Fidji

Fidji (Engels: Fiji, , luister (hulp·inligting); Fidjiaans: Viti, ; Fidjiaanse Hindi: फ़िजी, Fijī), amptelik die Republiek Fidji (Engels: Republic of Fiji; Fidjiaans: Matanitu Tugalala o Viti; Fidjiaanse Hindi: फ़िजी गणराज्य, Ripablik ăph Phījī), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 18 274 km².

In 2018 het dit 'n bevolking van 926 276 gehad. Fidji bestaan hoofsaaklik uit die twee eilande Viti Levu en Vanua Levu, asook omliggende eilandjies, met die Korosee binne-in.

Republiek Fidji
Republic of Fiji (Engels)
Matanitu Tugalala o Viti (Fidjiaans)
रिपब्लिक ऑफ फीजी (Fidjiaanse Hindi)
Ripablik ăph Phījī (Transliterasie)
Vlag van Fidji Wapen van Fidji
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Rerevaka na Kalou ka Doka na Tui
(Fidjiaans vir: "Vrees God en eer die Koningin")
Volkslied: God Bless Fiji
(Engels vir: "God seën Fidji")
Ligging van Fidji
Hoofstad Suva

18°10′S 178°27′O / 18.167°S 178.450°O / -18.167; 178.450

Grootste stad Suva
Amptelike tale Engels, Fidjiaans en Fidjiaanse Hindi
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Wiliame Katonivere
Sitiveni Rabuka
Onafhanklikheid
• van die Verenigde Koninkryk
• Republiek
• Huidige grondwet

10 Oktober 1970
7 Oktober 1987
6 September 2013
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
18 274 km2  (151ste)
7 056 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
926 276 (161ste)
884 887
46,4 / km2 (148ste)
120,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$12,685 miljard
$13 944

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$4,859 miljard
$5 341

MOI (2021) Fidji 0,730 (99ste)  –  hoog
Gini (2019) 30,7 –  medium
Geldeenheid Dollar (FJD)
Tydsone
 - Somertyd
FJT (UTC+12)
FJST (UTC+13)
Internet-TLD .fj
Skakelkode +679
Fidji
Nasa-satellietbeeld van Fidji
Fidji
Kaart van Fidji

Fidji is in die ooste van Vanuatu en Nieu-Kaledonië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die suide van Tuvalu en Wallis en Futuna, in die weste van Tonga en in die noorde van Nieu-Seeland geleë. Die hoofstad en grootste stad is Suva.

Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Abel Tasman het in 1643 die eerste Europeër geword wat Fidji bereik het. Fidji het in 1874 'n Britse kolonie geword en die Britte het kontrakwerkers vir die suikerplantasies uit Brits-Indië ná Fidji gebring. Op 10 Oktober 1970 het Fidji sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk ontvang en op 7 Oktober 1987 ná verskeie staatsgrepe 'n republiek geword. Fidji is 'n unitêre parlementêre grondwetlike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.

Sport

Fidji 
Krieketwedstryd tussen Fidji en Wes-Indië op Albertpark, Suva, 1950's
Fidji 
Fidji voer die Cibi voor die wedstryd teen Kanada tydens die Rugbywêreldbeker 2007 op

Rugby is verreweg die gewildste sportsoort in Fidji en dit is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Nieu-Seeland, Samoa, Tonga en Wallis kan soortgelyke bewerings maak. Die Fidjiane is in rugbyunie steeds onder die 15 beste spanne wêreldwyd. Die Fidjiaanse nasionale rugbyspan het sedert 1987 vir amper elke rugbywêreldbekertoernooi (behalwe vir dié van 1995) gekwalifiseer. Hulle is veral bekend vir die tradisionele Cibi-oorlogsdans voor elke wedstryd. Daar is ongeveer 80 000 geregistreerde spelers uit 'n totale bevolking van sowat 950 000 wat in meer as 600 klubs aktief is. Fidji ly egter onder 'n groot uitvloei aan talent, aangesien baie spelers in die professionele ligas in Australië, Nieu-Seeland, Europa of Japan speel en deur die onderskeie land ingeburger word. Volgens Wêreldrugby se reëls is 'n tydperk van vyf jaar ononderbroke blyplek genoeg om vir die nasionale span van 'n ander land uit te draf (tot aan die einde van 2020 was dit net drie jaar). Verder speel 'n beduidende aantal spelers, wat vir Fidji verkiesbaar is, vir Australië of Nieu-Seeland; noemenswaardige voorbeelde is die Fidjiaans gebore All Blacks Joe Rokocoko en Sitiveni Sivivatu asook die Wallabies Tevita Kuridrani en Lote Tuqiri.

