Rugbywêreldbeker 2019: Negende Rugbywêreldbeker

Die Rugbywêreldbeker 2019 (Japannees: ラグビーワールドカップ2019) is van 20 September tot 2 November 2019 in Japan beslis.

Dit was die negende rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die vyfde in die Noordelike Halfrond. Dit was die eerste keer wat dié toernooi in Asië en buite die “tradisionele tuiste” van rugby aangebied is. Al die vorige rugbywêreldbekertoernooie is afwisselend in lande van óf die destydse Drienasiesreeks (nou bekend as die Rugbykampioenskap, Suidelike Halfrond) of die destydse Vyfnasiestoernooi (nou bekend as die Sesnasies-toernooi, Noordelike Halfrond) gehou.

Rugbywêreldbeker 2019
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Japan Japan
Datums 20 September – 2 November
Aantal nasies 20 (93 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Naaswenner Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions Vlag van Engeland Engeland
Derde plek Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Toernooistatistiek
Wedstryde 48
Bywoning 1 700 498 (gem. 35 427 per wedstryd)
Drieë 285 (gemiddeld 5.94 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Suid-Afrika Handré Pollard (69)
Meeste drieë Vlag van Wallis Josh Adams (7)
2015
2023
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 2003, 2007, 2011 en 2015 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2019 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2015-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Georgië, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Fidji, Kanada, Namibië, Rusland, Samoa, Tonga, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die Rugbywêreldbeker 2019 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 20 September tussen die gasheer Japan en Rusland op Chōfu, Tokio, se Ajinomoto-stadion afgeskop. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk gekwalifiseer het. Suid-Afrika het die eindstryd op Internasionale Stadion Jokohama teen Engeland met 32–12 gewen en sodoende sy derde wêreldtitel ná 1995 en 2007 ingepalm. Hiermee het Suid-Afrika Nieu-Seeland se vorige rekord van drie titels geëwenaar en word gelyktydig die suksesvolste span in die rugbywêreldbekergeskiedenis, nadat die Springbokke die eerste twee toernooie misgeloop het. Die telling, waarin twee drieë gedruk is, is behaal met ses strafskoppe deur Handré Pollard en die twee drieë deur Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe, teenoor slegs die vier strafdoele deur Engeland se Owen Farrell. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Wallis in die vierde plek geëindig. Soos tydens die Rugbywêreldbeker 2015 was daar geen nuwe toetreders nie.

Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2019 is Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Engeland as gunstelinge op die titel beskou. Die gasheer Japan se oorwinning oor Ierland – een van die groot gunstelinge voor dié toernooi – word as een van die grootste verrassings in die rugbygeskiedenis beskou, soos ook ná die Japannese oorwinning oor Suid-Afrika tydens die Rugbywêreldbeker 2015. Enkele dae vroeër het Uruguay die eerste groot verrassing besorg toe hulle Fidji met 30–27 geklop het. Die grootste skok was die uitskakeling van die mede-gunsteling Argentinië tydens die groepfase nadat hulle deur Engeland met 39–10 geklop is. Die gasheer Japan het hul 2015-sukses oortref en al vier teenstanders tydens die groepfase – Rusland, Ierland, Samoa en Skotland – verslaan. Japan het vervolgens as die eerste Asiatiese span nog tot die uitklopfase gevorder, hul beste prestasie in internasionale rugby tot dusver; die gasheer is egter deur die latere wêreldkampioen Suid-Afrika met 26–3 geklop.

Vir die eerste keer in die rugbywêreldbekertoernooi se geskiedenis moes wedstryde, eers dié tussen Nieu-Seeland en Italië asook tussen Engeland en Frankryk, weens die tifoon Hagibis afgelas word. Albei wedstryde is as ’n 0–0-gelykop geag en elke span het vervolgens twee bykomende tabelpunte gekry. Later moes ook die groepwedstryd tussen Kanada en Namibië afgelas word, met dieselfde uitslag vir die tabel.

