Naja, van my kant af! Suidpunt (kontak) 22:09, 31 Desember 2018 (UTC)
Voorspoedige nuwe jaar aan die Afrikaanse gemeenskap! Groete vanaf die see! Oesjaar (kontak) 06:04, 1 Januarie 2019 (UTC)
Gemeenskap, vandag is ek 10 jaar betrokke hier op die Afrikaanse Wikipedia! Dit is 'n lang tyd, dit is 'n kort tydjie... Wat het ek bereik? Wat het ek bygedra? Ek het 5,050 artikels geskep waaroor ek baie trots is. Daar is so 'n paar saadjies maar die res het almal bronne. Die grootste gros is visse seker 2000 van hulle. Tans staan my wysigings op die Afrikaanse Wiki op 96 777 en op die globale Wiki is dit 99 413!
Ek het baie gebruikers leer ken, die meeste het gekom en gegaan maar gebruikers Naudefj, Burgert Behr en Suidpunt sal my die langste bybly. Veral Frank, hy het my met my eerste bydraes gehelp met taksobokse ens totdat ek dit bemeester het! Dankie Frank!
Ek was die eerste Afrikaanssprekende gebruiker om 'n Wikimania konferensie by te woon in Mexico in 2015 (ek dink) en was ook die eerste verkose Direkteur (Afrikaans) op die Suider Afrika Wiki Stigting se raad. Dan, om ons Wiki te bevorder het ek daarin geslaag om verskeie kere op Radiostasies (RSG onder andere) praatjies te lewer asook artikels in Beeld en Rapport.
Daar is sekere dinge van Wiki wat ek nooit sal verstaan nie bv Sjablone, ek sukkel met die skepping van Kategorieë... Maar nou ja, daar is ander gebruikers wat kan help hier!
My bekommernisse bly dieselfde, artikels sonder bronne, Afrikaanse regse groepe wat ons Wiki wil misbruik, gebruikers met eie agendas, swak outomatiese vertalers, ens...
Maar nou ja...
Wat bly oor? Ek weet self nie, moet daaroor gaan dink. 100,000 wysigings? vir seker, want ek is doelwit gedrewe.
Baie dankie julle!
Groete! Oesjaar (kontak) 06:14, 6 Januarie 2019 (UTC)
Baie geluk Oesjaar.
Ek vier my dekade eers in Augustus, maar dankie dat u my onthou. Ek hoop net dit is vir die regte redes (ek is maar wispelturig). Aangesien ons nou op daardie onderwerp is: ja, baie het gebeur, en tog, in my geval, eintlik ook te min.
Ek het nog nie tot die volksbrein deurgedring nie; dit sou baie gehelp het, maar vanaf 31 Desember 2018 tot 6 Januarie 2019 het ek uiteindelik 'n klein deurbrakie gemaak. Veral toe ek agterkom Jochem Willemszoon is sedert 1910 volledig, om die een of ander rede, heeltemal uit die Volksgeskiedenis verwyder. Waarom? Want hy het nie soos Wolraad Woltemade op die toneel van sy heldedaad gesterf nie. Dit is 'n anomalie van die res van die Afrikaanse heldedom. Klaarblyklik moet mens roem "met jou lewe koop", soos Mev. M.L. van Zyl in haar brief skryf, gedateer 29 Junie 1991. Ek sal nou wys hoe ek daarby uitkom, wees net geduldig.
Oor die Kersseisoen, terwyl ek besig was om oor persoonlikheidstipes navorsing te doen [want my karakters in die boek waaraan ek werk lyk eenvoudig te veel op my], het ek met moeite probeer om ander mense en persoonlikheidstipes te verstaan. Dit gaan maar moeilik, want as iemand nie logies dink nie, verstaan jy dit nie. Ook, moet jy jou leserspubliek leer ken, en daarvoor moet jy die volksgeheue en gees verstaan. Google Trends werk nie altyd nie.
Maar om eerlik met jouself te wees, moet jy ook kyk wat ander van jou eie persoonlikheidstipe dink.
‘n Bydraer van Encyclopaedia Dramatica (nogal met die veelseggende testosteroon-naam 40yearoldAlphaMale) slaan die spyker op die kop in sy artikel vol kru taal:
Om dus meer in voeling met ander persoonlikheidtipes van die lae stande te kom, het ek as robot nou bietjie meer vermenslik en begin wonder oor vrae soos: "Hoe maklik is dit vir 'n kêrel en meisie om in Suid-Afrika te ontmoet, smoorverlief te raak en te trou?" "Waarom word die trourituele en vereistes en plegtighede al hoe langer en moeiliker?" "Waarom kyk mans pornografie"? Soos Plaston: DNS-Kind, moes ek ondersoek gaan instel met eerstehandse ervaring.
Ek het op oujaarsaand dus erotiese kunswerke (kwaswerk, geen fotowerk!) krities deurgekyk (ek moet nog die hygies van Jacqueline Brink onder oë kry), en, is uit my veertiende verdieping van my ivoortoring neergeruk aarde toe na die banale sterflikes daaronder. Iewers sou ek later 'n verband probeer bring tussen "erotiese kuns" en "volksgeheue". Albei toon die volgende: die waarheid is altyd kaalgestroop, daar is altyd iets wat in die lug bly hang, "kom vermaak my!" en uiteindelik iemand wat doodgesit word.
Die verhale en beelde wat opgeroep word is gewoonlik oorsimplisties, 'n chronologie wat ontbreek, so geskaaf om te vermaak of te beïndruk (Ockham se skeermes), maar die ergste kom nog.
Terwyl die Engelse hier ter plaatse selfs honde het (Just Nuisance en "Jock of the Bushveld") wat meer lewend beteken het, as dood, het die meeste Afrikaner- (in die kleine) of Afrikaanse (in die breë) "helde" eers gesterf of selfmoord gepleeg voordat hulle raakgesien is. Dit sluit ook grieselige volksverhale in.
Dink gou daaraan: wat het Johannes Kerkorrel, Ingrid Jonker, Eugène Marais en dalk selfs Barrie Hough gemeen? Hulle selfmoord het hul onder die volk méér beroemd (of berug) gemaak as hulle werk. Dis soos vyf klontjies suiker by. Of is dit die “kollektiewe skuldgevoel” wat praat [“wat het ons tog bygedra tot sy/haar selfmoord”]? Die boodskap wat mens kry is dat dit loon om selfmoord te pleeg.
Dis reg, laat die donner homself dus doodskiet en onsterflik maak. Dus, onthou dit volgende keer as jy ‘n katjie uit die boom wil red. Val van die leer af, breek jou nek, laat ‘n donderblits jou tref en huur vooraf ‘n bus om bo-oor jou te ry. Voorbladnuus vir drie weke. Nou is jy ‘n held! Volksbesit! Prima!
Ek dink aan my derdejaar toe “Die Dood” (net soos in Matriek, en die jare daarvoor) as literêre stroming behandel is: byna elke lykdig en roudig is opgerakel. Dan het ons Racheltjie de Beer wat verkluim het. Eliza Meiring (die Heks van Hexrivier) wat uit die venster gespring het omdat haar geliefde in die berge te pletter geval het (‘n ander weergawe sê weer sy het stapelgek by die trap afgeval), toe hy die gesogte rooi blom vir haar wou pluk. Die Laingsburgvloed, die Benonibusramp, die Coalbrook-mynramp (met apologie aan Die Briels), die Die vloek van Boontjieskraal, en natuurlik Wolraad Woltemade…
Voeg gerus nog elke liewe seun op die Grens by wat sy mondigwording nie sou sien nie, elke gesneuwelde held van die Anglo-Boereoorlog, elke moeder en kind in die Konsentrasiekampe wat omgekom het… Elke bok, perd en skaap wat tydens die droogte omkap en beswyk. Waarlik, Jopie Fourie ook – wat sou hy nou lewend beteken het? En natuurlik, die crème de la crème, die neusie van die salm… “Waar ruwe rotse”: ‘n vader wat geen keuse het as om sy seun in die skeur dood te skiet nie.
En selfs onder die handjievol wetenskaplikes is daar die een wat bekendstaan as "Dr. Death".
So, niemand sal jou onthou as jy soos ‘n wafferse waaghals Jack Sparrow of Staal Burger of Angus MacGyver of James Bond of Die Swart Luiperd (Leon Fouché) en Die Swart Kat (monsieur Borrie Veldt) behendig met die sakmes woeker en sonder ‘n skrapie die slagysters ligvoets mistrap nie? Ongeag die duisende lewens wat jy in die proses red? Jy het duidelik reg, Suidpunt, loop vra maar die geneeshere en paramedici hoe dit voel.
Dis 'n doodskultuur wat floreer, nee, téér op die dood van sy volksgenote. Hierdie sieklike doodskultus en morbiede belangstelling in elke nekroloog grens aan nekrofilie!
Ek het die afgelope 9 jaar gereeld intensiewe vorme versamel vir daardie artikel wat kindertjies dag en nag besoek om hul opstelletjies mee op te vul, en ek kan u met ‘n geruste hart sê dat die meeste van die lemmas, wat ek uit fiksieboeke kry, met dood- begin. Ek dag lewe en dood lê in die mag van die tong. Ek is doodernstig. Daar is selfs onlangs ‘n boek uitgegee met die titel Doodmenslik.
Dit is nogal ‘n groot probleem: want die waagmoed, die pathos word verheerlik met élke dood, maar diegene wat vindingryk genoeg is om ander en hulself aan die lewe te hou – wag, wag, wag! My sin vir logika kan dit hoegenaamd nie hanteer nie! ;O/ÞÈÕ‘Wn`aò^X}œÛ-nËj®O¿îÈÌ‹ý¬X®™Ú¬òaÁ*8ŸÓy®ýÀ My hardeskyf pak op!
Dan struikel mens tog oor Johannes 15:13: “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.” Is die teksvers geheel en al deur die mensekultuur buite verband geruk? Beteken dit nou letterlik om dood te gaan vir jou vriende [wat heel waarskynlik ook ‘n duidelike Messiaanse boodskap is], of beteken dit nou om jou hele lewe agter te laat, opsy te skuif, vir jou nuwe vriende in die geloof te “gee”? Of albei? Of beteken dit slegs in die konteks, verloor jou lewe vir jou vriende onvoorwaardelik slegs indien dit nie anders kan nie? Moet jy sterf? Is dit verpligtend? Mag jy nie slimmer te werk gaan nie? Of beteken dit ek moet ook soos sekere ekstremistegroepe maar plofstofpakkies aantrek vir die saak? Waar is die skrifgeleerdes en predikante nou?
Enigiemand met gesonde verstand sal vir jou sê die doel van ‘n heldedaad is tog om soveel mense aan die lewe te hou, sodat daar genoeg mense is [insluitend die held] wat steeds die heldedade en ander goeie dade vir hul medemens kan voortsit en ander besiel om dieselfde te doen. As almal dan nou soos lemmings van kranse gaan afspring, wie gaan oorbly om die “helde” te vereer?
Nou weet ek - om my leserspublikum te behaag, moet die hoofkarakter 'n heroïese dood sterf. Suidpunt (kontak) 20:32, 8 Januarie 2019 (UTC)
Goedendag. In 2013 is een beleid met betrekking tot het verwijderen van "geavanceerde rechten" (moderator, bureaucraat, etc.) bij consensus vastgesteld door de gemeenschap. Op basis van dit beleid beoordelen de stewards de activiteit van de moderators op alle wiki's van de Wiki Foundation waar geen eigen inactiviteitsbeleid geldt. Voor zover ons bekend, heeft deze wiki geen formeel proces voor het intrekken van "geavanceerde rechten" van inactieve accounts. Dit betekent dat de stewards zich hierover gaan ontfermen op basis van admin activiteitsbeoordeling.
We hebben vastgesteld dat de volgende gebruikers voldoen aan de inactiviteitscriteria (geen bewerkingen en geen gelogde acties in de afgelopen twee jaar):
Deze gebruikers ontvangen binnenkort een bericht, waarin hen gevraagd wordt het binnen de gemeenschap aan te geven als zij enkele of alle van hun rechten willen behouden. Als de gebruikers niet reageren, zullen hun geavanceerde rechten door de stewards worden ingetrokken.
Wil jullie gemeenschap haar eigen activiteitsbeoordelingsproces vaststellen, dat voor gaat op het globale proces, willen jullie een andere beslissing nemen met betrekking tot deze inactieve gebruikers met rechten of hebben jullie hier al een beleid voor dat niet bekend is bij de stewards, wil je dit dan aangeven op het berichtenbord van de stewards op Meta-Wiki, zodat we weten dat we niet verder hoeven te gaan met het beoordelen van de rechten op jouw wiki. Hartelijke dank. --MarcoAurelio (kontak) 12:52, 6 Januarie 2019 (UTC)
A new beta feature will soon be released on all wikis: The FileExporter. It allows exports of files from a local wiki to Wiki Commons, including their file history and page history. Which files can be exported is defined by each wiki's community: Please check your wiki's configuration file if you want to use this feature.
The FileExporter has already been a beta feature on mediawiki.org, meta.wikimedia, deWP, faWP, arWP, koWP and on wikisource.org. After some functionality was added, it's now becoming a beta feature on all wikis. Deployment is planned for January 16. More information can be found on the project page.
As always, feedback is highly appreciated. If you want to test the FileExporter, please activate it in your user preferences. The best place for feedback is the central talk page. Thank you from Wiki Deutschland's Technical Wishes project.
Die meeste wiki's sal vanaf 07:00 UTC op 17 Januarie vir 'n halfuur lank nie gewysig kan word nie. Ons is vreeslik jammer oor die aangeleentheid. Daar is 'n databasisprobleempie wat ons so gou moontlik wil uitstryk. Al wat jy dan kan doen - is lees. Geliewe op hierdie bladsy jou vooraf te vergewis watter wiki's nie geraak word nie. Die operasietjie kan ook minder as 30 minute duur, wie weet. Groetnis. Allez ciao./Johan (WMF) 14:47, 16 Januarie 2019 (UTC)
Gemeenskap, Gebruiker:Suidpunt het die volgende vir my gestuur maar ek dink julle moet dit ook lees:
Gedink u sal hiervan wil kennis neem, hoewel dit nie die Afrikaanse weergawe betrek nie. Al is dit seker ou nuus (al is dit gister op die web geplaas), druk dit maar uit en bêre dit in 'n ringlêer: https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/News-&-Media/Articles/Indigenous-languages-have-pride-of-place-on-Wiki . Suidpunt (kontak) 18:15, 16 Januarie 2019 (UTC)
Suidpunt, dankie dat jy hierdie met ons deel en daai lelike bliksem regs is die uwe! Groete! Oesjaar (kontak) 19:47, 16 Januarie 2019 (UTC)
Gemeenskap, ek sien hierdie op die Nederlandse Wik: https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/nl/Wiki:Wikiproject/Gendergap/100wikiwomen Kan iemand wat Nederlands magtig is net dit dalk vertaal: dit lyk na 'n uitdaging om 100 artikels oor vroue te skryf! Briljante idee! Wat presies is die inhoud? Groete! Oesjaar (kontak) 19:54, 16 Januarie 2019 (UTC)
Hallo gemeenskap
EK wil graag die volgende onderwerpe omskep in artikels. Kan julle my asseblief help en kyk of dit nie reeds bestaan nie. Ek wil verhoed dat dit versmelt word en onnodige tyd gemors word
Met my soektog het ek gesien dat van hierdie artikels wel bestaan, maar ek wil dit wat wel bestaan aanvul. Elana Barker (kontak) 09:05, 17 Januarie 2019 (UTC)
Wat is juist? Wwikix (kontak) 16:52, 17 Januarie 2019 (UTC)
Gemeenskap, ons het 'n ruk gelede gesels oor die juiste vorm van die Afrikaanse woord 'n in ons artikels. Volgens Wiki: Geselshoekie/Argief2018#Vandalisme hierdie bespreking is dit duidelik dat ʼn (Unicode 0149) meer korrek is as 'n, alhoewel die meeste mense 'n skryf omdat hulle op vreemdetaalse toetsborde tik en hul speltoetser nie na Afrikaans gestel is nie (wat volgens eg. gesprek 'n outomaties na ʼn behoort te verander). Ons beskik oor die vermoë om 'n skrip te loop wat gereeld alle gevalle van 'n na ʼn verander. Is so 'n benadering gewens? – K175 (trap my uit | bydraes) 21:08, 17 Januarie 2019 (UTC)
Finally, U+0149 latin small letter n preceded by apostrophe was encoded for use in Afrikaans. The character is deprecated, and its use is strongly discouraged. In nearly all cases it is better represented by a sequence of an apostrophe followed by “n”.
Kan 'n kundige persoon asb na Databoks kyk, dit lyk septies! Daar is 'n ding soos hoofletters en uitleg... Groete! Oesjaar (kontak) 15:15, 19 Januarie 2019 (UTC)
Wees net versigtig met die gebruik van daai ding. Dit gebruik inligting van Wikidata wat ons hier nie onder beheer het nie. Elke persoon kan daai inskrywings verander en ons sien die wysigings nie eens nie. Veral hoef ons nie inligtingskassies met daai Databoks te vervang nie. Kassies lyk altyd beter en 'n Databoks beskou ek net as 'n voorlopige oplossing wat nie altyd van toepassing is nie. Groete. -- SpesBona 22:45, 23 Januarie 2019 (UTC)
Daar is alweer 551 van hierdie kopsere. Ek weet nie wat dit hierdie keer veroorsaak het nie, die vraag is hoe gaan ons dit wegkry. Enige idees? Groete! Oesjaar (kontak) 15:40, 19 Januarie 2019 (UTC)antwoord]
Gemeenskap, het hierdie artikel enige bestaanreg? Vyfjaar agterstallig.... Groete! Oesjaar (kontak) 06:01, 21 Januarie 2019 (UTC)
Wat is die regte vertaling vir die Engelse rekenaarkundige woord 'streaming', bv. a live-streaming video platform / streaming website, is dit 'n regstreekse videostromingsplatform / stromingswebwerf, of is daar 'n ander woord, viva-afrikaans.org gee net die werkwoord 'stroom' aan. Servien | Bespreking 15:13, 22 Januarie 2019 (UTC)
Ek weet sommer jy is tot jou ore toe goed gekonfyt met Afrika se kakelbont verskeidenheid feeste, seremonies en viering van die liefde. Van vlerksleep tot skaapogies maak - dit is die hartklop van enige kultuur van die jare toet af; wat ridderlik van die een geslag na die volgende oorgedra word. Maar onbekend maak onbemind! Wanneer ons vir lief moet neem die ouer geslag en die blink vosperd is nie meer daar nie, wie gaan dan op die mandolien 'n mooie minnelied in die maanlig tokkel?
Vat hande saam met Wiki Loves Love 2019, en maak die tradisie 'n springlewende werklikheid. Die liefde oorwin alles... en net dalk verower die fyngevleuelde Cupido vir jou, met sy liefdespyltjie, die prysgeld. Moenie bloos nie, selfs die liefde het 'n prys!
Onthou net: wat jy ook al oplaai, vermeld jou landkode by die Wiki Commons Oplaaighoeroe. As jy 'n samekoms wil reël, kontak met liefde ons Internasionale Buro. As jy die liefde wil laat bloei met rosegeur, gaan loer bietjie by Wiki Commons se projekblad.
Daar is 'n hele paar asemrowende pryse op die spel. Deel die liefde hierdie Februarie met Wiki Loves Love!
Dink jou net in... die somtotaal van alle liefde!
Hier.
Drie vrae wat my opval:
Hier val dit op: 60% dink "Als iemand gedurende overleg [bespreking] en discussies beleefd blijft"; "Als iemand meedoet aan ‘achter de schermen werk’", "Als iemand veel artikelen schrijft"... maar nogal nie "Als iemand meerdere etalageartikelen [voorbladartikels] heeft geschreven" nie. Dit vind ek nogal vreemd, moontlik omdat ons seker geweldig gesteld is op gehalte, of so iets. Ek haal juis my hoed af vir iemand met baie voorbladsterretjies. Rede nommer drie waarom baie Hollanders loop - hulle voel hulle word nie waardeer nie.
Die antwoorde is: ruzieachtig (45%), argwanend (32%). Tog jammer die keusewoord "ONUITHOUDBAAR!" het ontbreek, want dit is presies hoe ek die Nederlandse Wikipedia ervaar het.
Interessant genoeg sê 57% Wikiwoordenboek se atmosfeer is beter.
Bruikbaarheid = gehalte van bron, sou ek sê.
Wat hier opval is die volgorde: vaktydskrifte wat die hoogste aansien geniet, dan volg Amptelike Statistiek, Argiefstukke, ander aanlynensiklopedies, koerantartikels, proefskrifte, woordeboeke, verhandelings, radio- of tv-dokumentêr, outobiografie... mondelinge oorvertelling en sosiale media word op neergesien.
Vreemd genoeg: waar is "boeken"?
Gekontroleerde vaktydskrifte is ek mee eens, hoewel ek geneig is om Statistiek te wantrou, argiefstukke kan foutief wees, proefskrifte en verhandelings vind ek van veel beter gehalte as koerantknipsels (hoewel laasgenoemde drie almal openlik ewe eensydig is). Ek glo wel outobiografieë help baie meer om iets binne konteks te stel, terwyl 'n enkele koerantberig nie kan nie. 'n Radio-onderhoud voel ek is uiters belangrik: dis uit die perd se bek.
Wat taal aanbetref:
Bijna alle bewerkers bewerken Wikipedia minstens eenmaal per maand in het Nederlands. Circa twee vijfde doet dit (ook) in het Engels. Het percentage bewerkers dat bewerkt in het Engels, Duits en/of Frans is in 2018 beduidend lager dan in 2015, met een daling van respectievelijk 16%, 12% en 10%. De talen waarin de bewerkers die ‘anders’ hebben ingevuld bewerken zijn Portugees, Afrikaans en Vietnamees. (my beklemtoning)
Suidpunt (kontak) 21:35, 4 Februarie 2019 (UTC)
Bogenoemde groei maar lekker! Groete. -- SpesBona 22:50, 6 Februarie 2019 (UTC)
Daar is nou groot stryd oor die databoks. Kom ons probeer om dit op te los.
