Paul, Apostle Of Christ

Paul, Apostle of Christ (Afrikaans: Paul, Apostel van Christus) is 'n 2018 Amerikaanse dramarolprent gebaseer op die Bybel, wat geskryf en geproduseer is deur Andrew Hyatt.

James Faulkner (akteur) speel die rol van Paulus van Tarsus en Jim Caviezel (wat die rol van Jesus in die 2004 rolprent The Passion of the Christ gespeel het) speel die rol van die Apostel Lukas.

Paul, Apostle of Christ
Regisseur Andrew Hyatt
Produksieleier
  • David Zelon
  • T.J. Berden
Draaiboek
  • Andrew Hyatt
  • T.J. Berden
Met
Musiek deur Jan A.P. Kaczmarek
Kinematografie Geraldo Madrazo
Redigeerder Scott Richter
Ateljee
  • Affirm Films
  • ODB Films
Verspreider Sony Pictures
Uitgereik 23 Maart 2018
Speeltyd 106 minute
Land Verenigde State van Amerika
Taal Engels
Begroting $5 miljoen
Bruto wins $23 miljoen

Die rolprent vertel die verhaal van Paulus van Tarsus, wat bekend was as 'n ongenaakbare vervolger van Christene, voordat hy hom tot die Christendom bekeer het. Die verhaal fokus op sy vormingsdae as 'n belangrike figuur in die formasie van die vroeë Kerk voordat hy deur Nero in Rome tereggestel is.

Die prinsipiële verfilming het in September 2017 in Malta begin. Die rolprent was op 23 Maart 2018 deur Sony Pictures vrygestel.

Rolverdeling

  • James Faulkner (akteur) as Paulus van Tarsus
    • Yorgos Karamihos as Saulus van Tarsus,dit wil se Paulus van Tarsus voor sy bekering
  • Jim Caviezel as Lukas
  • Olivier Martinez as Mauritius, prefek van Mamertine Gevangenis
  • Antonia Campbell-Hughes as Irenica, vrou van Mauritius
  • Joanne Whalley as Priscilla, metgesel van Paul, en Aquilla se vrou
  • John Lynch as Aquilla, metgesel van Paul en Priscilla se man
  • Noah Huntley as Publius
  • Alessandro Sperduti as Cassius

Temas

Tydens 'n onderhoud met Variety, het Berden gesê dat een van die hooftemas van die rolprent vergifnis is: "Paulus het verander van 'n persoon wat Christene vermoor het tot iemand wat een van hulle mees invloedryke leiers sou word. Sy lewe versinnebeeld 'vergifnis,' 'n begrip wat amper onmoontlik lyk vandag — maar baie benodig word."

Vrystelling

Paul, Apostle of Christ was oorspronklik geskeduleer om op die Woensdag (28 Maart 2018) voor Paasnaweek deur Affirm Films vrygestel te word. Die rolprent se datum van vrystelling was egter in Februarie 2018 opgeskuif tot 23 Maart 2018. Die rolprent was op 12 Junie 2018 op DVD, Blu-ray en digitale platvorms vrygestel.

Toekennings

Toekenning Datum van seremonie Kategorie Ontvangers Resultaat
GMA Dove Awards 17 Oktober 2018 Inspirational Film of the Year Paul, Apostle of Christ Benoem
Ted Baehr#The Movieguide Awards|27th Annual Movieguide Awards February 8, 2019 Best Movie For Families Paul, Apostle of Christ Hangende
Epiphany Prize for Most Inspiring Movie Paul, Apostle of Christ Hangende
Grace Award for Movies Jim Caviezel and James Faulkner, for their roles in Paul, Apostle of Christ Hangende

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Paul, Apostle Of Christ RolverdelingPaul, Apostle Of Christ TemasPaul, Apostle Of Christ VrystellingPaul, Apostle Of Christ ToekenningsPaul, Apostle Of Christ VerwysingsPaul, Apostle Of Christ Eksterne skakelsPaul, Apostle Of ChristAfrikaansApostelBybelChristusJames Faulkner (akteur)JesusJim CaviezelPaulus van Tarsus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PuberteitGemeenskapsorganisasieMenslike seksuele gedragAnilingusPornografiese subgenresSeksismeElektriese geleierErosietipesSebraAnette EngelbrechtHelga UysHidroëlektrisiteitSkilpadBuffelMichael JacksonBiodiversiteitGautengMis (weerkunde)WoordsoortJan van TonderGawes van die Heilige GeesLys van Afrikaanse televisiereekseMaatskaplike verantwoordelikheidSwitserlandIgtiologieNatuurbewaringJannie du ToitRamsar-vleilande in Suid-AfrikaJakobSuid-Afrikaanse WeermagJoseph LynchNiemetaalWiskundige terminologieShakaGordelroosBreinNedersettingHondMeningsverskil oor aardverwarmingEmosieLys van konings van IsraelTsoenamiTaalNG gemeente JansenvilleSelfieAtlantiese OseaanTasché BurgerRekenaarSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KrugerwildtuinVars waterGeestesteuringLourensrivierOvulasieGlasMaatskappyAnneli van RooyenLys van slangeSonsteekMusieksimboleKlem-in-die-kaakMynbouKonsentrasiekampYsterSirkelVaginaMaanDigtheidBrongitisWiki CommonsTekstielSportOnderhandelinge om apartheid te beëindigJanie du PlessisArmoedeSpinnekopLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamilies🡆 More