Austronesiese Tale

Die Austronesiese tale is 'n taalfamilie met 'n groot verspreiding en omvat omtrent 1150 tale wat deur sowat 300 miljoen mense gepraat word.

Volgens die aantal tale word die Austronesiese tale net deur die Niger-Kongo-tale oorskry en volgens die moedertaalsprekers se aantal vorm dit die vyfde grootste taalfamilie ter wêreld. Die verspreiding van die Austronesiese tale streek vanaf Madagaskar (Malgassies) in die weste tot die Paaseiland (Rapa Nui) in die ooste en vanaf Taiwan (Formosaans) en Hawaii (Hawais) in die noorde tot Nieu-Seeland (Māori) in die suide. Daarmee vorm dit ná die Indo-Europese tale die tweede mees verspreide taalfamilie ter wêreld. Die naam van dié taalfamilie is afgelei van Latyn auster vir "suidewind" en Grieks nêsos vir "eiland".

Austronesiese tale
Geografiese
verspreiding:
Maritieme Suidoos-Asië, Oseanië, Madagaskar, Taiwan, Sri Lanka, Andaman-eilande
Genetiese
klassifikasie
:

 Austronesiese tale
Onderafdelings:
Austronesiese Tale

Verspreiding van Austronesiese tale

Austronesiese Tale
Huidige verspreiding van die Austronesiese tale
Austronesiese Tale
Uitbreiding van die Austronesiese tale

Die Austronesiese tale bestaan uit twee takke, naamlik die Formosaanse tale wat net op Taiwan gepraat word en die wydverspreide Maleis-Polinesiese tale wat die meeste van die tale insluit. Die Formosaanse tale word in nege ondergroepe verdeel wat deur die inheemse bevolking gepraat word maar deur die uitbreiding van Chinees nou ernstig bedreig word. Die meeste taalkundiges stem ooreen dat die Austronesiese tale vanaf die eiland Taiwan in 'n suidelike rigting versprei het.

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Javaans (85 miljoen), Maleis (40 miljoen), Soendanees (34 miljoen), Tagalog (24 miljoen), Indonesies (23 miljoen), Cebuano (16 miljoen), Ilokano (7 miljoen), Madoerees (6,8 miljoen), Hiligaynon (5,8 miljoen), Boeginees (5,5 miljoen), Minangkabau (5,5 miljoen), Atjehs (3,5 miljoen), Balinees (3,5 miljoen), Bandjarees (3,5 miljoen), Waray-Waray (2,5 miljoen), Kapampangan (2 miljoen) en Pangasinan (1,2 miljoen). Elkeen van die Austronesiese tale met meer as 'n miljoen moedertaalsprekers behoort tot die Maleis-Polinesiese taalgroep. Daarbenewens staan tale soos Hawais met 1 000, Māori met 157 110 en Samoaans met 360 000 moedertaalsprekers.

Verwysings

Bronne

  • (en) Terrell, John Edward (Desember 2004). "Introduction: 'Austronesia' and the great Austronesian migration". World Archaeology. 36 (4): 586–590. doi:10.1080/0043824042000303764.

Eksterne skakels

Tags:

Formosaanse taleGrieksHawaiiHawaisIndo-Europese taleLatynMadagaskarMalgassiesMaori (taal)MoedertaalNieu-SeelandNiger-Kongo-talePaaseilandRapa Nui (taal)TaalTaalfamilieTaiwan (eiland)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TandbederfRob HersovSpreeuJo BlackErektiele disfunksieMalariaNatuurKlimaatsverandering in AfrikaSpelerposisies in rugbyTamatieFamilie (verwantskap)DokterVerbondsarkVervoerKaapse VlakteWiki CommonsGordelroosBloedsomloopstelselFranse RewolusieMiddeloorontstekingInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandNarsismeAfro-AmerikanersAardverwarmingGenitale vratSekondêre sektor van die ekonomieArmoedeverligtingHeupvervangingWaterstofRosa ParksSublimasieRelatiwiteitsteorieHeks van HexrivierNiemetaalKoue OorlogDriehoekGoudWêreldwye webLys van Suid-Afrikaanse musikanteEnsiklopedieKasteel die Goeie HoopGroot GatSkoenlapperVrystaatSelfkonsepDramaDiepaartromboseHerpes simplexKunsmatige algemene intelligensieKoolhidraatTerracottaleërWisselkoersPaasfeesReg tot ‘n gesonde omgewingOopbroninhoudOntbossingStadSoweto-opstandMosambiekkanaalFrederik Willem de KlerkKlankverskynselsDansViëtnamoorlogVoëlAfrikanerweerstandsbewegingMangelJaarRooikatLys van elemente volgens simboolDepressie (gemoedstoestand)Seksuele opwekkingVrouHoofstad🡆 More