Palestyne

Die Palestyne (Arabies: الفلسطينيون, al-Filasṭīniyyūn; Hebreeus: פָלַסְטִינִים; afgelei van Nieu-Grieks: Παλαιστίνη, Palaistínē; Arabies: فلسطين, Falasṭīn, of Filasṭīn, ) is 'n Arabiese etniese groep inheems aan die streek Palestina.

Oorspronklik het die term na die hele bevolking van die Britse mandaat van Palestina verwys, insluitende Jode en Samaritane. Vandag verwys Palestyne na die Arabiese bevolking van Palestina, insluitende die wêreldwye diaspora sedert 1948, wat hoofsaaklik uit vlugtelinge bestaan. Arabiese burgers van Israel identifiseer hulself as Israeli's, Palestyne of Arabiere.

Palestyne
Palestyne
Totale bevolking: ca. 12,37 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Palestinian flag Palestynse Owerheid 4 750 000 (2016)

 – Wesoewer 2 930 000 (2016)
 – Gasastrook 1 880 000
Vlag van Jordanië Jordanië 2 144 233 (2016)–3 240 000 (2009)
Vlag van Israel Israel 1 750 000
Vlag van Sirië Sirië 560 000 (2016)
Vlag van Chili Chili 500 000
Vlag van Libanon Libanon 174 000 (2017)–458 369 (2016)
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 400 000
Vlag van Katar Katar 295 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 255 000
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 91 000
Vlag van Duitsland Duitsland 80 000
Vlag van Koeweit Koeweit 80 000
Vlag van Egipte Egipte 70 000
Vlag van El Salvador El Salvador 70 000
Vlag van Brasilië Brasilië 59 000
Vlag van Libië Libië 59 000
Vlag van Irak Irak 57 000
Vlag van Kanada Kanada 50 975
Vlag van Jemen Jemen 29 000
Vlag van Honduras Honduras 27 000–200 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 20 000
Vlag van Peru Peru 15 000[verwysing benodig]
Vlag van Meksiko Meksiko 13 000
Vlag van Colombia Colombia 12 000
Vlag van Pakistan Pakistan 10 500[verwysing benodig]
Vlag van Nederland Nederland 9 000[verwysing benodig]
Vlag van Australië Australië 7 000
Vlag van Swede Swede 7 000
Vlag van Algerië Algerië 4 030

Taal: Palestina en Israel: Arabies, Hebreeus, Engels, Grieks

Diaspora: Arabies, die omgangstaal van ander lande in die Palestynse diaspora

Geloofsoortuiging: Meerderheid: Soennitiese Islam
Minderhede: Christendom, Samaritanisme, Droese, Sjiitiese Islam, nie-denominasionele Moslems
Verwante etniese groepe: Ander Levantyne, ander Semitiestalige volke, Jode (Asjkenasiese Jode, Mizrachi-Jode, Sefardiese Jode), Assiriërs, Samaritane, ander Arabiere, en ander Middellandse volke.
Palestyne
Vlag van Palestina en die Palestyne
Palestyne
Palestynse mark in Jaffa, skildery deur Gustav Bauernfeind in 1887

Die Palestyne het hul naam van die Antieke Filistyne verkry. Volgens bewerings het die Antieke Egiptiese term Peleset/Purusati na die "Seevolke", waaronder veral die Filistyne, verwys. Van die Semitiese tale is die Akkadiese Palaštu (soms Pilištu) gebruik om na die 7de-eeuse Philistia en sy destydse vier stadstate te verwys. Die Bybels-Hebreeuse verwante woord Plištim word algemeen as "Filistyne" vertaal.

Die Verenigde Nasies het op 29 November 1947 'n Partisieplan vir die streek Palestina uitgevaardig waarin die destydse Britse mandaat van Palestina in 'n Arabiese en 'n Joodse staat opgedeel is. Baie Palestyne het met die stigting van die Staat Israel op 14 Mei 1948 die voormalige Britse mandaat van Palestina verlaat en hulle in Arabiese buurlande soos Egipte, Jordanië, Libanon en Sirië gevestig. Tydens die Israeliese Onafhanklikheidsoorlog van 1948 is die Gasastrook deur Egipte en die Wesoewer deur Jordanië beset. In die Sesdaagse Oorlog van 1967 is beide die Gasastrook en die Wesoewer deur Israel verower, gelyktydig is die oostelike en westelike dele van Jerusalem herenig en tot die "ondeelbare hoofstad" van Israel verklaar.

Op 15 November 1988 het die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO) in Algiers, Algerië, die Staat Palestina se onafhanklikheid van Israel verklaar, wat sedertdien deur die meeste lidlande van die Verenigde Nasies as staat van die Palestyne erken word. Op 4 Mei 1994 is met die Gasa-Jerigo-ooreenkoms binne die Israelies besette gebiede die Palestynse Grondgebiede gestig, wat die Gasastrook en 40% van die Wesoewer beslaan. Op 31 Oktober 2011 het die Staat Palestina 'n lid van die Unesco geword en op 29 November 2012 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies met 'n groot meerderheid vir die opname van die Staat Palestina as 'n waarnemende land gestem.

Die meeste Palestyne is Soennitiese Moslems, met minderhede van Christene, Samaritane, Droese en Sjiite. Die Palestynse Christene behoort veral aan die Oosters-Ortodokse Kerk (Grieks-Ortodokse Patriargaat van Jerusalem); hul persentasie in Palestina het weens 'n sterk emigrasie egter sterk gedaal, van 21% in 1950 tot net 8% in 2008. Die meeste Palestyne bly in die Palestynse Gasastrook en die Wesoewer, gevolg deur Jordanië, Israel, Sirië, Chili en Libanon. Chili huisves tans met 'n halfmiljoen vlugtelinge die grootste aantal Palestyne buiten die Midde-Ooste.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArabiereArabiesBritse mandaat van PalestinaDiasporaEtniese groepGrieksHebreeusJodeSamaritane

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Josef StalinKaartKindermishandelingPlastiekNarsistiese persoonlikheidsteuringSkildklierInligtingKompasRobert SobukweLaeveldFotosinteseSeksMaselsLyfstraf in skoleJesus van NasaretAfrikaanse WikipediaAngolese BurgeroorlogNieregeringsorganisasieWoordeskatPornografiese akteurMusiekKlimaatveranderingAntisemitismeVerbuigingDermpoliepHabitatKarooKondensasieRivierGeskiedenis van erotiese afbeeldingsSuid-Afrikaanse PolisiediensAfrikanernasionalismePseudowetenskapWaterkringloopHeelgetalVersamelnaamWerwelkolomLongontstekingKoos du PlessisMenslike skeletIronieYouTubeHormoonsiekteMasturbasieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKweekhuiseffekSwart menseSamestellingGeskiedenis van AfrikaansNasiebouSwartbewussynsbewegingTweede WêreldoorlogVryheidsdagAlbert EinsteinLourensrivierVerdampingJeuksiekteSkilpadSamestellende afleidingOogproblemeBipolêre gemoedsteuringMigrasie van voëlsMenslike seksuele gedragSan FranciscoLeierWeer (meteorologie)SpaansEnkelvoudige sinNiemetaalKoorsErfenisdag (Suid-Afrika)VideoMonumentVrouIngrid Jonker🡆 More