SpesBona kla dat dit geen ensiklopediese waarde het nie, maar ek verstaan dit nie. Sekerlik, kan dit nie die konsep van die databoks wees nie. Want dit is presies dieselfde konsep as enige inligtingskas. ('n Kort opsomming van die belangrike inligting oor die artikel)
So dan moet die probleem lê met die inhoud daarvan. Kom ons kyk na 'n paar van die items wat in die databoks verskyn:
ens.
Het geen van daai goed enige ensiklopediese waarde? As dit so is, dan sal ek maar begin om sulke inligting uit alle artikels uit te haal.
Ek dink nie daar was enige masjienvertaalde items op wikidata nie, maar ek het nog nie gekyk wie die meeste items se Afrikaanse name bygevoeg het nie. Ek dink dit is glad nie 'n probleem nie. As daar 'n item is wat nie reg is nie, dan kan jy maklik op die klein potlood kliek, en dit wysig. Dan maak dit daai item reg vir alle databokse wat daai item wys. Hoekom moet mens die hele databoks skrap net omdat een item verkeerd is, veral as jy dit so vinnig kan regmaak?
Ek gebruik die databoks om 'n artikel gou te verbeter sonder veel moeite. Jy kry 'n hele inligtingskas met net een lyn. Die enigste probleem met die databoks, is dit is nie spesifiek genoeg vir elke soort artikel nie. En 'n inligtingskas sal beter wees. Ek dink dat 'n databoks sal altyd beter wees as niks. So moet dit asseblief nie verwyder nie as jy dit nie gaan vervang met 'n inligtingskas wat meer inligting het as die databoks nie.
- Rooiratel (kontak) 08:14, 14 Februarie 2019 (UTC)
Hallo daarso! Wat moet ek doen om foto's op artikels te kan laai, nadat nuwe profiel geskep is? Roedels (kontak) 14:09, 20 Februarie 2019 (UTC)
Tydens die bywerk van Pretoria se nuwe burgemeester het ek die puik werk van @Lefcentreright: teëgekom. Hy praat Afrikaans as moedertaal, dalk kan hy ons met al die artikels wat {{Suid-Afrikaanse-politikus-saadjie}} dra help en hulle bywerk/versorg. Hy skryf self "My goal is to empty the infamous "Category:South African politician stubs". Nothing annoys more than when people create an article, slap a stub template on it and just abandon it." Lekker woorde daardie! Kom ons probeer om hom hier betrokke te kry! Groete. -- SpesBona 23:50, 20 Februarie 2019 (UTC)
O, ek het nou groot nonsens aangejaag. Wikipedia wou nie Kategorie:eSwatini skep nie, net Kategorie:ESwatini, en ek dog toe ek moet al die kategorieë met 'n hoofletter spel, soos Kategorie:Ekonomie van ESwatini. Nou sien ek ek kan Kategorie:Ekonomie van eSwatini skep. Maar ek het nou al so baie goed verander en dit lyk my alles is nou gekonfoes. Ek is jammer, kan iemand dalk help of sê wat ek kan doen? - Burgert (kontak) 21:09, 26 Februarie 2019 (UTC)
Tussen al die woorde oorlog en dinge, Maroela bly ons goedgesind! Baie dankbaar vir enige bemarking wat ons kant toe kom! Sien https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/projekte/al-meer-as-70-000-artikels-in-afrikaans-op-wikipedia/ Groete! Oesjaar (kontak) 08:06, 28 Februarie 2019 (UTC)
Hallo almal, wie gaan nog aansoek doen vir Wikimania 2019? Ek sien die sluitingsdatum is 15 Maart. Geniet Dumbassman (kontak) 13:00, 1 Maart 2019 (UTC)
Gemeenskap, dit is met kommer dat ek kyk na die nuwe geslag gebruikers se bydraes. Die meeste persone gebruik vertalers, die kwaliteit is eenvoudig nie na wense nie. Dit blyk dat die vertaalde artikels nie geproeflees word nie. Daar word nie werklik gepoog om skakels te plaas nie. Die ander groot probleem is dat die bronne ook OORGEBRING moet word by vertalings. Kyk asb na Gebruiker:Burgert Behr se vertalings - perfek! Die dae is verby dat ons verleë is oor artikels. Die standaard moet verbeter, wat tans nie die geval is nie. Werk saam asb! Groete! Oesjaar (kontak) 18:59, 6 Maart 2019 (UTC)
Dagsê Gemeenskap
Ek is besig om in die kop van Duitsers te klim, en ek begin nou eers besef watter hel hulle met die Afrikaanse adjektiewe moet deurmaak.
Byvoorbeeld:
Afrikaans | Nederlands | Duits |
Die vent is slinks. | De vent is slinks. | Der Kerl ist schlau. |
Dit is ‘n slinkse vent. | Het is een slinkse vent | Das ist ein schlauer Kerl. (M.) |
Die vent is slim. | De vent is slim. | Der Kerl ist intelligent. |
Dit is ‘n slim vent. | Het is een slimme vent. | Das ist ein intelligenter Kerl. (M.) |
Ek wil u gelukwens met u vinnige optrede. | Ik wil u feliciteren met uw snelle optreden. | Ich möchte Ihnen zu Ihrem schnellen Handeln gratulieren. |
‘n Ou huis | Een oud huis (het-woord) | Ein altes Haus (N.) |
Die ou huis | Het oude huis (het-woord) | Das alte Haus (N.) |
‘n Donker huis | Een donker huis (het-woord) | Ein dunkles Haus (N.) |
Geen donker huise | Geen donkere huizen (meervoud) | Keine dunklen Häuser (P.) |
Die ou arena | De oude arena (de-woord) | Die alte Arena (F.) |
‘n Ou arena | Een oude arena (de-woord) | Eine alte Arena (F.) |
Vir meer inligting hoe presies die Hollandse adjektiewe werk: https://duonotes.fandom.com/wiki/Dutch#Adjective_Basics Vir meer inligting hoe Duitse adjektiewe werk: http://germanforenglishspeakers.com/adjectives/adjective-declensions/ |
By “slinks”, soos ons reeds gesien het, kan jy nog kies of jy moontlik (?) “slinks” (?) of “slinkse” wil gebruik (hieroor is ek self onseker). Maar by “slim” gaan ons beslis nie meer “slimme” soos by die Nederlands gebruik nie. Net soos jy ook nie kan sê “vinnig optrede”* nie. En dit is ook suiwer om poëtiese doeleindes dat ons “donkere huise” sou gebruik, of selfs van “ ’n donkere huis” praat [wat, ongeag hoe “oud” en “outentiek” dit mag klink, glad nie goeie Nederlands is nie, soos jy hierbo sien].
As jy reeds die grammatikareëls en paradigmas en tabelletjies van die webwerwe nou redelik goed onder die knie het (die Duitse voorbeelde maak almal van die Nominatief gebruik), merk jy hoe die uitgange by sowel die Duits en die Nederlands reëlmatig en nougeset pas by die woordgeslag (maar ook by die gebruik van die onderskeie lidwoorde).
So by die Afrikaans is die hele adjektiefstorie gegrond op…wat? gevoel? Want so lyk ‘n taal wat nie meer woordgeslagte ken nie. Dit raak onreëlmatig en verwilder deur onkundige moedertaalsprekers. ‘n Nagmerrie vir dié wat dit wil aanleer.
Ek het gewonder of kleur miskien reëlmatiger sou wees, en om sowel moedertaalsprekers en vreemdetaalsprekers te help het ek die volgende tabel aanmekaar getimmer.
Ek sou graag wou hoor wat julle daarvan dink.
Wat is die kleur? | Byvoeglike naamwoord | Watter iets? Watter een? | Trappe van vergelyking | Iets… | Dit lyk nogal… / ‘n taamlik …-e kleur |
rooi | (af) die rooi motor (en) the red car (nl) de rode auto (de) das rote Auto / der […] Wagen | die rooi een* die rooi enetjie* die rooie die rooietjie | rooi rooier die rooiste | roois
| rooierig(e) |
oranje | (af) die oranje motor (en) the orange car (nl) de oranje auto (de) das orangene Auto / der […] Wagen | die oranje een* die oranje enetjie* die oranje# die oranjetjie (orangetje, Orangechen?)# | oranje oranjer / meer oranje mees oranje (Onzetaal) | oranje(s)? | oranjerig(e) |
geel | (af) die geel motor (en) the yellow car (nl) de gele auto (de) das gelbe Auto / der […] Wagen | die geel een* die geel enetjie* die gele die geletjie | geel geler die geelste | geels | gelerig(e) |
groen | (af) die groen motor (en) the green car (nl) de groene auto (de) das grüne Auto / der […] Wagen | die groen een* die groen enetjie* die groene die groenetjie | groen groener die groenste | groens | groenerig(e) |
blou | (af) die blou motor (en) the blue car (nl) de blauwe auto (de) das blaue Auto / der […] Wagen | die blou een* die blou enetjie* die bloue die blouetjie | blou blouer die blouste | blous | blouerig(e) |
pers | (af) die pers motor (en) the purple car (nl) de paarse auto (de) das lila Auto? / der […] Wagen | die pers een* die pers enetjie* die perse die persetjie | pers perser die persste | pers | perserig(e) |
pienk | (af) die pienk motor (en) the pink car (nl) de rose auto (de) das rosa Auto? / der […] Wagen | die pienk een* die pienk enetjie* die pienke die pienketjie | pienk pienker die pienkste | pienks | pienkerig(e) |
bruin | (af) die bruin motor (en) the brown car (nl) de bruine auto (de) das braune Auto / der […] Wagen | die bruin een* die bruin enetjie* die bruine die bruinetjie | bruin bruiner die bruinste | bruins | bruinerig(e) |
wit | (af) die wit motor (en) the white car (nl) de witte auto (de) das weiße Auto / der […] Wagen | die wit een* die wit enetjie* die witte die wittetjie | wit witter die witste | wits | witterig(e) |
swart | (af) die swart motor (en) the black car (nl) de zwarte auto (de) das schwarze Auto / der […] Wagen | die swart een* die swart enetjie* die swarte die swartetjie | swart swarter die swartste | swarts | swarterig(e) |
grys | (af) die grys motor (en) the grey/gray car (nl) de grijze auto (de) das graue Auto / der […] Wagen | die grys een* die grys enetjie* die gryse die grysetjie | grys gryser die grysste | grys | gryserig(e) |
goud | (af) die goue motor (en) the golden car (nl) de gouden auto (de) das goldene Auto / der […] Wagen | die goue een* die goue enetjie* die goue die gouetjie (goudentje? Goldenchen?) | goud gouer ? die goudste | gouds | gouerig(e) (nie te verwar met “taamlik gou”, “taamlik snel” nie!) |
silwer | (af) die silwer motor (en) the silver car (nl) de zilveren auto (de) das silberne Auto / der […] Wagen | die silwer een* die silwer enetjie* die silwere# die silwertjie# (silvertje? Silberchen?)# | silwer silwerder die silwerste | silwers | silwerig(e) |
brons | (af) die brons motor (en) the bronze car (nl) de brons(kleurige) auto (de) das bronze(farbene) Auto / der […] Wagen | die brons een* die brons enetjie* die bronse# die bronsie# | brons bronser die bronsste | brons | bronserig(e) |
blank (in historiese konteks) | (af) die blanke man (en) the white man/male (nl) de blanke man (de) der weiße Mann | die blanke die blanketjie | blank blanker die blankste | blanks | blankerig(e) buurt |
Die Afrikaanse paradigma lyk amper net so onvolledig soos Goties s'n.
Dit is glad nie moeilik om in te sien dat die Hollanders en Duitsers bloot die byvoeglike naamwoord in ‘n selfstandige naamwoord omskakel nie. Byvoorbeeld:
Die frase | Welke auto? (watter motor?) |
---|---|
De zilveren auto. | De zilveren. |
Dit het Afrikaanssprekendes blykbaar nog nie heeltemal ontdek nie. Die Afrikaanse “selfstandige naamwoord” keer dus as’t ware byna onbewustelik altyd terug na die ou Nederlandse adjektiefvorm, net soos die Nederlanders maak met die “de”-woorde!
Dié gemerk met ‘n sterretjie (*) is heel waarskynlik ingeburgerde Anglisismes (the red one, the little red one, the red little one), want iets soortgelyk kom nie in die Nederlands of Duits voor nie. Diegene soortgelyk aan dié gemerk met die hutsmerk (#) is wel in Nederlands en/of Duits gangbaar, maar ek het tot op hede nog nooit daarvan in Afrikaans op straat gehoor of op skrif gelees nie.
Ek het nou al in Norme van Afrikaans gaan soek, en seker elke liewe taalboekie vir buitelanders, maar ek word niks daaruit wys nie. Ek hoop ons kan hierdie probleem vir eens en vir altyd, wat kleuradjektiewe en dies meer ten minste betref, afhandel.
Ek sien daar is 'n klomp aktiwiteit oor Bybelfigure, dit is baie welkom! In baie van die artikels word daar na Bybelboeke verwys maar nie geskakel nie. Neem asb kennis dat alle bybelboeke hulle eie artikels het! Groete! Oesjaar (kontak) 07:29, 11 Maart 2019 (UTC)
Gebruiker:K175 het met sy speelding Kabouterbot 'n merkse klompie artikels geskep wat handel oor akteurs, dit lyk vir my Amerikaanse akteurs. Ook pornografiese aktrises en akteurs (waaroor ek nie so mal is nie maar dit is my persoonlike mening), maar nou ja... Uit die aard van die saak gaan baie van die artikels weesbladsye wees. Ek het dit goed gedink om al die Oscar toekennings se akteurs/aktrises en ondersteunende akteurs/aktrises voor die voet van skakels te voorsien. Daar is klomp nuwe blou skakels nou en minder akteurs wat wees is.
Wat my opgeval het tydens die proses, baie van die regisseurs is oud of aktiewe akteurs ook en kan ook geskakel word. Enige volunteers... Verder het ek opgemerk dat weininge akteurs wat Oscars gewen het se eie artikels dit so stel. Indien ons 'n akkurate ensiklopedie is moet dit aangebring word. Nog volunteers...? Ek het genoeg gedoen die afgelope twee weke met die rolprentsterre, hulle sterre skyn nou helderder! Groete! Oesjaar (kontak) 19:20, 11 Maart 2019 (UTC)
Wat is dit nou weer? EK wou net al die navigasies van lande netjies maak en nou volg 'n nuwe propvol kategorie. Die sjablone lyk nou reg, maar asseblief sonder dit! Groete. -- SpesBona 23:02, 11 Maart 2019 (UTC)
Hello Wikimedians!
The Wikipedia Library is announcing signups today for free, full-access, accounts to published research as part of our Publisher Donation Program. You can sign up for new accounts and research materials on the Library Card platform:
Many other partnerships with accounts available are listed on our partners page, including Baylor University Press, Taylor & Francis, Cairn, Annual Reviews and Bloomsbury. You can request new partnerships on our Suggestions page.
Do better research and help expand the use of high quality references across Wikipedia projects: sign up today!
--The Wikipedia Library Team 17:40, 13 Maart 2019 (UTC)
Hi Wyatt Tyrone Smith, weereens welkom hier!
Gaan kyk asb wat ek by jou nuwe artikel Jerry Andrus verander het. Rooi geskakelde kategorieë (bv. [[Kategorie:Towenaar]]) bestaan nie en mag streng gesproke nie gebruik word nie!
Ek dink nie jy moet vertalings net so "oorgooi" uit die engelse wiki nie! Dis ook onaanvaarbaar om enige ander taal se wiki as oorspronklike bron/verwysing te kwoteer, hoe korrek dit ookal is. Dit mag nie!! Daar is probleme met kopiereg, en sou bv. die Latynse wiki ophou bestaan, is al daai verwysings na 'n oorspronklike artikel in sy maai.
Al die verwysings se datumformaat moet ook vertaal word: ons wil nie May 12, 1982 hier sien nie: dis Britse styl!!
Gee asb dringend aandag aan hierdie foutjies, asb.
Groete, --Aliwal2012 (kontak) 19:18, 14 Maart 2019 (UTC)
Ek het nou net 'n nuwe bladsy geskep en die kategorie het van self verskyn. Wat beteken dit en wat moet ek doen? Wyatt Tyrone Smith (kontak) 16:51, 15 Maart 2019 (UTC)
date
-parameter sit nie, slegs 'n enkele datum. – K175 (trap my uit | bydraes) 13:59, 27 Maart 2019 (UTC)Die afgelope paar dae moes ek sonder landlyn klaarkom. Ek was nogal aangenaam verras dat my dorp LTE het (hoewel mens met die HSPA-dingetjie maar net 5 Mbps haal, bygesê, weens die tussensigbaarheidsprobleem van die bergrand wat in die pad van die bergspits staan), maar die datakoste is steeds gans te hoog. By ons is wel nog nie Rain nie, maar ek sien hy is besig om in die hoofsentra veld te wen. Ek het vandag die eerste keer daarvan hierso gelees. Het iemand al enige ervaring daarvan? Hulle webwerf is hier: https://www.rain.co.za/#/order en die dekkingskaart is doer onder.
Sover ek kan aflei verval jou data nooit nie, maar jy kan weliswaar nie stemoproepe maak nie, tensy jy VOIP/Whatsapp gebruik of so. Suidpunt (kontak) 05:56, 19 Maart 2019 (UTC)
Gemeenskap, neem kennis dat die artikel oor die Gloster Javelin ons 200ste vegvliegtuig is. Ons het tans 303 artikels oor militêre vliegtuie. Groete! Oesjaar (kontak) 14:03, 26 Maart 2019 (UTC)
Loop ons agter die Swazikoning aan met sy eSwatini? Is dit nie maar vir die Swazitaal nie? Ek wonder of daardie "e+S" in Afrikaans tuishoort. Dit sal wel nie 'n nuutjie wees nie, ons gebruik heelwat plekname met ander ortografië, maar dan vir heelwat minder belangrike plekke. JMK (kontak) 19:16, 27 Maart 2019 (UTC)
Goeienaand gemeenskap, toevallig sien ek nou hoe Gebruiker:KabouterBot besig is om baie artikels met kategorieë te versorg. Wat artikels sonder enige kategorieë betref, mag dit nuttig wees en help. Maar al die artikels van ervare gebruikers is volgens die artikel se inhoud gekategoriseer, terwyl die bot artikels nou oënskynlik volgens Wikidata kategoriseer. Sover ek kan sien is dit meestal (artikels van gebruikers met jare se werk hier) teenstrydig met Wiki: Kategorisering omdat nou baie dubbelkategorieë bygevoeg word. Bv. word by nedersettings met hul eie kategorie nog die "Kategorie:Nedersetting in X" bygevoeg, hoewel dit reeds in genoemde onderkategorie is. Ander artikels kry nou kategorieë wat alreeds tot 'n ander kategorie behoort wat reeds in die artikel is. Ander kategorieë word deur sjablone outomaties bygevoeg, soos al die hoofstede wêreldwyd en by al die voormalige lande met 'n kassie.
Bv. Austronesiese tale met Kategorie:Austronesiese tale sit nou met Kategorie:Maleis-Polinesiese tale en Kategorie:Tale van Oseanië. Soms is dit net snaakse goed soos Aden wat nou glo tot die Kategorie:Hoofstede in Asië (van watter land?) behoort. Die Baha’i-geloof is nou 'n Kategorie:Politieke ideologie. Waarskynlik net vir die Islamitiese Republiek Iran... Akrotiri en Dhekelië behoort nou tot Kategorie:Europese Unie. Blykbaar het ek iets misgeloop... Berg Kenia onder Kategorie:Geskiedenis van Kenia, maar hoekom? Daar is hoegenaamd ook voorbeelde wat werk soos heilige plekke wat nou amptelik as bedevaartplekke gekategoriseer is of Bartolomeusnag. Maar ek sien ook baie snaakse goed en oorbodige dubbelkategorieë.
Die bot, as ons slim kategoriseringswerk aanvaar, sal nog hoofkategorieë onder die knie moet kry soos by 2019 wat natuurlik die hoofartikel van Kategorie:2019 is.
Sover ek weet let die meeste gebruikers op mooi kategoriseringswerk sonder oorbodige kategorieë en oriënteer nuwe kategorieë na aanleiding van die inhoud van die betrokke artikel, maar nie andersom of volgens die aparte Wikidata-projek nie. Myns insiens is hierdie botwerk ten minste vir bestaande artikels van vername gebruikers oorbodig. Andersins sou ons beleid wat onder Wiki: Kategorisering beskryf word, oorbodig wees.
Myns insiens moet die gemeenskap eers geraadpleeg word oor voorstelle wat 'n groot impak het; en eers dan behoort dit geïmplementeer te word. Ons sal ook ernstig moet besin oor al die nuwe botartikels wat nou skielik gestig word. Was daar aanvanklik 'n bespreking oor die hoeveelheid botartikels wat ons benodig? Met elke mylpaal kry ons nou amper 1 000 botartikels by. (Waarskynlik tot die 1 000 000 nes die arme Nederlanders.) Weet @Burgert Behr: van al die Russiese akteurs met name volgens die Engelse transkripsies? Kategorie:Sowjetse aktrises van die 20ste eeu en Kategorie:Sowjetse akteurs van die 20ste eeu is ook baie interessant. Lees maar net die artikel Sowjetunie en let op die jaargetalle. Ander eeue het nie eens Sowjetse aktrises en akteurs gehad nie...
Wat "my artikels" betref gaan ek lekker wysigings versamel en die oorbodige kategoriseringswerk terugrol. Groete. -- SpesBona 21:46, 7 April 2019 (UTC)
Gemeenskap, ek het sopas 10 dae in Windhoek deurgebring waar ek gewerk het op die Afrika Kontinentale Bergfietskampioenskappe. Dit was 'n baie lekker 10 dae, wat my opgeval het was die absolute Afrikaanse omgewing! Ongelooflik! Hoe gaan ons hulle aktief kry op Wiki? Groete! Oesjaar (kontak) 06:59, 16 April 2019 (UTC)
Hallo daar; kan iemand asseblief die artikel "Ken Follet" aanstuur na die korrekte artikel "Ken Follett" toe?