Die Japannese Nasionale Stadion, wat herbou is vir die Olimpiese Somerspele 2020, was oorspronklik die kern van die Japannese bod vir die Rugbywêreldbeker 2019, maar as gevolg van hersienings aan die planne vir die Japannese Nasionale Stadion moes die stadions vir die Rugbywêreldbeker 2019 opnuut gereël word. Die Internasionale Stadion Jokohama het vervolgens die nuwe hoofstadion geword en ook die eindstryd gehuisves; dié stadion is al tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gebruik.

Saam met die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio was die Rugbywêreldbeker 2019 een van twee groot sportkompetisies in Japan binne twee jaar; albei behoort tot die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld. Tydens die Olimpiese Somerspele 2020 is sewesrugbywedstryde gehou, waarmee Japan twee van die rugbywêreld se belangrikste toernooie binne twee jaar gehuisves het. Die Olimpiese Somerspele 2020 is as gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie deur die Internasionale Olimpiese Komitee en die Japannese reëlingskomitee egter vir een jaar uitgestel.

Toewysing

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Kaart van die kandidaatlande vir die Rugbywêreldbeker 2019

Die wêreldbeheerliggaam Wêreldrugby (tot 2014: Internasionale Rugbyraad) het tot op 15 Augustus 2008 vir bode van belangstellende lande wat die Rugbywêreldbeker 2015 of Rugbywêreldbeker 2019 wou aanbied tyd gegee. Tot op hierdie datum was slegs ’n formele verklaring sonder gedetailleerde planne voldoende. ’n Rekord van tien lande het vervolgens hul belangstelling vir een van die twee toernooie aangekondig: Australië, Engeland, Ierland, Italië, Jamaika, Japan, Rusland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Van hierdie tien lande het ses hul kandidatuur in die eerste helfte van 2009 teruggetrek. Engeland, Italië, Japan en Suid-Afrika was vervolgens die moontlike kandidaatlande; met Engeland en Japan as gunstelinge.

Tydens ’n spesiale vergadering van die Internasionale Rugbyraad wat op 28 Julie 2009 in Dublin gehou is, is die Rugbywêreldbeker 2015 aan Engeland toegeken, terwyl die Rugbywêreldbeker 2019 aan Japan toegewys is. Japan het voorheen ook aangebied om die Rugbywêreldbeker 2011 te huisves, maar dié toernooi is in Nieu-Seeland aangebied. Die Internasionale Rugbyraad was destyds van mening dat Japan nie volle stadions kan waarborg nie.

Beide Hongkong en Singapoer het aangebied om van die wedstryde te huisves en het deel gevorm van die Japannese Rugbyunie se oorspronklike suksesvolle gasheerbod, maar albei stadstate was nie deel van die 14 plekke wat die organiseerders op 5 November 2014 amptelik as gasheerstede aangekondig het nie. Daarmee het dit ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika, die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië en die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland die vierde rugbywêreldbekertoernooi geword wat geheel en al in een land aangebied is.

Deelnemers

Kwalifisering

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Grafiek van die kwalifiseringsproses vir die Rugbywêreldbeker 2019

Naas die gasheer Japan, wat ook met sy derde plek tydens die groepfase van die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer het, het ook die agt deelnemers aan die kwarteindrondte en die drie ander derdeplek-spanne van die 2015-groepfase vir die Rugbywêreldbeker in 2019 gekwalifiseer. Vervolgens is agt van die 20 plekke van die toernooi tydens die kwalifisering uitgespeel. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië. Twee plekke elk is vir die nasionale spanne van die Amerikas en Oseanië gereserveer en een elk vir Afrika en Europa. Die twee oorblywende plekke is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte (uitspeel tussen Europa en Oseanië) en ’n uitspeelwedstryd gespeel. As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 93 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Japan.

