Coalbrook-Ramp

Die Coalbrook-ramp (ook Clydesdale-mynramp) was die grootste mynramp tot nog toe in Suid-Afrika.

Die ramp het op 21 Januarie 1960 in die Coalbrookskag van die Clydesdale-steenkoolmyn naby Sasolburg in die Vrystaat plaasgevind. Altesame 435 mynwerkers het omgekom. Die gebeure is deur Die Briels in hulle liedjie Ter nagedagtenis aan 435 mynwerkers beskryf.

Coalbrook-Ramp
Reddingswerkers laat sak klanktoerusting in ’n skag af in ’n poging om klank te hoor van vasgekeerde myners in die Coalbrook-myn.

Gebeure

Om 19:00 op die betrokke dag het die skag op 'n diepte van 180 meter ondergronds ingegee. Ongeveer 1 000 myners was op daardie stadium in die myn gewees. Die meeste kon met behulp van 'n skuinsskag (hellingskag) ontsnap. Reddingspanne van ander myne in die omgewing het hulle te hulp gesnel. Boorgate is geboor in gebiede waar oorlewendes na verwagting sou wees en mikrofone is in die gate laat afsak. Hulle kon egter geen teken van lewe vind nie. Die reddingspoging is na 11 dae gestaak.

Oorsaak

In reaksie op die nuutgeboude Taaibos-kragstasie by Kragbron het produksie van steenkool by die myn van 134 230 ton (1954) tot 2 260 660 ton per jaar (1958) toegeneem.

Die ongeluk is deur 'n kaskade van gebreekte pilare veroorsaak. Slegs 'n paar pilare het aanvanklik gefaal, wat die las op aangrensende pilare verhoog het, tot hulle ook gefaal het. Die effek het uiteindelik oor 'n gebied van 324 hektaar versprei.

'n Bydraende faktor was die verwydering van kool aan die bokant van die horisontale skagte. Dit het die tonnels vergroot, maar 'n gaping tussen die tonneldak en die strukture wat dit moes dra gelaat.

Reaksie

Ná die ramp het die Suid-Afrikaanse regering die koolmyn-navorsingsbeheerraad gestig om die veiligheid by steenkoolmyne te verbeter en navorsing oor die sterkte van pilare te doen. Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) en die Kamer van Mynwese Navorsingsorganisasie het hulle hierin bygestaan.

Sien ook

Verwysings

27°52′44.43″O / 26.8531528°S 27.8790083°O / -26.8531528; 27.8790083

Tags:

Coalbrook-Ramp GebeureCoalbrook-Ramp OorsaakCoalbrook-Ramp ReaksieCoalbrook-Ramp Sien ookCoalbrook-Ramp VerwysingsCoalbrook-Ramp196021 JanuarieDie BrielsSasolburgSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BywoordPreseminale vloeistofStudievaardighedeReg tot ‘n gesonde omgewingSelfmoordBruto binnelandse produkInstagramSosiale mediaAndrew DavisGeskiedenis van AfrikaansDaggaTsongaNederduitse Gereformeerde KerkVloeistofSwangerskapSeksismeEkonomie van Suid-AfrikaDierVormNierGlasLabia (geslagsdele)GrondbesoedelingStilleweVerstedelikingMenseregtedagGqeberhaKatGalileo GalileiYouTubeKarretjiemenseOnderwysWikiSpinnekopWisselkoersAkuutJansenvilleTaalGawes van die Heilige GeesHeuningbyGrondwet van Suid-AfrikaEiffeltoringLettergreepSeilvaartOmtrek, oppervlakte en volumeDrinkwatervoorsieningDoelwitFiela se kindWelwillendheidsdagCarike KeuzenkampWhatsAppSuiwelprodukGoeie VrydagChatGPTAustraliëMaatskaplike verantwoordelikheidNatriumsulfietWêreldboekedagTekstielToerisme23 AprilNatuurbewaringNG gemeente JansenvilleNiersteenRoesEmfiseemC. Louis LeipoldtKindermishandelingKankerHulpwerkwoordJoodse kalenderVaalrivierNadia Valvekens🡆 More