Duisend dankies!– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Charlielv55 (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Gemeenskap, juig saam met my: ek het so pas my 100,000ste wysiging op ons Wiki aangebring! Groete! Oesjaar (kontak) 19:53, 28 April 2019 (UTC)
Baie geluk Oesjaar :) Charlielv55 (kontak) 06:56, 24 Junie 2019 (UTC)
Vir konteks lees eers asseblief : Bespreking:Suid-Afrikaanse rand
@SpesBona:, ek het 'n program wat ek elke oggend loop om die wisselkoers opdateer. Nadat ek jou boodskap hierbo gelees het, het ek my program opgedateer om 'n locale (af_ZA.utf8) te gebruik, sodat dit outomaties die regte formaat gebruik. Maar dit het toe die desimale breuk terug verander in 'n punt, en nie 'n komma nie. Ek het die bronkonde daarvan (as jy glibc installeer op Linux is dit by /usr/share/i18n/locales/af_ZA) gelees, en ek sien dat hulle (Dwayne Bailey van translate.org.za) dit al in 2004 verander het om 'n punt te gebruik in plaas van 'n komma, omdat niemand die komma gebruik nie. Albei die Engels en Afrikaanse- Suid-Afrikaanse locales gebruik nie die "amptelike" desimale breuk nie, omdat die de facto desimale breuk 'n punt is. So wat sal ons doen? Moet ons die amptelike desimale breuk gebruik op Wikipedia, of die de facto een? Ek weet toe ek op skool was het hulle vir ons gesê dat die desimale breuk veronderstel is om 'n komma te wees, maar ons almal (onderwysers insluitend) het 'n punt gebruik. En dit is hoe ek dit my hele lewe lank skryf. Ek het eintlik vergeet dat dit 'n komma moet wees tot SpesBona daaroor gepraat op Bespreking:Suid-Afrikaanse rand. Wat dink almal hiervan? - Rooiratel (kontak) 05:50, 30 April 2019 (UTC)
vir getalle soos 100 000 ipv. die Engelse komma. Andersins is dit net 100 en dis net 'n honderdste! 2 bladtrekke is niks, maar meer as 2 000 000 bladtrekke is baie! Die komma word in Afrikaans vir desimale punte gebruik, soos R2,10. In Engels is laasgenoemde egter R2.10. Ek beskou dit as 'n anglisisme. Wees asseblief stiptelik, dis deel van 'n ensiklopediese skryfwerk. Indien iemand woorde soos "huidiglik" vermy soos die pes, moet hy/sy hierdie ook soos die pes vermy. (In krieket is dit iets anders: 4.1 boulbeurte is nie 4,1 boulbeurte nie.) Groete. -- SpesBona 20:59, 19 Junie 2019 (UTC) Hi,
Sorry about writing in English—unfortunately I don't know Afrikaans.
I was wondering: Do you have any challenges in your language with typing letters with diacritics? I am talking about the letters á, é, è, ê, ë, í, î, ï, ó, ô, ú, û, ý. Is it challenging or difficult to find a computer that has the keyboard configured conveniently to do this? Or is it easy and common?
Thanks! --Amir E. Aharoni (kontak) 12:19, 30 April 2019 (UTC)
My toetsbord op Linux is English (US) "international with AltGr dead keys". Ek is redelik seker dat iets baie soortgelyk op Mac OS ook bestaan. Etlike kortpaaie vir letters met diakritiese tekens volg hieronder. Vir die hoofletters moet eenvoudig Shift ook ingehou word:
Enige letter kan 'n akuutteken kry met Alt + ' gevolg deur die letter, bv. ý (Alt + ' gevolg deur Y). Enige letter kan 'n deelteken kry met Alt + Shift + ' (m.a.w. Alt + ") gevolg deur die letter, bv. ë (Alt + Shift + ', d.i. Alt + " gevolg deur E). Enige letter kan 'n gravis kry met Alt + ` gevolg deur die letter, bv. è (Alt + ` gevolg deur E). – K175 (trap my uit | bydraes) 17:32, 30 April 2019 (UTC)
Hello again,
Thank you so much for all the replies, Oesjaar, Suidpunt, Voyageur, and Alias.
I am gradually adding support for more languages to jquery.ime. I made several keyboards for languages of Africa and Asia, and I was wondering whether it would be useful for Afrikaans. Given that you say that at least some people have challenges with typing all these characters, it looks like it is.
Enabling a proper keyboard layout in the operating system, as the page Hulp:Sleutelbord suggests, is always the best solution. However, my experience tells me that a lot of people don't know how to do it and prefer something that is built into the site.
If I make it, it will in any case be opt-in for each user and not enabled by default.
I was also wondering about the apostrophe in words like 'n, 't, and 'k: do you prefer to write them here with the ’ character, or with the simpler '? Thank you! --Amir E. Aharoni (kontak) 13:12, 16 Mei 2019 (UTC)
Hallo daar almal, sal iemand asseblief die artikel "Mitch McConnel" verander of aanstuur na die korrekte "Mitch McConnell" toe?
Baie dankie, ek word kwaad vir myself en weet nie waarom ek sulke simpel foute maak nie! (soos met Ken Follet pleks van "Ken Follett")
Baie dankie weereens!!
Gemeenskap, ons het die tannie se geboortejaar as 1940, al die ander Wiki sê 1938... Kan iemand help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 08:54, 6 Mei 2019 (UTC)
'n Paar jaar gelede het ek Sjabloon:Ill
vanuit die Engelse Wikipedia na die Afrikaanse Wikipedia ingevoer. Hierdie sjabloon is nou veroudered en deur Sjabloon:Intertaalskakel
vervang. Ongelukking werk to nuwe sjabloon nie. Ek stel dus voor dat sjabloon:Intertaalskakel in kwarantyn geplaas word totdat dit behoorlik ontfout is en dat sjabloon:Ill
tydelik herstel is.
As ons met altwee eksperimenteer, kry ons:
{{Intertaalskakel|Amsterdam|nl}}
" gee "Amsterdam".{{Intertaalskakel|Harlingen|nl}}
" gee "Harlingen". ("nl" is 'n skakel na nl:Harlingen).{{Intertaalskakel|Merwe|nl|Merwede}}
" gee "Merwe " ("nl" is 'n skakel na nl:Merwede).Alles werk soos dit behoort te werk - daar is 'n Afrikaanse artikel oor Amsterdam, maar al betaan artikels in Nederlands nl:Amsterdam en nl:Merwede, bestaan daar geen Afrikaanse artikels Harlingen of Merwe nie.
{{Intertaalskakel|nl|Amsterdam}}
" gee "nl ".{{Intertaalskakel|nl|Harlingen}}
" gee "nl ". ("nl" is 'n skakel na nl:Harlingen).{{Intertaalskakel|nl|Merwe|Merwede}}
" gee "nl " ("nl" is 'n skakel na nl:Merwede).Daar is 'n fout met hierdie sjabloon - die Afrikaanse artikel Amsterdam bestaan en dus verwag ek om net "Amsterdam" te sien.
{{Intertaalskakel|Amsterdam|nl}}
" gee "Amsterdam".{{Intertaalskakel|Amsterdam|nl|Amsterdam}}
" gee "Amsterdam".{{Intertaalskakel|Harlingen|nl}}
" gee "Harlingen". ("nl" is 'n skakel na nl:Harlingen).{{Intertaalskakel|Merwe|nl|Merwede}}
" gee "Merwe " ("nl" is 'n skakel na nl:Merwede).Blykbaar is alles nou in orde. Martinvl (kontak) 19:59, 7 Mei 2019 (UTC)Hallo, ek glo julle het seker almal jul kruisies getrek, die wat wou?
Wat my vandag opgeval het: daar was 'n ontsettende lang tou Transvalers wat almal wou stem hier in die Overberg. Ek laat my nie vertel dit is almal vakansiegangers dié nie. Daar is nie 'n manier nie (anders sou hulle op Struisbaai en dié plekke gestem het, seker?).
Toe ek om 10:45 vm. by die stemlokaal kom dag ek eers - o, liewe hemel, vandag gaan ons lank wag. Die ry peul sommer by die deur uit. Maar toe ek eers my ID-boekie flits en my strokie kry, stap ek sommer direk in, beland in Ry 2, dus, vir geregistreerde inwoners, en laat my naam doodtrek, laat my duim streep, kry my gestempelde stembriewe, trek my kruisies en daar gaan ek. Kompleet soos 'n Graaf by Heathrow wat net tandewys en dan op die vliegtuig klim. Ek het soos 'n lord gevoel!
Was dit elders ook so?Suidpunt (kontak) 16:35, 8 Mei 2019 (UTC)
(Vryelik vertaal deur Aliwal2012)
Hallo afwiki-gemeenskap!
Ek het onlangs 'n projek van stapel gestuur om sjablone en modules tussen wiki's te kan deel. Dit maak modules en sjablone "taal-neutraal", en stoor alle teksvertalings op Commons. Dit beteken dat die bydraer slegs 'n sjabloon hoef te kopieer en plak sonder enige veranderinge, en daarna die vertaalwerk afsonderlik af te handel.
As iemand 'n fout oplos of 'n nuwe funksie by die oorspronklike module voeg, kan jy dit weer kopieer / plak sonder om dit te vertaal. My bot DiBabelYurikBot kan behulpsaam wees met die kopiëring. Op hierdie manier kan gebruikers meer tyd aan artikels se inhoud spandeer, en minder tyd om sjablone op te dateer en te kopieer. Sien asseblief mw:WP:TNT vir meer besonderhede of vra vrae op my kletsbladsy.
N.S. Ek staan tans vir verkiesing op die Wikimediaraad. Ek sal dit waardeer indien u my nominasie ondersteun. (Enige geregistreerde gebruikersgroep mag stem). Dankie! --Yurik (gesels) 05:34, 11 Mei 2019 (UTC)
Media Viewer wys tans geen Commons lêerbeskrywings nie, maar slegs die wikipediabyskrifte, en wel so by alle taalweergawes. Ek het 'n nota op Media Viewer se besprekingsblad geplaas om uit te vind wat aangaan. JMK (kontak) 18:57, 11 Mei 2019 (UTC)
Goeienaand Almal hier.
Ek verneem graag van ander gebruikers, (kundiges?), die subtiele/semantiese verskil tussen die terme "Volk" en "Nasie"? Uit bronne wat ons reeds geraadpleeg het, wil dit voorkom asof die verskil, indien enigsins(?), minstens baie subtiel mag wees? Nogtans word daar dikwels verwys na "...alle volke, tale en nasies....", wat daarop dui dat daar tog wel die een of ander verskil in interpretasie moet wees? Indien dit nie die geval is nie, en onomstootlik "bewys" kan word, wil dit dan voorkom asof die voormelde gereelde gebruik van die twee terme eintlik neerkom op duplisering, of "stapelvorm", of wat dit ookal in taalkundige terme genoem mag word. As klaarblyklike leek, verneem ek graag kommentaar hierop, tot eie opvoeding en inligting. By voorbaat dank vir u aandag, deelname en terugvoer! --Primaat (kontak) 18:53, 12 Mei 2019 (UTC)
Gemeenskap, vir die wat hou van statistiek, syfers, tabelle, grafieke en die klas van dinge: sien https://stats.wikimedia.org/v2/#/af.wikipedia.org Groete! Oesjaar (kontak) 06:20, 19 Mei 2019 (UTC)
Ek het die en:Wikipedia:Ten_Year_Society opgemerk in die Engelse Wiki. Kan ons dieselfde doen? Groete! Oesjaar (kontak) 07:06, 27 Mei 2019 (UTC)
Ek het nou die gebruikersjabloon na {{Tienjaargemeenskap}} geskuif. Enigiemand wat langer as 10 jaar op die Afrikaanse Wikipedia is, kan dit op hulle gebruikersblad sit. Hulle name kom dan outomaties in die Kategorie:Lede van die Tienjaargemeenskap. Ek wag maar om te hoor wat die ander sê voordat ek nog sjablone vir 5 en 15 jaar maak. Burgert (kontak) 10:52, 27 Mei 2019 (UTC)
Thanks WhatamIdoing. @Oesjaar: It's literally as easy as writing it on your user page or using the template - totally informal. If you'd like to set up an Afrikaans version of the TYS, please do just copy the page and templates over to your Wikipedia as you like. — Scott • talk 11:14, 30 May 2019 (UTC) Dit wat Burgert gedoen het is dan korrek. Wat nou van 15 en 5 jaar persone? Ons moet hulle nie vervreem nie... Groete! Oesjaar (kontak) 15:39, 3 Junie 2019 (UTC)
Gemeenskap, die inhoud van bogenoemde is 'n gemors. Enige idee vir 'n plan van aksie. Myns insiens, skrap! Die akteurs met hulle dinge verveel my nou maar net! Ek wag vir 'n kollektiewe besluit... Groete! Oesjaar (kontak) 11:13, 27 Mei 2019 (UTC)
Is ek net dom of is hierdie selfoon-app van Wikipedia 'n groot gemors? Ek kan nie eens by die Afrikaanse Wikipedia uitkom nie, ek kan nie my naam sien nie, ek kan nie by Onlangse wysigings uitkom nie . . . Burgert (kontak) 16:33, 3 Junie 2019 (UTC)
O, dankie. Lyk my ek kom nou (amper) reg! Burgert (kontak) 19:12, 3 Junie 2019 (UTC)
Hallo, almal, wil julle nie asseblief Sjabloonbespreking:Romeinse provinsies 117 n.C. gaan lees en julle opinie gee nie? Ek wil graag die artikel Romeinse provinsie doen, maar wil nie voordat die name uitgesorteer is nie. Dit geld vir die sjabloon én die artikelname. Dankie. Burgert (kontak) 20:16, 3 Junie 2019 (UTC)
Is eventueel 'n anglisisme? Groete! Oesjaar (kontak) 06:37, 5 Junie 2019 (UTC)
Kan iemand asb. Dionisos oor 'n aanstuur na Dionusos skuif? Ek het besluit om maar op te hou op die versene teen die prikkels te slaan en die u-spellings van die Lys Klassieke Name te gebruik. Dankie. Burgert (kontak) 07:57, 5 Junie 2019 (UTC)
Weet wat ek aangevang het nie. Kan iemand net die Krygskunde artikel skuif na die regte naamweergawe. Sobaka (kontak) 16:03, 5 Junie 2019 (UTC)
Hoekom is die gebruik van "coauthors" foutief, of anders gevra: hoekom is dié parameter se geldigheid verander? Groete. -- SpesBona 21:40, 5 Junie 2019 (UTC)
Gemeenskap, is daar iemand wat kan help met die artikel. Eintlik 'n klomp snert... Groete! Oesjaar (kontak) 08:08, 6 Junie 2019 (UTC)
Goeiemiddag gemeenskap Ervaar nog iemand probleme met vertaling uit Engels? Ek het die onderwerp "Elements of art" na Afrikaans vertaal (Kunselemente) en die outomatiese vertaling oudergewoonte nagegaan vir korrekte Afrikaanse woorde, terme en sinsbou, maar ek word gestuit wanneer ek dit wil publiseer. Groete --PetronelFourie (kontak) 09:54, 6 Junie 2019 (UTC)PetronelFourie
Hallo daar, het iemand al hierdie artikel gekonnekteer tot Wikidata? Groete, Charlielv55 (kontak) 12:40, 6 Junie 2019 (UTC)
UP, UF en US bied nie meer klasse in Afrikaans aan nie, kan die artikel maar gewysig word? Die Afrikaanse Protestantse Akademie kan egter bygevoeg word. Groete!Charlielv55 (kontak) 17:51, 6 Junie 2019 (UTC)
Baie dankie vir die terugvoering Voyageur:) Charlielv55 (kontak) 06:24, 7 Junie 2019 (UTC)
Korreksie: US bied wel nog verskeie klasse in Afrikaans aan, en Pukke is natuurlik deur die bank Afrikaans. Dit is net UP en die reddelose "UFS" (spottenderwys na verwys as " the University of the Orange River Colony" wat totaal en al bande met Afrikaans verbreek het. Het enigiemand dalk 'n teorie/verduideliking oor waarom Akademia tans so sukkel om akkreditasie vir verdere modules te kry?
Volgens hul webwerf het hulle hierdie jaar aansoeke om akkreditasie vir oor die 40 nuwe dissiplines ingedien, maar die jaar nog net die BSocSci kwalifikasie bygekry, en gaan dit blykbaar maar teen 'n slakkepas aan. Is dit nie dalk a.g.v. moedswilligheid aan die kant van die Raad op Hoër Onderwys nie? Charlielv55 (kontak) 14:45, 21 Junie 2019 (UTC)
Naandsê julle, ek is poegaai- ek sal die artikel Maandag weer aanvat en voltooi :) Groete! Charlielv55 (kontak) 16:46, 7 Junie 2019 (UTC)
Hallo julle, ek dink nie die bg. artikel is al gekonnekteer aan Wikidata nie. Sal iemand groot asb.help? Groete! Charlielv55 (kontak) 07:24, 10 Junie 2019 (UTC)
Dit lyk asof Afrikaanse media en ondernemings nie regtig bewus is van die geleenthede wat 'n Afrikaanse Wikipedia hulle kan bied nie. 'n Vinnige soektog op die internet (met "Venesië" as trefwoord) toon dat baie Afrikaansprekendes nie in staat is om die name van Europese besienswaardighede regtig te spel nie, selfs al bring hulle 'n besoek daaraan. In 'n artikel van Maroela Media kom ons foute teen soos Piazza Saint Marco (in plaas van Piazza San Marco), vaparetto (in plaas van vaporetto) - en dan is daar nog, temidde van 'n Afrikaanse konteks, 'n verwysing na die Bridge of Sighs wat klaarblyklik die "Brug van Sugte" moet wees. Ook is daar 'n Afrikaansmedium-besigheid in die reisbedryf wat sy Afrikaanssprekende klante na die Grand Canal wil neem… Het hulle al gesien ons het artikels wat by hul toerprogram pas, met beskrywings in Afrikaans? En selfs al ry hulle die wêreld van koekoek-klokke in 'n Swartwoud-stadjie soos Triberg binne - ons dek dit!
As lesers graag Afrikaanse Wikivoyage-reisgidse vir lande soos Italië wil hê, sal hulle dit kry. Die vraag is of ons iets moet doen om die projek en sy geleenthede onder die aandag van Afrikaanse entrepreneurs en hul klante te bring? Opinies daaroor? Voyageur (kontak) 18:13, 10 Junie 2019 (UTC)
Vanaand iets baie interessants op my gunstelingstasie RSG gevind: krieketterme in Afrikaans, hoe gepas tydens die Krieketwêreldbeker 2019! Sal iemand dit vir ons artikels kan verwerk en op Commons oplaai (dis al in Engels en waarskynlik van die Indiese tale beskikbaar)? Dit sal waarskynlik 'n bietjie verander moet word weens die kopiereg, of hoe? Groete. -- SpesBona 21:05, 10 Junie 2019 (UTC)
Gemeenskap, kan iemand asb help met 'n foto van die dame? Groete! Oesjaar (kontak) 10:04, 11 Junie 2019 (UTC)
Hallo almal, jammer ek is so stil deesdae. Ek wil graag 'n paar artikels skep oor krieketspelers maar om die inligtinskas te skep is nogals 'n pyn. Sal iemand 'n kwessie hê as ek net 'n databoks gebruik? Dankie Dumbassman (kontak) 08:51, 15 Junie 2019 (UTC)
Hoe gaan ons hierdie mylpaal vier? – K175 (trap my uit | bydraes) 08:52, 17 Junie 2019 (UTC)
Ek het vanaand tot my verdriet uitgevind 'n mens moet elke keer onderaan die Broodkrummelssjabloon {{-}} gebruik, anders vang dit snaakse goed aan (gooi groot spasies in, raak van subhofies ontslae, ens.). Burgert (kontak) 23:24, 17 Junie 2019 (UTC)
Hallo julle, ek dink 'n paar van my nuutgeplaaste artikels (van die naweek af) is nog nie gekonnekteer met Wikidata nie (ek kry gewoonlik kennisgewings wanneer dit gedoen word- Rooiratel is gewoonlik betrokke daarby)
Jammer indien ek pla, ek weet julle is ook besig met jul eie dinge en beskik ook nie altyd oor al die tyd nieCharlielv55 (kontak) 06:51, 20 Junie 2019 (UTC) :)
?action=purge
aan die endie van die bladsy se URL en druk Enter. Aanvaar die vraag, en dit sal outomaties die bladsy verfris.Sorry for writing this message in English - feel free to help us translating it :)
Hello all,
Many language versions of Wikipedia use the content of Wikidata, the centralized knowledge base, to fill out the content of infoboxes. The data is stored in Wikidata and displayed, partially or completely, in the Wikipedia’s language, on the articles. This feature is used by many template editors, but brought several issues that were raised by communities in various places: not being able to edit the data directly from Wikipedia was one of them.
This is the reason why the Wikidata Bridge project started, with the goal of offering a way to Wikipedia editors to edit Wikidata’s data more easily. This will be achieved by an interface, connected to the infobox, that users can access directly from their local wiki.
The project is now at an early stage of development. A lot of user research has been done, and will continue to be done through the different phases of the project. The next steps of development will be achieved by the development team working at Wiki Deutschland, starting now until the end of 2019.
In order to make sure that we’re building a tool that is answering editors’ needs, we’re using agile methods in our development process. We don’t start with a fixed idea of the tool we want to deliver: we will build it together with the editors, based on feedback loops that we will regularly organize. The first version will not necessarily have all of the features you want, but it will keep evolving.
Here’s the planned timeline:
In any case, no deployment or big change will be enforced on the projects without talking to the communities first, and helping the template builders to prepare for the changes they will have to do on the infoboxes’ code.
If you want to get involved, there are several ways to help:
More ideas will be added on this page along the way
If you have any questions for the development team, feel free to ask them on the main talk page. You can also ask under this message, but if you expect an answer from me, please make sure to ping me.
