Fayez Al-Sarraj: Libiese politikus en argitek

Fayez Mustafa al-Sarraj (Arabies: فائز السراج of فايز السراج; gebore op 20 Februarie 1960) was die voorsitter van die Presidentsraad van Libië en premier (vanaf 30 Maart 2016 tot 15 Maart 2021) van die regering van die nasionale akkoord (GNA) van Libië, wat op 17 Desember 2015 gestig kragtens die Libiese politieke ooreenkoms.

Hy was lid van die parlement van Tripoli.

Fayez Al-Sarraj: Biografie, Premierskap, Regering van nasionale akkoord
Fayez al-Sarraj in Washington - 2017

Ondanks die vorming van die GNA het die land onstabiel gebly. Al-Sarraj se regering het gesukkel om sy gesag oor Libië uit te oefen, veral in die oostelike streek waar hy 'n bitter burgeroorlog teen die Libiese nasionale leër veg. Hierdie milisiegroep onder leiding van generaal Khalifa Haftar is ondersteun deur belangrike buitelandse ondersteuners, onder meer Rusland, die VAE, Egipte en ander.

Biografie

Al-Sarraj, wat in Tripoli gebore is, is afkomstig van 'n ryk grondeienaarsfamilie van Turkse oorsprong. Sy vader, Mostafa al-Sarraj, was 'n minister tydens die Libiese monargie. Fayez al-Sarraj is opgelei as argitek en tydens die Moeammar al-Ghaddafi-era was hy werksaam by die Ministerie van Behuising. In 2014 dien hy as Minister van Behuising en Dienste in die Maiteeq-kabinet van die GNC. Sy teenstanders het sy politieke aanstelling as deel van buitelandse inmening gekritiseer. In 'n artikel wat in 2016 in die koerant The Guardian verskyn het, word Guma el-Gamaty, 'n lid van Libië Dialoog, die VN-voorsittende liggaam wat die nuwe regering opgerig het, aangehaal dat hy gesê het dat al-Sarraj "na verwagting om hulp sou vra om ISIS te beveg en Libiese eenhede op te lei."

Na die verkiesing in Libië in 2014 het die regering verdeeld geraak tussen die Nuwe Algemene Nasionale Kongres in Tripoli en die internasionaal erkende wetgewer van die Huis van Verteenwoordigers in Tobroek.

Premierskap

Begin Oktober 2015 het die Verenigde Nasies se gesant vir Libië, Bernardino León, voorgestel dat 'n nasionale eenheidsregering vir Libië, gelei sal word deur 'n Presidentsraad met Fayez al-Sarraj, as premier, drie afgevaardigdes van die land se oostelike, westelike en suidelike gebied streke, en twee ministers. Hierdie nasionale eenheidsregering is egter deur die wetgewer in Tobroek en die mededingende regering in Tripoli verwerp.

Fayez al-Sarraj, en ses lede van die Presidentsraad en die voorgestelde kabinet het op 30 Maart 2016 in Tripoli aangekom. Die volgende dag is daar berig dat die GNA beheer oor die ministeriële ampte oorgeneem het en dat die GNC se eerste minister, Khalifa al-Ghawil, na Misrata gevlug het.

Op 14 Oktober 2016 het die troepe wat aan GNC lojaal is, die gebou van die Hoë Staatsraad oorgeneem en die terugkeer van die Ghawil-kabinet aangekondig. Daarna het daar gevegte uitgebreek tussen Sarraj-lojaliste en Ghawil-magte.

Regering van nasionale akkoord

al-Sarraj is premier van die regering van die nasionale akkoord sedert die instelling daarvan in Desember 2015 as deel van 'n politieke ooreenkoms wat deur die Verenigde Nasies gelei is.

Voor sy aanvanklike aankoms in Tripoli in Maart 2016, het Sarraj twee afsonderlike sluipmoordpogings oorleef.

Die GNA het die afgelope twee jaar gesukkel om 'n vastrapplek te kry as 'n wettige instansie van gesag in die land, en Libië het verdeeld gebly. Die aanvanklike voorgestelde groep ministers is deur die Huis van Verteenwoordigers (HoR) verwerp, wat daartoe gelei het dat Sarraj 'n regering vorm wat 'n wantroue stemming van die HoR ontvang het. Die stryd teen mededingende milisies het net toegeneem, en Libiese burgers het te kampe met ekonomiese ontberings, onder meer inflasie, korrupsie en smokkelary, wat die land "se kontantreserwes wegsmelt".

Die Verenigde Nasies se verteenwoordigers wat aanvanklik die eenheidsregering gevorm het, het sedertdien hul kommer uitgespreek oor die vermoë om vordering te maak. In Desember 2016 neem die Veiligheidsraad kennis van die 'beperkte gesag' van die GNA en verklaar dat 'die Libiese politieke ooreenkoms nie aan die verwagtinge voldoen het nie. Die implementering het gestol."

Maande na hierdie verklaring het 'n opsomming van die Veiligheidsraad vergadering in April 2017 gewaarsku dat "Libië in konflik kan terugval" en gesê die regering het gesukkel om 'basiese dienste te lewer terwyl hulle probeer om terrorisme, onwettige migrasie en oliesmokkel te beveg".

In 'n poging om die regering doeltreffender te maak, het berigte die hele 2017 opgeduik oor 'n konsensus om die GNA en die algehele Libiese politieke ooreenkoms te herstruktureer.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Fayez Al-Sarraj: Biografie, Premierskap, Regering van nasionale akkoord  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Fayez Al-Sarraj BiografieFayez Al-Sarraj PremierskapFayez Al-Sarraj Regering van nasionale akkoordFayez Al-Sarraj VerwysingsFayez Al-Sarraj Eksterne skakelsFayez Al-Sarraj196020 FebruarieArabiesLibiëTripoli

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoranAfrikaansBorsteVrouOraniaOnderwerp (taalkunde)Afro-AmerikanersBloedgroepIdioomAfrican National CongressNatuurbewaringJapanAardeKolonoskopieGoogle MapsMieliestronkVerdampingHoofkarakterSarah Rose KarrFotoHemelvaartBipolêre gemoedsteuringAlliterasieVergelykings (taalkunde)VarkAkuutAfkortingBrugKoos KombuisKoorsBlourokkeStam (taalkunde)BynierRocco SiffrediMangelDie GelofteAngina pectorisEnsiklopedieStedelike hitte-eilandNetbalKabinet van Nelson MandelaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAborsieWaterkringloopAntisemitismePenetrasiePneumatikaKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAssonansieVK (sosiale netwerk)LetterkundeMaanstilstandWesterse filosofieNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaVlermuisOnomatopeeGasa-Israel-konflik van Oktober 2023SeismologieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereUnited Democratic FrontNatalie du ToitMaroela MediaCovid-19-pandemieMorfologie (taalkunde)PlantPornografiese subgenresUitwerking van klimaatsveranderingGeskiedenis (vakgebied)MusiekFrederik Willem de KlerkMynbedryf van Suid-AfrikaGodsdiensDrinkwatervoorsieningLourensrivierRenaissance🡆 More