Die volgende spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer: Japan as gasheer en groep-derdeplek 2015, Nieu-Seeland as verdedigende kampioen, Australië as naaswenner en Suid-Afrika as derde plek in 2015, Argentinië as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Ierland, Frankryk, Skotland en Wallis, asook die derde plekke in die groepfase Italië, Georgië en Engeland. In Julie 2017 het die Verenigde State as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle Uruguay met ’n algehele telling van 80–44 verslaan het. Twee weke later is Fidji en Tonga bevestig as kwalifiseerders van Oseanië, as onderskeidelik Oseanië 1 en 2. Amerikas 2 is in Februarie die volgende jaar gevul toe Uruguay Kanada met ’n algehele telling van 70–60 geklop het. In Julie 2018 het Samoa die uitspeelwedstryd teen Duitsland gewen en vir die toernooi gekwalifiseer. Een maand later het Namibië vir sy sesde agtereenvolgende Wêreldbeker gekwalifiseer toe die span die Afrikabeker beklink het. Kanada het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span die uitspeelrondte gewen het.

Aanvanklik het Roemenië as Europa 1 vir die toernooi gekwalifiseer, maar nadat die nasionale rugbyspanne van België, Roemenië en Spanje tydens hul kwalifisering uitgeslote spelers ingespan het, is hulle vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet. Vervolgens het Rusland onmiddellik vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer, terwyl Duitsland, ondanks soms swaar nederlae, tot die volgende rondte gevorder het. Duitsland, wat as naaswenner van die uitspeel geëindig het, het die Rugbywêreldbeker 2019 egter net-net misgeloop, nadat hulle die beslissende wedstryd teen Kanada verloor het.

Kwalifiserende spanne

Die volgende 20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer. Rusland, wat Roemenië vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2015. Dit is die eerste toernooi wat Roemenië misgeloop het.

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 93 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Twaalf beste spanne van die 2015-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Japan Gasgeer Negende 2015 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) A
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Argentinië Regstreeks Negende 2015 Derde plek (2007) C
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Australië Negende 2015 Kampioen (1991, 1999) D
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Engeland Negende 2015 Kampioen (2003) C
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Frankryk Negende 2015 Naaswenner (1987, 1999, 2011) C
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Georgië Vyfde 2015 Groepfase (2003, 2007, 2011, 2015) D
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions   Ierland Negende 2015 Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011, 2015) A
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Italië Negende 2015 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) B
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Nieu-Seeland Negende 2015 Kampioen (1987, 2011, 2015) B
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Skotland Negende 2015 Vierde plek (1991) A
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika Sewende 2015 Kampioen (1995, 2007) B
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Wallis Negende 2015 Derde plek (1987) D
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Fidji Oseanië 1 Agste 2015 Kwarteindrondte (1987, 2007) D
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Kanada Uitspeelwenner Negende 2015 Kwarteindrondte (1991) B
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Namibië Afrika 1 Sesde 2015 Groepfase (1999, 2003, 2007, 2011, 2015) B
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rusland Europa 1 Tweede 2011 Groepfase (2011) A
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Samoa Uitspeelwedstrydwenner Agtste 2015 Kwarteindrondte (1991, 1995) A
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Tonga Oseanië 2 Agtste 2015 Groepfase (1987, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) C
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Uruguay Amerikas 2 Vierde 2015 Groepfase (1999, 2003, 2015) D
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Verenigde State Amerikas 1 Agtste 2015 Groepfase (1987, 1991, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) C

Stadions

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Die Japannese Nasionale Stadion in Tokio, kern van die Japannese bod, was nie betyds klaar vir die Rugbywêreldbeker 2019 nie

Die lys wat in 2009 bekendgemaak is ná die toernooitoewysing het 22 stadions bevat. Oorspronklik is oorweeg om van die wedstryde in Hongkong (Hongkong-stadion) en Singapoer (Nasionale Stadion) te huisves. Die amptelike lys wat op 2 Maart 2015 bekendgemaak is, het 12 stadions bevat. Onder andere is die Internasionale Stadion Jokohama bygevoeg, wat nie op die oorspronklike lys was nie. Hongkong en Singapoer is van dié lys verwyder, waarvolgens al die wedstryde in Japan aangebied is.

