbalNeerslagKoolstofdioksiedGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondBeeldspraakLys van visseSelfstandige naamwoordDiskriminasieSwartrenosterHerfsChemiese elementTegnologieVisKweekhuiseffekGawes van die Heilige GeesAluminiumSuid-EuropaKorrupsieGeelsugGetalLys van landeVolhoubaarheidSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024PersentasieVulkaanErektiele disfunksieYslandMeningsverskil oor aardverwarmingMeettegniekSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureWaterLettergreepWet op Bantoe-onderwys🡆 More