Kenneth Mcarthur

Kennedy Kane McArthur (10 Februarie 1881, Dervock - 13 Junie 1960, Potchefstroom) was 'n maratonatleet wat die goue medalje op 14 Julie 1912 tydens die Olimpiese Spele in Swede gewen het.

Kenneth Mcarthur
Kenneth McArthur

Persoonlike lewe

McArthur is gebore in Dervock, Noord-Ierland. Hy het na Suid-Afrika gekom tydens die Tweede Vryheidsoorlog gedurende 1901 en by genl.maj. Robert Baden-Powell se Suid-Afrikaanse polisiemag (SAC) aangesluit. Hy doen eers diens by Lindequesdrift, die Vaalrivier, by Kraalkop en later by Bank naby Carletonville. Hy werk ten einde laaste in Potchefstroom.

Hy ontmoet Johanna Jacoba Christina (Joey) Louw in Potchefstroom. Sy was in die konsentrasiekamp by Klerksdorp en slegs veertien jaar oud aan die einde van die oorlog. Hulle is eers in 1921 getroud.

Maraton loopbaan

McArthur wen sy eerste maraton oor 57 km tussen Klerksdorp en Potchefstroom in 1904. Hy neem ook aan veldwedlope deel en onder meer die Johannesburg-Krugersdorp wedloop, die Wanderes-maraton, die Suid-Afrikaanse maraton in 1908 en ook die Argus-maraton in 1910.

Bron

  • Van polisieman tot kampioen, Beeld, 12 Julie 2012.

Tags:

10 Februarie13 Junie14 Julie188119121960MaratonOlimpiese Somerspele 1912Swede

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ShakaJeugdagMielieKoos BekkerLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVerdampingSportSarah Rose KarrIP-adresAnglo-BoereoorlogSeksualiteitAborsie in Suid-AfrikaPaarl GimnasiumByvoeglike naamwoordErfenisVraag en aanbodLys van politieke partye in Suid-AfrikaToestand van materieAfrikaanse Protestantse KerkHernubare energieLys van Griekse mitologiese figureLeonardo da VinciCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLuiaardToringRymAardeGenadedoodDeelstate van die Verenigde State van AmerikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsMartin Luther King jr.ArgentiniëMiltMisdaadromanMorfeemMensNasionalismeMynbouEpilepsieVarkMaagsweerSoogdierVierde Industriële RevolusieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van Afrikaanse digtersRenosterWiskundige terminologieSuid-Afrikaanse randDiereriemKoolstofdioksiedHeupAngssteuringGewasboerdery in Suid-AfrikaKolitisDeelwoordWinterVoedselkettingRivierOliver TamboLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandPresident van Suid-AfrikaElandréSan FranciscoJoe NiemandBTWBayer 04 LeverkusenKinderregteHannes van WykHoofpynKriekBiodiversiteitHomofoonSwart nasionalisme🡆 More