Die kernpunt van die Japannese bod was die Japannese Nasionale Stadion in Tokio, wat met die oog op die Olimpiese Somerspele 2020 deur Zaha Hadid ontwerp is. Met ’n beplande kapasiteit van 80 000 sou dit die grootste stadion wees; dit was ook as plek vir die eindstryd en ander belangrike wedstryde beplan. Weens ’n massiewe koste-oorskryding het eerste minister Shinzō Abe op 17 Julie 2015 aangekondig dat dié projek geskrap en ’n nuwe aansoek ingedien sal word. As gevolg van hierdie vertraging was die nuwe Japannese Nasionale Stadion nie vir die Rugbywêreldbeker 2019 beskikbaar nie. In ’n verklaring het Wêreldrugby sy teleurstelling oor dié beslissing uitgedruk, veral nadat beide die bodkomitee en die Japannese Sportraad herhaaldelik verseker het dat die projek betyds klaar sou wees.

Wêreldrugby het vervolgens tot einde September 2015 tyd gegun om ’n alternatiewe plan te ontwerp. Te midde van verskeie mediaberigte oor ’n nuwe toewysing van die toernooi aan óf Italië óf Suid-Afrika, het raadspresident Bernard Lapasset beklemtoon dat Japan in elk geval gasheer sal wees en dat daar nie ’n “Plan B” is nie. Op 28 September 2015 het Wêreldrugby ’n ooreenkoms met die reëlingskomitee oor ’n nuwe stadionkonsep bekend gemaak. Die belangrikste stadion was nou die Internasionale Stadion Jokohama, terwyl die Ajinomoto-stadion, in ’n voorstad van Tokio, Chōfu, ook gebruik is. Die Internasionale Stadion Jokohama is al tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gebruik en het ook die eindstryd gehuisves.

Chōfu, Honsjoe Jokohama, Honsjoe Fukuroi, Honsjoe Higashiosaka, Honsjoe
Ajinomoto-stadion Int’l Stadion Jokohama Shizuoka-stadion Hanazono Rugbystadion
35°39′51.4″N 139°31′37.7″O / 35.664278°N 139.527139°O / 35.664278; 139.527139 (Ajinomoto-stadion) 35°30′36.16″N 139°36′22.49″O / 35.5100444°N 139.6062472°O / 35.5100444; 139.6062472 (Int’l Stadion Jokohama) 34°44′35.60″N 137°58′13.81″O / 34.7432222°N 137.9705028°O / 34.7432222; 137.9705028 (Shizuoka-stadion) 34°40′8.2″N 135°37′35″O / 34.668944°N 135.62639°O / 34.668944; 135.62639 (Hanazono Rugbystadion)
Kapasiteit: 49 970 Kapasiteit: 72 327 Kapasiteit: 50 889 Kapasiteit: 30 000
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Fukuoka, Kioesjoe
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Umakana Yokana-stadion
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Ōita Bank Dome
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Level-5-stadion
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Ajinomoto-stadion
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Int’l Stadion Jokohama
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Shizuoka-stadion
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Hanazono Rugbystadion
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Sapporo Dome
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Noevir Stadion Kobe
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Kumagaya Rugbygrond
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Kamaishi Recovery Memorial Stadion
Ligging van die 12 stadions vir rugbywedstryde tydens die Rugbywêreldbeker 2019 soos aangekondig op 28 September 2015.
Toyota, Honsjoe
Level-5-stadion Toyota-stadion
33°35′09″N 130°27′39″O / 33.585889°N 130.46079°O / 33.585889; 130.46079 (Level-5-stadion) 35°05′04.2″N 137°10′14.2″O / 35.084500°N 137.170611°O / 35.084500; 137.170611 (Toyota-stadion)
Kapasiteit: 22 563 Kapasiteit: 45 000
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Sapporo, Hokkaido Ōita, Kioesjoe
Sapporo Dome Ōita Bank Dome
43°0′54.62″N 141°24′35.16″O / 43.0151722°N 141.4097667°O / 43.0151722; 141.4097667 (Sapporo Dome) 33°12′2″N 131°39′27″O / 33.20056°N 131.65750°O / 33.20056; 131.65750 (Ōita Bank Dome)
Kapasiteit: 41 410 Kapasiteit: 40 000
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Kumamoto, Kioesjoe Kobe, Honsjoe Kumagaya, Honsjoe Kamaishi, Honsjoe
Umakana Yokana-stadion Noevir Stadion Kobe Kumagaya Rugbystadion Kamaishi Recovery Memorial Stadion
32°50′13″N 130°48′0″O / 32.83694°N 130.80000°O / 32.83694; 130.80000 (Umakana Yokana-stadion) 34°39′24.15″N 135°10′8.27″O / 34.6567083°N 135.1689639°O / 34.6567083; 135.1689639 (Kobe City Misaki Park-stadion) 36°09′50″N 139°24′40″O / 36.164°N 139.411002°O / 36.164; 139.411002 (Kumagaya Rugbygrond) 39°16′N 141°53′O / 39.267°N 141.883°O / 39.267; 141.883 (Kamaishi Recovery Memorial Stadion)
Kapasiteit: 32 000 Kapasiteit: 30 312 Kapasiteit: 24 000 Kapasiteit: 16 187
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 

