Wiki: Geselshoekie
- Wiki: Welkom nuwelinge wat veral op nuwelinge gemik is.
- Wiki: Gebruikersportaal vir nuttige skakels vir alle gebruikers.
- Wikibespreking:Geselshoekie vir bespreking van die toekoms van hierdie bladsy.
- Taalforum vir besprekings oor taalprobleme. Die juiste terme, spellings ensomeer.
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
04-06 | 2007 | 2008 |
2009 | 2010 | 2011 |
2012 | 2013 | 2014 |
2015 | 2016 | 2017 |
2018 | 2019 | 2020 |
2020.2 | 2021 | 2022 |
Hoe word 'n argief aangelê? |
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon () te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans
Sjabloon:Gemini-bemanning
- oorgedra van SpesBona se besprekingsblad deur Aliwal2012
@SpesBona:, Ek het my hand gewaag aan sjablone! Kan jy help asb? Groete! Oesjaar (kontak) 18:23, 13 Junie 2022 (UTC)
- @Oesjaar:, watter sjabloon probeer jy vertaal? Dan kan ek kyk en dalk help. Groete. --
SpesBona 19:50, 13 Junie 2022 (UTC)
- Spaceflight crew uit Engels. Groete! Oesjaar (kontak) 19:53, 13 Junie 2022 (UTC)
- @Oesjaar: Ai, dié is 'n lank infokas. Dit sal sekerlik 'n hele dag vat om dit mooi te vertaal. Gee net tyd asb. Groete. --
SpesBona 19:55, 13 Junie 2022 (UTC)
- Dalk kan @Burgert Behr: hier help, hy is mos ons kenner van ruimtedinge. Groete. --
SpesBona 21:00, 13 Junie 2022 (UTC)
- Dalk kan @Burgert Behr: hier help, hy is mos ons kenner van ruimtedinge. Groete. --
- @Oesjaar: Ai, dié is 'n lank infokas. Dit sal sekerlik 'n hele dag vat om dit mooi te vertaal. Gee net tyd asb. Groete. --
- Spaceflight crew uit Engels. Groete! Oesjaar (kontak) 19:53, 13 Junie 2022 (UTC)
Dankie julle vir julle bereidwilligheid! Groete! Oesjaar (kontak) 09:46, 14 Junie 2022 (UTC)
- Wie doen nou wat? :) @Burgert Behr:, Oesjaar probeer en:Template:Spaceflight crew in Afrikaans vertaal. Groete. --
SpesBona 20:55, 15 Junie 2022 (UTC)
- @Oesjaar: Ek het dit nou gedoen. Kyk hier: {{Ruimtevlugbemanning}}, en onderaan in die dokumentasie hoe dit in aksie lyk. ~ Burgert (kontak) 09:01, 16 Junie 2022 (UTC)
- @Burgert Behr:, dankie Burgert! Dit gaan 'n verskil maak! Groete! Oesjaar (kontak) 13:54, 16 Junie 2022 (UTC)
- Mooi so Burgert, hoop nie dit het jou hele Jeugdag opgeneem nie! --
Aliwal2012 14:25, 16 Junie 2022 (UTC)
- Mooi so Burgert, hoop nie dit het jou hele Jeugdag opgeneem nie! --
- @Burgert Behr:, dankie Burgert! Dit gaan 'n verskil maak! Groete! Oesjaar (kontak) 13:54, 16 Junie 2022 (UTC)
- @Oesjaar: Ek het dit nou gedoen. Kyk hier: {{Ruimtevlugbemanning}}, en onderaan in die dokumentasie hoe dit in aksie lyk. ~ Burgert (kontak) 09:01, 16 Junie 2022 (UTC)
SAAWK
Gemeenskap, die Akademie het 'n nuwe webblad, sien: [1]. Binnekort is ons naam ook hier onder organisasies! Groete! Oesjaar (kontak) 15:38, 21 Junie 2022 (UTC)
- Pasop net vir bemarking nè!
Aliwal2012 15:56, 21 Junie 2022 (UTC)
WMF se Werkbladverbeteringsprojek – opdatering
- Uit Nederlands vertaal deur Aliwal2012
- Om dit die nuwe standaard te maak
Hallo! Ek wil graag 'n opdatering lewer oor die Werkbladverbeterings-projek, waaraan die Wikimedia Stigting-webspan die afgelope paar jaar gewerk het. Ons werk is amper klaar!
Ons wil graag sien dat hierdie verbeterings die standaard word vir lesers en redigeerders op alle wiki's. In die komende weke sal ons gesprekke op meer wiki's begin, insluitend hierdie een.🗓️ Ons lees graag jou voorstelle!
Die doel van die projek is om die koppelvlak meer uitnodigend en gemaklik vir lesers te maak, en meer bruikbaar vir gevorderde gebruikers. Die projek bestaan uit 'n reeks kenmerkverbeterings wat dit makliker maak om te lees en te leer, binne die bladsy te navigeer, te soek, tale te wissel, artikeloortjies en die gebruikerskieslys te gebruik, en someer. Die verbeterings is reeds by verstek sigbaar vir lesers en redigeerders op meer as 30 wiki's, insluitend die Wikipedias in Frans, Portugees en Persies.
