Drywing

Drywing is die tempo waarteen arbeid verrig word of waarteen energie oorgedra word.

Die SI-eenheid van drywing is die watt (simbool: W).

Drywing
Windmeule wissel wind drywing oor na meganiese drywing. Die hedendaagse meule wissel die drywing verder na elektriese drywing terwyl die ouderwetse meul gebruik die drywing om graan te maal.

Definisie

Die definisie van drywing is

    Drywing 

waar

In die SI-stelsel verteenwoordig hierdie stelling 'n energieverbruik van een joule per sekonde.

Die eerste eenheid vir drywing was die perdekrag (horsepower) (simbool: HP) wat deur James Watt in ongeveer 1770 geskep is. Een perdekrag was die drywing nodig om 550 pond met 'n spoed van een voet per sekonde te hys. Teen die einde van die negentiende eeu was die Pferdestärke (PS) in Duitsland geskep. Die Pferdestärke was die drywing nodig om 75 kilogram met 'n spoed van een meter per sekonde te hys.

Die vergelyking van hierdie eenhede is

    1 HP = 746 W
    1 PS = 735,5 W.

Praktyk

Die stelling vir drywing kan vervorm word vir verskeie stelsels.

Elektriese sisteme

In elektriese stelsels is die stelling vir elektriese drywing:

    Drywing 

waar

'n Gemiddelde kragsentrale wek ongeveer 500 megawatt (MW) op. Dit beteken dat dit 500 miljoen joule energie per sekonde opwek.

Draaiende stelsels

In 'n draaiende stelsel is die stelling vir drwying:

    Drywing 

waar

Vloeier meganika

In vloeier meganika is die stelling vir drywing:

    Drywing 

waar

    p is druk (Pa in die SI-stelsel)
    Q is Volumetriese vloeitempo (m3/s in die SI-stelsel).

In die praktyk word die minimum grootte van 'n elektriese motor vir 'n pomp met die volgende formule bereken:

    Drywing 

waar:

  • Q = Drywing (W in die SI-stelsel)
  • ΔP = Drukvermeerdering oor pomp (Pa in die SI-stelsel)
  • V = Volume vloei (m3/s in die SI-stelsel)
  • ηpomp = Effektiwiteit van pomp. Hoeveel van die energie wat aan die pomp gegee word, word gebruik om vloeistof te pomp. Verliese is tipies interne sirkulasie in die pomp. Dit word afgelees van die pompkurwe. Dit is ongeveer 0,80 en is onafhanklik van die eenheidstelsel.
  • ηdrywer = Effektiwiteit van drywer. Hoeveel verliese is daar tussen die elektriese motor en die pomp. Vir 'n soliede as is die effektiwiteit ~ 1,0. Vir 'n V-band sal dit laer wees. Dit is onafhanklik van die eenheidstelsel.
  • ηelektriese motor = Effektiwiteit van 'n elektriese motor (hoeveel van die elektrisiteit word omgesit om die drywer te dryf). Dit is gewoonlik redelik hoog: 0,85 tot 0,95 en is onafhanklik van die eenheidstelsel.

Misgebruik

Die woorde "energie" en "drywing" word dikwels verkeerdelik afgewissel in die geloof dat hulle dieselfde beteken.

"Perdekrag" is 'n eenheid van drywing en nie van krag nie. In die "Onse Vader"-gebed word die Latynse woord "potestas" as "power" in Engels, as "puissance" in Frans, as "krag" in Afrikaans, as "kracht" in Nederlands en as "Kraft" in Duits vertaal. In fisika, het die Franse woord "puissance" en die Engelse woord "power" dieselfde betekenis, dit wil sê "drywing" maar die Duitse woord "Kraft" en die Nederlandse woord "kracht" het dieselfde betekenis as die Afrikaanse woord, naamlik "krag".

In Nederlands word die woord "vermogen" in plaas van "drywing" gebruik.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Drywing DefinisieDrywing PraktykDrywing MisgebruikDrywing Sien ookDrywing VerwysingsDrywingArbeidEnergieSI-stelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TandbederfInflasieNoord-KaapRekenaarSharpeville-slagtingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSoutsuurGeskiedenis van die BoererepubliekeKnieFinale OplossingVaginale kankerLionel PetersonKunsmatige intelligensieWapen van Suid-AfrikaBiodiversiteitErektiele disfunksieWelwitschiaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGoogleAkademiaVennootskapProteïenCorioliskragSuid-Afrikaanse randPlastiekWoordeboekDiarreeNag van die lang messeKatoenCristiano RonaldoSekondêre sektor van die ekonomieDroogteNasionale VrouedagSkaapImmunologieKongo-krisisWitbloedselPriemgetalPornhubMosambiekkanaalNapoleon BonaparteDeelwoordSportSeevlakstygingTuisbladIndustriële RevolusieRymTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)Die Laaste Avondmaal (Leonardo)Jak de PriesterGawes van die Heilige GeesSwartbewussynsbewegingGrondbesoedelingSeegolfSprokieKarooTydHolocaustVerenigde KoninkrykDubbelpuntEk is 'n Afrikaan (toespraak)WikipediaNeurenberg-verhoreAnti-inflammatoriese middelKolonoskopieChemiese elementTropiese sikloonSnaarinstrumentHeupvervangingEmfiseemLys van elemente volgens simboolDesmond TutuParasitiese siektesSinoniem🡆 More