Thanks for your attention, Lea Lacroix (WMDE) 13:03, 24 Junie 2019 (UTC)
Gemeenskap, kan julle asb bietjie help met die AS! foute/ Sien https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/index.php?lang=af&q=Spesiaal:Skakels_hierheen/Hulp:AS1_errors&limit=500 Groete! Oesjaar (kontak) 11:37, 25 Junie 2019 (UTC)antwoord]
Hallo daar, sal iemand asb. die oorbodige artikel oor James Faulkner wat ek aan't skryf was kan uitvee? Ek was besig om aan die artikel Paul, Apostle of Christ te werk en daar was geen skakel na James Faulkner nie. Het ek maar net daaraan gedink om miskien vir James Faulkner (akteur) te soek! Jammer vir die ongerief en ekstra moeite veroorsaak daardeur:) GroeteCharlielv55 (kontak) 13:59, 25 Junie 2019 (UTC)
Ekskuus julle, ek het sommer die versmelt sjabloon ingesit, weet nie of dit dan maar reg is so nie? Laat maar weet en baie dankie!Charlielv55 (kontak) 14:04, 25 Junie 2019 (UTC)
Baie dankie, waardeer!Charlielv55 (kontak) 15:02, 25 Junie 2019 (UTC)
Gemeenskap, kyk asb 'n bietjie hierna: https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-20&pages=Gerda_Steyn Wat kan ek sê? Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 27 Junie 2019 (UTC)
@K175: vir 'n soort "barometer" van aktuele gebeurtenisse kyk na : https://www.wikidata.org/wiki/Wikidata:Main_Page/Popular. Elke nou en dan skryf of vertaal ek 'n artikel van daai bladsy as daar nie al reeds een bestaan in Afrikaans nie. - Rooiratel (kontak) 05:39, 28 Junie 2019 (UTC)
Gemeenskap: myself, Gebruiker:A3_Baard en Gebruiker:dagelf doen vanmiddag om 14:00 'n aanbieding aan die mense in die konferensie. Soos ons in Afrikaanse sê: gooi 'n klip in die bos... Groete! Oesjaar (kontak) 05:44, 1 Julie 2019 (UTC)
Ek het pas 'n aanstuurbladsy van "Kakkerlakke" na "Blottodea" geskep. Ek's nie seker of dit korrek gedoen is nie, so as iemand kan seker maak, sal ek dit waardeer A3 Baard (kontak) 06:33, 2 Julie 2019 (UTC)
Dagsê almal, die volgende onderwerpe wat ek graag wil oplaai is:
Elana Barker (kontak) 05:46, 4 Julie 2019 (UTC)
Ek wil 'n bladsy skep oor Sci-Hub (met Sci-Hub as die titel), maar ek word nie toegelaat nie. As ek dit probeer skep, kry ek die volgende boodskap:
"Die bladsy wat u wou stoor is deur die gemorspos-filter geblokkeer. Dit is waarskynlik deur 'n eksterne skakel op ons swartlys veroorsaak. Die volgende teks is wat ons gemorspos-filter geaktiveer het: sci-hub."
Kan iemand asseblief help? - Rooiratel (kontak) 10:51, 5 Julie 2019 (UTC)
Sê maar net, ons verwysingsjablone is nog nie eenvormig nie, en kan nie vanaf die wysigingboks gekies word soos die nuttige vier keuses wat op Engelse wikipedia beskikbaar is nie. Self het ek geen idee hoe om dit te doen nie, maar totdat dit gedoen is gaan dit 'n baie groter schlep wees om bydraes in Afrikaans te maak as in Engels. Ek moet nou elke keer die sjabloon op Engels gaan haal en dit hier inplak, en by aanwending van die joernaal-sjabloon sien ek nie eers die outeurs se name nie. Een of ander programmeringsnerd moet dit tog vir ons regkry. Ons het darem al groter struikelblokke hier oorwin as dié een. Ook ander verbeterings aan die wysigingsboks sal welkom wees sodra ons 'n programmeerder het wat weet hoe om dit te doen. JMK (kontak) 19:05, 11 Julie 2019 (UTC)
Jy bedoel daar is nog ruimte vir verbetering? ;) Voyageur (kontak) 06:27, 16 Julie 2019 (UTC)
Lectori Salutem
Ek het 'n vraag. Kyk, in die meeste gevalle, wanneer 'n mens 'n Wiki-artikel oor fiksie skryf, probeer mens waar moontlik gesaghebbende bronne gebruik. Dit is nou van Literatuurtydskrifte tot resensies wat in koerante verskyn, tot by Prof. Dr. Joan Hambidge se woernaal. Gedrukte boeke word steeds, na al die jare, die hoogste geag, afhangend nou van die inhoud.
Wat mens dikwels 'n probleem mee het is die onderhoude.
Indien die skrywers self hul eie platforms het waar hulle jou vrae met hul antwoorde publiseer, het mens nie veel probleme nie. Ek dink nou in die hardloop weer aan Joan Hambidge wat haar eie woernaal het, terwyl Dan Roodt weer vir PRAAG het.
Baie keer lees 'n mens 'n boek jare na die uitgeedatum. Die outeur leef nog (soms op genade) en as jy nie vandag nog 'n vraag vra nie, gaan jy nooit weer die geleentheid kry nie.
Maar nou het jy sekere skrywers wat nie so gelukkig is om hul eie platform te hê nie. En die enigste plek waar jy wel 'n openbare vraag kan stel is op Goodreads se "Author"-blaaie. Ek dink almal weet nou al van Waldimar Pelser se Goodreads-blad. of... J.K. Rowling s'n of 'n Voorbeeld van 'n Furry-lit-skrywer s'n. Daar is 'n vakkie waar daar staan "Ask me a question", waarna die vraag en die antwoord verskyn.
Nou is dit vir my moeilik, want die gehalte vrae gaan wissel. Die medium is na my mening baie informeel, en tog - wat my betref is die vrae en antwoorde van veel meer waarde as die platform. Die boodskap is immers belangriker as die A-graad-papirus, dan nie?
Party gaan nou oppervlakkige vrae vra, byvoorbeeld:
Vir die skrywers word die volgende raad gegee:
Asook:
Ander sal weer grondige, diepgaande vrae rakende die agtergrond van 'n spesifieke roman hê, die oplaag, die verkope, die karakterisering, die onderliggende filosofie, die skrywer se indrukke en uitdagings, hoe lank dit geduur het om die boek te skryf - sulke vrae sou voorheen in boekvorm uitgegee moes word en nooit weer 'n herdruk sien nie. Suidpunt (kontak) 13:59, 17 Julie 2019 (UTC)
Hallo julle, sal iemand asb. die bostaande en bestaande artikel uitvee, ek het dit probeer skep met Wiki se vertaalfunksie maar dit het egter nie goed afgeloop nie om die minste te sê! (van Nederlands na Afrikaans, maar interessant genoeg gee dit 'n groter gesukkel af as van Engels na Afrikaans. Moet my nie vra waarom nie - die twee tale is dan so eenders - maar helaas, dis 'n hengse gesukkel!)
Ek sal dan weer 'n BEHOORLIKE en ordentlike artikel skep. (een wat Afrikaans gestand doen) Baie dankie- ek waardeer opreg. GroeteCharlielv55 (kontak) 18:27, 22 Julie 2019 (UTC)
Naandsê julle, ek sal môre 'n aanvang neem met die vertaling van die bg. twee artikels. Ek plaas hulle solank in hulle onvertaalde weergawes op die Afrikaanse Wikipedia (Ek vertaal tans, en werk, op artikels oor dirigente van klassieke musiek) want my rekenaar by die werk doen soms iets vreemd (Hy herlaai die programme of iets dergeliks) en dan is al my werk en data verlore - dus laai ek die artikels solank in hul huidige, onvertaalde vorm om later ontspanne daaraan te vertaal. Baie dankie, wou maar net laat weet indien enigiemand gewonder het.Charlielv55 (kontak) 16:50, 23 Julie 2019 (UTC)
Hier kry redigeerders die geleentheid om behoorlik navorsing te doen oor die betrokke onderwerp. Ek stel voor dat Britse, Amerikaanse en Italiaanse akademici en ander deskundiges deur die Wikimedia-stigting van 'n "rooi knoppie" voorsien word waarmee hulle bewerking van enige Wikimedia-projek kan stopsit sodra minimum-standaarde nie meer nagekom word nie.
[Uit die artikel Rohingia]:
Hul kroonkolonie Brits-Indie is egter deur die Britte selfs [sic] in twee verdeel, na aanleiding van die Mountbattenplan wat deur Louis Mountbatten in 1947 uitgevaardig en deur beide die Moslemliga onder leiding van Muhammad Ali Jinnah en die Indian National Congress aanvaar is. Mahatma Gandhi was gekant teen die Verdeling van Indië en het altyd vir 'n vreedsame samelewing tussen Hindoes en Moslems gepleit. Hy is in 1948 deur 'n ekstremistiese Hindoe om die lewe gebring.
Read this in another language • Subscription list for this multilingual newsletter
Did you know?
Welcome back to the Editing newsletter.
Since the last newsletter, the team has released two new features for the mobile visual editor and has started developing three more. All of this work is part of the team's goal to make editing on mobile web simpler.
Before talking about the team's recent releases, we have a question for you:
Are you willing to try a new way to add and change links?
If you are interested, we would value your input! You can try this new link tool in the mobile visual editor on a separate wiki.
Follow these instructions and share your experience:
The mobile visual editor is a simpler editing tool, for smartphones and tablets using the mobile site. The Editing team recently launched two new features to improve the mobile visual editor:
Section editing and the new loading overlay are now available to everyone using the mobile visual editor.
This is a list of our most active projects. Watch these pages to learn about project updates and to share your input on new designs, prototypes and research findings.
The VisualEditor on mobile is a good place to learn more about the projects we are working on. The team wants to talk with you about anything related to editing. If you have something to say or ask, please leave a message at Talk:VisualEditor on mobile.
18:32, 23 Julie 2019 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde voldoen myns insiens nie aan die standaard van 'n artikel nie. Dit 'n wiskunde les, niks anders nie. Verder is dit in die eerste persoon geskryf; ek het al vele male die skryfster versoek om nie in die eerste persoon te skryf nie, sonder sukses. Sy is ook in diens van Maroela Media. Dit hoort iewers in Wiki-junior, miskien Mieliestronk. Wat gaan ons doen? Groete! Oesjaar (kontak) 08:44, 24 Julie 2019 (UTC)
Gemeenskap, ek het vandag 'n simposium bygewoon saam met Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, VIVA, ATKV en nog 'n paar ander organisasies. Sodra ek die volledige presensielys het sal ek 'n verslag skryf. Dit was 'n interessante dag. Groete! Oesjaar (kontak) 19:34, 29 Julie 2019 (UTC)
Prof Laurette Pretorius het die vergadering gelei. Sy het een ding duidelik uitgewys: die aantal eenlyn-artikels wat sedert Augustus 2018 geskep is en volgens haar weinige waarde tot die Wikipedia toegevoeg het gemeet aan die Wikipedia doelwitte en standaarde. Sy is reg...ek het wel haar daarop gewys dat ons dit deels gedoen het in 'n poging om die Wiki te groei; indien die saadjie bestaan is dit makliker om dit verder te groei deur nuwe gebruikers.
Prof Annemarie Beukes (Voorsitter SAAWK) het baie vrae gevra oor vertalingsprogramme. Prof Pretorius het onmiddelik daarop gewys dat die Engelse Wikipedia masjien vertalings verbied het. Dié feit is bevestig deur raad van WikimediaZA, waarop ek as 'n lid dien. Prof Gerhard van Huyssteen het daarop gewys dat hy beïndruk is met Google Translate.
Ek, as Wiki-gebruiker, was effektief almal hierbo se kliënt. Ek het hulle op vier dinge gewys:
Gerhard het 'n model op die spreekwoordelike tafel gesit oor die rol wat al die verteenwoordigers speel om te verseker dat enige navraag vanaf Wiki outomaties na hulle verwys word, die proses wat dit sal volg en hoe dit werk. Wikiwoordeboek speel 'n integrale rol hier. Ek kan met trots sê dat Gerhard en Gebruiker:Naudefj reeds werk aan 'n oplossing om VIVA se woordedatabasis outomaties oor te dra na Wikiwoordeboek! Dankie Frank! Ons gaan net die model verwoord alvorens ek dit beskikbaar gaan stel.
Ek het baie vrae beantwoord, hopenlik korrek!
Vir my is die dag 'n sukses, ek kon 'n bewusmaking skep oor die rol van Wikipedia en hoe belangik die organisasies teenwoording se samewerking is. Ek het ook vir Prof J.E.H. Grobler ontmoet, hy het opleiding versoek.... Ek gaan hom help. Groete! Oesjaar (kontak) 06:03, 30 Julie 2019 (UTC)
Maar ek stem beslis saam Oesjaar, uit ondervinding kan ek regtig sê dat masjien-vertalings byna niks werd is nie, wat maar net my beskeie mening is. Dit is meer 'n gesukkel en regmaak as iets anders, die vertalingsmeganisme hou bv. herhaaldelik aan om "zijn" as "wees" te vertaal terwyl dit nie altyd (in die meerderheid v/d gevalle) die betekenis is waarin die woord in Nederlands gebruik is nie, maar eerder "zijn" = "sy". Geen wonder Wikipedia het masjienvertalings verbied nie! Dankie vir al jou moeite en opofferings. Groete :) Charlielv55 (kontak) 06:15, 1 Augustus 2019 (UTC)
Gebruiker:K175, daar is tans 713 artikels met 'n AS1 Error https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/af/Spesiaal:Skakels_hierheen/Hulp:AS1_errors. Dit is 300 meer as laasmaand. Die meeste, na my my mening, het ontstaan nadat jy verandernge aan sjablone aangebring het. Kan jy asb help om die foute reg te stel? Party van die foute is bo my vuurmaakplek. Groete! Oesjaar (kontak) 07:13, 30 Julie 2019 (UTC)antwoord]
Hallo almal, ek het bietjie tyd afgekry by my hospitaalwerkplek, dus probeer ek effens opvang op die Tswana, Zoeloe en Xhosa-wiki's. Ek "vertaal" S.A. plekartikels uit Engels in 'n poging om bg. wiki's uit die sloot te help!!, wat betref hul aantal bestaande artikels.
Ongelukkig beteken dit dat ek baie eenlyners daar skep (ek is nie juis Zoeloe en Xhosa magtig nie), alhoewel ek sover moontlik ook die inligtingskassies oordra. Daar is 'n erge probleem met die sjablone daar: {{Infobox settlement}} en {{Infobox South African town}} wil nie als mooi vertaal van die (en:) bron af nie!
Miskien kan @K175: my help om dit reg te stel? Dankie ook aan @Oesjaar: vir jou waardevolle insette by die Wikipediasimposium op 29 Julie. Voorwaarts! --Aliwal2012 (kontak) 07:52, 30 Julie 2019 (UTC)
Gemeenskap, Gebruiker:Burgert Behr het myns insiens genoeg ondersteuning gekry (100%) om as 'n Admin aangestel te word. Hoe word sy status verander? Groete! Oesjaar (kontak) 06:12, 31 Julie 2019 (UTC)
Aan ons vertaalguru's: ek het toevallig hierdie raakgeloop op die Engelse Wiki: https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/en/Abraham_Josias_Cloëté Dit sal goed wees indien iemand dit wil vertaal. Groete! Oesjaar (kontak) 06:23, 31 Julie 2019 (UTC)
Albei artikels het verlede week prentbeskrywings bygekry, waarin duidelik die politieke/godsdienstige siening van die skrywer tussen die lyne te siene is. Die prent van Rohingia-vroue wat "maklik van ander Mianmarese volke" onderskei kan word is alles behalwe ensiklopedies en hoegenaamd nie neutraal nie; ek beskou dit net as neerhalend. Myns insiens is so iets onaanvaarbaar op Wiki Afrikaans. Dink maar net ons sou 'n vergelykbare prent wat wys hoe "maklik Kaapse Maleiers van ander Suid-Afrikaners" onderskei kan word hier hê.
In die artikel Oeigoere beskryf 'n ander prent inwoners van westerse lande as 'n "oningeligte publiek" wat 'n "romantiese voorstellings van 'n onderdrukte volk en kultuur koester". Oeigoere was verder in "ewigdurende agterlikheid deur 'n argaïese godsdiens" gevange, maar word nou danksy die "ateïstiese Chinese samelewing van hierdie opium" [sic!] bevry. Dis alles behalwe neutraal of op ensiklopediese standaard. Ek lees net die siening van 'n skrywer, wat alle skuld aan die Oeigoere self toeskryf. Waarskynlik moet hulle eerder gelukkig wees dat die "agterlike" moskees nou afgebreek word en hulle van hul "argaïese Islam ontneem word". Ek lees net: "Dis die volk se eie skuld en hulle verdien dit nie anders nie." Ek dra dit weer na Suid-Afrika oor: "Dele van die oningeligte publiek in die weste koester romantiese voorstellings van 'n onderdrukte volk en kultuur. Kaapse Maleiers was nogtans gevange in 'n hopelose feodale stelsel waarin ewigdurende agterlikheid deur 'n argaïese godsdiens verseker is. Die integrasie in die moderne Suid-Afrikaanse samelewing onder Apartheid het mense van hierdie opium bevry." Oeigoerse vroue het as "Sigbare minderhede met slegte sig" waarskynlik dieselfde loot en "kan maklik van ander inwoners van die Volksrepubliek China onderskei word".
Ek weet hoekom die bakleiery in albei artikels ontstaan het: Ek het onder Bespreking:Genesis en Bespreking:Londen my mening gelig en met sterk ironie gepeper; ek wou eintlik net na WP:FORUM verwys, wat so iets nie toelaat nie. Waarskynlik was dit te veel speserye vir mense met 'n ander mening, jammer! Vervolgens het ek na beide Rohingia en Oeigoere verwys wat in hul tuiste swaar kry. Hulle is nou met prentbeskrywings onder minimum-standaarde toegedien. Ek herinner maar net aan Arabiese Afrikaans en Kaapse Maleiers, omdat die teiken duidelik is. As gevolg van die Geskiedenis van Afrikaans kan ek so iets nie toelaat nie. Sonder mense met verskillende gelowe en agtergronde sal dié taal heelwat anders lyk. Dis 'n feit soos 'n koei. Ek gaan hierdie prente nou verwyder, sonder om my mening in te sit. Aansluitend wil ek soortgelyks nie meer in enige artikel hier lees nie, andersins is dit my laaste dag hier. Ek skryf vir Suid(er)-Afrika en ondersteun Afrikaanssprekendes van Duitsland af, onafhanklik van hul etniese herkoms, agtergrond, godsdiens of seksuele oriëntasie, maar ek hoef hier nie te skryf nie.
Die skrywer van bogenoemde blatante nonsens kan nou kies: Ons werk net soos die verlede elf jaar saam en skryf neutrale artikels of die Afrikaanse Wikipedia moet met eensydige sieninge leef en die leser hoef nie meer 'n eie mening te kies nie, want dit staan al hier. Skryf ons nou neutrale artikels en weerhou onsself, om ons eie siening in artikels in te sit of mag enige skrywer ander volke met neerhalende woorde toegooi soos hy wil? Ek wil graag die komende Rugbywêreldbeker 2019 saam met al die verlede toernooie net soos die Krieketwêreldbeker 2019 hersien en uitbrei; ek sien verskriklik uit daarna! Verder sal ek soos gewoon al die lande en ander sporttoernooie gereeld hersien en van nuwe inligting voorsien. Dit geld veral vir die Olimpiese Somerspele 2020 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022. Ja, ek weet waar laasgenoemde beslis word en ek is glad nie tevrede daarmee nie. Verder het ek 'n nuwe 60 artikels gedurende Augustus in die pyplyn wat ek graag hier wil laai om sodoende my mylpaal van 1500 artikels te bereik. Groete. -- SpesBona 18:00, 31 Julie 2019 (UTC)
Goeiemiddag, sal iemand asseblief die artikel Battle of Vittorio Veneto wat deur gebruiker HectorMowsMyLawn geskep is kan verander na Slag van Vittorio Veneto.
Ek het ook reeds 'n paar foute daarop reggemaak. Baie dankie! Charlielv55 (kontak) 16:53, 1 Augustus 2019 (UTC)
Is daar iemand in die gemeente wat my dalk kan help met die opspoor van die bome ter nagedagtenis aan my groot-grootouers Margaretha Johanna (nee Cilliers) x Nicholaas Gerhardus Johannes Venter?
My grootgrootoupa se naam is op die suil ter ere van die ABO voor by die kerk aangebring as Veldkornet NGJ Venter.
Dit lyk vir my op google earth asof die bome naby 'n groot vark- of hoenderplaas is. Kan iemand my dalk help met die plaas se naam en wie die eienaar is sodat ek toestemming kan bekom. My grootouers is in 1917 in julle gemeente getroud en my ma (1923) en al haar broers en susters ook daar gedoop.
Groete, Charline Wentzel ([email protected])
Heil die deurlugtige leser
Diegene wat die Onlangse Wysigings dophou, is wel bewus waarmee ek die 6de Augustus besig was. Uit empiriese bewyse van Pieter W. Grobbelaar se kant af (1991), weet ons Eliza Meiring het nooit bestaan nie. Ek vind dit dus onsinnig om aan 'n spooknaam vas te kleef wat nooit eens bestaan het nie. Wie stem ons moet die artikel eerder Heks van Hexrivier noem? Suidpunt (kontak) 16:04, 6 Augustus 2019 (UTC)
Uitgevoer Dankie almal, die skuif is gemaak. Suidpunt (kontak) 18:26, 7 Augustus 2019 (UTC)
Goeiemore julle,
Sal iemand asb die blad verbind met Paul Ernst (German writer) - ek het dit slegs geskakel met Paul Ernst welke blyk 'n dubbelsinnige blad te wees. Baie dankie!Charlielv55 (kontak) 07:29, 7 Augustus 2019 (UTC)
Gemeenskap, sien Bespreking:Hennie Rossouw. Julle mening asb? Groete! Oesjaar (kontak) 15:24, 12 Augustus 2019 (UTC)
Goeiedag almal, ek wil maar net verneem waarom daar nie op Wikipedia se tuisblad/verwelkomingsblad iets is oor 14 Augustus 1875 nie (Vandag in die Geskiedenis), te wete die dag waarop die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (en derhalwe waarom vandag onder veral Afrikaners en Afrikaanses as Taaldag gevier word) plaasgevind het? Groot weglating... Groete, Charlielv55 (kontak) 07:46, 14 Augustus 2019 (UTC)
Baie dankie jong, duisend dankies! Geniet hom :) Charlielv55 (kontak) 08:26, 14 Augustus 2019 (UTC)
Dankie, ek het nou self uitgewerk hoe werk die Sandput en skuif van artikels na en van die hoofnaamruimte. Sal dit dan maar voortaan so doen alhoewel ek meen ek steeds binne 'n relatiewe kort tydperk vertalings kan doen al moet dit nou vir 'n rukkie op die hoofnaamruimte as halfvertaal voorkom. Maar ek berus my daarby .Charlielv55 (kontak) 07:40, 16 Augustus 2019 (UTC)
Hello all,
Last month, the Wiki Foundation's Trust & Safety team announced a future consultation about partial and/or temporary office actions. We want to let you know that the draft version of this consultation has now been posted on Meta.