Formaat

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
’n Reuse rugbybal, Sirius – die amptelike rugbybal van die Rugbywêreldbeker 2019 – adverteer in Osaka vir die Rugbywêreldbeker 2019

Die Rugbywêreldbeker 2019 is oor 44 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 20 September op die Ajinomoto-stadion in Chōfu naby Tokio met die openingswedstryd tussen die gasheer Japan en Rusland afgeskop. Die toernooi het geëindig by Internasionale Stadion Jokohama op 2 November met die eindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2019 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
September/Oktober
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
6
Ma
7
Di
8
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
13
Seremonies OS
Groep A 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Groep C 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Groep D 1 1 1 2 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Oktober/November
Ma
14
Di
15
Wo
16
Do
17
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Die loting vir die Rugbywêreldbeker 2019 het op 10 Mei 2017 in die Kioto Staatsgastehuis plaasgevind
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Die destydse eerste minister van Japan Shinzo Abe en Wêreldrugby se voorsitter Bill Beaumont tydens die loting

Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 spanne wat in vier groepe van vyf spanne gedeel is met dieselfde formaat as wat in 2003, 2007, 2011 en 2015 gebruik is. Die loting vir die groepfase was op 10 Mei 2017 in Kioto se Staatsgastehuis waar die twaalf regstreekse kwalifiseerders in drie groepe gedeel is na aanleiding van hul posisie op die IRR-ranglys. Die loting is geskuif van die tradisionele datum ná die eindjaarrugbytoetsreeks gedurende die Novembermaand ná die vorige Rugbywêreldbekertoernooi sodat die spanne meer tyd gehad het om hul wêreldranglysposisie voor die loting te verbeter.

Die lootstelsel van vorige rugbywêreldbekertoernooie is behou met die twaalf regstreekse kwalifiseerders uit 2015 wat op die lotingsdag aan hul onderskeie groepe toegewys is, gebaseer op hul plek op die Wêreldrugby-ranglys op 10 Mei 2017:

  • Groep 1: Die vier beste gekeurde spanne
  • Groep 2: Die vier naasbeste gekeurde spanne
  • Groep 3: Die vier laagste regstreekse kwalifiseerders

Die oorblywende twee groepe bestaan uit die agt bykomende spanne, met die toewysing in elke groep gebaseer op die vorige Rugbywêreldbekertoernooi:

  • Groep 4: Oseanië 1, Amerikas 1, Europa 1, Afrika 1
  • Groep 5: Oseanië 2, Amerikas 2, uitspeelwenner, uitspeelwedstrydwenner

