Masels: Bekende kindersiekte wat steeds in epidemies in ontwikkelende lande voorkom

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Masels is 'n bekende kindersiekte wat steeds in epidemies in ontwikkelende lande voorkom, ondanks die beskikbaarheid van doeltreffende entstof om die siekte te voorkom. In Suid-Afrika is daar byvoorbeeld 122 gevalle van masels aangemeld in die eerste helfte van 1999. Dit is 'n hoogs aansteeklike siekte wat met 'n hoë koors gepaard gaan en veroorsaak word deur 'n klein en baie aansteeklike virus, wat veral in die bloedstroom, die neusslym en die mond- en keelslymvlies setel.

Masels
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Kind met ’n tipiese uitslag.
’n Kind met ’n tipiese uitslag.
ICD-10 B05
ICD-9 055
DiseasesDB 7890
MedlinePlus   001569
eMedicine derm/259emerg/389 ped/1388
MeSH D008457
Masels: Simptome en tekens van masels, Behandeling, Voorkoming Mediese waarskuwing
Masels: Simptome en tekens van masels, Behandeling, Voorkoming
Die maselsvirus

Die kieme word meestal regstreeks van die een persoon na 'n ander oorgedra deur aanraking, deur onregstreekse infeksie deur kieme in die lug (veral as gevolg van die kenmerkende hoesie van die maselspasiënt), of deur voorwerpe wat die pasiënt hanteer het, soos eetgerei of 'n sakdoek. Die aansteekgevaar van masels is die grootste in die inkubasietyd, omdat die pasiënt dan nog glad nie afgesonder is nie, maar reeds die siekte aan ander kan oordra.

Simptome en tekens van masels

Masels: Simptome en tekens van masels, Behandeling, Voorkoming 
Ongeskiktheids-aangepaste lewensjaar vir masels per 100 000 inwoners in 2004:

   Geen data

   ≤10

   10–25

   25–50

   50–75

   75–100

   100–250

   250–500

   500–750

   750–1000

   1000–1500

   1500–2000

   ≥2000

Masels: Simptome en tekens van masels, Behandeling, Voorkoming 
Sterftes weens masels per miljoen persone in 2012:

   0

   1–8

   9–26

   27–38

   39–73

   74–850

Masels: Simptome en tekens van masels, Behandeling, Voorkoming 
Die situasie van inenting teen masels wêreldwyd in 2010

Die inkubasieperiode van masels duur gewoonlik van agt tot veertien dae, en die eerste sigbare simptome van die siekte verskyn meestal nie voor die sewende of agtste dag nie. Die aangetaste persoon voel tam, is koorsig en kla van 'n loperige neus. Later word die oë rooi, tranerig en baie gevoelig vir lig. Na 'n paar dae verskyn die onmiskenbare tekens van masels.

Klein, wit knoppies met 'n pienk rand verskyn soms op die wangslymvlies as die heel eerste kenmerkende teken. Dit word Koplik se knoppies genoem en is vernoem na die man wat dit die eerste keer beskryf het. Die knoppies is egter nie in alle gevalle van masels aanwesig nie. Binne 'n dag nadat die knoppies verskyn het, ontwikkel die kind uitslag wat agter die ore begin en weldra oor die wange, nek en bors versprei. Die klein, onreëlmatige vlekkies is helderrooi, maar word donkerder namate die uitslag toeneem.

Die kind se koors styg tot sowat 39-40 grade celsius en selfs hoër, en hy of sy voel dus baie siek. Teen die vierde dag na die verskyning van die uitslag begin dit afneem en verdwyn geleidelik. Die pasiënt se koors daal, en kort daarna is 'n hoesie die enigste oorblywende simptoom. As die siekte normaal verloop, voel die pasiënt weldra beter, en na agt tot tien dae, wanneer die pasiënt se teenliggaampies die virus vernietig het, is die liggaamstemperatuur weer normaal.

Behandeling

Daar is geen mediese teenmiddel vir die siekte nie. Die pasiënt word in afsondering verpleeg om te verhoed dat die siekte na lede van die gesin oorgedra word. Die verpleging van 'n maselspasiënt bestaan daaruit om die simptome van die siekte te verlig en komplikasies te voorkom. Die pasiënt moet in 'n goed-geventileerde, skemerige kamer lê. Die dieet bestaan uit maklik verteerbare kos en baie vloeistof. Die ontsteekte oë kan met 'n flou boorsuuroplossing behandel word. Met die oog op moontlike komplikasies is dit wenslik om altyd 'n dokter te raadpleeg.

Voorkoming

Hoewel masels nie lewensgevaarlik is vir groter kinders nie, kan dit ernstige gevare vir babas en kleuters inhou. Brongitis, wat in sekere omstandighede tot long- of middeloorontsteking kan lei, gaan dikwels met masels gepaard, en dié siekte is veral gevaarlik vir babas en jong kinders wat ook ly aan wanvoeding en ander infeksies. Die beste beskerming teen masels is inenting. 'n Gekombineerde entstof teen masels en Duitse masels, wat in 1960 vir wêreldwye gebruik beskikbaar gestel is, het gelei tot 'n dramatiese afname in die voorkoms van dié siekte. Die entstof is deesdae deel van 'n vyf-in-een preparaat.

Eksterne skakels

Tags:

Masels Simptome en tekens van maselsMasels BehandelingMasels VoorkomingMasels Eksterne skakelsMasels

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suid-Afrikaanse T20I-krieketspelersBelastingBul (sterreteken)EucalyptusPalmsondagAntjie SomersSinoniemWikiquoteAkker van der MerweMenslike skeletJuanita du PlessisMiddelmisbruikLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVerkleurmannetjieLuislangeHeupNuwe TestamentEvangelie volgens MarkusKnopiespinnekopMiddeloorontstekingAppel (sanger)Vir die voëlsLien se lankstaanskoeneAnette EngelbrechtRussiese inval in Oekraïne sedert 2022KaapstadSarah Rose KarrMin ShawRooms-Katolieke KerkVarkKallie KrielVoornaamwoordLys van landeGeestesteuringVrou Soek BoerBorsteMangelontstekingLys van NG gemeentesWikipediaMenstruasieTropiese huisgeitjiePaarl GimnasiumKasterolieKruisigingBinnelandersLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameWêreldwye webAnneli van RooyenSportDanie Botha (musikant)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePwasaLabia (geslagsdele)AnrikaBipolêre gemoedsteuringTV GloboJesus van NasaretNatuurlike hulpbronGroot vyfSydney SweeneyMenslike penisgrootteVerouderingVarkgriepSatanDikdermLys van Suid-Afrikaanse skrywersOlienhoutMeervoudSokkerLys van Suid-Afrikaanse musikanteElandréGoogle Maps🡆 More