This is a draft. It is not intended to be the consultation itself, which will be posted on Meta likely in early September. Please do not treat this draft as a consultation. Instead, we ask your assistance in forming the final language for the consultation.
For that end, we would like your input over the next couple of weeks about what questions the consultation should ask about partial and temporary Foundation office action bans and how it should be formatted. Please post it on the draft talk page. Our goal is to provide space for the community to discuss all the aspects of these office actions that need to be discussed, and we want to ensure with your feedback that the consultation is presented in the best way to encourage frank and constructive conversation.
Please visit the consultation draft on Meta-wiki and leave your comments on the draft’s talk page about what the consultation should look like and what questions it should ask.
Thank you for your input! -- The Trust & Safety team 08:02, 16 Augustus 2019 (UTC)
Ek lees heel toevallig daarvan. http://cke.christians.co.za/about-ecke/
Ek sien hulle het 160 medewerkers, maar slegs "nagenoeg" 3 500 lemmas, sedert 2008. Die onlangse statistiek wys ons is 50 aktiewe bydraers, maar slegs 12 tot 14 ywerige bydraers wat meer as 100 veranderinge per keer aanbring. En kyk net al daardie watertand BORGE! ($_$) Wel, nou verstaan ek hoekom hier, buiten Morné se voorbladartikels ensomeer, bykans geen predikant sy Sondagsermoen hier kom lewer nie! Maar gemeet aan die hoeveelheid data en inligting wat ons daagliks gratis en verniet en anoniem verwerk en weergee... begin ek wonder wie doen die wérklike liefdadigheidswerk. Is al daardie geld nodig terwyl jy hier 'n gratis platform tot jou beskikking het? Of is dit 'n manier om die data te kontroleer of te behéér? Indien laasgenoemde: Dankie tog ons het het géén verpligtinge teenoor niemand nie en ook géén bybedoelings nie.Suidpunt (kontak) 12:35, 18 Augustus 2019 (UTC)
Ek het al daarvan gehoor Suidpunt...nou nie dat dit 'n reuse indruk op my gemaak het nie ;)Charlielv55 (kontak) 16:59, 19 Augustus 2019 (UTC)
Goeienaand julle, ek wil nou nie snaaks wees nie maar die bogenoemde onderwerpe benodig nogal baie skaafwerk en werk aan die taalgebruik, grammatika, spelling, woordkeuse en sinsbou daarvan. Ek weet egter almal is baie besig, wou maar net laat weet :) Charlielv55 (kontak) 16:58, 19 Augustus 2019 (UTC)
Hallo daar, watter tipe sjabloon is die bogenoemde, en hoe laat ek dit werk op die Afrikaanse Wikipedia? Groete Charlielv55 (kontak) 17:30, 19 Augustus 2019 (UTC)
Goeiemiddag, ek's tans lekker besig om van @Elana Barker: se artikels met {{taksoboks}} te versorg. Nou sien ek die volgende. Kortsprietsprinkaan vermeld as wetenskaplike naam (die Latynse een) Caelifera, maar dit is ook by sprinkaan, wat reeds 'n taksoboks het. Beskryf laasgenoemde dalk sprinkane in die algemeen soos die Duitse de:Heuschrecke (Orthoptera), wat ons nie het nie? Of is sprinkaan 'n sinoniem vir kortsprietsprinkaan, wat ook die langsprietsprinkaan dek? Dalk kan ons die artikel sprinkaan in 'n algemene artikel soos die Duitse omskep en beide kortsprietsprinkaan met de:Kurzfühlerschrecken en langsprietsprinkaan met de:Langfühlerschrecken koppel. Volgens die letterlike betekenis maak dit net sin. Ek het biologie hoegenaamd nie geswat nie, dus vra ek liewers. Groete. -- SpesBona 13:00, 20 Augustus 2019 (UTC)
Gemeenskap, sien bogenoemde se bespreking. Groete. -- SpesBona 08:55, 21 Augustus 2019 (UTC)
Hey everyone,
The Wiki Foundation wants to work on two things that affect how we patrol changes and handle vandalism and harassment. We want to make the tools that are used to handle bad edits better. We also want to get better privacy for unregistered users so their IP addresses are no longer shown to everyone in the world. We would not hide IP addresses until we have better tools for patrolling.
We have an idea of what tools could be working better and how a more limited access to IP addresses would change things, but we need to hear from more wikis. You can read more about the project on Meta and post comments and feedback. Now is when we need to hear from you to be able to give you better tools to handle vandalism, spam and harassment.
You can post in your language if you can't write in English.
Johan (WMF)14:18, 21 Augustus 2019 (UTC)
Goeienaand Gemeenskap. Ek probeer, om bogenoemde met die gewone taksoboks te voorsien, maar kan niks vind nie. Waar pas die boom in? Op die Nederlandse wiki het ek nl:Ligustrales gevind. Is Chinese liguster dalk 'n ander naam vir Oleaceae? Groete. -- SpesBona 19:15, 21 Augustus 2019 (UTC)
Hallo, wat is die verskil tussen 'n filharmoniese orkes en 'n simfonie-orkes? Ek wil nie dit verkeerdelik aanmekaar skakel nie! Dankie, --Aliwal2012 (kontak) 11:55, 23 Augustus 2019 (UTC)
Dag mense
Ek het die volgende verslag al 'n geruime tyd op my hardeskyf, want ek sou en ek wou 'n artikel daaroor begin, maar besef nou eers dit het geen ISBN-nommer nie... Dus, kan ek nie 'n artikel daarvoor regverdig nie.
Diegene wat werklik geen lewe het nie, kan hierdie 98 bladsye maar met liefde opsom, maar bly maar liefs weg van Afdeling A - almal is vrééslik pessimisties rakende Afrikaans en die gebruik daarvan in elke liewe sfeer. Drink jou koffie sonder suiker, melk en kookwater: net die bitter poeier bly oor. Duidelik het jy hier respondente wat glo daar bestaan net twee tale op aarde. Foeitog, kom ons kry hulle jammer. (As jy ten minste drie tot vier tale magtig is/kan lees - dan sal jy nie jou moedertaal prysgee en die taalverskuiwing nie - hoe moeilik is dit om in te sien? Dis mense wat bôggerôl gewoond is wat hul taal prysgee om opgang te maak. En dit het die Hollanders voor die 1970's, met hul vyf verpligte tale op middelbare skool, ook geweet!)
Gaan mens na Afdeling B is dit maar net 'n paar punte wat gebruik word as keerwal dat die taal nog verder agteruitboer. In my oë is die meeste strategieë maar baie esoteries - om 'n soort [goeie] (spook)beeld van Afrikaans met 'n ouijabord op te roep. Al slotwoord wat wel help is "verskeidenheid" [onderwerpe, genres, ens.].
Maar die eerste onvergeeflike doodsonde is begaan om die Afrikaanse Wikipedia suiwer oor die hoof te sien. Haai, sies julle! En juis daarom moet ek julle straf! Ek gaan die verslag ignoreer...
Ten tweede is om ons geliefde buitelanders (ook Brasiliane en Indonesiërs) oor die hoof te sien. Ek wonder net waarom die Duitsers, as ek Google Trends kan glo, minder in Afrikaans belangstel as in Esperanto. Is hulle dan siek? In hierdie week kry ek selfs te make met iemand wat vlot Quechua bestudeer. Flippit! Wat het daardie taal nou eintlik te bied behalwe bygeloof en 'n grieselrige agtergrond vir Shadow of the Tomb Raider? Ek dink darem Afrikaans het veel meer te bied? Suidpunt (kontak) 18:07, 24 Augustus 2019 (UTC)
Strategie | Kommentaar |
Local is lekker Plaaslik is plesierig | Hierdie standpunt voer aan hoe plaasliker ons werk, met plaaslike bronne – hoe hoër sal die belangstelling wees. Ongelukkig het ons hier te make met Brave New World. En is die Vloek van De Rust ooit ensiklopedies relevant? [‘n Jodin vervloek die dorp De Rust in die 1940’s en sedertdien het die dorp nooit op dreef gekom nie- Sue van Waart skryf uitvoerig hieroor. En selfs al het De Rust die Dorp van die Jaar-prys op kykNET gewen, het die dorp net al hoe meer agteruit begin boer!] |
Gaan internasionaal, maar fokus op een land | Hoe meer ons by die buitelandse sake inwurm (en vertaal uit marginale tale), hoe meer fokus ons die aandag op óns. Ongelukkig skeep ek die Suid-Afrikaanse omgewing af, maar die buitelandse kennis word ingewin. |
Vakgerig | Ongelukkig is hierdie afdeling net vir groter Wikipedias beskore: as ek slegs oor ‘n volkie in Suid-Amerika wil skryf wat met ‘n spyker in die grond dag vir dag ploeg, dan skryf ek net oor hom. Ek dink egter mense sal later siek word as elke liewe beriggie waaroor ek skryf Latyn ophemel. Maar dan het jy nie meer ‘n handboek nodig nie. Ek oorweeeg wel afwisseling met Oerruimtevaartteorie en oor daardie "ruimtevaartuie van lig". |
Fokus op die gemarginaliseerdes | Wel, stel jou vir een oomblik voor ons maak die Afrikaanse Wikipedia dié “save space” vir Furries en Furry-belange. Ek sien klaar ‘n Blue Screen of Death in hul oë – want hoe vereenselwig ons Afrikaans met “vryheid”? Kyk na al ons Suid-Afrikaanse Furries – die meerderheid dra Engelse skuilname. Die Duitsers hoegenaamd nie. |
Suidpunt (kontak) 17:03, 25 Augustus 2019 (UTC)
Ek het per ongeluk Sosialistiese Sowjetrepubliek geskep, terwyl Republieke van die Sowjetunie reeds bestaan. Het reeds die artikel met Republieke van die Sowjetunie versmelt, kan iemand asseblief Sosialistiese Sowjetrepubliek verwyder. Dankie Sobaka (kontak) 08:21, 26 Augustus 2019 (UTC)
Uitgevoer Burgert (kontak) 09:06, 26 Augustus 2019 (UTC)
Wat is 'n "polymath" in Afrikaans? By voorbaat dankie :)Charlielv55 (kontak) 16:51, 26 Augustus 2019 (UTC)
Baie dankie jong! Dan klink Stephen Hough vir my eerder na 'n veelweter! (belese klink ook te algemeen, baie mense is belese, maar veelweter is 'n term wat beter onderskei). Groete!Charlielv55 (kontak) 17:14, 26 Augustus 2019 (UTC)
Gemeenskap, die volgende skryfweek vind plaas van 23 tot 29 September 2019. Gaan asb. die nominasies vir onderwerpe op Wiki: Skryfweek na en stem of nomineer nuwe onderwerpe. Groete. – K175 (gesels met my | my bydraes) 19:18, 26 Augustus 2019 (UTC)
Wiki: Afrikaanse name geskep deur die Wikipedia-gemeenskap is slegs spesiename; maar hoe gemaak met moontlike neologismes?
Voorgestelde woord | Ander tale | Kommentaar |
wisselganger (nie te verwar met wisselaar) | (en) shapeshifter (de) Formwandler, Gestaltwandler (nl) gedaante(ver)wisselaar, vormveranderaar (la) versipellis (letterlik: draaivel, veldraaier; maar in die betrokke konteks van die teks is bedoel "weerwolf") | Ek het gedink, kom ons maak iets korter; laat ons sinspeel op 'n ander aardige kreatuur, die dubbelganger. Ge-daan-te-ver-wi(s)-se-laar is 'n allemintige sewe klankgrepe; sou vier nie makliker op die oor klink nie? |
snoetstampie / neusdrukkie / neusvrywe. En as mens bietjie kreatief met die WAT omgaan: groetneus | (en) nose boop | Ek dink soos mens 'n "vuisstamp" (fist bump) kry, as groetgebaar. Opvallend probeer die Nederlands die woord ontwyk, soos "Do not boop on my nose!" word "Bly weg van my neus!" |
oerruimtevaartteorie | (en) ancient astronaut theory, (de) Prä-Astronautik (nl) paleocontacthypothese | Sover ek weet het G.S. De Bruin die Engels letterlik vertaal met "antieke ruimtevaarder-teorie" in sy Ph.D.-proefskrif in die jaar 2000. |
Wat is die Duitse/Engelse/Nederlandse naam van Fringidae? 'n Google-soektog lewer niks op nie! Groete. -- SpesBona 10:24, 27 Augustus 2019 (UTC)
Wie is in beheer van die Facebook-groep? Kan daardie persoon dalk net aandag gee aan al die gemorspos wat onlangs daar verskyn het? – K175 (gesels met my | my bydraes) 13:04, 27 Augustus 2019 (UTC)
Waar pas die blaarmosse by die mos in? Musei lewer niks op nie, "net" 'n stad in Italië. Let op, die Nederlanders het nl:Bladmossen, dis ons Bryopsida; die Duitse Wikipedia het de:Laubmoose, dis ons mos. Wat doen ons nou? Groete. -- SpesBona 21:45, 27 Augustus 2019 (UTC)
Hallo julle, ek dink die onsin kwalifiseer vir onmiddellike verwydering.Charlielv55 (kontak) 13:51, 28 Augustus 2019 (UTC)
Hierdie rooi kategorie kom nou op by artikels oor sterre. Maar dit is onafrikaans. 'n Mens praat net van Arabiese teks, nie Arabiestalige teks nie. Skep 'n mens die kategorie en stuur dit aan na die korrekte kategorie, of hoe? Ek sien daar is ander, soortgelyke kategorieë. Burgert (kontak) 19:21, 6 Junie 2019 (UTC)
table.insert (cat, '[[Kategorie:Artikels wat '); if 'en' == code then table.insert (cat, 'uitdruklik gesiteerde Engels'); elseif 'art' == code then table.insert (cat, 'constructed') else table.insert (cat, language_name); end table.insert (cat, 'talige teks bevat]]');
Die goed kan baie maklik omseil word deur bv. {{ar}} aan die begin van die verwysing te gebruik, in plaas daarvan om die taal binne-in die verwysing te noem. Sien byvoorbeeld Durban, waar natuurlik ander tale aangedui word. Groete. -- SpesBona 07:45, 29 Augustus 2019 (UTC)
Hallo, hoe verwys ek hierna? My eerste poging:
{{cite book |last= |first= |authorlink= |coauthors= |editor=Claire Philip |others=Louise Vorster en Francois Griebenow |title=Die monster-feiteboek oor dinosourusse en lewe in die oertyd |origdate= |origyear=2014 |origmonth= |url= |format= |accessdate= |accessyear= |accessmonth= |edition= |series= |date= |year=2016 |month= |publisher=Bargain Books |location=Kaapstad |language=Afrikaans |isbn=9781920608866 |oclc= |doi= |id= |pages= |chapter= |chapterurl= |quote= }}
Dankie by voorbaat. – K175 (gesels met my | my bydraes) 19:16, 31 Augustus 2019 (UTC)
Goeie dag Aliwal2012. Ek onderhou die (Engelse) MuseScore wikibladsy en die Afrikaanse vertaling van MuseScore. Die laaste ding wat ek wou doen is om die bladsy te vandaliseer. Ek wil graag bydra aan die Afrikaanse weergawe van hierdie bladsy, maar nie as ek afgeskiet gaan word nie. Meeste van die wysigings is goed wat volgens my nie geverifieer word nie, of in lyn is met die Engelse weergawe van die bladsy. Wat is die mees konstruktiewe manier wat ek kan deelneem? Die bladsy is erg verouderd / agterstallig soos wat dit is. Riaanvn (kontak) 13:35, 1 September 2019 (UTC)
"10:16, 29 Augustus 2019 Aliwal2012 besprekings bydraes het bladsy Colin Davis verwyder (Artikel oor 'n regte persoon, organisasie of webblad wat nie aandui waarom die onderwerp van ensiklopediese belang is nie: Inhoud was: "#AANSTUUR Gebruiker:Charlielv55/sandput/Colin Davis" (en die enigste bydraer was Charlielv55)) (bedank) 10:15, 29 Augustus 2019 Aliwal2012 besprekings bydraes het bladsy Malcolm Sargent verwyder (Inhoud in 'n ander taal: Inhoud was: "#AANSTUUR Gebruiker:Charlielv55/sandput/Malcolm Sargent" (en die enigste bydraer was Charlielv55)) (bedank) 10:14, 29 Augustus 2019 Aliwal2012 besprekings bydraes het bladsy Christian Ferras verwyder (Inhoud in 'n ander taal: Inhoud was: "#AANSTUUR Gebruiker:Charlielv55/sandput/Christian Ferras" (en die enigste bydraer was Charlielv55)) (bedank) 12:36, 26 Augustus 2019 Aliwal2012 besprekings bydraes het bladsy Stephen Hough verwyder (Inhoud in 'n ander taal: Inhoud was: "#AANSTUUR Gebruiker:Charlielv55/sandput/Stephen Hough" (en die enigste bydraer was Charlielv55)) (bedank)"
Hallo daar, met verwysing na bg.: het jy die aanstuurbladsye verwyder? (antw: Ja. Aliwal2012) Dit wil amper voorkom asof die Hoofnaamruimte artikels geskrap is? Wil maar net seker maak, want die artikels bestaan nog op die hoofnaamruimte. Die volgende op die skraplogboek het my laat skrik: "Artikel oor 'n regte persoon, organisasie of webblad wat nie aandui waarom die onderwerp van ensiklopediese belang is nie" :) Groete!Charlielv55 (kontak) 14:18, 2 September 2019 (UTC)
Miskien is ek nog nie so lekker op hoogte met hoe dinge werk nie of net deur die blare:(
Dankie vir die terugvoer jong, en dankie Aliwal :) Charlielv55 (kontak) 10:59, 3 September 2019 (UTC)
Ek sal nou in Engels praat om dit makliker te maak vir my. Can someone please give a link for template for a school.I'm new here and want to create an article but am quite dumbfounded as I cannot seem to find a template like this. TheDudeFromTheUpperEchelon (kontak) 19:18, 2 September 2019 (UTC)
Hallo gemeenskap, ons moet streef na eenvormigheid met betrekking tot biografieë. Ek stel voor ons volg die Engelse stylgids, wat onder meer die volgende riglyne bevat:
– K175 (gesels met my | my bydraes) 07:32, 3 September 2019 (UTC)
Goeie genade! Die Engelse Wikipedia is só chaoties en op plekke lelik, slordig en onleesbaar dat dit 'n bestaansrede verskaf aan netjies versorgde betaal-ensiklopedieë. Die styl verskil van projek tot projek, maar die Afrikaanse Wikipedia hoef nie as 'n onderafdeling van die Engelse uitgawe bestuur te word nie. * en † mag weggelaat word (die gebruik daarvan het veral in Duits ingeburger - ek hou daarvan omdat hierdie simbole so presies is soos wiskundige formules), die geboorteplek is 'n ander ding. Ek stem saam dit is oorbodig as daar 'n inligtingskassie is. In alle ander gevalle moet dit genoem word - behalwe vir persone wat van begin af as spirituele wesens bestaan het en wie se geboorte derhalwe klaarblyklik geen ruimtelike dimensie gehad het nie.
Eenvormigheid moenie 'n doel op sigself wees nie. Die uitbreiding van ensiklopediese kerninhoud en taal- en uitlegversorging bly 'n prioriteit. 'n Groot persentasie van Wikipediane wêreldwyd vind blykbaar genot in tegniese formatering en soortgelyke dinge. Baie van die artikels bly nogtans onleesbaar solank as wat hulle geen benul van moderne oogvriendelike uitleg het nie. Ek weet nie waardeur Engelssprekende bydraers in hul Wikipedia soms gedryf word nie, maar hulle styl is die laaste ding wat ek as voorbeeld sou erken. Soos vyf verwysings (waartussen in die bronteks êrens 'n bietjie redaksionele, bruikbare teks skuil hou) vir een en dieselfde feit - dit lyk vir my vier te veel te wees. Waarskynlik verskaf Engelse taalkennis toegang vir 'n massa skrywers van wie elkeen sy/haar spore wil laat. Voyageur (kontak) 08:16, 3 September 2019 (UTC)
Hallo. Ek sal baie graag bladsye oor die streke van Finland wil skryf, maar ek het 'n vraag: Sal ek die Finse name (soos Pohjois-Karjala), die Sweedse name (soos Norra Karelen) of onamptelike Afrikaanse vertalings (soos Noord-Karelië) gebruik om die bladsye te noem? Ek sien dat verskillende Wikipedias verskillende beleide op hierdie saak het. --Gálaniitoluodda (kontak) 20:05, 3 September 2019 (UTC)
Gemeenskap, wat is die korrekte transliterasie van Алекса́ндр? Ek sien op Aleksander N. Skriabin het ons "Aleksaner" maar op Aleksandr Borodin is dit "Aleksandr". Groete - Rooiratel (kontak) 05:17, 4 September 2019 (UTC)
Sedert 'n onlangse wysiging is bogenoemde stukkend en navigasiesjablone verskyn nie meer toegeklap nie, sien byvoorbeeld Afrikaans. Ek kan die betrokke sjabloon egter nie opspoor nie. Enige raad? Groete. -- SpesBona 07:30, 5 September 2019 (UTC)
Dit werk nie soos dit moet nie. As ek die muiswyser oor die punte beweeg, verskyn net die Engelse "Krieketwêreldbeker 2019), maar nie dit wat agter die | staan nie. Wat makeer hier nou weer? Groete. -- SpesBona 07:46, 5 September 2019 (UTC)
Goeienaand gemeenskap, van die Wêreldspektrum-reeks is daar nog drie artikels oor vir versmelting. Hulle is Thomas Alva Edison en Thomas Edison, Marthinus de Villiers Lourens en M.L. de Villiers, Camillo di Cavour en Camillo Benso di Cavour. Die probleem is dat ons alreeds goeie artikels met heelwat inhoud het. Wat voeg ons nou in, wat haal ons uit, wat behou ons? Groete. -- SpesBona 17:15, 5 September 2019 (UTC)
Hallo, kan julle my asb. help?
