Gebeure
- 1 Januarie – Kameroen word van Frankryk onafhanklik.
- 4 Januarie – Denemarke, Noorweë, Oostenryk, Portugal, Swede en die Verenigde Koninkryk stig die Europese Vryhandelsvereniging.
- 7 Januarie – Die Hirfanlidam in Turkye, die grootste nog in Europa, word ingewy.
- 21 Januarie – Die Coalbrook-ramp: 435 mense sterf in die steenkoolmyn by Sasolburg.
- 23 Januarie – Die onderwatertuig Trieste bereik die rekorddiepte van 10 916 m in Challenger Deep van die Marianatrog.
- 18-28 Februarie – Die agste Olimpiese Winterspele word in Squaw Valley, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 21 Februarie – Fidel Castro nasionaliseer alle privaatondernemings in Kuba.
- 29 Februarie – 'n Aardbewing verwoes die Marokkaanse stad Agadir.
- 10 Maart – Die Milnertonvuurtoring word in gebruik geneem.
- 11 Maart – Die Amerikaanse ruimtetuig Pioneer 5 word lanseer.
- 17 Maart – Die Suid-Afrikaanse Polisie skiet tientalle mense in Sharpeville.
- 23 Maart – Nikita Chroesjtsjof besoek die Franse hoofstad Parys.
- 21 April – Brasília, die nuwe hoofstad van Brasilië, word amptelik ingewy.
- 27 April – Togo word van Frankryk onafhanklik.
- 1 Mei – Francis Gary Powers, in ’n U-2 spioeniervliegtuig, word afgeskiet oor die Sowjetunie en die U-2 Krisis begin.
- 9 Mei (Moedersdag) – In die VSA word die eerste voorbehoedpil, Enovid, goedgekeur vir gebruik.
- 11 Mei – Die hooggeplaaste Nazi-funksionaris Adolf Eichmann word in Argentinië deur die Israëliese geheime diens Mossad gekaap.
- 22 Mei – ’n Aardbewing en tsoenami verwoes groot dele van Chili.
- 20 Junie – Die Mali-Federasie word van Frankryk onafhanklik.
- 26 Junie – Madagaskar word van Frankryk onafhanklik.
- 28 Junie – VS-olierafinaderye in Kuba genasionaliseer.
- 30 Junie – Die Belgies-Kongo verkry sy onafhanklikheid van België.
- 1 Julie – Somalië word onafhanklik.
- 20 Julie – Ceylon verkies Sirimavo Bandaranaike as Eerste Minister, die wêreld se eerste verkose vroulike regeringsleier.
- 20 Julie – Die kernaangedrewe duikboot, USS George Washington lanseer die eerste ballistiese missiel.
- 29 Julie – Die Mercury-kapsule word vir die eerste keer lanseer as deel van die Mercury-Atlas 1 vlug.
- 1 Augustus – Benin word van Frankryk onafhanklik.
- 2 Augustus – Rawalpindi vervang Karatsji as die hoofstad van Pakistan.
- 3 Augustus – Niger word van Frankryk onafhanklik.
- 5 Augustus – Burkina Faso word van Frankryk onafhanklik.
- 7 Augustus – Die Ivoorkus word van Frankryk onafhanklik.
- 8 Augustus – Militêre staatsgreep in Laos.
- 11 Augustus – Tsjad word van Frankryk onafhanklik.
- 13 Augustus – Die Sentraal-Afrikaanse Republiek word van Frankryk onafhanklik.
- 15 Augustus – Die Republiek van die Kongo word van Frankryk onafhanklik.
- 16 Augustus – Siprus word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 16 Augustus – Excelsior-projek: Joseph Kittinger spring op 31 330 meter (102 800 voet) met 'n valskerm uit 'n ballon bo Nieu-Meksiko en stel wêreldrekords op in: hoë-hoogtesprong, vryvalhoogte en vinnigste spoed deur 'n mens sonder 'n vliegtuig.
- 17 Augustus – Gaboen, die laaste van die vier gebiede waaruit die voormalige Frans-Ekwatoriaal-Afrika bestaan het, word onafhanklik.
- 20 Augustus – Senegal skei van die Mali-Federasie.
- 25 Augustus-11 September – Die 17de Olimpiese Somerspele word in Rome, Italië, aangebied.
