Koeweit

Koeweit (Arabies: الكويت, al-Kuwait, of ), amptelik die Staat Koeweit (دولة الكويت, Dawlat al-Kuwait, luister (hulp·inligting)), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië.

Die land is aan die spits van die Persiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) net suid van die Sjatt al-Arab (saamvloei van beide die Eufraat en Tigrisrivier) se monding, geleë. Dit lê noordoos van Saoedi-Arabië, suidoos van Irak en suidwes van Iran. Koeweit beslaan 'n oppervlakte van 17 818 km² en het 'n bevolking van 3 103 580 in 2023 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Koeweitstad, met die Al Hamra-toring. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Koeweit beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 69% van die land se bevolking vorm.

Staat Koeweit
دولة الكويت (Arabies)
Vlag van Koeweit Embleem van Koeweit
Vlag Embleem
Volkslied: النشيد الوطني
Al-Nasheed Al-Watani
Ligging van Koeweit
Hoofstad Koeweitstad

29°22′N 47°58′O / 29.367°N 47.967°O / 29.367; 47.967

Grootste stad Koeweitstad
Amptelike tale Arabies
Regering

• Emir
• Kroonprins
Eerste minister
Unitêre parlementêre semi-
grondwetlike monargie
Mishal al-Sabah
vakant
Ahmad al-Sabah
Onafhanklikheid
Vorming
• Sjeikdom Koeweit
• Emiraat Bani Khalid
• Anglo-Koeweitiese ooreenkoms
• Anglo-Ottomaanse ooreenkoms
• Einde van verdrae
met die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet


1613
1752
23 Januarie 1899
29 Julie 1913

19 Junie 1961
11 November 1962
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
17 818 km2  (157ste)
6 880 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2005-sensus
 - Digtheid
 
3 103 580 (136ste)
2 213 403
200,2 / km2 (62ste)
518,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$271,801 miljard (65ste)
$53 758 (30ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$167,009 miljard (59ste)
$33 032 (26ste)

MOI (2022) Koeweit 0,847 (49ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Dinar (KWD)
Tydsone
 - Somertyd
AST / KSA (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .kw
Skakelkode +965
Koeweit
Nasa-Satellietbeeld van Koeweit
Koeweit
Kaart van Koeweit

In 1938 is ruoliereserwes in kommersiële hoeveelhede ontdek. Vanaf 1946 tot 1982 het die land 'n grootskaalse opknapping ondergaan. In die 1980's het Koeweit 'n tydperk van geopolitieke instabiliteit en ekonomiese krisis as gevolg van die ineenstorting van die aandelemark beleef. In 1990 is Koeweit deur sy buurland Irak onder Saddam Hoesein binnegeval en toe geannekseer. Die Irakse besetting is in 1991 deur 'n militêre koalisie onder leiding van die Verenigde State tydens die Golfoorlog beëindig. Sedertdien is Koeweit 'n belangrike nie-NAVO bondgenoot van die Verenigde State. Dit is ook 'n vername bondgenoot van ASEAN en handhaaf ook sterk bande met die Volksrepubliek China. Koeweit is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande.

Koeweit is 'n grondwetlike monargie met 'n semi-demokratiese politieke stelsel. Die land beskik oor 'n hoë-inkomste ekonomie, geborg deur die wêreld se sesde grootste ruoliereserwes. Die Koeweitse dinar is die geldeenheid met die hoogste waarde wêreldwyd. Volgens die Wêreldbank het die land die vierde hoogste inkomste per capita. Die grondwet is in 1962 afgekondig. Kuwait Airways is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Koeweit Internasionale Lughawe in Koeweitstad.

Etimologie

Die landsnaam is ontleen aan die Arabiese verkleinwoord كوت (Kut of Kout) wat beteken "vesting gebou naby water". Sedert 1961 is die amptelike staatsnaam "Staat Koeweit".

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Koeweit EtimologieKoeweit VerwysingsKoeweit BronnelysKoeweit Eksterne skakelsKoeweitAl Hamra-toringAmptelike taalAr-State of Kuwait.ogaArabiereArabiesBedoeïeneEtniese groepEufraatHoofstadIrakIranKoeweit (stad)Lêer:Ar-State of Kuwait.ogaMidde-OostePersiese GolfSaoedi-ArabiëTigrisrivierWes-AsiëWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InentingOogproblemeDwelmmiddelApokriewe boekeSuiwelprodukEkonomiese sektorKoorsblaarMetaalBank (finansiële instelling)Migrasie van voëlsWisselkoersSoortnaamSprokieAbstraksie (rekenaarwetenskap)AkroniemRob HersovLys van Nederlandse skildersLiefdeGeboorteOntbossingSendelingposisieNiemetaalFilosofieArmoedeDrie-eenheidWieg van die MensdomBosvarkLenteArabies-Israeliese konflikSpringbokMartin Luther King jr.Anglo-BoereoorlogWetenskaplike klassifikasieGoogleBywoordMarsPersoonlike voornaamwoordNaaldekokerVerenigde State van AmerikaAfro-AmerikanersMeeueSpeelkaartPoesJeanette FerreiraJeugdagVerlede tydNasionale PartyLabia (geslagsdele)IdioomGestremdheidSeksismeNarsismeLuiperdLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGrondwetPlantluisImpakte van toerismeMynbouGipsDiskriminasieBTWGroepsdrukKolitisWoudDubbelpuntDesimale breukeWillie JoubertKaapse VlakteWikiquoteTrekarbeidVervoerWes-KaapOorstromingDermpoliepOnderhandelinge om apartheid te beëindigLionel Messi🡆 More