Dit beteken dat die 20 deelnemende spanne, gekwalifiseerde en kwalifiserende, soos volg gekeur is (volgens hul plek op die wêreldranglys op 10 Mei 2017):

Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4 Groep 5

Ná die loting op 10 Mei 2017 lyk die groepe soos volg:

Groep A Groep B Groep C Groep D

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions   Ierland
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Skotland
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Japan
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rusland
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Samoa

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Nieu-Seeland
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Italië
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Namibië
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Kanada

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Engeland
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Frankryk
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Argentinië
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Verenigde State
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Tonga

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Australië
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Wallis
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Georgië
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Fidji
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Uruguay

Groepfase

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Verbyvlug van die Japannese Lugselfverdedigingsmag se Blue Impulse tydens die openingseremonie van die Rugbywêreldbeker 2019
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Toneel tydens die openingseremonie van die Rugbywêreldbeker 2019
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Toneel met berg Foedji tydens die openingseremonie

Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 2003, 2007, 2011 en 2015 is die 20 spanne wat vir die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer het in vier groepe verdeel. Die groepe is verdeel van Groep A tot Groep D en elke groep het bestaan uit vyf spanne. Elke groep het een semifinalis en een kwarteindfinalis (regstreekse kwalifiseerders) van die Rugbywêreldbeker 2015 bevat, met die ander drie plekke wat deur die kwalifiseringstelsel aangevul is. Elke land het een keer teen elke ander span in sy groep gespeel: elke land het dus vier wedstryde tydens die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • twee vir ’n gelykopuitslag;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.

Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):

  • ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
  • ’n span verloor met sewe punte (’n verdoelde drie) of minder.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee of meer spanne ewe veel punte behaal het, is ’n kriteriastelsel gebruik om te bepaal watter span ’n hoër rang gehad het. Die kriteriastelsel het berus op ’n gedetailleerde analise van die wedstryde waaraan die spanne deelgeneem het. As geen uitslag met die stelsel bereik kon word nie, is die span wat die hoër rang op die amptelike ranglys van Wêreldrugby gehad het (soos gepubliseer op 14 Oktober 2019) die hoër rang toegeken.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

2019-effek op 2023-kwalifisering

Soos tydens die rugbywêreldbekertoernooie van 2007, 2011 en 2015 het die top drie spanne in elke groep regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk gekwalifiseer. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.

Kaartjies en borgskappe

Kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2019 is in agt fases verdeel dwarsdeur 2018 en tot in Januarie 2019, toe in die laaste fase die oorblywende kaartjies vrygestel is. In Julie 2018 is daar aangekondig dat daar reeds 950 000 van die 1,8 miljoen kaartjies verkoop is. Altesaam is daar 1,83 miljoen kaartjies verkoop, wat dit die grootste enkelsportoernooi in Japan maak; die 99% bywoning gedurende die 45 wedstryde is die hoogste in die rugbywêreldbekergeskiedenis.

Die wêreldwye vennote van die toernooi was Emirates, Heineken, Land Rover, Mastercard, Société Générale en DHL, en die amptelike borge sluit in Canon, Toto, Secom, Lipod, Mitsubishi, NEC, Hito en Taisei. Gilbert het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Sirius-wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by rugbywêreldbekertoernooie voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995), Revolution- (1999), Xact- (2003), Synergie- (2007), Virtuo- (2011) en Match XV-balle (2015) vir vorige toernooie verskaf het. Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers Tudor, Toppan, Canterbury, NTT Docomo, EY, Suntory en Aggreko.

Betrokkenes

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van twaalf skeidsregters, sewe lynregters en vier televisieskeidsregters is vir die 48 wedstryde ingespan.

    Skeidsregters

    Lynregters
    Televisieskeidsregters

Spanne

Elke land kon 31 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 8 September 2019 aan Wêreldrugby voorgelê word. Nadat die span voorgelê is, kon ’n beseerde speler vervang word, maar so ’n speler is nie toegelaat om weer by die span aan te sluit nie.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2023.
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2023.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2023 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die drie beste spanne regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer het.