Ek wou die "Nuwe Boedapest Kwartet" skep, maar toe ongelukkig onder "Boedapest Strykkwartet" geskep en dit toe aangestuur na "Nuwe Boedapest Kwartet".
As ek nou 'n nuwe artikel van die ouer (en heel iets anders) kwartet, "Boedapest Strykkwartet", wil skep dan sê Wikipedia vir my die blad bestaan steeds omdat dit 'n aanstuur na Die "Nuwe Boedapest Kwartet" is. Sien die Eng. Wiki artikel "Budapest String Quartet". Hoe nou gemaak? Ek sal julle hulp en regstelling opreg waardeer en by voorbaat jammer dat ek julle met sulke onbenullighede pla !!! Beste groete Charlielv55 (kontak) 08:37, 6 September 2019 (UTC)
In die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal van 2005 en die Pharos Woordeboek Afrikaans-Engels (nuutste uitgawe) is die aanbevole Afrikaanse spelling aangepas by die Nederlandse Tirol, alhoewel daar in albei tale ook Tirool as tweede aanvaarbare spelling bestaan. Google Translate het derhalwe eweneens vir die Tirol-spelling gekies en ek stel dus voor dat ons enige pogings deur taalkundiges om elke liewe jaar die spelling te verander ignoreer. Anders sal buitelandse belangstellendes, wat op bogenoemde publikasies en Google aangewese is, beswaar aanteken. Die "taalwagters" het in die verlede reeds eg Afrikaanse spellings soos Sjina laat vaar en moet dan ook met Tirol tevrede wees. Voyageur (kontak) 21:11, 9 September 2019 (UTC)
Het 'n watermuishond in ons swembad gekry. Waar sou dit vandaan kom? Ons bly in Durbanville. Dankie, M Aylward– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 197.81.86.226 (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Hallo manne, nou net opgetel, sal julle verwyder asb? Die enigste inhoud is "hoi", loutere snert. Dankie ! :)Charlielv55 (kontak) 07:42, 11 September 2019 (UTC) Ns:sien die tipe gedrag nogal deesdae baie...die skoorsoeker se ID/toestel?- hier bevind ek my in vreemde gebied - is 217.102.250.17.
Goeiedag, sal iemand asb. die aanstuurblad Gebruiker:Charlielv55/sandput/Juilliard Strykkwartet kan verwyder, asook die blad Charlielv55/sandput/Juilliard Strykkwartet wat op die hoofnaamruimte rondsweef? Baie dankie! GroeteCharlielv55 (kontak) 16:14, 12 September 2019 (UTC)
Dankie jong, ek sit en slaap, het nog nooit in my dag des lewens sulke snert aangevang nie. Ek sal volgende keer in die nag slaap :)Charlielv55 (kontak) 16:46, 12 September 2019 (UTC)
Menere Burgert Behr, Morné en Mieliestronk, Oesjaar, asook liewe bydraers betrokke by Maroela Media.
Almal van u het op een of ander wyse met die pers te make, of kontak gehad.
In my artikel genaamd "Strategieë ter bevordering van Afrikaans", wat stadig besig is om vorm aan te neem, is "gratis koerantnuus in Afrikaans op die internet" een ideaal. Voordat ek verder aangaan: die doel waarom ek die artikel skryf is om strategieë wat ook in die verlede bedink is, soos die gewaande "tweetaligheid" van die "ideale Afrikaner" (wat toe nie Afrikaans bevorder het nie, maar hom eerder genope laat voel het om meer Engels te gebruik), ook onder die soeklig te bring. Veral die "blanke immigrasie" wat party gedink het nou 40 000 nuwe Afrikaanssprekendes per jaar in die 1960's gaan oplewer, is lelik ontnugter.
Nou goed. In die artikel in 2017 geskryf deur Riaan Grobler in Taalgenoot, getiteld 'Koerante sterf klik vir klik', word gekyk na die digitale oorgang.
Ek wil dus hê u moet krities deur die bovermelde Taalgenoot-artikel lees, en dan veral kyk na my kritiek wat ek hieronder opgesom het, aangesien ek nog nooit vir 'n koerant gewerk het nie. Ek kan dus nie weet of die artikel die koerantbedryf oorvereenvoudig nie. Die stuk oor Netwerk24 wat streekskoerante gekoop het, hieronder, spreek ek uit eie ervaring: die Theewaterskloof/Overberg Gazette, nog altyd 'n gratis gedrukte koerant wat in die verlede ook swaar op advertensies gesteun het, het ten tyde van die Taalgenoot-artikel nog nie die kenmerkende Netwerk24-kop gedra nie. Dit geld ook vir die Boland Gazette.
Die stuk hieronder van Serfontein se mening oor die koerantbedryf is nog iets besonder relevant wanneer ons te make het met gratis nuus. Die stuk oor die laeresolusie-video/foto en twitternuus is eerder 'n skimp op die halfuurlange e-Nuus (die onafhanklike televisiediens) as op Maroela Media.
Reg, hier is die stuk. Ek probeer waar moontlik die strakke lyne net beter inkleur deur konkrete voorbeelde te gee.
Gratis koerantnuus in Afrikaans op die internet
Dan, nog een vraag.
Ek sien daar is 'n berig in Kampvegter van Die Burger, Saterdag, 19 Mei 2012, waarin gevra word oor Multichoice/DStv. Die klaer wil weet waarom die intekenaars maand vir maand presies dieselfde herhalings oor en oor per dag sien (en/of beeldmateriaal "gerieflik" uit die argief gehaal word). Die klaer is woedend, aangesien hy ervaar hoe die prys net opgestoot word, "en jy moet maar net betaal vir dit wat hulle oor en oor aanbied. Ek glo vir hulle is dit 'n bomus om al die flieks ens. wat in hul argiewe is, weer en weer aan te bied."
Nou word gesê Multichoice het beperkte beheer daaroor, want die kanale self (ook dié wat uit die buiteland gekoop word) is daarvoor verantwoordelik. Maar dis nie waaroor ek wonder nie.
My moeder hou vol daar het by die destydse SAUK, anders as by die SABC, nie iets soos herhaling op TV1 in die 1980's/vroeë-1990's bestaan nie. Hoewel ek my nie kan indink hoe elke minuut 24 uur lank nuwe inhoud uitgesaai is nie (verdomp, dan sal ek ook voor die TV die hele dag lê!), gaan ek haar die binnevet van die boud gee. (En tog - die Swart Kat sien ek is in die 1980's gemaak, terwyl ek hom uit my kinderjare van die 90's onthou; sover ek weet was Namakwalanders die eerste reeks wat herhaal is - iets wat akteur Hans Strydom goed die bliksem in gemaak het, as my geheue my nou nie parte speel nie, want die akteurs word nie vir hierdie werk betaal wat weer gebeeldsend word nie)
Nou wonder ek net: is dit omdat daar slegs één (1) Afrikaanse (of, eintlik, "halfafrikaanse") televisiekanaal was, die personeel en akteurs hongerlone (sonder oortyd en kraamverlof (ag, watwou, sonder veroorloofde piepietyd - vir volk en vaderland!) destyds, soos gebruiklik by kripvreters) betaal is, die fondse oordeelkundig bestuur is, dat daar meer produksies op die voerband geplaas is? Is dit omdat die wisselkoers nog gunstig was (wat die aankoop en oorklank van produksies vergemaklik het), of wat? Is dit omdat daar destyds in Amerika meer televisiekykers was, die adverteerders hope geld ingestoot het, en meer produksies gemaak kon word - nie veel anders as in Suid-Afrika nie?
Of is dit omdat ons self sien hoe YouTube-kanale elke dag iets nuuts oplewer en dan onder die indruk verkeer "maar wag 'n bietjie, waarom doen my televisie dit nie"? Suidpunt (kontak) 15:36, 13 September 2019 (UTC)
Die Afrikaanse literator Annemarie van Niekerk wat in Den Haag woon en die voorreg het om van die buiteland af terug te kyk na SA oordeel in ’n onlangse onderhoud op LitNet... |
Oesjaar, ons het mos in Junie reeds gepraat oor hoe ons ou joernaliste en ander kan probeer motiveer om betrokke te raak by die Afrikaanse Wiki Afrikaans. Jy het toe gesê jy kan 'n kursus aanbied vir die oningewydes. Ek het pas eers die kans gehad om die volgende skrywe op net een geselsgroep op Facebook te plaas en daar is nogal 'n hele aantal wat sterk belang stel om betrokke te raak. Die vraag is waarvandaan nou? -- buiten dat ek hulle kan vra om as 'n begin by Wikipedia aan te sluit.
Hierdie skrywe is veral vir die aantal afgetrede joernaliste wat lid is van hierdie gespreksgroep en vir enige ander uitgebyte ou sekelstert van die media wat dalk hier sou lees. Maar ook vir elkeen wat van navorsing en skryf hou.
Die Afrikaanse Wikipedia is 'n aanlyn ensiklopedie wat in die verlede nie veel aftrek gekry het nie omdat die magtige Engelse Wikipedia met sy duisternis artikels dit totaal oordonder. Nogtans het die Afrikaanse weergawe veral in die afgelope tyd goed op dreef begin kom danksy bydraes en die betrokkenheid van kundiges, ook uit die joernalistieke poel.
Maar groot lande lê braak en die arbeiders is bloedmin. Is daar pensioenarisse of ander wat bereid is om te help artikels skryf? Die nageslag kan julle dalk nog bedank vir jul ywer! Een van die ou hande by Wikipedia het beloof om vir diesulkes 'n kursus aan te bied oor hoe om betrokke te raak -- maar uiteindelik is dit glad nie so moeilik nie, want dit vereis 'n baie basiese kennis. Artikels kan selfs uit Engels of Nederlands vertaal word, in welke gevalle eie navorsing nie eens nodig sal wees nie.
Dui asseblief net hieronder aan of jy belang stel. Dit is nog slegs 'n tentatiewe ondersoek. Mieliestronk (kontak) 16:31, 16 September 2019 (UTC)
Beste Mieliestronk, die Wikimediastigting het hulle algemene jaarvergadering 16/17 Nov daar in jou dorpie! Ek kan 'n dag of twee vroeër afvlieg of later terugkeer om die kursus aan te bied. Kry solank vir ons 'n lys van persone wat belangstel bymekaar sodat ek weet waarvoor om reëlings te tref. As jy ook vir my lyste in ander stede bymekaar kan kry dan kan ek begin motiveer vir fondse. Vir die rekord: ek werk vir myself nadat ek driekeer afgelê is die afgelope 9 jaar! Met 12 jaar se studies agter my; ek is nou te oud, blank en praat die verkeerder taal. Groete! Oesjaar 05:01, 19 September 2019 (UTC)
Oesjaar, jou geen kommentaar op die bogenoemde laat 'n ou wonder of jou verwagtinge t.o.v. van die projek nie bewaarheid is nie! :-) En of die uwe dan maar liewer moet ophou om verdere moeite te doen? Een probleem is wel dat 'n mens nie weet hoeveel mense vir die bywoning van 'n kursus jy as "lewensvatbaar" sou beskou nie. Ook dat ek nie kan visualiseer waar en hoe jy so 'n kursus kan aanbied sodat ek dit aan moontlike belangstellendes kan oordra nie. Mieliestronk (kontak) 05:38, 30 September 2019 (UTC)
Ek sien nou 'n ontstellende ding: dat mense bv. Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede onder Kategorie:Afrikaners plaas as [[Kategorie:Afrikaners|*]] of [[Kategorie:Afrikaners| ]]. Ek weet nie waar dit posgevat het nie, maar die enigste artikel wat in Kategorie:Afrikaners met 'n spasie geplaas word, is Afrikaners. En niks word geplaas met 'n asterisk nie, tensy dit met 'n asteriks begin. Dit gaan nou weer 'n klomp werk kos om dit alles reg te stel. Let asseblief op die gebruike op Wiki Afrikaans. Dankie. Burgert (kontak) 20:08, 16 September 2019 (UTC)
Jy slaan die spyker op sy kop K175! Watter blanke Afrikaanssprekendes wil kwansuis nie as Afrikaners identifiseer nie? (en waarom is die onderwerp sensitief? Met respek, gaan lees Giliomee se 'Die Afrikaners' om oor die "sensitiwiteit" te kom!) Charlielv55 (kontak) 14:44, 16 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde is 'n interessante artikel met genoeg bronne, vir 'n slag. Ek het egter 'n probleem met die styl waarin dit geskryf is, daar is sekere gedeeltes wat nie in ensiklopediese styl is nie. Eerstens die gebruik van die eerste persoon is nie Wiki styl nie. Ons vra nie vrae in artikels nie, ons gee feite weer, in koue ensiklopediese taal. Teen die einde klink die artikel soos 'n meningsopname... Julle opinies asb. Groete! Oesjaar (kontak) 05:36, 19 September 2019 (UTC)
Gemeenskap, Gebruiker:ธนบดั เมืองโคตร doen handige werk met die Premiers van Thailand. Hy gebruik 'n vertaler met sy kwota uitdagings. Bv. Rear Adminiral word agterste adminraal en generaal word algemene. Help proeflees asb! Groete! Oesjaar (kontak) 08:14, 19 September 2019 (UTC)
Gemeenskap, wat is die Afrikaans vir die volgende kategorieë van nedersettings in Namibië?
Ek dink town en village kan beide dorp wees, of hoe? 08:21, 23 September 2019 (UTC)
Hello,
In a recent statement, the Wiki Foundation Board of Trustees requested that staff hold a consultation to "re-evaluat[e] or add community input to the two new office action policy tools (temporary and partial Foundation bans)".
Accordingly, the Foundation's Trust & Safety team invites all Wikimedians to join this consultation and give their feedback from 30 September to 30 October.
How can you help?
We offer our thanks in advance for your contributions, and we hope to get as much input as possible from community members during this consultation!
Gemeenskap, ek veg voort om bogenoemde te vertaal, al verby die halfpadmerk. Wat sal bombsight in Afrikaans wees: containing captured top secret Norden bombsights, were then flown to Japan? Groete! Oesjaar (kontak) 17:42, 30 September 2019 (UTC)
Hallo daar julle. Sal iemand asb. bg. blad (wat 'n aanstuurblad na Dmitri Aleksejef was) kan verwyder? Dankie ! Groete:)Charlielv55 (kontak) 15:51, 2 Oktober 2019 (UTC)
Dankie Burgert:)Charlielv55 (kontak) 16:14, 2 Oktober 2019 (UTC)
Hallo almal,
Ek gaan Saterdag in Johannesburg wees om deel te neem aan die AfroCuration byeenkoms.
Die fokus van die geleentheid is om artikels oor die Suid-Afrikaanse grondwet in soveel Suid-Afrikaanse weergawes van Wikipedia as moontlik te voeg, uit te brei en te verbeter. Hulle hoop om 100 artikels so te skep.
Ek vra groot asseblief dat so veel as moontlik Afrikaanse Wikipedians deel neem aan die dag. Dankie Dumbassman (kontak) 10:13, 3 Oktober 2019 (UTC)
Net 'n vinnige vraag julle, watter van die bogenoemde is korrek? By voorbaat dankie! Groete :) Charlielv55 (kontak) 10:28, 9 Oktober 2019 (UTC)
Ek het jou artikel oor die moreel bankrot "DSTV" op PRAAG geniet. My vraag is net: waarom nog skryf daaroor, of kan mense werklik so oningelig wees dat hulle toeligting daaroor nodig het? (toegegee- my ouers is nog intekenare, maar in hul verdediging woon hulle op 'n goeie ou Vrystaatse dorpie met grondpaaie...) Die ou spul is so oor die muur en Afrikaner - en Afrikaans-vervreemd (hulle maak oënskynlik staat op rugby om deesdae die wa deur die drif te trek, maar daardie soustrein dink ek ook is besig om haastig te verkas...) (rugby - nog 'n vb. van iets wat werklik geen behoudende en nugter-denkende mens se tyd meer behoort op te neem nie!) As mens jonger as 40 jaar is, en nog 'n intekenaar is, is daar in my nederige opinie iets fout...:) Charlielv55 (kontak) 12:13, 9 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap, ons benodig 52 voorbladartikels elke jaar, Wikipedia is 'n monster in dié opsig wat se honger nooit gestil kan word nie! Tans groei ons voorbladartikels teen 'n slakkepas en ou voorbladartikels moet deur Gebruiker:SpesBona gebruik word om die verskil op te maak. Dit is nie 'n aanvaarbare situasie nie. Gebruikers wat voorbladartikels skryf is skaars hier by ons, daar is Voyageur, Burgert Behr, Suidpunt (jare terug) en Morne waaraan ek nou kan dink, hopeloos te min. Ons artikelgroei is aanvaarbaar, maar die kwaliteit kan bevraagteken word. Te veel saadjies en plantjies (as ek Aliwal2012 se term kan gebruik) en baie persone (veral van ander lande) gedrewe. Ons kort nog baie tegniese artikels, plante van Suidelike Afrika, ons eie sportmense (swem, atletiek, netbal) ens.
Die reël met vertaling van artikels is om AL die verwysings en bronne saam te kopieer en nie net te stel dat die artikel uit bv Engels vertaal is nie. Ek het die Boeing B-17 Flying Fortress vertaal uit Engels, (dit is my eerste voorbladpoging na tien jaar hier en dit was nog altyd 'n droom vir my) om my doelwit vir 2019 uit te voer maar ook om aan die gemeenskap te wys dat ek ook doen wat ek sê. Ek is trots op die poging, dankie aan Aliwal vir die proeflees en Burgert vir tegniese ondersteuning. Dit was flippen harde werk, ek salueer genoemde gebruikers wat voorbladartikels skryf! Julle het my respek verdien.
Die gemeenskap sal moet help hier, ons kan nie altyd partytjie hou met net dit wat lekker is nie. Ek het laasweek 'n paar uur in my vrou se klas deurgebring (sy is 'n hoërskoolonderwyseres en haar digitale projektor se klank het probleme gegee) terwyl sy klas gee. Die bottom line is hulle, (die onnies) soek inhoud om klas te gee. My vrou leun swaar op YouTube. Ons is die enigste en laaste generasie wat kan help hier, oor tien jaar gaan dit te laat wees. Jammer om dit te sê, ek is 'n realis en nie 'n dromer nie.
Soos reeds gesê voorbladartikels skep is taai, maar miskien kan 'n spanpoging help bv twee persone (of meer) vertaal 'n seksie om die beurt van 'n groot artikel... Vele hande, ligte werk. Ek laat dit aan die gemeenskap oor. Groete! Oesjaar 20:00, 9 Oktober 2019 (UTC)
Naskrif: ondersteun my voorbladpoging asb! Sien Wiki: Kandidaatartikels vir voorblad.
Gemeenskap, missie onmoontlik, maar al die tipe straalmotors moet vertaal word. Sal omloopverhouding die korrekte vertaling wees vir Bypass ration? Sien [5], dit mag dalk lig op die onderwerp werp! Groete! Oesjaar 18:47, 10 Oktober 2019 (UTC)
Vra maar omdat ek nie weet nie: Is daar 'n staande reël oor die gebruik van tydsaanduidings in artikels? In die artikel oor Somerset-Wes staan daar byvoorbeeld: "Die bevolking het na raming die afgelope sowat 15 jaar verdubbel". Die leser dink dit is 15 jaar in die verlede van "vandag" af. Maar die artikel kon net sowel vyf jaar gelede geskryf gewees het -- en nog vyf jaar die toekoms in kan die inligting selfs onsinnig wees. Hoekom kon die skrywer nie maar net geskryf het dat die bevoking in die vyftien jaar tussen 20.. en 20.. verdubbel het nie?
Die enigste alternatief sou seker wees om by elke artikel te sê: "Hierdie artikel is laas op DATUM bygewerk", maar ek glo nie dit is Wikipedia-beleid of trouens dié van enige ensiklopedie nie. Of hoe nou...? Mieliestronk 18:25, 12 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap, Gebruiker:Wwikix is nou al geruime tyd besig om kategorieë te verander/skep sonder om enige iemand in te lig wat sy doelwitte is. Ek persoonlik dink nie hy voeg enige waarde toe nie. Julle insae asb? Groete! Oesjaar (kontak) 10:47, 15 Oktober 2019 (UTC)
Ek maak nuttige kategorieë in ooreenstemming met die Afrikaanse Wikipedia se stelsel. Daar is egter kategorieë wat te ver gaan, sien: Kategorie:Kandidate vir spoedige verwydering. Wwikix (kontak) 14:27, 16 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap: ek het vandag my optiese vesel verbinding gekry! Dit maak 'n groot verskil! Groete! Oesjaar (kontak) 16:15, 15 Oktober 2019 (UTC)
Afrikaans voorlopig ook weg by Stellenbosch. Hier is die uitspraak, wat ek nog deeglik moet bestudeer. Kyk ook Danie van Wyk se kommentaar, en Giliomee (2016). Maar in ieder geval beteken dit dat die waarde en belang van wikipedia in Afrikaanse onderwys weereens styg. JMK (kontak) 22:21, 15 Oktober 2019 (UTC)
Help met die vertaal na uw taal
Hallo. The Readers Web team at the WMF will work on some improvements to the desktop interface over the next couple of years. The goal is to increase usability without removing any functionality. We have been inspired by changes made by volunteers, but that currently only exist as local gadgets and user scripts, prototypes, and volunteer-led skins. We would like to begin the process of bringing some of these changes into the default experience on all Wiki projects.
We are currently in the research stage of this project and are looking for ideas for improvements, as well as feedback on our current ideas and mockups. So far, we have performed interviews with community members at Wikimania. We have gathered lists of previous volunteer and WMF work in this area. We are examining possible technical approaches for such changes.
We would like individual feedback on the following:
We would also like to gather a list of wikis that would be interested in being test wikis for this project - these wikis would be the first to receive the updates once we’re ready to start building.
When giving feedback, please consider the following goals of the project:
As well as the following constraints:
Please give all feedback (in any language) at mw:Talk:Reading/Web/Desktop Improvements
After this round of feedback, we plan on building a prototype of suggested changes based on the feedback we receive. You’ll hear from us again asking for feedback on this prototype.