- 10-14 September – Die OPUL word deur Irak, Iran, Koeweit, Saoedi-Arabië en Venezuela in Bagdad gestig.
- 18-25 September – Die eerste Paralimpiese Somerspele word in Rome, Italië, aangebied.
- 22 September – Die Mali-Federasie word hernoem ná Mali.
- 1 Oktober – Nigerië word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 28 November – Mauritanië word van Frankryk onafhanklik.
- 14 Desember – België, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Italië, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Portugal, Swede, Spanje, Switserland, Turkye, Verenigde Koninkryk, Verenigde State van Amerika en Ysland stig in Parys die OESO.
- 15 Desember – Huwelik van Koning Boudewyn van België.
Geboortes
- 22 Januarie – Michael Hutchence, Australiese sanger († 1997).
- 19 Februarie – Prins Andrew, Hertog van York.
- 20 Februarie – Fayez al-Sarraj, Premier van die regering van die nasionale akkoord (GNA) van Libië.
- 13 Maart – Joe Ranft, Amerikaanse skrywer, animeerder en akteur. († 2005).
- 21 Maart – Ayrton Senna, Brasiliaanse renjaer († 1994).
- 27 Maart – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant († 2002).
- 29 Maart – Jo Nesbø, Noorse skrywer en musikus.
- 29 Maart – Annabella Sciorra, Amerikaanse aktrise.
- 4 April – Hugo Weaving, Engelse akteur.
- 11 April – Jeremy Clarkson, Britse joernalis.
- 14 April – Ian Wessels, Suid-Afrikaanse omroeper op RSG († 2021)
- 15 April – Filip van België, sewende koning van België.
- 15 April – Collins Chabane, Suid-Afrikaanse minister van openbare dienste en administrasie († 2015).
- 28 April – Ian Rankin, Skotse skrywer.
- 30 April – Beata Poźniak, Amerikaanse aktrise.
- 4 Mei – Raymond Zondo, adjunkhoofregter van Suid-Afrika.
- 24 Mei – Kristin Scott Thomas, Britse aktrise.
- 24 Junie – Carel du Plessis, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 17 Julie – Dawn Upshaw, Amerikaanse sopraan.
- 7 Augustus – David Duchovny, Amerikaanse akteur.
- 8 Augustus – Henning Pieterse, Afrikaanse skrywer en digter.
- 10 Augustus – Antonio Banderas, Spaanse akteur.
- 12 Augustus – Cameron Mackenzie, Suid-Afrikaanse politikus en parlementslid vir die DA († 2021).
- 17 Augustus – Sean Penn, Amerikaanse akteur.
- 30 Augustus – Ely Pouget, Amerikaanse aktrise.
- 17 September – Damon Hill, Britse Formule Een-renjaer, wêreldkampioen in 1996.
- 22 September – Isaac Herzog, Israelse advokaat en politikus (president sedert 2021).
- 5 Oktober – Dan Plato, Provinsiale Minister van Sosiale Ontwikkeling in die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad.
- 18 Oktober – Jean-Claude Van Damme, Belgiese akteur en rolprentvervaardiger.
- 30 Oktober – Diego Maradona, Argentynse sokkerspeler en -afrigter († 2020).
- 4 November – Gys de Villiers, Suid-Afrikaanse akteur.
- 3 Desember – Julianne Moore, Amerikaanse aktrise.
- 19 Desember – Mike Lookinland, Amerikaanse akteur.
- 23 Desember – Zindziswa Mandela, ANC-politikus en derde dogter van Nelson Mandela († 2020).
- 28 Desember – Chad McQueen, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
Sterftes
- 4 Januarie – Albert Camus, Franse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1957 (* 1913).
- 9 Februarie – Ernő Dohnányi, Hongaarse komponis, pianis en dirigent (* 1877)
- 16 Maart – Nicolaas de Wet, Suid-Afrikaanse politikus, waarnemende goewerneur-generaal en hoofregter (* 1873).
- 28 April – Otto du Plessis, ‘n dinamiese leier op kulturele en politieke gebied (* 1907).
- 7 Mei – D.B. Bosman, ’n Afrikaanse taalkundige (* 1888).
- 30 Mei – Boris Pasternak, Russiese skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1958 (geweier) (* 1890).
- 13 Junie – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse marathonatleet (* 1881)
- 16 November – Clark Gable, Amerikaanse akteur (* 1901).