Groep A

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Die openingswedstryd tussen Japan en Rusland in Chōfu
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Japan 4 4 0 0 115 62 +53 13 3 19
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions   Ierland 4 3 0 1 121 27 +94 18 4 16
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Skotland 4 2 0 2 119 55 +64 16 3 11
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Samoa 4 1 0 3 58 128 –70 8 1 5
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rusland 4 0 0 4 19 160 –141 1 0 0

Groep B

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Italië klop Namibië op 22 September in Higashiosaka met 47–22
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Nieu-Seeland 4 3 1 0 157 22 +135 22 2 16
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika 4 3 0 1 185 36 +149 27 3 15
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Italië 4 2 1 1 98 78 +20 14 2 12
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Namibië 4 0 1 3 34 175 –141 3 0 2
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Kanada 4 0 1 3 14 177 –163 2 0 2

Groep C

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Wedstryd tussen Frankryk en Tonga in Groep C op 6 Oktober
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Engeland 4 3 1 0 119 20 +99 17 3 17
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Frankryk 4 3 1 0 79 51 +28 9 1 15
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Argentinië 4 2 0 2 106 91 +15 14 3 11
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Tonga 4 1 0 3 67 105 –38 9 2 6
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Verenigde State 4 0 0 4 52 156 –104 7 0 0

Groep D

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Wedstryd tussen Australië en Fidji in Groep D op 21 September
Span S W G V P v P t +/− D v BP P
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Wallis 4 4 0 0 136 69 +67 17 3 19
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Australië 4 3 0 1 136 68 +68 20 4 16
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Fidji 4 1 0 3 110 108 +2 17 3 7
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Georgië 4 1 0 3 65 122 –57 9 1 5
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Uruguay 4 1 0 3 60 140 –80 6 0 4

Uitklopfase

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Nieu-Seeland teen Wallis tydens die bronseindstryd, 1 November 2019
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Suid-Afrika nadat hulle in 2019 as die wêreldkampioen gekroon is
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindrondte
                   
19 Oktober – Ōita        
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Engeland  40
26 Oktober – Jokohama
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Australië  16  
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Engeland  19
19 Oktober – Chōfu
   Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Nieu-Seeland  7  
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Nieu-Seeland  46
2 November – Jokohama
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions   Ierland  14  
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Engeland  12
20 Oktober – Ōita
   Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika  32
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Wallis  20
27 Oktober – Jokohama
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Frankryk  19  
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Wallis  16 Uitspeel om derde plek
20 Oktober – Chōfu
   Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika  19   1 November – Chōfu
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Japan  3
   Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Nieu-Seeland  40
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika  26  
 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Wallis  17

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 2019
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2019.

Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 2019:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Suid-Afrika B 7 6 0 1 262 33 23 16 1
2 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Engeland C 7 5 1 1 190 22 16 16 0
3 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Nieu-Seeland B 7 5 1 1 250 36 28 4 0
4 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Wallis D 7 5 0 2 189 22 19 11 2
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Japan A 5 4 0 1 118 13 10 11 0
6 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions   Ierland A 5 3 0 2 135 20 15 1 0
7 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Australië D 5 3 0 2 152 21 13 7 0
8 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Frankryk C 5 3 1 1 98 12 10 5 1
In die groepfase uitgeskakel
9 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Italië B 4 2 1 1 98 14 9 2 0
10 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Skotland A 4 2 0 2 119 16 13 2 1
11 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Argentinië C 4 2 0 2 106 14 12 4 0
12 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Fidji D 4 1 0 3 110 17 7 3 0
13 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Tonga C 4 1 0 3 67 9 8 2 0
14 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Georgië D 4 1 0 3 65 9 7 2 0
15 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Samoa A 4 1 0 3 58 8 3 4 0
16 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Uruguay D 4 1 0 3 60 6 6 6 0
17 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Namibië B 4 0 1 3 34 3 2 5 0
18 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Kanada B 4 0 1 3 14 2 2 0 0
19 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Verenigde State C 4 0 0 4 52 7 4 3 0
20 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rusland A 4 0 0 4 19 1 1 3 1
Algeheel 48 2196 285 208 107 6