Baie dankie! Quiddity (WMF) (talk)
07:18, 16 Oktober 2019 (UTC)
Vertaling deur Suidpunt
Dagsê. Die WMF se Webleserspan beoog om oor die volgende paar jaar 'n paar verbeterings aan die koppelvlak te bring. Ons wil dit so gebruikersvriendelik moontlik maak, sonder om aan die funksies en werkbaarheid te karring. Ons het die insae van 'n paar vrywilligers ingewin - maar ongelukkig is hierdie insette tot programmetjies, toepassings, gebruikerskripte, aanvangsmodelle (prototipes) en baadjies beperk. Ons wil graag van hierdie bydraes by al die Wikimediaprojekte begin ontplooi.
Ons is tans slegs besig met die navorsing. Ons soek jou insae en terugvoer oor van die planne en nabootsingsprogramme wat reeds ter tafel gelê is. Ons het reeds by Wikimania onder die gemeenskap begin rondvra en 'n lys opgestel van voormalige vrywilligers wat in hierdie gebied werksaam was. Ons ondersoek tegniese insette, waar doenlik, om hierdie veranderings moontlik te maak.
Ons soek van jou kant af:
As jy jou Wiki tydens die toetsfase op die proef wil stel, sal hy onder die eerstes wees waar hierdie veranderinge infaseer word.
Maar voordat jy jou terugvoering instuur, hou asseblief die volgende doelstellings van die projek voor oë:
Met dien verstande:
Stuur asseblief jou terugvoer (in welke taal dan ook) na mw:Talk:Reading/Web/Desktop Improvements
Sodra alle insette ingewin en alles mooi agter mekaar is, bou ons 'n prototipe gegrond op hierdie klagtes en gedagtes. Ons sal daarna weer vir jou 'n luitjie gee om die model te toets vir eventuele foute en verbeterings.
Baie dankie! Quiddity (WMF) (talk)
07:18, 16 Oktober 2019 (UTC)
Wou net laat weet, indien enigiemand gewonder het, dat ek die name van die komponiste waarmee ek die artikel Lys van komponiste aanvul verkry uit Naxos se 2012 katalogus. (welke baie volledig is). Groete! Charlielv55 (kontak) 17:17, 17 Oktober 2019 (UTC)
Uitgevoer :)Charlielv55 (kontak) 08:08, 19 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap, wat is die slag se naam in Afrikaans? Seker nie die Slag van die Boep nie... Groete! Oesjaar (kontak) 12:47, 19 Oktober 2019 (UTC)
Kom ons probeer weer. Ondersteun asb die bykomende voorstelle, sien Wiki: Kandidaatartikels vir voorblad. Groete, Gert
Ek wil Gebruiker:Boikoerant laat skrap, hoe doen mens dit? Burokraat? Groete! Oesjaar (kontak) 16:28, 20 Oktober 2019 (UTC)
"hy het vir venus so hard gepomp dat dit 3 mane verloor het." lol ! Groete! Charlielv55 (kontak) 17:52, 21 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap, Hakskeenpan is en gaan nog meer in die nuus wees... Enige vrywilliger om dit te vertaal vanuit Engels: https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/en/Hakskeenpan Groete! Oesjaar (kontak) 16:22, 21 Oktober 2019 (UTC)
Hi gemeenskap, kan ons asb 'n moratorium ("hold") plaas op die skep van onnodige kategorieë, soos "Kategorie:Mans volgens eeu en beroep".
Dit maak eerlikwaar nie vir my sin op hierdie wiki nie. Is daar meer bydraers wat so voel hieroor, of is ek nou weer die enigste poepol? --Aliwal2012 09:26, 22 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap: uit bogenoemde word aangedui dat die dame uit Friesland afkomstig is. Ek plaas toe 'n versoek op die Nederlandse Wiki en vraag of hulle nie meer inligting oor die dame het nie en ook sommer ons artikel oorskryf in Nederlands. Hulle antwoorde is dat sy blykbaar Duits is. Sien https://www.duhoctrungquoc.vn/wiki/nl/Wiki:De_kroeg#Adelheid_Armhold Enige speurders hie ronder ons? Groete! Oesjaar (kontak) 14:00, 22 Oktober 2019 (UTC)
A new beta feature will soon be deployed to your wiki: Reference Previews. As you might guess from the name, this feature gives you a preview of references in the article text. That means, you can look up a reference without jumping down to the bottom of the page.
Reference Previews have already been a beta feature on German and Arabic Wikipedia since April. Now they will become available on more wikis. Deployment is planned for October 24. More information can be found on the project page.
As always, feedback is highly appreciated. If you want to test Reference Previews, please activate the beta feature in your user preferences and let us know what you think. The best place for feedback is the central talk page. We hope the feature will serve you well in your work. Thank you from Wiki Deutschland's Technical Wishes project.
Digitalebaadjie vir Wêreldspektrum aangetrek Geniet! – K175 (gesels met my) 12:46, 23 Oktober 2019 (UTC)
Hallo almal, ek wou nog altyd gehad het ons moet 'n beleid oor die billike gebruik van foto's hê, al is dit net om beelde op te laai wat die Engelse Wikipedia onder "fair use" gebruik. Daar sal egter voorsiening gemaak moet word by "Laai lêer" waar 'n mens kan motiveer hoekom jy dink dit is billike gebruik. Laas keer het 'n lang bespreking en die opstel van 'n beleid net doodgeloop, lyk dit my. Wat dink julle? Ons moet net waak teen kopieregskending in Suid-Afrika. ~ Burgert (kontak) 19:55, 23 Oktober 2019 (UTC)
Hallo almal, ek vra om verskoning indien my bydrae deesdae stukkie vir stukkie insypel, en vir my "onproduktiwiteit". Ek is na dese bietjie meer besig met "werksgoed" en kry nie meer gereeld geleenthede om lekker aan te sit en stewige bydrae deur die weeksdae te maak nie, derhalwe is ek meer beperk tot die naweke, soos julle seker die afgelope tyd al opgemerk het. Dankie vir jul begrip. Charlielv55 (kontak) 13:44, 25 Oktober 2019 (UTC)
Hallo Oesjaar, ek dink byvoorbeeld meestal aan die Afrikaanse Wikipedia en verbandhoudende sake - ek is leergierig en ernstig oor byna alle kuns (musiek, beeldende kuns ens.) [behalwe postmoderne kuns (gemors)] - sien die konserwatiewe Britse filosoof Roger Scruton (laat my dink ek moet sommer 'n artikel ook oor hom doen) en ook sy pragtige video "Why Beauty Matters". Hier is 'n kort opsomming oor my opinie, wat 'n spieëlbeeld is van Mark Vallen s'n en wat ek met goedkeuring aanhaal in Afrikaans: Die waardering en die skep van dinge van skoonheid is 'n noodsaaklike deel van die menslike ervaring, skoonheid is 'n waarde net so belangrik soos waarheid en goedheid, dit staan vernaam sentraal in die beskawing, en is 'nie net 'n subjektiewe ding nie, maar 'n universele behoefte van mense. ' Ek stem saam dat daar 'n geestelike aspek aan skoonheid is - hoewel mense waarskynlik nie saamstem oor 'n definisie van 'geestelik' nie. Skoonheid is derhalwe inderdaad van belang, en ek is van mening dat dit sentraal moet wees in al die verskillende vakrigtings; maar miskien is my definisie van so 'n ontwykende en kortstondige ding as skoonheid meer uitgebreid as die van Scruton, wie se visie beperk blyk te wees beperk tot die sogenaamde Europese “klassisisme” ... Postmoderne kuns sorg vir 'n maklike doelwit, omdat dit vaardighede, kunsvlyt en skoonheid heeltemal laat vaar het - die dinge waaraan die meeste mense dink as hulle die kunste oorweeg. Postmoderne kunstenaars van die laat 1960's tot die vroeë 1970's het gepoog om kuns uit die mark te verwyder deur 'konsepsuele' werke te skep, dit wil sê uitvoerings, videos, installasies, ens, in pleks van handelsware vir markverbruik. Ons het gesien hoe goed dit uitgewerk het!... die kunsbeweging wat voorheen gestreef het na die 'dematerialisering van die kunsvoorwerp', soos die pro-konseptualistiese kunskritikus en aktivis Lucy Lippard dit in 1973 gestel het, het homself vandag onwrikbaar in diens gestel aan die elite-kuns establishment (net soos die hoofstroom media, politiese en akademiese establishment wat vir President Donald Trump haat omdat hy nie deel in hul skynheilige geveinsdheid nie, maar inderwaarheid "skoonheid" - dus as't ware "waarheid" wat die politiek betref, voorstaan. Hy is 'n buitestaander wat buite die politieke establishment in die "swamp" oftewel moeras in Washington D.C. staan as iemand wat nie 'n korrupte loopbaan-politikus is nie) wat dit eens wou omseil. Die geldhonger en kultuur-mensonterende (is Afrikaans se verval by Maties nie maar op die ou einde aan die globaliste toeskryfbaar nie?) globaliste; wat misbruik maak van die wonderlikste ekonomiese stelsel wat ooit uitgedink is; (kapitalisme) maar op skynheilige wyse haat en verwarring daarvoor aankweek onder millenniër "skape" en "sneeuvlokkies" wat blykbaar nie verder as hul neuse kan dink en hul oë opmaak vir die waarheid en die einste boosheid voor hul nie; het konsepsuele kuns gekoöpteer en geabsorbeer, wat nou meer van 'n kommoditeitsfetisj geword het as enige van sy ander voorgangers; dit is sinoniem met astronomiese pryse, miljardêr kunsversamelaars en skaamteloos vervelige en verbeeldinglose glanspersoonlikhede en "kunssterre" - alles goeie redes om dit te verontagsaam.
Wat het van die kuns van Caravaggio, Michelangelo, Piero della Francesca en soveel meer geword... van die groot meesters Johannes Brahms, Franz Liszt en baie meer, die Rodin's van die wêreld? Die Afrikaansvegters?
In 'n kunsmatige, hiper-polities korrekte, hiper-indiwidualistiese en skynheilige (aaklige) wêreld soos die waarin ons ons bevind smag mense na net 'n titseltjie of katspoegie van oorspronklikheid van denke en van doen, maar daar bestaan skynbaar net nie meer die deursettingsvermoë, vermoë om te ly, swaar te kry en vlyt aan te wend vir dit waarna jy smag nie; en nog minder oorspronklike genialiteit. Somtyds wil mens maar net opgee op hierdie sieklike en kunsmatige "slimfoon-realiteit". (nie dat ek een besit nie, verag die goed asook die sosiale [lees: Satans] media!) Ek kry darem my werk ook gedoen! (meestal ;) Groete :) Charlielv55 (kontak) 15:48, 25 Oktober 2019 (UTC)
Middag, gaan kyk gerus Scruton se bogenoemde video, dan praat ons weer. Miskien bring dit jou tot ander insigte, miskien nie? GroeteCharlielv55 (kontak) 12:10, 28 Oktober 2019 (UTC)
Kan iemand asb net bogenoemde terugrol, eintlik vorentoe rol, ek het 'n ernstige geval van dikvinger sindroom gehad! Groete! Oesjaar (kontak) 15:54, 25 Oktober 2019 (UTC)
Is daar in die Afrikaanse taal 'n woord soos hierbo, wat mense beskryf wat VVV'e bestudeer? Die engelse term is "ufologists", en bg. is die naaste wat ek kan kom aan 'n vertaling en korrekte woord. Bestaan daar dalk reeds 'n term daarvoor waarvan ek nie bewus is nie? GroeteCharlielv55 (kontak) 11:30, 27 Oktober 2019 (UTC)
Dankie jong, ek waardeer baie! Charlielv55 (kontak) 13:19, 27 Oktober 2019 (UTC)
Ek sien Cobus Visser, SA akteur is oorlede. Het iemand enige inligting oor hom? Groete! Oesjaar (kontak) 14:46, 28 Oktober 2019 (UTC)
Wat is die Afrikaans vir "Lucy"? By voorbaat dankie en groete!Charlielv55 (kontak) 07:08, 29 Oktober 2019 (UTC)
Dankie Burgert:)Charlielv55 (kontak) 10:57, 29 Oktober 2019 (UTC)
Read this in another language • Subscription list for this multilingual newsletter
Inside this newsletter, the Editing team talks about their work on the mobile visual editor, on the new talk pages project, and at Wikimania 2019.
What talk page interactions do you remember? Is it a story about how someone helped you to learn something new? Is it a story about how someone helped you get involved in a group? Something else? Whatever your story is, we want to hear it!
Please tell us a story about how you used a talk page. Please share a link to a memorable discussion, or describe it on the talk page for this project. The team wants your examples. These examples will help everyone develop a shared understanding of what this project should support and encourage.
The Talk Pages Consultation was a global consultation to define better tools for wiki communication. From February through June 2019, more than 500 volunteers on 20 wikis, across 15 languages and multiple projects, came together with members of the Foundation to create a product direction for a set of discussion tools. The Phase 2 Report of the Talk Page Consultation was published in August. It summarizes the product direction the team has started to work on, which you can read more about here: Talk Page Project project page.
The team needs and wants your help at this early stage. They are starting to develop the first idea. Please add your name to the "Getting involved" section of the project page, if you would like to hear about opportunities to participate.
The Editing team is trying to make it simpler to edit on mobile devices. The team is changing the visual editor on mobile. If you have something to say about editing on a mobile device, please leave a message at Talk:VisualEditor on mobile.
The Editing Team attended Wikimania 2019 in Sweden. They led a session on the mobile visual editor and a session on the new talk pages project. They tested two new features in the mobile visual editor with contributors. You can read more about what the team did and learned in the team's report on Wikimania 2019.
– PPelberg (WMF) (talk) & Whatamidoing (WMF) (talk)
11:12, 29 Oktober 2019 (UTC)
Aan die slim gemeenskapslede: ek sien hierdie skets het 'n taalopsie:
Kan iemand dalk Afrikaanse byskrifte byvoeg?
Groete! Oesjaar (kontak) 16:58, 30 Oktober 2019 (UTC)
Help met die vertaal na uw taal
Wiki Asian Month is back! We wish you all the best of luck for the contest. The basic guidelines of the contest can be found on your local page of Wikipedia Asian Month. For more information, refer to our Meta page for organizers.
Looking forward to meet the next ambassadors for Wikipedia Asian Month 2019!
For additional support for organizing offline event, contact our international team on wiki or on email. We would appreciate the translation of this message in the local language by volunteer translators. Thank you!
Wiki Asian Month International Team.
MediaWiki message delivery (kontak) 16:57, 31 Oktober 2019 (UTC)
Gemeenskap, wat is die korrekte vertaling van bogenoemde? Groete! Oesjaar (kontak) 18:04, 5 November 2019 (UTC)
Hallo julle, ek verneem graag :) Charlielv55 (kontak) 16:21, 6 November 2019 (UTC)
Gemeenskap: Ek het al weer 'n harde neut om te kraak! Uit die Engels: ...the jet velocity of the propeller (and exhaust) is relatively low. Hoe sal dit na Afrikaans vertaal word? Groete! Oesjaar (kontak) 05:28, 7 November 2019 (UTC)
Goeie middag Suid-Afrika! Het iemand tyd om die 2019-helde daar êrens in Suid-Afrika tydens hul toer met die Webb Ellis-beker af te neem? Ek is op soek vir prente rakkende die Rugbywêreldbeker 2019. Groete. -- SpesBona 09:50, 7 November 2019 (UTC)
Watwou helde en wat maak dit saak?! Die swart ANC regering kom vir die boere se grond maatjies, hulle kom vir die blankes se grond met rassistiese en aaklige grondsteel bedoelinge! Die rugby storietjie is met die grootste respek niks meer as 'n handige "afleier" nie! Julle weet natuurlik ons land gaan VERNIETIG word sou hulle teen internasionale regsnorme ingaan en grondgryp wettig, want OSV is niks meer as diefstal nie. NIKS sal meer in die korrupte regering se pad staan OM TE MAAK NET SOOS WAT HY WIL NIE! M.a.w. die kamtige "oppermagtige grondwet" beteken niks nie! Ons is terug by 'n "apartheidstyl" tipe "regering" wat deur geen "soewereine" (lmga) grondwet met universele "menseregte" soos EIENDOMSREG verhoed word om sy bose planne uit te voer nie, ons kan maar netsowel vyftig jaar terug gaan! Verstaan julle dit? Dit gaan niks meer as 'n wraakneem sessie gemeng met onbeholpenheid en korrupsie wees nie, van soveel kan ons uit die ondervindinge van die afgelope kwarteeu ten minste van seker wees! Dankie! Charlielv55 (kontak) 07:36, 8 November 2019 (UTC)
Nee, ek kan ongelukkig nie. Wie of wat is ek immers as 'n bekommerde burger, en wie gaan hulle aan my steur? Politiese korrektheid verhoed dat die WAARHEID gepraat kan word en dat eerlike opinies gelug word. My bydrae is goed genoeg maar skynbaar nie die lui van 'n noodklok vir SA en eiendomsreg in die ellendige land nie! Dankie, dis al wat ek verder te sê het. Charlielv55 (kontak) 08:03, 8 November 2019 (UTC)
Dankie, ek maak voortaan so! Charlielv55 (kontak) 08:03, 8 November 2019 (UTC)
@Rooiratel: Ek sien uit na die prent(e). Kom ons maak van ons projek die eerste Wiki wat prente van ons 2019-helde gebruik! Groete. -- SpesBona 20:30, 12 November 2019 (UTC)
Wat is die Afrikaanse benaming vir web-hosting of to host a website? (Let wel: dis iets anders as 'n IDV, internetdiensverskaffer.) Servien | Bespreking 10:40, 10 November 2019 (UTC)
Gemeenskap: ek sien die CS1_errors het gegroei na 1 944, 'n duisend meer as laas maand! Sien [8]. Ek weet nie wat dit veroorsaak nie maar dit kan nie so aangaan nie. Gebruikers: Rooiratel, K175 en Burgert, julle HTML kennis is baie meer as myne, kan julle dalk enige lig werp oor hoekom dit gebeur en moontlike oplossings? Groete! Oesjaar (kontak) 06:06, 12 November 2019 (UTC)antwoord]
dead-url
parameter. Maar dit is 'n verouderde parameter en moet nie meer gebruik word nie. As jy dit uit die sjabloon verwyder, gaan die CS1_errors weg. Ek dink daar is ook soortgelyke probleme soos URL's in parameters wat nie URLs mag hê nie. bv. |publisher=. Maar dit lyk vir my asof die meeste is as gevolg van die gebruik van die dead-url
parameter. @K175: kan jy jou bot gebruik om hierdie parameter te verwyder uit al die bladsye asseblief? Groete. - Rooiratel (kontak) 06:59, 12 November 2019 (UTC) dead-url
, cication required
en ander rubbish soos "AS1-foute: Bladsye met aanhalingsjablone met verouderde parameters" nie?dead-url
, cication required
en ander gemors soos "AS1-foute) is helaas bietjie bo my vuurmaakplek (tans nog). Ek dra by en doen volgens my mening goeie en getroue vertalings, waarsonder die Afrikaanse Wiki en Afrikaans met respek veel armer gelaat sou wees. Ek sal dit derhalwe waardeer indien julle my dus net so bietjie in die opsig kan bystaan, alhoewel ek bewus is daarvan dat julle ook oor beperkte tyd en hulpbronne beskik en ook ander werk op Wikipedia het om te doen. Behalwe vir die gemelde gemors is die artikels na my beskeie mening "redelik" op standaard. Dankie. Charlielv55 (kontak) 07:55, 12 November 2019 (UTC)dead-url
parameter uithaal as ek dit teëkom in die artikels waaraan ek werk sodat die CS1 foute kan verdwyn. Ek het opgemerk dat die parameter 'n probleem is, maar nie die kundigheid gehad oor wat om daaromtrent te doen nie. Dankie vir die hulp, van my kant af weet ek nou dat dit uitgevee moet word, synde 'n verouderde parameter te wees. Charlielv55 (kontak) 08:03, 12 November 2019 (UTC)dead-url
uit sitasiesjablone verwyder is. Rooiratel, weet jy miskien hoekom dit is? Dalk 'n ander parameter wat ook verouderd is? – K175 (klets | my bydraes) 08:49, 12 November 2019 (UTC) @K175: Baie dankie. Laat kabouterbot sy ding doen. Wanneer dit klaar is sal ek weer daarna kyk. Soos ek vroeër gesê het, ek vermoed dat die |publisher=
parameter ook 'n probleem is. Dit moet nie verwyder word nie, maar 'n mens mag nie 'n URL as die waarde van die parameter stel nie. Maar ek het dit nog nie bevestig nie. Na kabouterbot klaar is, laat my weet, dan sal ek die oorblywende bladsye ordentlik ondersoek. - Rooiratel (kontak) 09:47, 12 November 2019 (UTC)antwoord]
|publisher=
parameter by aanhalingsjablone is nie. (gewoonlik verander ek dit na die Afrikaanse |uitgewer=
- is dit dalk die probleem en is dit ooit korrekte gebruik by webbronne en boekbronne? [alhoewel ek dit eers onlangs so begin doen het en ek twyfel of dit derhalwe die oorsaak van die groot aantal AS1 probleme kan wees] Ek het egter nog nooit boodskappe gekry het dat dit verkeerd is nie, of bevind dat daar as gevolg daarvan AS1 boodskappe gegenereer word nie, soos bv. die parameter |toegangsdatum=
by webbronne, wat ook geen probleem skep nie. As die AS1 fout bly verskyn is dit egter dalk moontlik dat diè parameter (ten spyte van die verwydering van die dead-url
parameter) dalk deel v/d die probleem is. Groete, Charlielv55 (kontak) 11:23, 12 November 2019 (UTC)|first
en |last
parameters gebruik het, in plaas van |first1=ABC
|first2=XYZ
ens. So ek stel voor, kyk net onder op die bladsye met 'n CS1 fout, sien wat dit sê, en gaan kyk na die Help:CS1_errors skakel vir 'n oplossing. - Rooiratel (kontak) 11:51, 12 November 2019 (UTC)Gemeenskap, wat is die regte sjablone vir Sjabloon:PRC en Sjabloon:CZE? Hierdie artikel is bykans klaar, dit was inderdaad 'n uitdaging! Ek is vol vertroue dat hierdie artikel tegnies so korrek as moontlik is! Miskien 'n voorbladartikel... Groete! Oesjaar (kontak) 13:27, 17 November 2019 (UTC)
Ek dink die artikel Suid-Sotho moet hersien wordt, dit betref eerder inligting oor die Sotho-volke, pleks van die taal Suid-Sotho (wat eintlik net die eerst paragraaf is). Servien | Bespreking 23:09, 17 November 2019 (UTC)
Gemeenskap, neem kennis dat ek bogenoemde na die WikimediaZA-stigting verwys het. Ek het nou genoeg gehad, hulle wil nou eenvoudig nie by die Wikipedia reëls hou nie. Dit is nogal jammer. Oesjaar (kontak) 12:10, 18 November 2019 (UTC)
Die inligting van Solidariteit het ek vir jou aangestuur via e-pos om na te gaan om alle bemarkingsdele uit te haal. Sodra ek die skrywe van jou ontvang sal dit reggestel word. Ek sal ook AfriForum se inligting vir jou aanstuur sodat jy dit wat nie strook met Wikipedia nie, kan uitlig sodat dit verwyder kan word. Ek sal jou hulp hiermee baie waardeer, aangesien ek sukkel om die eensydigheid raak te sien. Hulp van buite sal verwelkom word. Elana Barker (kontak) 11:32, 20 November 2019 (UTC)
@Elana Barker: - dankie vir jou moeite en sorgvuldigheid Elana! Groete! Charlielv55 (kontak) 19:41, 20 November 2019 (UTC)
Gemeenskap, myn insiens voldoen hierdie artikel nie aan die definsie van 'n ensiklopediese artikel nie. Dit is 'n lys van hofsake en regsuitsrake. Neutraal is die artikel definitief nie, tewens die skrywer druk sy kant van die saak in ons keel af. Ek voel dit moet verwyder word. Julle insae asb? Groete! Oesjaar (kontak) 12:23, 20 November 2019 (UTC)
As ek dit nie mis het nie, het ons nou so 13 000 kategorieë vir 86 728 artikels. ~ Burgert (kontak) 18:46, 20 November 2019 (UTC)
Die uwe het vandag lid geword van 'n skaars groep wikipediane!
