Sir Roger Vernon Scruton (Engelse uitspraak: ˈ|s|k|r|uː|t|ən}}; gebore op 27 Februarie 1944; sterf op 12 Januarie 2020) was 'n Engelse konserwatiewe filosoof en skrywer wat gespesialiseer het in estetika en politiese filosofie, veral ter bevordering van tradisioneel-konserwatiewe beskouinge.
Roger Scruton | |
---|---|
Roger Scruton in 2015 in Praag | |
Gebore | 27 Februarie 1944 Buslingthorpe, Lincolnshire, Engeland |
Sterf | 12 Januarie 2020 (op 75) |
Beroep | Filosoof, skrywer |
Televisie | Why Beauty Matters (BBC Two, 2009) |
Eggenoot |
|
Kinders | Twee |
Noemenswaardige werke |
|
Hy was vanaf 1982 tot 2001 die redakteur van The Salisbury Review, te wete 'n konserwatiewe politiese joernaal. Scruton het meer as vyftig boeke oor filosofie, kuns, musiek, politiek, letterkunde, kultuur, seksualiteit, en godsdiens geskryf. Hy het ook romans en twee operas geskryf. Sy mees noemenswaardige publikasies sluit The Meaning of Conservatism (1980), Sexual Desire (1986), The Aesthetics of Music (1997), en How to Be a Conservative (2014) in. Hy was 'n gereelde bydraer tot die populêre media, insluitende The Times, The Spectator, en die New Statesman.
Scruton het konserwatisme omarm nadat hy getuie was tot die studente opstande in Mei 1968 in Frankryk. Hy was vanaf 1971 tot 1992 'n lektor en professor van estetika by die Universiteit van Londen se Birkbeck-kollege, waarna hy verskeie deeltydse akademiese poste beklee het, insluitende in die Verenigde State. In die 1980's het hy bygedra daartoe om die Jan Hus Opvoedkundige Stigting in die Sowjet-beheerde Oos-Europa op die been te bring, waarvoor hy die Tsjeggiese Republiek se Medalje van Verdienstelikheid (Eerste klas) in 1998 ontvang het, wat deur President Václav Havel toegeken is. Scruton is in 2016 tot ridder geslaan vir "dienste aan filosofie, onderwys en openbare opvoeding". Baie prysenswaardig is sy dokumentêre program Why Beauty Matters wat in 2009 op BBC Two uitgesend is. Hy was bekend om sy behoudende filosofiese gedagtes, sy andersdenkende houding, en sy strewe om linkse retoriek, en die idee dat ideologieë soos sosialisme die morele hoë grond betrek, uit te daag en 'n nekslag toe te dien. Sy behoudende gedagtes sal beslis voortleef.
Scruton is in Buslingthorpe, Lincolnshire, VK gebore as die seun van John "Jack" Scruton, 'n onderwyser van Manchester, en sy vrou Beryl Claris Scruton (née Haynes). Hy is saam met sy twee susters in Marlow, Buckinghamshire en High Wycombe grootgemaak. Die Scruton-van is eers redelik onlangs verkry. Die geboortesertifikaat van Scruton se oupa maak melding van Matthew Lowe, na aanleiding van sy oupa se moeder, Margaret Lowe (Scruton se oumagrootjie); die dokumente het egter geen melding gemaak van 'n vader nie. Margaret Lowe het egter om onbekende redes in pleks hiervan besluit om haar seun as Matthew Scruton groot te maak. Scruton het dikwels gewonder of sy werksaam was by die voormalige Scruton Hall in Scruton, Yorkshire, en of dit die plek is waar haar kind opgewek is.
Jack is grootgemaak in 'n muur-aan-muur huis in Upper Cyrus Str, Ancoats, te wete 'n binnestedelike area van Manchester, en het 'n beurs bekom om by Manchester High School, 'n privaatskool, (grammar school) te studeer. Scruton het sy moeder beskryf as "iemand wat 'n ideaal gekoester het van beskaafde manlike optrede en maatskaplike onderskeiding, welke ideaal ... [sy] vader homself voorgeneem het om met aansienlike plesier te vernietig".
I suddenly realised I was on the other side. What I saw was an unruly mob of self-indulgent middle-class hooligans. When I asked my friends what they wanted, what were they trying to achieve, all I got back was this ludicrous Marxist gobbledegook. I was disgusted by it, and thought there must be a way back to the defence of western civilization against these things. That's when I became a conservative. I knew I wanted to conserve things rather than pull them down.
Nie-fiksie
Fiksie
Opera
Televisie
Wikiquote het aanhalings in verband met Roger Scruton |
Artikels
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Roger Scruton, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.