Die veranderinge is slegs van toepassing op die Vektor-vel en Monobook of Timeless word nie geraak nie.
- Die nuutste funksies
- Inhoudsopgawe - ons weergawe is makliker om toegang te verkry, konteks vanaf die bladsy te kry, en oor die bladsy te navigeer sonder om te af te rol. Dit word tans op ons loods-wiki's getoets. Dit is ook beskikbaar vir redakteurs wat vir die Vector 2022-vel ingeteken het.
- Bladsyhulpmiddels - daar is nou twee tipes skakels in die kantbalk. Daar is aksies en nutsmiddels vir individuele bladsye (soos verwante veranderinge) en skakels van 'n wiki-wye aard (soos onlangse veranderinge).
Ons gaan dit in twee intuïtiewe spyskaarte verdeel.
- Hoe om die verbeterings te aktiveer
- Dit is moontlik om dit op individuele wiki's te aktiveer in die Voorkoms-oortjie in die voorkeure deur "Vector (2022)" te kies. Dit is ook moontlik om dit op alle wiki's gelyktydig te aktiveer met behulp van die Globale Voorkeure.
Op wiki's waar die veranderinge by verstek publiek sigbaar is, kan aangemelde gebruikers altyd na die ou Vector terugkeer. Daar is 'n maklik-toeganklike skakel in die sybalk van die nuwe Vector.
- Kom meer te wete en sluit aan by ons aktiwiteite
As jy die vordering van ons projek wil volg, kan jy inteken op ons nuusbrief. U kan die projekbladsye lees, ons Gereelde Vrae bekyk, kommentaar lewer op die projekbesprekingsbladsy en by 'n aanlynvergadering met ons aansluit.
Baie dankie. SGrabarczuk (WMF) (overleg) 15:47, 21 Junie 2022 (UTC)
Launch escape system in Afrikaans?
Gemeenskap, ek gaan bogenoemde uit Engels vertaal. Wat sal die korrekte Afrikaans daarvoor wees? Lanseringontsnappingstelsel afgekort LOS? Groete! Oesjaar (kontak) 19:42, 22 Junie 2022 (UTC)
Die Ruimte dinge...
Na ek 'n klomp ruimtevlugte vertaal het, het gedink daar sal nie meer verrassings wees nie... Wel, wat is die volgende in Afrikaans: propellant slosh? Daar is ook 'n Engelse artikel: Slosh dynamics. Ek luister... Oesjaar (kontak) 16:26, 24 Junie 2022 (UTC)
Vakuumbuis
Bogenoemde artikel is uit Nederlands vertaal en kort aandag! Kan iemand met beter Nederlandse kennis as ek asb. hier help? Groete! Oesjaar (kontak) 19:10, 25 Junie 2022 (UTC)
Uitgevoer met pyn!
Aliwal2012 21:05, 25 Junie 2022 (UTC)
Vegvliegtuie, destyds en nou!
'n Interessante brokkie:— Vergelyk die klimvermoë van hierdie drie vegvliegtuie:
- Royal Aircraft Factory S.E.5 (1916) 3 050 m in 13¼ minute
- English Electric Lightning (1957) 15 240 m per minuut (250 m/s)
- F-15E Strike Eagle (1986) ook 15 240 m per minuut (50 000 vt/min)
Laat mens dink? Aliwal2012 23:32, 25 Junie 2022 (UTC)
Vostok vs. Wostok
Gemeenskap, advies asb! Watter een... Oesjaar (kontak) 13:28, 27 Junie 2022 (UTC)
Die Afrikaanse Wikipedia en SAAWK
Gemeenskap, net kortliks insake die vordering oor die samewerkings tussen ons en die SAAWK: die Memorandum van Verstandhouding is tans by die SAAWK vir goedkeuring en ondertekening. Hul nuwe admin persoon begin op 1 Julie, haar werk beskrywing sluit die take in wat sy moet verrig vir ons Wikipedia. Ek gaan in die 2de week van Julie na die SAAWK se kantore om te begin met haar opleiding. Groete! Oesjaar (kontak) 14:29, 27 Junie 2022 (UTC)
Sjabloon:Mercury-program
Gemeenskap, my doelwit vir die volgende jaar is om ruimte artikels te vertaal, 'n proses wat ek reeds begin het. Kan iemand help om die Mercury-program sjabloon te vertaal? Dit gaan 'n enorme taak wees, ek onderneem om elke rooi skakel op die sjabloon blou te maak. 'n Klomp is reeds geskep! Groete! Oesjaar (kontak) 16:17, 27 Junie 2022 (UTC)
Engelse teks op die afwiki koppelvlak
Ek het altyd gewonder waar mens die teks op Wikipedia se koppelvlak vertaal. Ek het onlangs Oesjaar se nota op sy gebruikersbladsy gesien, en besluit om die saak te ondersoek.
Om die teks op 'n wiki se koppelvlak te vertaal, moet mens 'n gebruiker-rekening skep op https://translatewiki.net/. Ek sien van die gebruikers hier het dit al gedoen : https://translatewiki.net/wiki/Portal:Af#Vertalers
Daar is blykbaar baie nuwe teks wat verander of bygevoeg is, en kort nog vertaling. Ek gaan bydra, en ek vra almal hier doen wat hulle kan om ook by te dra.