Antonio Banderas

José Antonio Domínguez Banderas (gebore 10 Augustus 1960) is 'n Spaanse filmakteur en sanger.

Hy begin sy loopbaan as akteur in 'n reeks rolprente van die regisseur Pedro Almodóvar en verskyn daarna in 'n aantal hoë-profiel Hollywood-films, insluitend Ballistic: Ecks vs. Sever, Assassins, Interview with the Vampire, die Mariachi-reeks, Philadelphia, The Mask of Zorro en die Shrek-reeks.

Antonio Banderas
Antonio Banderas in 2014
Antonio Banderas in 2014

Geboortenaam José Antonio Domínguez Banderas
Geboorte 10 Augustus 1960 (1960-08-10) (63 jaar oud)
Málaga
Nasionaliteit Spaans
Lewensmaat Ana Leza (tot 1996)
Melanie Griffith (tot 2015)
Kinders Stella del Carmen Banderas Griffith
Beroep(e) Akteur, sanger
Aktiewe jare 1982-nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lewensloop

José Antonio Domínguez Banderas is op 10 Augustus 1960 in Málaga, Spanje gebore. Hy was 'n kranige sokkerspeler tot hy sy voet op 14 gebreek het. As jong man gaan hy sonder enige geld na Madrid om 'n loopbaan in die Spaanse filmindustrie te begin. Hy trek tussen 1982 en 1990 aandag met 'n reeks films onder leiding van regisseur Pedro Almodóvar.

Banderas skei van sy Spaanse vrou Ana Leza, en trou in 1996 met die Amerikaanse aktrise Melanie Griffith, wat hy tydens die opname van Two Much ontmoet het. Hulle het 'n dogter, Stella del Carmen Banderas Griffith (ook bekend as Stella Banderas), wat in die film Crazy in Alabama verskyn (Griffith speel ook in die fliek en Banderas het die regie behartig). Hulle vestig hulself in Hollywood, waar Banderas meestal die rol van Latino's speel. Op Saterdag 7 Junie 2014 kondig hulle aan dat hulle na 18 jaar van mekaar gaan skei.

Banderas is waarskynlik die beroemdste Spaanse akteur. Hy investeer sy filminkomste in ondernemings wat produkte van die Spaanse streek Andalusië op die mark bring. Hy het ook simpatie vir die Spaanse Sosialistiese Party getoon.

As hy Spaans praat, het hy 'n Andalusiese aksent, maar hy praat gewoonlik met 'n standaard Kastiliaanse aksent in sy rolle. Vir die film Desperado sing hy saam met Los Lobos die liedjie Cancion Del Mariachi.

Filmografie

  • Laberinto de pasiones (1982) – Sadec
  • Matador (1986) – Ángel
  • Mujeres al borde de un ataque de nervios (1988) – Carlos
  • ¡Átame! (Tie Me Up! Tie Me Down!) (1990) – Ricky
  • The Mambo Kings (1992) – Néstor Castillo
  • The House of the Spirits (1993) – Pedro Tercero García
  • Philadelphia (1993) – Miguel Álvarez
  • Interview with the Vampire: The Vampire Chronicles (1994) – Armand
  • Desperado (1995) – El Mariachi
  • Assassins (1995) – Miguel Bain
  • Miami Rhapsody (1995) – Antonio
  • Never talk to strangers (1995) – Tony Ramirez
  • Four Rooms (1995) – Man
  • Evita (1996) – Che
  • The Mask of Zorro (1998) – Alejandro Murrieta/Zorro
  • Play it to the Bone (1999) – César Domínguez
  • The 13th Warrior (1999) – Ahmad ibn Fadlan ibn al-Abbas ibn Rashid ibn Hamad
  • Spy Kids (2001) – Gregorio Cortez
  • The Body (2001) – Father Matt Gutiérrez
  • Original Sin (2001) – Louis Vargas
  • Femme Fatale (2002) – Nicolas Bardo
  • Spy Kids 2: Island Of Lost Dreams (2002) – Gregorio Cortez
  • Frida (2002) – David Alfaro Siqueiros
  • Spy Kids 3-D: Game Over (2003) – Gregorio Cortez
  • Once Upon a Time in Mexico (2003) – El Mariachi
  • Imagining Argentina (2003) – Carlos Rueda
  • Ballistic: Ecks vs Sever (2003) – Agent Jeremiah Ecks
  • And Starring Pancho Villa as Himself (2003) – Pancho Villa
  • Shrek 2 (2004) (stem) – Puss in Boots
  • The Legend of Zorro (2005) – Don Alejandro de la Vega/Zorro
  • Bordertown (2006) – Díaz
  • Shrek 3 (2007) (stem) – Puss in Boots
  • Take The Lead (2006) – Pierre Dulaine
  • My Mom's New Boyfriend (2008) – Tommy
  • The Other Man (2008) – rafe
  • Thick as thieves (the code) (2009) – Antonio Banderas
  • Shrek Forever After (2010) (stem) – Puss in Boots
  • La piel que habito (2011) – Dr. Robert Ledgard
  • Puss in Boots (2011) (stem)
  • Haywire (2011) – Rodrigo
  • Black Gold (2011)
  • Ruby Sparks (2012) – Mort
  • The Expendables 3 (2014)
  • Autómata (2014)
  • The SpongeBob Movie: Sponge Out of Water (2015)

Verwysings

Tags:

AkteurPedro AlmodóvarRolprentSpaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GqeberhaNamibiëBosluisbytkoorsSaldanhabaaiIronieLionel MessiTsoenamiMeningsverskil oor aardverwarmingPlaasjapieCarike KeuzenkampDesmond TutuKolitisIranGeskiedenis van die BoererepubliekeSwitserlandMantisBernice WestNiersteenJesus van NasaretTandbederfErns GrundlingKarakteriseringWaarheid-en-versoeningskommissieVigsAardverwarmingWilna SnymanLys van musiekinstrumenteLewerMateriaalOnderwys in Suid-AfrikaIndiese OseaanHidroëlektrisiteitNkosi Sikelel' iAfrikaJansenvilleJodeHemelvaartsdagTennisRobbeneilandChemiese elementOranjerivierPapegaaieWerkwoordSwart nasionalismeAnette EngelbrechtAborsie in Suid-AfrikaYstertydperkGeelsugGeskiedenis van AfrikaansRenosterRekenaarSomerErfenisFisioterapieVerenigde State van AmerikaSwangerskapWikimedia-stigtingPubiese harePseudowetenskapPêrelZack du PlessisKwaggaKnieNarsistiese persoonlikheidsteuringMartin Luther King jr.RooikatDokterLeon KrugerHamburgerToekoms van die AardeMangelontstekingElzette MaarschalkAnale kankerJode in Suid-AfrikaGeslagsgelykheidRugby, WarwickshireVlagterminologie🡆 More