Sean Penn: Amerikaanse akteur, regisseur en aktivis

Sean Justin Penn (gebore op 17 Augustus 1960) is ’n Amerikaanse akteur, rolprentmaker en politieke aktivis.

Hy het al twee Oscars gewen: vir sy rolle in die raaiseldrama Mystic River (2003) en die biografiese fliek Milk (2008).

Sean Penn
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Penn in 2013 by die New Yorkse Rolprentfees.

Geboortenaam Sean Justin Penn
Geboorte 17 Augustus 1960 (1960-08-17) (63 jaar oud)
Los Angeles, Kalifornië, VSA
Beroep(e) Akteur, rolprentmaker, politieke aktivis
Aktiewe jare 1974-tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan

Penn het sy toneelloopbaan in televisieprogramme begin, in ’n 1974-episode van Little House on the Prairie, wat deur sy pa, Leo Penn, geregisseer is. Ná sy rolprentdebuut in die 1981-drama Taps en ’n verskeidenheid ander fliekrolle in die 1980's, onder meer Fast Times at Ridgemont High, het Penn begin aandag trek vir rolle in die misdaaddramas At Close Range (1986) en later Carlito's Way (1993).

Sean Penn: Loopbaan, Persoonlike lewe, Verwysings 
In 1997 by die Cannes-rolprentfees.
Sean Penn: Loopbaan, Persoonlike lewe, Verwysings 
In 2008 met die verfilming van Milk.

Hy het bekend geraak as ’n uitnemende hoofakteur in die 1995-drama Dead Man Walking, waarvoor hy sy eerste Oscar-benoeming gekry het, asook die Silver Bear vir beste akteur op die Berlynse Rolprentfees. Penn het nog twee Oscar-benoemings gekry, vir Woody Allen se komediedrama Sweet and Lowdown (1999) en die drama I Am Sam (2001) voordat hy sy eerste Oscar in 2003 gewen het vir Mystic River en sy tweede een in 2008 vir Milk. Hy het ook ’n prys vir beste akteur gewen op die Cannes-rolprentfees vir She's So Lovely (1997), en twee op die Venesiese Rolprentfees vir die indie-prent Hurlyburly (1998) en die drama 21 Grams (2003).

Penn het in 1991 sy regisseursdebuut gemaak met The Indian Runner. Hy was ook die regisseur van die drama The Crossing Guard (1995) en die raaiselfliek The Pledge (2001). In 2002 was hy die regisseur van een van die 11 segmente van 11'09"01 September 11, ’n saamgestelde rolprent oor die aanvalle op 11 September 2001. Sy vierde vollengteprent, die biografiese oorlewingsdrama Into the Wild (2007), het groot lof en twee Oscar-benoemings gekry.

Persoonlike lewe

Benewens sy rolprentewerk, is Penn bekend as politieke en sosiale aktivis, veral vir sy kritiek op die regering van George W. Bush, sy kontak met die presidente van Venezuela en Kuba asook vir sy humanitêre werk ná Orkaan Katrina en die 2010-aardbewing in Haïti. Hy het ook koerante en tydskrifte gehaal met sy huwelike met die sangeres Madonna en die aktrise Robin Wright. Hy was ook ’n ruk lank in ’n verhouding met die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron.

In Januarie 2016 het Penn ’n onderhoud (wat hy in Oktober 2015 gevoer het) met die Mexikaanse dwelmbaas Joaquín "El Chapo" Guzmán in die tydskrif Rolling Stone gepubliseer. Die Mexikaanse owerheid het die belangrikheid verwerp wat die Amerikaanse media aan Penn gegee het met die eindelike herinhegtenisneming van Guzman, en eerder klem geplaas op die aktrise Kate del Castillo se kommunikasie met Guzman.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sean Penn LoopbaanSean Penn Persoonlike leweSean Penn VerwysingsSean Penn Eksterne skakelsSean PennAmerikaMilkOscar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RassismeAngina pectorisBaälHannes van WykRudi ClaaseSamestellingProstaatkankerAnale seksHartaanvalYsterSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024DansKrugerwildtuinPeriodieke tabelHamerkopRandall WicombPoesMadison IvyKoorsSuid-Afrikaanse GrensoorlogKolonialismeSteenkool in Suid-AfrikaTasché BurgerGoogleJudaïsmeSaldanhaGeslagsgelykheidGroepsgebiedewetArmoedeRooibokAssonansieLys van musiekinstrumenteOrale seksGroepsdrukIronieTatoeëermerkOrkney Snork NieBeenbreuke en ontwrigtingsKarlien van JaarsveldWielewaalBernice WestAtoomNommertekenKlein vyf diereVleilandDramaTrevor NoahAdolf HitlerInstagramVigsPêrelChemiese elementBuffelVersamelnaamKriekJan van TonderAntisemitismeDroomBesoedelingEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaOranjerivierPlae van EgipteZack du PlessisVarkNazi-DuitslandOnderwerp (taalkunde)Kolorektale kankerPersOnomatopeeGrondbesoedelingHartMenseregtedagDagga🡆 More