Gys De Villiers

Dirk Gysbert de Villiers (gebore 4 November 1960, Roodepoort) is 'n Suid-Afrikaanse akteur en beeldhouer.

Hy is veral bekend vir sy rol as Zieg Combrink in M-Net se sepie Binnelanders vanaf 2005 tot 2006 - 2014/15.

Gys de Villiers
Geboortenaam Dirk Gysbert de Villiers
Geboorte 4 November 1960 (1960-11-04) (63 jaar oud)
Roodepoort
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) Akteur, beeldhouer
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lewe en werk

Dirk Gysbert de Villiers is op 4 November 1960 in Roodepoort gebore as die jongste van vyf kinders van Dirk de Villiers, die bekende filmregisseur, en die aktrise Addy de Villiers. Sy oudste broer Valken is in ’n vliegtuigongeluk oorlede. Hy matrikuleer aan Hoërskool Linden in Johannesburg, waar hy lid is van twee musiekgroepe, Die drie slaptjips en Bronco.

Hy verrig sy militêre diensplig vanaf 1978 eers in Kimberley en daarna in 1979 in Windhoek, waar hy vir die eerste keer met die teater kennis maak wanneer hy ’n klein rol in Die drie Van der Walts vertolk. Hierna studeer hy in 1980 vir ’n jaar drama aan die Universiteit van Kaapstad, waarna hy sy studies opskop en eers vryskutakteur en dan in 1983 en 1984 voltydse akteur is by die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (TRUK) word. Hy speel in hierdie tyd eers in die skoolprogram, saam met onder andere: Gerrit Schoonhoven, Ilse van Heemert, Didi Kriel en Francois Viljoen. Hy speel ook klein rolle teenoor Marius Weyers en Sandra Prinsloo. Hy nader Marius Weyers en hulle stig die PotPourri Fees. Gys doen die eenmanstuk: Die spinner, geskryf deur Christo Leach. Die volgende jaar 1985, doen Gys en Christo Die Spinner by die Markteater. Gys wen AA Vita en DALRO toekennings as beste akteur vir die Afrikaanse stuk.

Hierna speel Gys gereeld by die Markteater in stukke soos: Sing Jy Van Bomme, regie Barney Simon, Diepe Grond deur Reza de Wet, Nag Generaal - regie Lucille Gilward. Flight - regie Barney Simon.

Hoewel hy veral naam maak as akteur, is hy ook 'n musikant, beeldhouer en skrywer. In die jare tagtig is hy lid van die progressiewe rockgroep Koos, vir wie hy baskitaar speel. Hy het ook al ’n uitstalling van sy beeldhouwerk gehou.

Nadat hy vir tien jaar meestal verhoogwerk doen, speel hy vanaf 1993 in verskeie televisiedramas, hoewel die verhoog sy eerste liefde bly. Hy speel onder andere in die televisiereekse Triptiek, Arende, Die vierde kabinet, Donkerland, Malan en Kie en vir ’n rukkie in die sepies 7de Laan en Binnelanders. Van sy filmrolle sluit in City of blood, The stick, On the wire, Dangerous ground, Tarzan and the lost city, Desert diners, Inside out, Kaalgat tussen die daisies, Boetie gaan border toe!, Paljas, Zoop in Afrika, Durban poison, Bidsprinkaan, F.W. de Klerk in The Long Walk to Freedom, Jimmy in pienk en Verraaiers. Laasgenoemde is sy eerste hoofrol in ’n rolprent.

Hy tree verder as akteur op in verskeie ander opvoerings, soos Die sakeman van Venesië (waarvoor hy die Johannesburg Stadskouburg-toekenning kry as beste akteur in ’n ondersteunende rol), Psychedelic Cowboy and Sister Nun, Imbumba / Samesyn, Siener in die suburbs, Wood for the trees en Uit die bloute.

Hy is een van die glanspersoonlikhede wat in 2009 aan die realiteitsprogram op televisie, Survivor S.A.: Santa Carolina, deelneem, waar hy 'n Volvo kar wen en hy in 6de plek eindig.

Op 1 Julie 2006 trou hy met Jaci Smith. Hulle bly eers in Linden, dan in Westdene in Johannesburg, waarna hulle na Knysna verhuis. Na sewe jaar keer hulle terug na Johannesburg. Vir sy vyftigste verjaarsdag hou hulle vakansie in Amerika, waarna hulle besluit om aansoek te doen vir verblyfregte en werkspermitte om in New York te werk. Op 29 Maart 2015 vlieg hulle na New York, nadat hulle groen kaarte bekom het, waar hy sy loopbaan as akteur voortsit. Sedert 2015 tree hy in 160 produksies op. Dit behels: kortfilms, Tv-reekse, industrieële films, advertensies en rolprente. Hy speel in die opkomende Ray Donavan en het 'n klein rol in Difficult People gespeel. Hy tree op In Reparations by die Billie Holiday Theater- die stuk is geskryf deur James Sheldon en regie deur Michelle Shay.