Ek is, na 'n geredekawel oor wysigings en die nodigheid van 'n (dubbele) terugrol versus jy mag dit nie terugrol nie! van sy bydraes hier, toe deur 'n ridder op 'n swart perd (nogal 'n admin) geblokkeer (wel slegs 1 uur 15 min) omdat ek dit sou waag om van sy opinie te verskil.
Mens verwag dit nie sulke drastiese stappe van een administrateur teenoor 'n ander nie! Maar soos Voyageur eens gesê het: "Dit maak die besluit soveel makliker om die projek te verlaat en op 'n ander wiki te gaan werk, waar jy nie permanent in die bek geruk word nie".
Sies vir jou! --Aliwal2012 15:53, 21 November 2019 (UTC)
@Aliwal2012: - moet asseblief nie die Afrikaanse projek verlaat nie jong, ons het jou broodnodig! Charlielv55 (kontak) 17:06, 21 November 2019 (UTC)
@Aliwal2012: Moenie weens so 'n klein stukkie inhoud jou baie nuttige werk oor al die jare hier beëindig nie. Jy is al te belangrik vir ons projek. Al jou taalsorg en nuwe artikels. Ek het al 'n voorstel vir die botsing gemaak. Of ons los dit nou vir eers en jy fokus nou op ander dinge. Miskien 'n klein pousetjie en jy kom later volstoom terug. Asseblief! Wie gaan ons aan die einde met al die taaldinge, rugby en krieket help? Asseblief tog! Dis nie net ek nie wat so dink nie. Groete. -- SpesBona 21:53, 21 November 2019 (UTC)
Dankie jong! Geniet hom! Charlielv55 (kontak) 08:01, 22 November 2019 (UTC)
@Aliwal2012: - jy's onontbeerlik vir ons Wikipedia :) Charlielv55 (kontak) 09:09, 22 November 2019 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde bestaan nog nie hier op ons Wiki nie. Enige vrywilliger om die Engelse weergawe se inleiding te vertaal as 'n saadjie? Let, wel, net so woord vir woord. Ek sal dit later uitbrei na voorblad kwaliteit. Groete! Oesjaar (kontak) 08:49, 22 November 2019 (UTC)
Gemeenskap: ek het die volgende boodskap vanaf Wikidata gekry:
Hello.
Can you translate and upload the articles en:Azerbaijan State Economic University and en:Baku State University in Afrikaans Wikipedia? They should be short.
Yours sincerely, Karalainza (besprekings) 08:21, 25 November 2019 (UTC)
Is daar dalk enige persoon wat hier wil help? Groete! Oesjaar (kontak) 09:51, 25 November 2019 (UTC)
@Oesjaar: - ek sal dit doen Oesjaar - gee asb. net bietjie tyd:) Groete! Charlielv55 (kontak) 12:10, 4 Desember 2019 (UTC)
Goeie môre
Daar is 'n paar dinge op ons harte op die oomblik. Dit sou gaaf wees as ons almal bymekaar kan om voor die AJV; 15 Desember, om 12:00. Ek het reeds 'n uitnoding na Oesjaar, Dagelf en Gebruiker:Dumbassman gestuur. Laat weet indien enige iemand anders ook beskikbaar is daardie dag, in Kaapstad; almal is genooi. A3 Baard (kontak) 10:16, 25 November 2019 (UTC)
Hello all, my apologies for writing in English but my Afrikaans is terrible. I come from the Dutch Wikipedia where I sometimes see one of your colleagues asking us to write about an Afrikaans subject. I like how we can help eachother like this. So now let me ask you something in return. Some time ago I wrote a small article on the South African rockband Honeymoan. They got some attention on the Dutch (indie) radio and I liked their music. I know South African and Afrikaans are not the same, but nevertheless I have three requests:
Thank you in advance for your time! Maartenschrijft (kontak) 07:26, 27 November 2019 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde bestaan nog nie hier op ons Wiki nie. Enige vrywilliger om die Engelse weergawe se inleiding te vertaal as 'n saadjie? Let, wel, net so woord vir woord. Ek sal dit later uitbrei na voorblad kwaliteit. Groete! Oesjaar (kontak) 08:49, 22 November 2019 (UTC)
Gemeenskap: ek het die volgende boodskap vanaf Wikidata gekry:
Hello.
Can you translate and upload the articles en:Azerbaijan State Economic University and en:Baku State University in Afrikaans Wikipedia? They should be short.
Yours sincerely, Karalainza (besprekings) 08:21, 25 November 2019 (UTC)
Is daar dalk enige persoon wat hier wil help? Groete! Oesjaar (kontak) 09:51, 25 November 2019 (UTC)
Goeie môre!
Daar is 'n paar dinge op ons harte op die oomblik.
Dit sou gaaf wees as ons almal bymekaar kan om voor die AJV; 15 Desember, om 12:00.
Ek het reeds 'n uitnoding na Oesjaar, Dagelf en Gebruiker:Dumbassman gestuur.
Laat weet indien enige iemand anders ook beskikbaar is daardie dag, in Kaapstad; almal is genooi. A3 Baard (kontak) 10:16, 25 November 2019 (UTC)
Manne en manninne
Ek het goeie nuus (vir diegene wat nog nie weet nie): Ek sien dieTydskrif vir Geesteswetenskappe is beskikbaar, hou net aan met afrol tot jy by Jaargang 59, 58, 57 en 56 kom - ek het onmiddellik al die kopieë afgelaai. Dit strek vanaf 2016 tot 2019, die volledige uitgawes. Andersins kan jy natuurlik http://www.scielo.org.za gebruik (2008 tot op hede), maar dit is vir my effe langdradig.
En juis hieroor het ek nou 'n vraag of wat.
Ek het besig met "Geskiedenis", maar toe ek gisteraand afkom op Tysk nu samlet besef ek die problematiek rondom Duits as wetenskapstaal is veel groter as wat ek verwag het. Hoe meer mens inligting inwin uit verskillende tale, des te meer sien jy ‘n algehele verband (dat hulle almal Engels as bedreiging sien), maar ook elkeen se unieke probleme. Hoe meer bronne jy inwin, hoe langer word die paragrawe en later gaan jou “geskiedenis” ten minste 50 blaaie beslaan.
Die probleem is egter dat al die Westerse tale ‘n gedeelde geskiedenis het: almal het met Latyn begin (Kerkslawies het nie naastenby hierdie rol gespeel nie). Almal het weens die Hervorming in hul eie tale ook die wetenskap begin oordra, Nasionalisme het later gebloei en gevou, en mense betree nou die mark. En hierdie mark praat Engels. ‘n Roemeen som dit vir my goed op: ‘n Nigeriër neem sy “taal”, sy letterkunde na die “mark” toe. Sonder hierdie sentrum sou niemand van hierdie romans geweet het nie – maar so kan “romans” ook weggelaat word, en onbekend bly onbemind.
Maar die hoeveelheid “lig” wat teruggekaats word (belangstelling om ‘n Nigeriese dialek aan te leer) is so goed soos nul. Dit word verswelg deur ander tale en letterkundes in die nuwe “Republiek der Lettere” (of is dit nou “Republiek die Lettere” n.a.v. “Republiek die Kongo”?), ‘n denkbeeldige wêreld waar daar slegs op sake van internasionale belang gefokus word, maar nie plaaslike probleme (wat ook elders herhaal kan word) nie. Maar, skryf die Roemeen: jy kan Roemeense bome na die internasionale mark toe neem, waarmee meubels in die buiteland gemaak word. Die koper kan steeds kies of hy Roemeense hout of meubels deur ‘n middelman/tussenganger wil koop (in Afrikaans: jy lees oor Roemeense kennis in Engels), en/of hy sommer regstreeks by Roemenië sy hout of Roemeense meubels wil kry (in Afrikaans: jy leer Roemeens). Dit wil sê, die “mark” is bloot ‘n aptytwekker vir ernstige en deeglike navorsers.
Die Franssprekende, Hamel, sien egter dat kulture glad nie hierby baat vind nie: die vakterminologie word steeds in Engels uitgedink, terwyl die eie taal moet skade ly. Diegene wat my artikel al gelees het, weet nou al goed van sy “veeltalige-groeipunte-model”.
Maar nou die hooftrekke:
Die vrae wat ek dus het rondom die artikel:
1. Moet ek eerder fokus op elke afsonderlike taal as wetenskapstaal (wat ook Xhosa en Yslands insluit)?
2. As ek elke taal doen, hoe ver strek “wetenskapstaal” – bloot as vaktydskriftaal of ook as voertaal in die lesingsale aan die universiteite? Indien ek die voertaal van die lesingsale moet doen, moet ek dan die voertaal van die hoërskool, laerskool tot in die kleuterskool insluit? Waar stop mens? Suidpunt (kontak) 07:40, 27 November 2019 (UTC)
Suidpunt (kontak) 18:51, 27 November 2019 (UTC)
In consideration of a week-long internet block in Iran, Wiki Asian Month 2019 contest has been extended for a week past November. The articles submitted till 7th December 2019, 23:59 UTC will be accepted by the fountain tools of the participating wikis.
Please help us translate and spread this message in your local language.
Wiki Asian Month International Team
--MediaWiki message delivery (kontak) 14:16, 27 November 2019 (UTC)
Hallo julle, gaan julle die ou blok, ek sien hy het moeilikheid gemaak op die artikel oor Albert Blake? Groete, Charlielv55 (kontak) 14:20, 27 November 2019 (UTC)
Oukei, maar ek het maar net gewonder oor sy wysiging ypende vrat op mBoere-lyfAlbert Blake. Groete Charlielv55 (kontak) 06:19, 28 November 2019 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde twee woorde word gebruik in amper 6000 artikels wat gaan oor sponse. Is dit erkende Afrikaanse woorde of moet die gemeenskap weereens die voortou neem en dit Afrikaanse woorde maak! Is daar ander woorde vir hulle? Groete! Oesjaar (kontak) 11:15, 28 November 2019 (UTC)
Hallo Deon
Ek is nie eintlik seker of ek enigiets meer kan sê as wat daar reeds in die gespreksketting gesê is nie.
Ek sien in 'n ander Wikipedia-artikel julle het reeds met kiesel gewerk en dit is dus 'n term wat reeds binne hierdie konteks ingevoer is. Om dit uit te brei, is nie vreemd nie. Dit is ook nie moeilik om te verstaan nie – die verduideliking is by. Die naald is ook nie vreemd of verkeerd nie, hoewel ons seker beter weet wat 'n stekel is.
Volgens Pharos is spongine die Nederlands vir spons. Werk dit in die konteks om sponsvesel te gebruik?
Groete
Sonja Kapp
Daar het ons dit! Groete! Oesjaar (kontak) 13:19, 28 November 2019 (UTC)
Wat is die verskil tussen aanbieder en omroeper? Wwikix (kontak) 12:42, 28 November 2019 (UTC)
Ek dink:
Iets is nie lekker met die taalskakels nie. Groete,Charlielv55 (kontak) 16:56, 28 November 2019 (UTC)
Reggemaak ~ Burgert (kontak) 17:25, 28 November 2019 (UTC)
Die ondersteuning het ná Deon se motiverende toespraak gestyg, maar is nou weer laag. Kom ons probeer weer en kyk wat ons kan bereik! Natuurlik geïnspireer deur die 2019-helde daar. :) Groete. -- SpesBona 22:20, 4 November 2019 (UTC)
Hoekom was Londen voorheen nie aanvaar nie? Groete! Oesjaar (kontak) 18:20, 5 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, na kommunikasie met ons Nederlandse broeders het Gebruiker:Ellywa dit na Nederlands vertaal. Interessant! Groete! Oesjaar (kontak) 20:04, 5 Desember 2019 (UTC)
Dit lyk my nie die daaglikse bladtrekke op die besprekingsblaaie werk meer nie. ~ Burgert (kontak) 08:27, 6 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, ek het die man versper totdat hierdie gemeenskap besluit het hoe om hom te hanteer. Hy het ook probleme op die Nederlandse Wiki veroorsaak. Tans het ek, Burgert en Aliwal probleme met sy optrede. As 'n gemeenskap dra die meerderheidsbesluit die gewig. Groete! Oesjaar (kontak) 17:04, 6 Desember 2019 (UTC)
Nou ja, in dié geval sal ek egter nie van trots praat nie. Ek het self al die onlangse wysigings propvol met my wysigings geverf, kategoriewerk is meer as geskik om dít te doen. Dit maak bestryding van vandalisme egter net moeilik en deesdae word meer vandalisme oor die hoof gesien. Nou is ek weer die tussenganger tussen die taalweergawes, kyk maar hier. Groete. -- SpesBona 15:00, 10 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, nes ek dink dat ons al die belangrike en interessante artikels gedek het, is daar 'n verrassing. Is daar enige persoon wat inligting omtrent die Sanna het? Of bestaan dit reeds onder sy korrekte naam, wat dit ook al mag wees? Groete! Oesjaar (kontak) 20:02, 9 Desember 2019 (UTC)
@K175: @Dumbassman:, Geagte menere, ek deel julle entoesiasme oor die ontkiemingskompetisie, maar kan julle asb die banier wat sedert vanoggend bo-aan elke wikibladsy verskyn óf 50% kleiner maak, óf opsioneel laat invou? Dit oorspoel tans my rekenaarskerm en dis regtig frustrerend om verby dit te probeer werk!
By voorbaat dank, die uwe --Aliwal2012 ("Die perd se bek") 11:43, 10 Desember 2019 (UTC)
Wat die slimfoon betref, is dit nog steeds te groot. @K175:, knip hom asseblief. Groete. -- SpesBona 12:46, 11 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde is klaar behalwe vir een woord. In die sin: The Lebanese Army received 16 Firefly tanks sold by Italy as scrap in 1949. Two of them were passed on to the Al-Mourabitoun militia in 1976. Hoe sal mens die militia vertaal? Burgermag? Ek vermoed hulle was meer 'n terroristegroep... Groete! Oesjaar (kontak) 20:15, 10 Desember 2019 (UTC)
Hallo almal, ek wil julle net daarop wys dat ek besig is met die Afrikaanse artikel oor Sanna Marin en sal ek dit vandag klaarmaak. Ek het van die nowiki funksie gebruik gemaak om die onvertaalde gedeeltes te versteek en sal dit afhaal wanneer die artikel volledig is. Groete Charlielv55 (kontak) 07:02, 11 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, julle gedagtes asb. As die Engelse bogenoemde afkorting gebruik sal dit dan in Afrikaans KOEL wees? KOEL=Kort opstyg en land. Groete! Oesjaar (kontak) 14:47, 13 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap: hier is die nuusbrief van Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir julle gerief! SAAWK Nuusbrief Desember 2019 My een vraag uit die nuusbrief, hoe weet hulle wat op die grondvlak aangaan waar die taal gebruik word... Ons skep nogal 'n paar nuwe woorde hier op ons Wiki! Ek is tans besig om ons bande met die Akademie te versterk. Groete! Oesjaar (kontak) 13:04, 15 Desember 2019 (UTC)
Hoe word die voordele van tegnologie benut om Afrikaans uit te bou? Wat hou die werk van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) in (vergelyk Van Huyssteen & andere 2016) en hoe kan dit ten beste benut word? Hoe kan VivA uitgebou word? Hoe kan die Afrikaanse Wikipedia ingespan word in die belang van Afrikaans (kyk Pretorius 2016)? |
Geselsie oorgedra deur Aliwal2012
Hi Aliwal - ek sien die Afr. Wikipedia het die 87 000 merk bereik. Sjoe, dis 'n groot prestasie! Is die wa deur die drif getrek met saadjies of hoe, want toe ek laas gekyk het was ons nog ver van die prestasie af? Groete:) Charlielv55 (kontak) 08:36, 17 Desember 2019 (UTC)
As gereelde patrolleerder merk ek op daar is geen geboortes by die jaar 2000 gelys nie! Dis mos onmoontlik!!
Weet iemand dalk wat daarvan geword het? Groete, --Aliwal2012 11:26, 17 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, ek dink teen hierdie tyd is bogenoemde seker al vervelig... Wat my baie opgewonde maak oor die artikel is die feit dat die twee skematiese voorstellings van die motors Afrikaanse byskrifte het. Gebruiker:K175 en Gebruiker:Burgert Behr het dit vir ons vermag; ook dankie aan hulle. Soos ek verstaan, kan enige SVG lêer se byskrifte verander word na iets na enige taal. Ek het dit vir my vrou gewys, 'n onderwyseres, en haar woorde: Die twee sketse is 'n duisend maal meer werd as jou teks gedeelte van die artikel. Ons sal in die verloop van 2020 alle sketse wat ons kan moet verander na Afrikaans. Groete! Oesjaar (kontak) 06:25, 18 Desember 2019 (UTC)
Weet iemand dalk hoekom Begeerde artikels nie werk nie? Dit moes op die 12de Des. outomaties opdateer het... Groete! Oesjaar 18:58, 18 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, spesifiek Gebruiker:K175, Gebruiker:Burgert Behr en Gebruiker:Rooiratel: iemand het hierdie sjabloon
Hierdie gebruiker werk al meer as tien jaar op Wikipedia |
op my blad geplaas. Is daar 'n sootgelyke 15 jaar sjabloon? Indien nie, kan julle klomp slimmes een skep? Daar is 'n paar gebruikers wat al solank hier rond is. Groot asseblief? Groete!
Weet iemand wie dalk die wenners was van bovermelde kompetisie? Tussen 11 Desember 2018 en 31 Maart 2019 het Maroela Media herhaaldelik moeite gedoen om onderwysers betrokke te kry. Maar ook nagraadse studente.
As daar niemand was weens min belangstelling nie, is ek verplig om dit te noem - dan is dit nie Maroela se skuld nie, maar die publiek. (Dan moet die publiek ook nie mor oor die agteruitgang van Afrikaans nie.) Mense soos ek gaan beslis eendag deur Maroela se argief sif en vrae hê. As die borge onttrek het, moet dit genoem word. As die wenners verkies om anoniem te bly (wat gewoonlik deur kompetisiereëls geweier word), moet ek dit ook noem.
Oesjaar, kan u asseblief vir Maroela 'n luitjie gee, groot asseblief? Suidpunt (kontak) 07:01, 19 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, sal dit afstand beheerde vaartuie/lugvaartuig wees? Groete! Oesjaar (kontak) 17:41, 19 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, ek het 'n foto van Gerda Steyn bekom, sy het dit vir my gestuur met die toestemming van die amptelike fotograaf, Tobias Ginsberg. Ek sien op Commmons mag jy net jou eie werk laai. Hoe nou gemaak? Advies asb. Groete! Oesjaar (kontak) 06:02, 20 Desember 2019 (UTC)
Aangesien dit nou stil raak, kan ek netsowel almal 'n mooi aand en oggend toewens. Geseënde Kersfees! Suidpunt (kontak) 18:27, 24 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap: wat sal die volgende in Afrikaans wees: High explosive ammunition en armour-piercing ammunition? Twee koppe is beter as een... Groete! Oesjaar (kontak) 12:42, 28 Desember 2019 (UTC)
Dankie aan gebruikers Gebruiker:Ellywa en Gebruiker:B222 wat hierdie artikel oorvertaal het na Nederlands op my versoek. Ek dink ons skuld hulle 'n guns of twee... Groete! Oesjaar (kontak) 19:35, 29 Desember 2019 (UTC)
@Gebruiker:B222, Matroos Vos & Gebruiker:Ellywa, ik stel voor dat jullie registreren bij https://viva-afrikaans.org/. Je hebt alleen maar een e-mailadres nodig. Het is gratis, ook het Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en andere woordenboeken zijn er geheel en al gratis en toegankelijk. Suidpunt (kontak) 08:36, 31 Desember 2019 (UTC)
Gemeenskap, bogenoemde is een van die vroëre Kommandeurs aan die Kaap die Goeie Hoop; daar is egter geen geboortedatums of sterftedatums beskikbaar op ons of die Engelse Wiki's nie. Toe vra ek of ons Nederlandse vriende kan help. Sien hulle pogings: [10] Lekker om mense te hê wat saamwerk. Groete! Oesjaar (kontak) 12:59, 31 Desember 2019 (UTC)
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Argief2019, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.