Die Stille Oseaan-eilandstate se beheerliggame is nie sterk genoeg om hierdie uitvloei aan talent stop te sit nie. Soms word die sistematiese stropery in 'n ironiese manier met die 19de eeuse Blackbirding vergelyk. Fidjiane, wat hul eie land verteenwoordig, kan nie altyd vir hul nasionale span verskyn nie, aangesien veral Engelse klubs huiwerig is om spelers vir toetswedstryde beskikbaar te stel. Die professionele span Fijian Drua, wat sedert 2022 aan die internasionale toernooi Superrugby deelneem, sal as 'n oplossing dien.

Hulle is egter nog meer suksesvol in sewesrugby, waarvan die reëls op rugbyunie s'n geskoei is. Die Fidjiaanse nasionale sewesrugbyspan is 'n bekende en internasionale suksesvolle span wat die Hongkong Sewes sedert die eerste toernooi in 1976 18 keer gewen het, meer as enige ander land. Fidji het ook die sewesrugbywêreldbeker drie keer gewen — in 1997, 2005 en 2022. Die Fidjiaanse nasionale sewesrugbyspan is die huidige wêreldkampioen in Wêreldrugby. Tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro het hulle Fidji se eerste goue medalje ingepalm, nadat hulle die sewesrugbytoernooi se eindstryd teen Groot-Brittanje met 43–7 gewen het. Dit was die eerste goue medalje vir een van Oseanië se eilandstate. Tydens die Olimpiese Somerspele 2021 in Tokio het hulle daarin geslaag om dié sukses te herhaal. Vir die sewesrugbyspan het spelers verskyn wat voorheen of later ook vir die rugbyuniespan gespeel het. Volgens Wêreldrugby se reëls is dit egter nie moontlik om terselfdertyd vir albei nasionale spanne in aanmerking te kom nie; hierdeur sal veral uitputting van spelers vermy word.

Fidji beskik met die HFC Bank-stadion oor 'n baie moderne rugbystadion, maar dit word die meeste van die tyd nie gebruik nie. Daar is min opponente wat bereid is om die lang rys na Tonga aan te pak. Australië en Nieu-Seeland kom net selde teen die eilandstate te staan. Teen einde van meer toetswedstryde is die toernooi Stille Oseaan-nasiesbeker (tot 2006 die Stille Oseaan-drienasies genoem) gestig, waaraan onder andere die nasionale spanne van Fidji, Samoa en Tonga deelneem.

Soos in ander Pasifiese eilandstate word op Fidji 'n tradisionele plaaslike soort krieket beoefen.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Fidji SportFidji VerwysingsFidji BronnelysFidji Eksterne skakelsFidjiEilandstaatEn-us-Fiji.oggEngelsFidjiaansFidjiaanse HindiKoroseeLêer:En-us-Fiji.oggOseaniëStille OseaanVanua LevuViti LevuWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

CMuishondAtriale fibrillasieHondeklipbaaiEjakulasieTropiese huisgeitjieKomeetMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaGeografie van Suid-AfrikaHoërskool NoordheuwelOntsteking (geneeskunde)AardbewingNatuurlike satelliete van kleinplaneteRam (sterreteken)SkilpadOogproblemeDrie SusterskerkeWayde van NiekerkVoedingAppelblaarSterrestelselLys van Suid-Afrikaanse musikanteGNU-lisensie vir vrye dokumentasieErektiele disfunksieEreksieSkarlakenkoorsKriekSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Annelize van der RystVier temperamenteLys van kleureKoolhidraatOnderhandelinge om apartheid te beëindigBorsteVoorsetselKaapstadBorsklierSowjetuniePubiese hareGewone drolpeerSally EsterhuizenNederlandA.J. ApplegateLetterlike en figuurlike taalgebruikLongAkuutRolprentSesnasies-toernooiMolotofbomByvoeglike naamwoordVleesbaaiYstervarkGoogleMenseregtedagFilosofieEuropese RugbykampioenskapWoordAfrikaanse taalleerSeekoeiGeboorteOntkiemingMaanNazi-saluutHomofoonPolitieke partyModernismeDoziOnse VaderErica RhodesNieuwoudtville🡆 More