Sy drama Elsie se nommers voer hy in Engels op as Fafi by die New York Fringe Festival en kry ’n goeie resensie daarvoor in die New York Theatre Guide.

Skryfwerk

Hy skryf in samewerking met sy vrou Jaci De Villiers; die kabarette Suig en Die Afrikaner, wat veral op kunstefeeste opgevoer word. Suig wen in 2003 die Anglogold Smeltkroesprys vir Beste Nuwe Afrikaanse verhoogteks en die Beeld Plus Aartvarkprys vir innoverende werk op die Aardklopfees en word ook genomineer vir twee Naledi-pryse in 2005. Die aksie hierin speel deels af in ’n simboliese tronk, waar die uitgesuigdes aangehou word. Die vrou wat hulle gedreineer het, is die muse wat elkeen uitdaag om weer die bronne van kreatiwiteit binne hulle te ontdek.

In Die Afrikaner neem hulle in ’n musiekteaterstuk die gehoor deur meer as 350 jaar van die Afrikaner se geskiedenis. Hulle maak gebruik van verskillende grepe en gebeurtenisse uit die geskiedenis wat hy dan telkens vanuit ’n ander perspektief uitbeeld, om te probeer uitpluis wie en wat die Afrikaner werklik is.

Elsie se nommers is gebaseer op voorvalle in sy eie verlede en debuteer in 2015 by die Innibosfees. Die hoofkarakter, Elsie, is ’n swart huishulp wat help met die kinders grootmaak, maar vakansies nie in dieselfde see as die wit kinders mag swem nie. Die “nommers” van die titel verwys na die onwettige dobbelspel Fafi wat in die townships gespeel is.

In 2013 vertaal hy Greig Coetzee se drama oor militêre diensplig, White men with weapons, en voer dit as Wit manne se wapens by kunstefeeste en elders op.

Eerbewyse

In 1985 wen hy twee Beste Akteur-toekennings, van AA Vita en Dalro, vir sy rol in Die spinner.

In 1986 wen hy AA Vita beste byspeler vir Diepe Grond.

In 1988 wen hy AA Vita beste byspeler vir sy rol in Sing Jy Van Bomme.

In 1990 kry hy 'n AA Vita nominasie vir beste akteur in Taraboemdery.

in 1991 wen hy 'n AA Vita beste byspeler vir sy rol in Koning Lear.

In 1992 wen hy 'n AA Vita beste byspeler vir sy rol in Koopman Van Venesië.

Vir die dansproduksie The double room is hy in 2001 bekroon as AA Vita beste eietydse manlike danser, ten spyte van die feit dat hy geen formele dansopleiding ontvang het nie.

Suig wen in 2003 die Anglogold Smeltkroesprys vir Beste Nuwe Afrikaanse verhoogteks en die Beeld Plus Aartvarkprys vir innoverende werk op die Aardklopfees en word ook genomineer vir twee Naledi-pryse in 2005

Hy word ook in 2007 genomineer vir ’n Fleur du Cap-prys vir Beste Vertoning in ’n Kabaret vir sy rol in Imbumba/Samesyn.

In 2007 wen hy Show time Awards beste akteur vir sy rol in Die Afrikaner.

