Gregoriaanse Kalender: Kalender wat in die grootste deel van die wêreld gebruik word

Die Gregoriaanse kalender, wat tans regoor die Westerse wêreld gebruik word, is 'n wysiging van die Juliaanse kalender.

Dit is die eerste keer voorgestel deur die Napelse dokter Aloysius Lilius, en is op 24 Februarie 1582 deurgevoer deur pous Gregorius XIII (hierdie dokument is gedateer 1581 aangesien die kalenderjaar in daardie tyd in Maart begin het).

Die Gregoriaanse kalender is ontwerp omdat die gemiddelde jaar in die Juliaanse kalender effe te lank was, wat veroorsaak het dat die dag-en-nag-ewening geleidelik vroeër in die kalenderjaar geskuif het.

Akkuraatheid

Die Gregoriaanse kalender verbeter die Juliaanse benadering deur 3 Juliaanse skrikkeldae elke 400 jaar oor te slaan, wat 'n gemiddelde jaar met 365,2425 sonnedae gee.

Die kalender sal 'n fout van 1 dag elke 3 000 jaar lewer, wat 'n aansienlike verbetering op die Juliaanse fout van 1 dag elke 138 jaar is. Oor hierdie lang tydperke is dit te verwagte dat wisselinge in die Aarde se wentelbaan en onvoorspelbare rotasie dit onwaarskynlik maak dat enige langtermyn-akkuraatheid deur 'n skrikkeldag-reël bereik sal word.

Numeriese feite

Die gemiddelde jaar is 365,2425 dae = 52,1775 weke = 8 765,82 uur = 525 949,2 minute = 31 556 952 sekondes.

'n Gewone jaar is 365 dae = 8 760 uur = 525 600 minute = 31 536 000 sekondes.

'n Skrikkeljaar is 366 dae = 8 784 uur = 527 040 minute = 31 622 400 sekondes.

Party jare bevat ook 'n skrikkelsekonde.

Die 400-jaar-siklus van die Gregoriaanse kalender het 146 097 dae en dus presies 20 871 weke. So byvoorbeeld was die dae van die week in 1603 presies dieselfde as in 2003.

Dit veroorsaak ook dat meer maande op 'n Sondag begin (en dus 'n Vrydag die dertiende het) as enige ander dag van die week. 688 uit elke 4 800 maande (of 172 uit 1 200) begin op 'n Sondag, terwyl net 684 uit elke 4 800 maande (171 uit 1 200) begin op óf 'n Saterdag of óf ’n Maandag, die mins algemene gevalle.

'n Kleiner siklus is 28 jaar (1 461 weke), indien geen oorgeslane skrikkeljare daarin bevat is nie. Dae van die week in jare mag ook herhaal ná 6, 11, 12, 28 of 40 jaar. Intervalle van 6 en 11 is slegs moontlik met gewone jare, terwyl intervalle van 28 en 40 slegs moontlik is met skrikkeljare. 'n Interval van 12 jaar kan gebeur met beide tipes, maar slegs indien daar 'n oorgeslane skrikkeljaar tussen-in is.

Die Doomsday-metode is 'n manier waarmee jy die dag van die week van ’n gegewe datum ná die Gregoriaanse reformasie kan bepaal. Dit is gebaseer op die laaste dag in Februarie, ook bekend as die doomsday.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gregoriaanse Kalender AkkuraatheidGregoriaanse Kalender Numeriese feiteGregoriaanse Kalender Sien ookGregoriaanse Kalender Eksterne skakelsGregoriaanse Kalender158224 FebruarieJuliaanse kalenderKalenderMaartNapelsPous Gregorius XIII

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalSelfstandige naamwoordErektiele disfunksieAnette EngelbrechtLys van hoofstedeSeksDuitslandLiewe HeksieAfvalbestuurSlotmasjienKaapstadEekhoringKykNETVergelykings (taalkunde)Jesus van NasaretPampoentjiesVaginaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePinksterAnrich HerbstBlackie Swart (sanger)BloedvergiftigingGeslagLys van kinderspeletjiesVrymesselaryBruin menseRuslandTambotieCanastaLys van Afrikaanse skrywersWetenskaplike klassifikasieVerenigde State van AmerikaTropiese sikloonMieliedriehoekAfrikaanse Protestantse KerkDie Heuwels FantastiesC.J. LangenhovenBloukraanvoëlGoeie VrydagSuid-AfrikaVoorhuidSekelbosBrittany Ashton HolmesVerkragtingItaliaanse nasionale rugbyspanDanie Botha (musikant)FetusNazi-DuitslandQLys van kleureBeroerteBosluisbytkoorsHomoniemSelfbeeldKallie KrielPornhubSuiderkruisLys van landeHeidelberg, GautengHoofkarakterMagda van BiljonMediaWikiBobbejaanRooilipslangPsigopatieCarike KeuzenkampKoekie (rekenaarwetenskap)BlaarWillie JoubertBokmakierieSabbatLetterkundeMadison IvyRinkhals🡆 More