Watermuishond

Die watermuishond (Atilax paludinosus) is 'n klein soogdier wat tussen riete en plante langs waterliggame soos riviere en damme woon.

Hulle staan ook bekend as die Kommetjiegatmuishond of Kommetjiemuishond.

Watermuishond
Watermuishond
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Atilax
Spesie:
A. paludinosus
Binomiale naam
Atilax paludinosus
Cuvier, 1829
Watermuishond
Verspreiding van die watermuishond

Habitat

Die watermuishond is oor die hele Afrika versprei en kom veral in gebiede voor wat ryk aan water is. Daar is geen rekord van watermuise wat in bergagtige gebiede woon nie, waar daar 'n tekort aan water en dus ook waterliewende diere is.

Identifisering

Watermuishonde is oorwegend donkerbruin en 'n gemiddelde volwassene het 'n lengte van 60 cm en 'n massa van 3,3 kg. Die nek, liggaam en stert is met 'n dik pels gedek. Die pote is kort en die voorpote is uiters sag en sensitief.

Gedrag

Wanneer die diere bedreig of agtervolg word, sal hulle in die water vlug of grom, met opvolgende, blaffende grommery. Watermuishonde kan ook 'n bruin, onwelriekende vloeistof uit hulle anale sakke vrystel wanneer hulle vasgekeer of ontstel is.

Wanneer hulle opgewonde is, uiter watermuishonde 'n hoë-frekwensie gil en 'n oop-mond geblêr. Hulle word min alleen gesien en is baie territoriaal.

Dieet

Watermuishonde is omnivore en vreet hoofsaaklik waterliewende organismes, soos vis, paddas, varswaterkrappe, mossels en slakke. Verder sal hulle ook insekte (en hulle larwes), duisendpote, slange en voëls vang. Hulle vreet ook graag voëleiers en verskeie vrugte. 'n Watermuishond sal geduldig hulle pote gebruik om deur modder en water vir kos te soek. Harde voorwerpe soos mossels, krappe en eiers word gewoonlik hard neergegooi om die dop te kraak.

Voortplanting

Wanneer 'n watermuishond 255 dae (ongeveer 8,5 maande) oud is, is dit geslagsryp. Watermuishonde paar twee keer per jaar: een keer tydens die droë seisoen en keer tydens die reënerige seisoen. Voor geboorte sal die wyfie 'n nes uit droë gras bou in 'n gat in die grond. Indien geen gate beskikbaar is nie, sal sy 'n nes bo-op die grond bou van riete, gras en stokkies. Sy is vir 76 dae dragtig waarna sy telkens aan twee kleintjies geboorte gee. Met geboorte weeg die kleintjies 100 g. Hulle word dan vir 36 dae gespeen, waartydens hulle massa tot 550 g toeneem. Watermuishonde het 'n moontlike lewensduur van 20,8 jaar.

Watermuishonde as troeteldiere

Watermuishonde word baie mak wanneer hulle gevang word terwyl hulle nog klein is. Hulle is skoon diere wat maklik is om aan te hou.

Sien ook

Bronnelys

Tags:

Watermuishond HabitatWatermuishond IdentifiseringWatermuishond GedragWatermuishond DieetWatermuishond VoortplantingWatermuishond e as troeteldiereWatermuishond Sien ookWatermuishond BronnelysWatermuishond

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anneli van RooyenAbrahamBosluisbytkoorsKiewieteVolhoubaarheidRob HersovSuurstofPad na jou hartFranse RewolusieKoorsblaarNoFapUnie van Suid-AfrikaEpilepsieOrganismeJeuksiekteVerdampingVarkMidde-OosteThabo MbekiInstagramJan BloukaasIndustriële RevolusieSebraMaagdelikheidGenadedoodOopbroninhoudMetafoorNiemetaalBrandmondsindroomTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinWitkruisarendDeelstate van die Verenigde State van AmerikaMaria MagdalenaPinksterRobbeneilandHartversakingRekenaarTweede WêreldoorlogLidwoordGoudOliver TamboHennie MaasMandaryn-ChineesAardeDagroofvoëlsZenobia KockRassismeRamsar-vleilande in Suid-AfrikaSelfvertroueJacques LootsAborsieBuck AngelBhimrao Ramji AmbedkarSwartbewussynsbewegingBurgerregteVoortrekkermonumentWaterkringloopAnette EngelbrechtPrimêre sektor van die ekonomieJan-Willem BreureWerkwoordRumatiekVryheidsdagGeskiedenis van AfrikaansTamatieAngssteuringLionel PetersonSeksuele penetrasieIntensiewe vormRMS TitanicBeeldspraakDiamantVryheidsmanifesNarsistiese persoonlikheidsteuringVleilandErfenis🡆 More