Filmografie

  • City of Blood, 1983 as Stoltz
  • Boetie Gaan Border Toe!, 1984 as Korporaal Smit
  • The Stick, 1988 as Visser
  • Jobman, 1989 as polisieman
  • On the Wire, 1990 as Piet
  • Arende III (TV-reeks), 1993 as ambagsman
  • Triptiek (TV-reeks), 1993
  • Kalahari Harry, 1994 as vlieënier
  • Dangerous Ground, 1997
  • Kaalgat tussen die Daisies, 1997 as polisieman
  • Tarzan and the Lost City, 1998 as Schiller
  • Paljas, 1998 as Sirkusbaas
  • 7de Laan (TV-reeks), 2000–2001 as Dr SP de Wet Malan
  • Inside Out, 2000 as Professor
  • Desert Diners (TV-fliek), 2000 as Bennie
  • Binnelanders (TV-reeks), 2005/ 2014 as Zieg Combrink
  • Zoop in Afrika, 2005 as Cornelis de Groot
  • Malan en Kie (TV-reeks), 2008 as Malan
  • Eternity, 2010 as Constantine
  • Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, 2010 as Beyers
  • Vehicle 19, 2012
  • Verraaiers, 2013 as Kommandant van Aswegen
  • Mandela: Long Walk to Freedom, 2013 as FW de Klerk
  • Jimmy in pienk, 2013 as Buks/Frederique
  • Musiek vir die Agtergrond, as die kroegman, 2013
  • Geraamtes in die Kas (Televisiereeks) as Dr. Adriaan Vermaak, 2013
  • Hector and the Search for Happiness, as die vlieënier, 2014
  • Die Soldaat (kortfilm) as Hendrik, 2014
  • Strikdas, (rolprent) as Herman de la Harpe, 2015
  • Die Ontwaking, (rolprent) as Abel Lotz, 2015
  • The Star Gazers, (kortfilm), as Annie se pa, 2015
  • Bulan Terbelah di langit Amerika, (rolprent), 2015
  • Cronos, (kortfilm) as Frank, 2016
  • The Journal, (kortfilm), as Dr. Lambert, 2016
  • The Perfect Murder, (televisiereeks), as die terapeut, 2016
  • Difficult People, (televisiereeks), as Felix se vriend, 2016
  • JonTron, (televisiereeks), as die kult leier, 2016
  • The Groundman, (kortfilm), as Mnr. Pritchard, 2016
  • Sophia & Josh, (kortfilm), 2016
  • It Gets Better, (kortfilm), die man, 2016
  • Interrogation, (kortfilm), die biskop, 2016
  • Checkmate, (kortfilm), as Jack, 2016
  • Appentence, (kortfilm), as die aanbieder, 2016
  • Tabel, (kortfilm), as die kritikus, 2017
  • Death by Lake, (kortfilm), as Death, 2017
  • Circa Survive: Premonition of the Hex, (kortfilm), as die skaapwagter, 2017
  • Hidden Ties, (kortfilm), as Richard Wrath, 2017
  • Testosterone: Volume One, (rolprent) as die man, 2017
  • Sheepshead, (kortfilm), Oom Ivan, 2017
  • One Day the Sun Turned Black, (kortfilm), as die prediker, 2017
  • Beast: A Folktale (kortfilm), as William, 2018
  • The Dwarves of Demrel, (kortfilm), as Stahl, 2018
  • The Wheel Turns, (kortfilm), as die verteller, 2018
  • To catch a mouse, (kortfilm), 2018
  • Malefica, (kortfilm), as Sammiel, 2018
  • Flower, (kortfilm), 2019
  • Outer Space Love Story, (kortfilm), 2019
  • Tumble Dry, (kortfilm), as die terapeut, 2019

Verwysings

Tydskrifte en koerante

  • Burger, Kobus “Hy suig die lewe droog” “Plus” 27 April 2004
  • Burger, Kobus “Gys delf diep in land se psige” “Plus” 8 September 2006
  • Coetzee, Terésa “Gys gooi anker” “Rapport” 25 September 2005
  • De Lange, Amanda “Akteur wees leer Gys om te kan oorleef” “Beeld” 26 Maart 2010
  • Eckard, Lourensa “Gys kry genesing ná diensplig-sterfte” “Beeld” 15 Julie 2013
  • Engelbrecht, Theunis “Revolusionêr” “By” 9 Mei 2009
  • La Vita, Murray “Gys wil groot rolle pak” “Beeld” 13 April 2013
  • Retief, Hanlie “Die soete suig aan sukses” “Rapport” 5 Oktober 2003
  • Schoombie, Schalk “Gys se nuwe lewe” “Beeld” 30 Augustus 2003
  • Schoombie, Schalk “Die nuwe avonture van Gys” “Rapport My Tyd” 14 Julie 2013
  • Sieberhagen, Charlea “Gys vertel van VSA-avontuur” “Beeld” 2 Julie 2015
  • Stehle, Rudolf “De Villiers tas na katarsis in solostuk” “Beeld” 11 Junie 2013

Ander verwysings

https://www.imdb.com/name/nm0212170/

Tags:

Gys De Villiers Lewe en werkGys De Villiers SkryfwerkGys De Villiers EerbewyseGys De Villiers Filmografie[11]Gys De Villiers VerwysingsGys De VilliersAkteurBinnelandersM-NetSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BoomMarkus JoosteSterrestelselVlag van AfghanistanJo BlackPersKoos BekkerLily CarterAfrikaanse WikipediaBaardskeerder-spinnekopWikimaniaEerste WêreldoorlogLys van Suid-Afrikaanse skrywersSkoenlapperDermpoliepWikisourceAndré SchwartzPalmsondagMaroela MediaHadjAlvin BruindersWaverAkira ToriyamaLys van Afrikaanse skrywersDuitse maselsWallisWeer (meteorologie)SkaakAppelblaarParysDissipel vir wie Jesus baie lief wasGordelroosNoord-KaapKompasWoordLiesbreukInsekBywoordGrasSuid-Afrikaanse rand26 MaartRam (sterreteken)Seksuele stimulasieWiskundige terminologieVolhoubaarheidWeeluisKoreaanse nasionale rugbyspanErica BoyerSuid-Afrikaanse WeermagGhanaDemensiePenisBorsteVerenigde State van AmerikaHomoniemSteve HofmeyrGNU-lisensie vir vrye dokumentasieSuurstofKoningHernubare energieNuwe TestamentPoleKatSarah Rose KarrNAVO2023ErfenisFinlandMondOrkney Snork NieAnale kankerDuitslandGewone luislang🡆 More