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Handré Pollard 69
2 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Owen Farrell 58
3 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Richie Mo’unga 54
4 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Yu Tamura 51
5 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Dan Biggar 41
6 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Josh Adams 35
7 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  George Ford 32
8 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Jordie Barrett 31
9 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Felipe Berchesi 30
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Makazole Mapimpi
11 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Elton Jantjies 28
12 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Romain Ntamack 27
13 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Adam Hastings 26
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Johnny Sexton
15 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Kotaro Matsushima 25
16 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Rhys Patchell 24
17 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Tommaso Allan 23
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Christian Leali’ifano
19 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Sonatane Takulua 21
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Ben Volavola
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Josh Adams 7
2 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Makazole Mapimpi 6
3 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Kotaro Matsushima 5
4 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Kenki Fukuoka 4
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Julián Montoya
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Ben Smith
7 Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Beauden Barrett 3
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Jordie Barrett
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Andrew Conway
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Luke Cowan-Dickie
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Dane Haylett-Petty
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  George Horne
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Cheslin Kolbe
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Marika Koroibete
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Jonny May
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Bongi Mbonambi
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Cobus Reinach
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Manu Tuilagi
Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions  Telusa Veainu

Sien ook

Notas

Verwysings

Verdere leesstof

  • (fr) Emmanuel Massicard (19 Julie 2019). Midi Olympique SAS (red.). Atlas de la Coupe du monde de rugby. p. 210. Atlas2019.

Eksterne skakels

Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 2019: Toewysing, Deelnemers, Stadions 

Australië / Nieu-Seeland 1987 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 • Suid-Afrika 1995 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 • Australië 2003 • Frankryk 2007 • Nieu-Seeland 2011 • Engeland / Wallis 2015 • Japan 2019 • Frankryk 2023 • Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 2019 ToewysingRugbywêreldbeker 2019 DeelnemersRugbywêreldbeker 2019 StadionsRugbywêreldbeker 2019 FormaatRugbywêreldbeker 2019 Kaartjies en borgskappeRugbywêreldbeker 2019 BetrokkenesRugbywêreldbeker 2019 WedstrydeRugbywêreldbeker 2019 StatistiekRugbywêreldbeker 2019 Sien ookRugbywêreldbeker 2019 NotasRugbywêreldbeker 2019 VerwysingsRugbywêreldbeker 2019 Verdere leesstofRugbywêreldbeker 2019 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 2019AsiëDie RugbykampioenskapJapanJapanneesNoordelike HalfrondRugbyRugbywêreldbekerSesnasies-toernooiWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DemokrasieTropiese sikloonGroot vyfLys van Suid-Afrikaanse musikanteCorioliskragNicola HanekomVoëlgriepFranklin D. RooseveltSebraNasiebouNylrivier (Suid-Afrika)Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaPolisieSeksTuisbladLys van medisinale kruieLys van musiekinstrumenteJan-Willem BreureAbstraksie (rekenaarwetenskap)PoësieJakkalsKoorsblaarKalsiumRonelda KamferTobie CronjéBrugVoëlRassismeBeesLianie MayWoestynDrinkwatervoorsieningJan de WetOorstromingWayde van NiekerkMenslike seksuele gedragDemi Lee MooreVulkaanShakaKaapstadGautengBloedvergiftigingAfro-AmerikanersHolocaustWayback MachineNylrivierJanie du PlessisRugbyFranse RewolusieDokterGroot TrekHoofkarakterBergen-Belsen-konsentrasiekampMasturbasieJaco JacobsMenslike penisgrootteEkonomiese sektorWiskundeHokkieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSirkelRudi ClaaseJak de PriesterJohan BadenhorstKokketielISO 3166-2ChristendomMaselsAce MagashuleKankerRefentse MorakeAdolessensieJeugdagPinksterGalileo Galilei🡆 More