Moedersdag is 'n dag wat moeders en moederskap gedenk.
Moedersdag word in Suid-Afrika (en meeste ander Westerse lande) op die tweede Sondag van Mei gevier. In die Verenigde Koninkryk en Ierland word 'n ouer tradisionele kerklike Moedersdag, bekend as Mothering Sunday, drie weke voor Paasfees gevier, terwyl Moedersdag in Rusland (День матери) op die laaste Sondag in November val. Die dag komplementeer Vadersdag, wat vaders en vaderskap gedenk.
Mense wat die dag vier, bederf gewoonlik hulle moeders op die dag. Hulle bedien soms ontbyt aan hulle moeders in die bed en help met kosmaak en ander huishoudelike take. Kaartjies, blomme en geskenke word ook soms op dié dag aan moeders gegee om die dag vir hulle ekstra spesiaal te maak.
Jaar | Moedersdag | Mothering Sunday (VK, IRL) |
---|---|---|
2020 | 10 Mei | 22 Maart |
2021 | 9 Mei | 14 Maart |
2022 | 8 Mei | 27 Maart |
2023 | 14 Mei | 19 Maart |
2024 | 12 Mei | 10 Maart |
2025 | 11 Mei | 30 Maart |
2026 | 10 Mei | 15 Maart |
2027 | 9 Mei | 7 Maart |
2028 | 14 Mei | 26 Maart |
2029 | 13 Mei | 11 Maart |
Wiki Commons bevat media in verband met Moedersdag. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Moedersdag, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.