Preseminale Vloeistof

Preseminale vloeistof of pre-ejakulaat (informele Engels: pre-cum; Nederlands: voorsaad) is die helder, kleurlose en taai vloeistof wat deur die uretra (urinebuis) van die menslike penis uitgeskei word wanneer ’n man seksueel geprikkel is.

Dit het dieselfde samestelling as semen, maar daar is aansienlike chemiese verskille.

Preseminale Vloeistof
Preseminale vloeistof op die eikel van ’n besnyde penis.

Preseminale vloeistof dien vermoedelik as smeermiddel en neutraliseer suur. Die hoeveelheid vloeistof wissel grootliks van man tot man; sommige het geen preseminale vloeistof nie. Verskillende menings bestaan oor of dit sperma bevat.

Oorsprong en samestelling

Die vloeistof word afgeskei tydens seksuele prikkeling of voorspel, masturbasie of enige vroeë stadium van seks – dit gebeur voordat die man ’n orgasme bereik of ejakuleer. Dit word hoofsaaklik vervaardig deur die Cowperse kliere, en ’n deel deur die uretrakliere.

Die hoeveelheid preseminale vloeistof wissel grootliks. Sommige mans het geen, terwyl ander tot 5 ml kan afskei. In sommige gevalle is daar ’n oormaat vloeistof.

Preseminale vloeistof bevat sommige chemikalieë wat met semen verbind word, soos suurfosfatase, terwyl ander chemikalieë, soos gamma-glutamiltransferase, heeltemal ontbreek.

Funksie

Suur omgewings is nadelig vir sperma. Preseminale vloeistof neutraliseer surigheid in die uretra wat deur urine veroorsaak word en ook in die vagina, en skep so ’n gunstiger omgewing vir sperma.

Dit dien ook as ’n smeermiddel tydens seks en speel ’n rol in die verdikking van semen.

Risiko's

In studies is die teenwoordigheid van MIV, wat vigs kan veroorsaak, in monsters van presiminale vloeistof van die meeste besmette mans gevind.

’n Algemene mening wat dateer van ’n 1966-studie deur Masters & Johnson, is dat preseminale vloeistof sperma kan bevat wat tot swangerskap kan lei; dit word dikwels gebruik as ’n argument teen die gebruik van coitus interruptus (saadstorting buite die vagina) as ’n manier van geboortebeperking. In ander studies is bewys coitus interruptus is byna net so doeltreffend soos kondome.

Geen uitgebreide navorsing is nog daaroor gedoen nie. Klein studies (met tussen 4 en 23 monsters) het aangetoon daar is geen sperma teenwoordig nie en daarom kan preseminale vloeistof nie tot swangerskap lei nie.

Die resultaat van die meeste studies is bemoeilik deurdat preseminale vloeistof reeds droog geword het voordat dit ondersoek is. In Maart 2011 het ’n span navorsers ’n studie met 27 manlike vrywilligers gedoen waar die vloeistof ondersoek is binne twee minute nadat dit afgeskei is. Hulle het gevind 11 van die 27 mans (41 persent) se vloeistof het sperma bevat, en 10 van dié monsters (37 persent) het ’n "aansienlike hoeveelheid" beweeglike sperma bevat (tussen 1 miljoen en 35 miljoen). As verwysing geld ’n studie wat aantoon by net 2,5 persent van paartjies wat binne ’n jaar swanger geraak het nadat hulle begin probeer het, het die man ’n spermtelling (per ejakulasie) van 23 miljoen of minder gehad.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Preseminale Vloeistof Oorsprong en samestellingPreseminale Vloeistof FunksiePreseminale Vloeistof RisikosPreseminale Vloeistof VerwysingsPreseminale Vloeistof Eksterne skakelsPreseminale VloeistofEngelsNederlandsPenisSemen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PêrelAardbewingProvinsies van Suid-AfrikaTweede WêreldoorlogWiskundePriemgetalKoos BekkerPapegaaieBosluisbytkoorsLourensrivierAtoomSuid-Afrikaanse GrensoorlogTydWilna SnymanStresKaliumEpilepsieKlimaatsverandering in AfrikaNaboomRuan PienaarLys van musiekinstrumenteSeksismeTatoeëermerkApartheidSteenkool in Suid-AfrikaGeestesteuringLys van Griekse mitologiese figureDataverwerkingMisdaadHernubare energieOogproblemeMierleeuGemeenskapsorganisasieOos-KaapSirkelNicola HanekomProsaMiltErosietipesKolorektale kankerGlasSirkusRefentse MorakeISO 3166-2IgtiologieTennisGenadedoodSpinnekopMateriaalSendelingposisieJeuksiekteWynand StrydomJo BlackPastoorOnomatopeeVaginaElandréPornografiese subgenresBysteekWikipediaJesus van NasaretDoopHidroëlektrisiteitAfleiding (taalkunde)YsterPlae van EgipteVermontPomeloDierMenstruasieOvulasieSeksuele stimulasieJagluiperdTaalKultuur🡆 More